• No results found

Diagnostiese klassifisering van enkele stresverwante psigologiese probleme

THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY (TPM)

3.1 INLEIDING TOT DIE HOOFSTUK

3.3.3 Diagnostiese klassifisering van enkele stresverwante psigologiese probleme

In die psigologiese wereld word die aanpassing en geestesgesondheid van mense volgens verskillende modelle gemeet en gediagnoseer (Freedy & Donkervoet, 1995:7). Die twee gewildste diagnostiese klassifikasiesisteme in hierdie verband wereldwyd is: (1) die tiende uitgawe van die International Classification of Diseases (ICD-10), wat 'n klassifisering van geestes- en gedragsversteurings deur die World Health Organization omvat (1992); en (2) die vierde uitgawe van die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM-IV) van die Amerikaanse Psigiatriese Assosiasie (APA, 1994). Een van die ooreenkomste tussen hierdie twee klassifikasiesisteme is dat albei die aspekte van menslike funksionering op 'n kontinuum plaas (Freedy & Donkervoet, 1995:7). Beide sisteme erken byvoorbeeld die bestaan van aanpassingsversteurings sowel as post-traumatiese stressindroom, omdat albei hierdie toestande te doen het met 'n identifiseerbare stressor gevolg deur 'n ontwrigte patroon van aanpassing (bv. angsgevoelens en kognitiewe versteurings). Die enigste verskil is dat die stresvolle gebeure en die daaropvolgende aanpassingpatrone by PTSS as meer intens, bedreigend en ontwrigtend beskou word as by aanpassingsversteurings.

Die navorser oordeel dat dit die gedagtegang van die navorsing dien om die ICD-10 (WHO, 1992) aan te haal oor die verskillende geestesgesondheidsprobleme wat aan omgewingstressors toegeskryf kan word, sowel as om na die DSM-IV-TR (APA, 2000) se diagnose van PTSS te verwys. Vir eers word na die ICD-10 (WHO, 1992:146-150, 208-211) verwys:

F43.0 Acute stress reaction

A transient disorder of significant severity which develops in an individual without any other apparant mental disorder in response to exceptional physical and/or mental stress and which usually subsides within hours or days. The stressor may be an overwhelming traumatic experience ... or an unusually sudden and threatening change in the social position and/or network or the individual ... The symptoms usually appear within minutes of the impact of the stressful stimulus or event, and disappear within 2-3 days (often within hours). (WHO, 1992:146-147.)

F43.1 Post-traumatic stress disorder

This arises as a delayed and/or protracted response to a stressful event or situation (either short- or long-lasting) of an exceptionally threatening or catastrophic nature, which

dreams, occuring against the persisting background of a sense of "numbness" and emotional blunting, detachment from other people, unresponsiveness to surroundings, anhedonia, and avoidance of activities and situations reminiscent of the trauma. ... There is usually a state of autonomic hyperarousal with hypervigilance, an enhanced startle reaction, and insomnia. ... The onset follows the trauma with a latency period which may range from a few weeks to months (but rarely exceeds 6 months). (WHO, 1992:147-148.) F43.2 Adjustment disorders

States of subjective distress and emotional disturbance, usually interfering with social functioning and performance, and arising in the period of adaptation to a significant life change or to the consequences of a stressful life event (including the presence or possibility of serious physical illness). ... The manifestations vary, and include depressed mood, anxiety, worry (or a mixture of these), a feeling of inability to cope, plan ahead, or continue in the present situation, and some degree of disability in the performance of daily routine. ... The onset is usually within 1 month of the occurence of the stressful event or life change, and the duration of symptoms does not usually exceed 6 months, except in the case of prolonged depressive reaction. (WHO, 1992:149.)

F62.0 Enduring personality change after catastrophic experience

Enduring personality change may follow the experience of catastrophic stress. The stress must be so extreme that it is unnecessary to consider personal vulnerability in order to explain its profound effect on the personality. ... Post-traumatic stress disorder (F43.1) may precede this type of personality change, which may then be seen as a chronic, irreversible sequel of stress disorder. ... This personality change must have been present for at least 2 years, and should not be attributed to a pre-existing personality disorder or to a mental disorder other than post-traumatic stress disorder (F43.1). Typical features include hostility and mistrust, social withdrawal, feeling empty or hopeless, feeling constantly anxious and threatened, and estrangement. (WHO, 1992:209.)

