• No results found

Die belangrikste antagoniste van TPM

DIE FILOSOFIE, TEORIE EN PRAKTYK VAN THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY {TPM)

2.4 DIE BELANGRIKSTE KRITICI VAN TPM

2.4.1 Die belangrikste antagoniste van TPM

Die volgende persone en instansies word as die belangrikste antagoniste van TPM geag:

2.4.1.1 Martin en Deidre Bobgan

Martin en Deidre Bobgan (2004) is die man en vrou van Santa Barbara, California, wat 'n internet bediening bedryf wat hulle PsychoHeresy Awareness Ministries noem. Hulle publiseer, sover nagegaan kan word (vgl. Maier & Monroe, 2003:169), die eerste evaluering oor TPM in 1999 en wel in boekformaat (Bobgan & Bobgan, 1999:1-143). Die boek het die titel, TheoPhostic Counseling: Divine Revelation or PsychoHeresy? Die boek is uiters veroordelend teenoor Smith se metode. Dit is te begrype, gegee die feit dat die outeurs al verskeie boeke die Iig laat sien het waarin hulle aanvoer dat psigoterapie onverenigbaar met ortodokse Christendom is en waarin hulle onder andere James Dobson, Larry Crabb en die Twaalf Stappe programme veroordeel

(Entwistle, 2004b:40). Die skrywers poneer nietemin 'n hele aantal goedberedeneerde punte van kritiek wat verreken moet word, insluitende kritiek op Smith se Skrifgebruik en sy skynbaar buitensporige aansprake oor die nuwe benadering. Hulle sien ook interessante verbande raak tussen TPM en EMDR en voer albei terug na die Freudiaanse psigoanalise (Bobgan & Bobgan, 1999:95-134). Hulle het ook vrae oor Smith en TPM se teorie oor die verstand en geheuewerking (1999:49-68), sowel as oor begeleide verbeelding, visualisering en hipnose wat, volgens hulle, wel by TPM voorkom (1999:69-94).

2.4.1.2 Community Evangelical Free Church

Die personeel van Community Evangelical Free Church in Elverson, Pennsylvania, het ook 'n evaluering van TPM gedoen, A Biblical Evaluation of Theophostic Ministry (2001:1-23). Smith het vroeer bande met die gemeente gehad en die gemeente het aanvanklik die beginsels van TPM aanvaar en ook positiewe resultate met die bediening daarvan verkry, aldus die TPM webwerf (Smith, 2004e:6-8). Alhoewel die evaluasie volgens die navorser se beste wete nie in 'n akademiese tydskrif verskyn het nie, word tog geoordeel dat dit punte van kritiek opper waarvan die navorsing kennis moet neem. Die hoofpunte van hul betoog word vervolgens aangestip (CEFC, 2001:1-23):

• Smith verdedig TPM pragmaties.

• TPM verteenwoordig 'n onskriftuurlike siening oor selfinspanning in die Christelike lewe. • TPM ag nie die genoegsaamheid van die Skrif ten opsigte van bediening nie.

• TPM hanteer 'n oppervlakkige siening van sonde.

• TPM het 'n verdraaide verstaan van die Bybelse antropologie. • TPM se fokus op post-traumatiese gebeure ontbreek in die Skrif. • TPM materiaal misbruik die Skrif deur gereelde verkeerde Skrifuitleg.

• TPM is nie in pas met die Skriftuurlike model vir Christelike bediening soos in 2 Korintiers 10:4- 5 saamgevat nie.

• TPM se vergelyking met Jesus se bediening vind nie deurgaans konsekwent plaas nie. • TPM skoei sy benadering bykans volledig op die gevallewerk met seksueel gemolesteerdes. • Dit kom voor of dr. Smith nie kritiek van buite die TPM gemeenskap verwelkom nie.

