• No results found

Rasionaal vir die keuse van 'n kwalitatiewe benadering gebaseer op 'n vergelyking

3.5 'N VERGELYKING TUSSEN EMDR EN TPM

'N EMPIRIESE STUDIE OOR THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY(TPM)

4.3 DIE KEUSE VIR 'N KWALITATIEWE EMPIRIESE ONDERSOEK

4.3.2 Rasionaal vir die keuse van 'n kwalitatiewe benadering gebaseer op 'n vergelyking

Waar Leedy en Ormrod (2005:94-97) in die agtste uitgawe van Practical Research: planning and design die kwantitatiewe en kwalitatiewe benaderings vergelyk, doen hulle dit aan die hand van die doel, die proses, data-insameling, data-analise en rapportering van bevindinge by elk (vgl. ook Snape & Spencer, 2003:3-5). Met verwysing hierna kan die rasionaal vir die keuse van 'n kwalitatiewe benadering soos volg aangedui word:

• Die doel: Kwantitatiewe navorsers se doel is om by verklarings uit te kom en om voorspellings te maak wat na ander persone en plekke veralgemeen kan word. Hierteenoor wil kwalitatiewe navorsers komplekse situasies beter verstaan. Hul werk is dikwels ondersoekend of verkennend, en hulle mag hul waarnemings gebruik om teorie van meet af op te bou.

Die doel van hierdie studie is om die "komplekse situasie" van 'n Theophostic gebeure "beter te verstaan," eie aan die kwalitatiewe metode (Leedy & Ormrod, 2005:95).

• Die proses: Omdat kwantitatiewe studies die hoofstroom benadering verteenwoordig, bestaan daar reeds duidelik gestruktureerde riglyne om die studies te doen. Kwantitatiewe ondersoekers verkies ook metodes wat hulle kan help om die veranderlikes onder die vergrootglas objektief te kan ondersoek. Hulle bly op 'n afstand, "remain detached," van die deelnemers, sodat hulle sover moontlik onbevooroordeelde afleidings kan maak (Leedy & Ormrod, 2005:95). Kwalitatiewe ondersoekers, hierteenoor, werk met 'n ontluikende proses en riglyne, terwyl hulle ook subjektief betrokke raak in die ondersoek, soos Leedy en Ormrod dit duidelik omskryf (2005:95): "The qualitative research process is more holistic and 'emergent,' with the specific focus, design, measurement instruments (e.g., interviews), and interpretations developing and possibly changing along the way. Researchers enter the setting with open minds, prepared to immerse themselves in the complexity of the situation and interact with their participants." (skuinsdruk deur navorser.)

Die voor die hand liggende manier om Theophostic Prayer Ministry beter te leer ken, was vir die navorser om die basiese en eerste gevorderde kursus van TPM te doen en so wyd as moontlik daaroor na te lees. Gewapen met hierdie kennis, het hy TPM in sy eie beradingswerk begin toepas. Die doel is immers om eerstehands te ervaar hoe TPM werk. Hiermee plaas die navorser horn binne-in die navorsingsproses, en nie op 'n afstand teenoor die bestudeerde

situasie nie. Hy handhaaf ook 'n openheid om te sien hoe die navorsingsproses ontwikkel. Die keuse ten opsigte van die proses le ooglopend dus by die kwalitatiewe benadering.

• Dataversameling: Kwantitatiewe navorsers identifiseer een of 'n paar veranderlikes en versamel data wat spesifiek daarmee verband hou. Hulle ontwerp meetinstrumente en kry die gegewens van 'n populasie, of gebruik een of meer groot steekproewe. Kwalitatiewe navorsers werk met die veronderstelling dat die werklikheid nie maklik in diskrete, meetbare veranderlikes op te deel is nie. "Qualitative researchers are often described as being the research instrument because the bulk of their data collection is dependent on their personal involvement (interviews, observations) in the setting." (Leedy & Ormrod, 2005:95-96.)

Janesick (1998a:73) beklemtoon op dieselfde wyse die rol van die navorser deur haar stelling: "The researcher is the research instrument in qualitative research and must be ready to become physically sharper at observation and interview skills." (skuinsdruk deur navorser.) Die navorser ag sy eie ervaring en kennis ten opsigte van innerlike genesing as 'n spesifieke toerusting en begaafdheid wat hy in die navorsing kan aanwend, hetsy in eie waarnemings, gevallestudies of onderhoude.

Die navorser vind ook dat die meeste empiriese data wat op sy dissekteertafel beland, gegewens uit persoonlike onderhoude is. Data bepaal in 'n groot mate die navorsingsmetodologie, soos Leedy en Ormrod aandui (2005:94): "Furthermore, many kinds of data may be suitable only for a particular methodology. To some extent, the data dictate the research method." Die navorser is predikant in 'n gemeente en al meer lidmate en mense uit die gemeenskap kom aanklop om pastorale berading. Hierdie feit maak dit aangewese om die moontlikheid van gevallestudies te oorweeg (vgl. Stake, 2000:435-454) of ten minste beradenes in te sluit waar vir in-diepte onderhoude gekies word.

