• No results found

1.4 SENTRALE TEORETIESE ARGUMENT

1.5.2 Die navorsingsplan

Ten aanvang moet net eers op die breer konteks van die navorsing oor TPM gewys word, naamlik die gereformeerde pastorale praktyk en innerlike genesing. Dit word in die vorm van 'n diagram (Diagram 1.2 op voigende bladsy) uiteengesit.

Diagram 1.2: Gereformeerde pastorale praktyk

Praksis 1

Navorsingsbydrae

~ * \ ^ Praksis 2 J

Geen ofmin Wei Innehike Genesing Inneriike Genesing

en spesifiek TPM en spesifiek TPM

Die voorafgaande diagram stel die gereformeerde pastorale praktyk voor. As eerste praksis word 'n situasie veronderstel waarin inneriike genesing en Theophostic Prayer Ministry iets relatiefs nuuts en daarom ook 'n relatief onbekende modaliteit is. Die bedoeling van die navorsing is om 'n bydrae te lewer in die rigting van 'n volgende pastorale praktyk waarin inneriike genesing meer toeganklik is in die vorm van TPM. Die navorsing sal hierin slaag as dit bewys kan word dat die filosofie, teorie en praktyk van TPM reformatories-Skriftuurlik gesond is en dat die hoofsom van negatiewe kritiek daarteen ongegrond is.

In die diagram wat hierna volg (Diagram 1.3 op die volgende bladsy), word die navorsingsplan uiteengesit deur 'n kombinasie van die voorafgaande twee diagramme. Soos gemeld, volg hierdie navorsing nie die normale verloop van 'n prakties-teologiese studie soos wat die model van Zerfass (1974) dit voorstel nie, omdat die studie in der waarheid twee vertrekpunte en ook 'n dubbele doelwit het. Die eerste vertrekpunt is die gereformeerde pastorale praktyk (1) waarin inneriike genesing, en by name TPM, relatief onbekend is. Sou dit bewys kan word dat TPM reformatories- Skriftuurlik aanvaarbaar is, dan het die hele studie die eerste praksis van die gereformeerde pastorale praktyk verbeter of verryk (7b): 'n Model van inneriike genesing, by name TPM, is reformatohes-Skriftuuhik aanvaarbaar bewys.

Vir die ondersoek na TPM se aanvaarbaarheid word die praksis van TPM (2) as 'n tweede vertrekpunt geneem. Die navorser lewer 'n prakykteorie hiervan in Hoofstuk 2 deur 'n bronnestudie van TPM materiaal. Hierop volg egter nie 'n hoofstuk oor die basisteorie van TPM nie, maar word volstaan by die (verskraalde) basisteorie van TPM (2a) wat implisiet in die TPM materiaal voorkom en wat deels aan die orde kom in Hoofstuk 2 (deel 2).

Die volgende drie hoofstukke van die navorsing sal die situasie van TPM ondersoek en lewer dus metateoretiese bydraes. Hoofstuk 3 (3) bied 'n vergelykende ondersoek na Eye Movement

Diagram 1.3: Diagrammatiese voorstelling van die navorsingsplan Gereformeerde Praksis 1 Met min/geen Innerlike Genesing en/of TPM TPM PRAKSIS 1 Praktykteorie (2) Beknopte Reformatoriese Basisteorie Prakties- teologiese foeoordeling TPM PRAKSIS 2 Verstelde Praktykteorie

met riglyne vir (7a) Verbeterde Basisteorie (7) Metateorie Vergelykende Ondersoek na EMDR 1' Empiriese Studie oor TPM

1

(3) (4) Filosofiese Beoordeling van TPM en vernaamste kritiek (5)

Desensitization and Reprocessing (EMDR) ten einde verheldering oor TPM te verkry. Hoofstuk 4 (4) handel oor 'n kwalitatiewe empiriese studie na TPM. In Hoofstuk 5 (5) word die Wysbegeerte van die Wetsidee opgesom en as verwysingsraamwerk benut hoofsaaklik om kritiek teen TPM se antropologie te beoordeel. Hoofstuk 5 word in terme van Zerfass se model ook as 'n metateoretiese hoofstuk (5) gesien.

Hoofstuk 6 (6) omvat 'n prakties-teologiese evaluering van TPM. Die gegewens wat die situasie- analise (3 en 4) oplewer, sowel as die filosofiese beoordeling (5), sal hier in hermeutiese gesprek gestel word met die aanvanklike TPM praktykteorie (2), die basisteorie van TPM (2a), die kritiek rakende TPM (2b) en dit wat as basisteorie van die eerste gereformeerde praktyk geag word, naamlik 'n opsomming van die kernsake (6a) van die reformatoriese teologiese tradisie. Die kritici van TPM (2b) word na aan die lyn wat die gereformeerde praktyk verteenwoordig, voorgestel, bloot omdat enkeles van hulle uit 'n evangeliese basis opereer, byvoorbeeld die Community Evangelical Free Church (2001).

Hoofstuk 7 sal die bevindinge van die prakties-teologiese ondersoek weergee (7). Hopelik bied dit sinvolle rigtingwysers vir 'n verstelde TPM praktyk (7), sowel as vir 'n verbeterde basisteorie van TPM (7a) en 'n waardevolle bydrae tot die gereformeerde praksis (7b).

1.5.3 Metodes

In die beantwoording van die verskillende navorsingsvrae word die volgende metodes gebruik:

• 'n Bronne-ondersoek van die volledjge werke van dr. Ed Smith soos opleidingsmateriaal, werkboeke en video's sal gedoen word. Uiteraard moet die bronne van kritiek ook bestudeer en beoordeel word.

• 'n Literatuurstudie na EMDR, sowel as ander ander tersaaklike bronne uit hoofsaaklik die psigologie, sal ondemeem word en TPM sal met EMDR vergelyk word sodat bevestigings, aanvullings, verrykings en korrigerings bepaal kan word.

• 'n Empiriese studie sal gedoen word deur inligting te bekom by mense wat met TPM te doen het, hetsy as opleiers/beraders, beraders en/of beradenes. Indien nodig, en moontlik, sal ook met Smith self gekommunikeer word. Smith en die TPM praktykteorie moet verstaan en beoordeel word in terme van sy eie paradigma.

• Die Wysbegeerte van die Wetsidee sal kursories opgesom word om as raamwerk te dien vir die evaluering van die antropologie van TPM, sekere kritici en ander filosofiese sake.

• Die ontlede gegewens van die empiriese studie sal saam met die bydraes uit die ander metateoretiese ondersoeke in hermeneutiese gesprek gestel word met die aanvanklike praktykteorie en die (veronderstelde) basisteorie van TPM, die kritici van TPM en die reformatoriese teologiese tradisie ten einde TPM prakties-teologies te evalueer.

• Die bevindinge van die prakties-teologiese ondersoek, sowel as van die totale studie, sal opgesom en verder ontleed word, sodat tot 'n slotsom rakende die reformatories-Skriftuurlike aanvaarbaarheid van TPM gekom kan word, terwyl voorstelle ter aanvulling, verbetering en korrigering van die praktykteorie gedoen sal word. Rigtingwysers vir die verdieping of uitbreiding van die TPM basisteorie sal (moontlik) aan die hand gedoen word.