2.4.1.3 Bryan N. Maier en Philip G. Monroe

Bryan N. Maier is 'n assistent-professor in pastorale beraad en psigologie aan die Trinity Evangelical Divinity School in Deerfield, Illinois, en Philip G. Monroe is assistant-professor van berading en psigologie, en direkteur van die M.A. Beradingsprogram by die Biblical Theological Seminary in Hatfield, Pennsylvania (Maier & Monroe, 2003:169). Hulle evaluering, A Theological Analysis of Theophostic Ministry, het in die akademiese tydskrif, Trinity Journal (2003:169-188), verskyn. Die twee professore het ook hul besorgdhede rakende TPM tydens 'n Wereldkonferensie van die American Association of Christian Counsellors in September 2003, in Nashville, gedeel (Fletcher, 2004:56). Hulle gee vir Smith krediet dat hy wel erns maak met sy kritici, onder andere die Bobgans (Maier & Monroe, 2003:169-170). Alhoewel hulle slegs die sondeleer en genesingsleer van TPM ontleed, word hul evaluering as 'n belangrike bron geag, vanwee die akademiese standaard en die leerstellige aktualiteit daarvan.

2.4.1.4 David N. Entwistle

Entwistle is verbonde aan die Departement Psigologie van Malone College in Canton, Ohio (2004a:26). Hy het twee artikels oor TPM gepubliseer in 'n 2004-uitgawe van die Journal of Psychology and Theology. Die eerste is Shedding Light on Theophostic Ministry 1: Practice Issues (Entwistle, 2004a:26-34) en die tweede Shedding Light on Theophostic Ministry 2: Ethical and Legal Issues (Entwistle, 2004b:35-42). Hierdie artikels spreek van hoe akademiese standaard. In die beknopte oorsig ter inleiding van sy eerste artikel meld hy onverwyld dat daar tot en met sy skrywe in 2004 bykans geen gepubliseerde literatuur oor TPM, hetsy teoreties of empiries, in die professionele joernale verskyn het nie (2004a:26). Entwistle plaas TPM in die veld van innerlike genesing, 'n ontwikkeling wat godsdiens en terapeutiese benaderings integreer en wat hoofsaaklik deur die leke-gemeenskap van die kerk in die lewe geroep is.

Die hoofpunte van sy evaluerings word vervolgens kortliks aan die orde gestel. Die eerste vyf punte word in sy eerste artikel oor praktiese sake aangespreek (Entwistle, 2004a:26-34); die volgendes in sy tweede artikel oor etiese en wetlike sake (Entwistle, 2004b:35-42).

• Smith se pogings om TPM op Bybelse konsepte te begrond, is onvoldoende.

• Smith gee onvoldoende en dikwels onakkurate verduidelikings van basiese psigologiese prosesse.

• Smith se verklarings ten opsigte van die voorkoms van dissosiatiewe identiteitsversteurings (DIV), sataniese rituele misbruik (SRM), en demoniese aktiwiteit is te betwyfel.

• Smith se skattings oor die voorkoms van traumatiese misbruik oorskry empiriese bevindings. • Smith neem nie die moontlikheid van iatrogeniese geheuekontaminering (die bewerking van

valse geheues) genoegsaam in ag nie.

• Smith se opleiding deur middel van kort seminare en videomateriaal is heel waarskynlik onvoldoende in die daarstel van etiese en tegniese bevoegdheid by die beoefenaars van TPM. • Die aansprake dat TPM Godbegeleide genesings behels waarin 'n letterlike verskyning van

God verwag moet word, wek vrae.

• Die aansprake op gewaarborgde genesing en uitsonderlikheid van die metode, wek etiese sowel as wetlike besorgdhede.

• Die aanwending van TPM om 'n groot verskeidenheid van psigologiese versteurings te behandel, sonder genoegsame voorafgaande empiriese geldigverklaring van die metode, is problematies.

• Die vraag of TPM 'n godsdienstige intervensiemetode of 'n beradingsprosedure is, het wetsimplikasies.

• Die systap-hantering van bogenoemde kwessie deur die naam vanaf Theophostic Counseling na Theophostic Prayer Ministry te verander, laat 'n mens vra of dit eties korrek is.

• Smith se nie-verwelkoming van openbare ontleding en kritiek is problematies.