• Data-analise: "All research requires logical reasoning." (Leedy & Ormrod, 2005:96.) Dieselfde outeurs benadruk ook dat die "human mind is undoubtedly the most important tool on the researcher's workbench." Kwantitatiewe navorsers is geneig om swaarder te leun op deduktiewe denke, waar hulle van sekere voorafgaande stellings (bv. hipoteses, teoriee) gebruik maak en dan logiese afleidings daaruit maak. Hulle le ook groot klem op die waarborg van objektiwiteit Kwalitatiewe navorsers daarteenoor maak grootliks gebruik van induktiewe denke; waar veelvuldige, spesifieke waarnemings gemaak word waaruit dan afleidings gemaak word omtrent omvangryker of meer algemene verskynsels. Hulle data-ontleding is ook meer subjektief, bedoelende dat wanneer patrone byvoorbeeld deur data-ontleding ge'fdentifiseer

word, is dit meer subjektief bepaald - volgens hul eie subjektiewe opinie (Leedy & Ormrod, 2005:96).

Malan Nel (1991:34) ondersteun Dingemans (1989:192-212) se kritiek teen die rol wat aan die ondersoeker toegeken word volgens Zerfass se model van prakties-teologiese empiriese ondersoek. "Sy gedagte is dan dat die ondersoeker hiermee te veel nadruk kry en dat die uitgangspunt vir ondersoek en beplanning Newer geneem moet word in die gemeenskap ..." waarin die ondersoek plaasvind (Nel, 1991:34). Die verrekening van die inset van die gemeenskap waar die tersaaklike praksis ondersoek word, sal inderdaad meehelp dat die kwalitatiewe navorser se bydrae minder subjektief en derhalwe meer objektief sal wees.

Heyns en Pieterse (1998:78-80) verduidelik die gebruik van die deduktiewe denke vir die kwantitatiewe metode en die induktiewe werkswyse vir die kwalitatiewe deur te vra waarmee die ondersoek begin. Begin die empiriese ondersoek met 'n "geringe teorie" waar die navorser nog min weet en wil uitvind wat in die praktyk aan die gang is, watter standpunte en opvattinge mense het en watter geloofservaringe hulle deurgaan, dan is die kwalitatiewe metode met sy induktiewe denke die aangewese weg. Begin die ondersoek met 'n "uitgebreide teorie" waar reeds 'n hipotese oor 'n praktyk bestaan en die navorser wil vasstel of 'n bepaalde ingrype 'n beter of swakker uitwerking op die praktyk gaan he, dan is die kwantitatiewe metode met sy deduktiewe logika die voor die hand liggende metode. Die feit dat hierdie navorsing wil kontroleer of die lewensbeskoulike en leerstellige onderbou van TPM suiwer is, beteken dat daar onder andere gevra moet word na betrokkenes se standpunte, opvattings en belewenisse. Dit veronderstel dus die kwalitatiewe benadering.

Leedy en Ormrod (2005:96-97) noem verder dat kwantitatiewe navorsing nie uitsluitlik deduktief werk nie en dat kwalitatiewe navorsing nie slegs van die induktiewe metode gebruik maak nie. Dit kan ook andersom werk. Navorsers maak ook dikwels van albei soorte logika in hul werk gebruik - in die sogenaamde "gemengde-metode navorsingsontwerp" - sonder om vir of die een of die ander metode te kies.

• Rapportering van bevindinge: Kwantitatiewe navorsers reduseer hul data gewoonlik tot gemiddeldes, mediane, korrelasies en ander opsommende statistiek. Die resultate word gewoonlik in 'n verslag aangebied op 'n formele, wetenskaplike styl met onpersoonlike en passiewe taalvorme (Leedy & Ormrod, 2005:97).. Kwalitatiewe navorsers stel interpreterende narratiewe saam vanuit hul data en probeer om die kompleksiteit van die saak wat bestudeer

word, vas te vang en bloot te le. Hulle gebruik 'n meer persoonlike, literere styl en hulle sluit dikwels die deelnemers se eie woorde en perspektiewe in (Leedy & Ormrod, 2005:97).

Valerie J. Janesick (1998a:1, 9), 'n dosent in kwalitatiewe navorsing, voer bogenoemde saak van die literere en persoonlike styl baie konsekwent deur. Haar aanbieding wyk af van die tipiese akademiese en formele styl; sy gesels behoorlik met 'n mens en verwys ook nie na haarself as "die navorser" nie. Haar boek, "Stretching" Exercises for Qualitative Researchers (Janesick, 1998a), sal inderdaad enige empiriese ondersoeker wat onbekend is met die kwalitatiewe benadering, se perspektiewe "stretch."

Een voorbeeld van 'n kwalitatiewe empiriese studie in die praktiese teologie is die doktorale studie van Steyn (2005) wat die impak van die postmodemisme op voor-huwelikse verhoudings nagevors het. Afgesien van die bruikbare data wat die studie opgelewer het, en daartoe lei dat sulke paartjies pastoraal beter verstaan en begelei kan word, lewer hierdie studie ook 'n voorbeeld van hoe kwalitatiewe empiriese navorsing aangewend kan word om geldige resultate te verkry in die pastorale praktyk (Steyn & Lotter, 2006:1-2). Janse van Rensburg (2007:6) wys egter op 'n tekortkoming van die studie waar Steyn en Lotter (2006) nie hul standaarde vir betroubaarheid deurgaans konsekwent toegepas het nie. Die navorser oordeel egter dat genoemde gebrek nie die studie in sy totaliteit as onbetroubaar stempel nie.