Die rede waarom na bogenoemde patologiese toestande verwys is, is om begrip te skep vir die etiologie en simptome van (enkele van) die ervaringsgebaseerde probleme wat deur beide EMDR en TPM behandel word. Dit gee ook 'n aanduiding van die kontinuum waarop die verskillende toestande aangeteken word, met akute stresreaksie en aanpassingsindroom aan die een end en die blywende persoonlikheidsverandering aan die ander end.

Die voorwaardes en simptome wat die DSM-IV-TR (APA, 2000:463-468) aandui as diagnose vir PTSS, kom vry vertaal (en breedweg) op die volgende neer:

a) Blootstelling aan 'n traumatiese gebeure waarin die persoon, of iemand anders, kan sterf of ernstig beseer kan word; of die moontlikheid hiervan. Voorbeelde van die tipe insident - maar nie beperk hiertoe nie - is militere oorlogvoering, fisiese of seksuele aanranding, kaping, om as gyselaar aangehou te wees, 'n emstige voertuigongeluk, aardbewings en tornado's, vlugteling- wees uit 'n oorlogsone, gevangene-wees in 'n konsentrasiekamp sowel as lewensbedreigende siekte. Hierdie insidente lei tot intense vrees, hulpeloosheid of afgryse.

b) Die herhaalde herbelewing van die traumatiese gebeure op ten minste een (1) van die volgende maniere:

i. herhalende en indringende ontstellende herinneringe aan die gebeure; ii. herhaalde nagmerries;

iii. terugflitsende episodes waarin dit voel of die trauma weer gebeur;

iv. intense psigologiese ontsteltenis wanneer aan interne of eksteme herinneringe van die gebeure blootgestel word; en

v. fisiologiese reaksie wanneer aan gebeure blootgestel word wat die aanvanklike trauma of aspekte daarvan verteenwoordig of simboliseer.

c) Die persoon probeer deurgaans daardie soort stimuli wat aan die trauma herinner, vermy op ten minste drie (3) van die volgende maniere:

i. pogings om gedagtes, gesprekke of gevoelens wat met die trauma verband hou, te vermy;

ii. probeer vermy aktiwiteite, mense of situasies wat aan die trauma herinner; iii. probleme om sekere aspekte van die trauma te onthou;

iv. die persoon het 'n merkbare afgeskaalde belangstelling in belangrike aktiwiteite; v. voel afgesny en emosioneel verwyderd van ander;

vi. het 'n beperkte ervaringsveld deurdat gevoelens afgestomp is/word; en vii. het 'n ingekorte toekomsverwagting.

d) Die persoon openbaar blywende simptome van hiperbedagdheid ("hypervigilance") wat nie voor die traumatiese insident voorgekom het nie, op ten minste twee (2) van die volgende maniere:

i. probleme om aan die slaap te raak of te bly slaap; ii. geTrriteerdheid of uitbarstings van woede;

iii. probleme om op take te konsentreer;

iv. deurentyd op die uitkyk vir werklike of verbeelde bedreigings wat egter nie met die werklike toedrag van sake strook nie ("hypervigilance"); en

v. oordrewe skrikreaksies vir minimaal of nie-gevaarlike stimuli.

Ten einde pastorale beraders te help om PTSS makliker te identifiseer en te evalueer, het Weaver (1993:385-408) bogenoemde diagnostiese riglyn op 'n bevatliker wyse verwoord en saamgevat in sy sognaamde "132-RAP model of PTSD." Die nommer 132 verwys na die gemelde basiese hoeveelheid simptome wat onderskeidelik moet voorkom onder die kategoriee van "Re- experiencing" (1), "Avoiding" (3) en "Physical hyper-arousal" (2) ten einde 'n stresreaksie as PTSS te identifiseer.

Die traumateorie en -navorsing waarby in die volgende afdeling aangesluit word, veral in verband met die onderliggende werkingshipotese van EMDR, verwys onder andere na die diagnostiese kenmerke van PTSS.