2.4.1.5 Jan Fletcher

Jan Fletcher is 'n joemalis wat 'n elektroniese (digitale) boek oor TPM geskryf het, Lying Spirits: a Christian journalist's report on Theophostic Ministry (2004:1-139). Sy is 'n godsdienskorrespon- dent vir die twee-weeklikse Central Kentucky News Journal (CKNJ) van Campbellsville, Kentucky, en die weeklikse Columbia News, in Columbia, Kentucky. Sy het aanvanklik twee artikels in die CKNJ gepubliseer nadat sy die nuuswaardjgheid van die saak besef het. "This is an international ministry started by Campbellsville's Dr. Ed Smith. Theophostic [Ministry] is generating a lot of controversy in Christian circles around the world pro and con. Proponents credit Smith's ministry with miracle cures of psychological problems; others claim the philosophy is 'from the pit of hell.' At any rate, it's certainly newsworthy that the ministry began here in Campbellsville'..." (Fletcher, 2004:4).

die Theophostic genesingstegnieke werk of nie werk nie (Fletcher, 2004:9). Sy verklaar dat sy die boek skrywe met die doel om die gevare van TPM uit te lig en om die Christendom te help om ingelig oor TPM te besin en te besluit (Fletcher, 2004:10). Sy vind veral die debat random "valse geheues" sensasioneel en skrywe drie van haar sewe hoofstukke oor hierdie besondere saak om, soos sy dit stel, die gevare van 'n gesoek na verdronge geheues uit te lig (2004:29-55), om pastors teen TPM te waarsku (2004:110-122) en om mense wat ly as gevolg van valse beskuldigings - op grand van ge'identifiseerde valse herinneringe - met raad te bedien (2004:123-131).

Fletcher stel 'n klomp aanvegbare sake rakende TPM aan die orde, al lyk dit of sy dikwels net haar geraadpleegde bronne napraat. In 'n hoofstuk oor teologiese besorgdhede (Fletcher, 2004:56-66) hanteer sy sake soos TPM se sondegebaseerde en leuengebaseerde teologie, die "teologie" van genesing, die "teologie" van lyding, ervaringsgebaseerde (pragmatiese) teologie, en demonologie. In 'n volgende hoofstuk oor spirituele besorgdhede (Fletcher, 2004:67-85) beskuldig sy vir Smith en TPM onder andere van hipnose, okkultiese praktyke, gnostisisme, panteTstiese mistisisme, New Age en spiritisme. In 'n verdere hoofstuk bespreek sy problematiese sake rakende TPM en sataniese rituele misbruik (Fletcher, 2004:86-109).

Die navorser merk op dat sy self as kind deur haar stiefpa gemolesteer en seksueel misbruik is, waarna sy vir twintig jaar 'n selferkende ate'is was totdat sy in 1996 tot bekering gekom net (Fletcher, 2004:51-52). Sy het ook as kind 'n slegte ervaring met 'n kerkleier gehad wat haar mislei het deur valshede met bedekte motiewe aan haar oor te dra vir waar (Fletcher, 2004:51). Sy beskou haar oorlewing tydens daardie twintig jaar as haar tydvak van "tolerable recovery" en die tydperk na haar bekering as "more than tolerable" (Fletcher, 2004:52). In die slothoofstuk van die boek gebruik sy beeldspraak waardeur dit lyk asof sy die volgende, vrylik vertaal, wil se: "Los jou eiland van herinneringe in die donkerte en moenie telkens die 'Pandora Box' wil gaan oopmaak nie!" (Fletcher, 2004:132-139.) Die navorser vermoed dat sy bang is om aan die hand van 'n volgende kerkleier, pastor of TPM beoefenaar, die eiland op te soek, aangesien dit moontlik haar eie greep op haar huidige verwysingspunte gaan verswak. Tereg vra die navorser hoe moet iemand wat net handgedrewe skroewedraaiers ken, die waarde van elektriese skroewedraaiers besing?

Syself gee toe dat die boek nie 'n gebalanseerde weergawe van protagonistiese en antagonistiese bronne weerspieel nie (Fletcher, 2004:10): "This work is not an attempt to offer a balanced report where both proponents and opponents to the ideas promoted by TPM are given equal coverage. This book offers the author's critical view of Theophostic Ministry's ideas and the effects those

ideas may have upon the public." Die navorser neem genoemde bekentenisse van Fletcher in ag by die weeg van veral haar negatiewe kritiek teen TPM.