• No results found

Aanvullings, verrykings en/of verdiepings vir TPM

3.5 'N VERGELYKING TUSSEN EMDR EN TPM

VRAE WAT DIE NAVORSER MET DIE AANVANG VAN DIE TOTALE STUDIE GEVRA HET

3.6.2 Aanvullings, verrykings en/of verdiepings vir TPM

Die navorsing van hierdie hoofstuk het ook die volgende aanvullings, verrykings en/of verdiepings ten opsigte van TPM blootgele, wat hieronder bespreek word.

3.6.2.1 Benut EMDR se versnelde informasieprosesseringsteorie om TPM se werkingsteorie te verryk en/of te verdiep

Die navorser reken dat die onderliggende werkingsteorie van TPM uitgebrei en verdiep kan word deur by EMDR se versnelde informasieprosesseringsteorie aan te sluit en/of daarop voort te bou (vgl. 3.4.7). Daar kan ten minste drie redes vir die voorstel aangevoer word. Die waargenome ooreenkomste op prakties-kliniese vlak (vgl. 3.5.1 a, b, I hierbo) tussen die twee benaderings kan as 'n eerste rede geld waarom veronderstel kan word dat beide TPM en EMDR moontlik op dieselfde werkingshipotese bou.

Dit blyk, tweedens, dat TPM en EMDR op teoretiese of konsepsiele vlak reeds by mekaar aansluit. TPM, net soos EMDR, beskou by name ervaringsgebaseerde patologiese probleme as geneesbaar, soveel so dat daar nie soseer op die diagnoses gekonsentreer word nie, maar op die disfunksioneelgestoorde ervaringsinformasie. Smith maak alreeds gebruik van die basiese terme en denke van die informasieprosesseringsteorie (vgl. 3.5.1 m hierbo). Waar hy byvoorbeeld die

definiering en rolle van die gees, siel en liggaam van die mens uitklaar, beskryf hy die siel/verstand se werking onder andere volgens die metafoor van 'n rekenaar wat informasie prosesseer of verwerk (Smith, 2000a:182-183).

Volgens Lehman en Lehman (2003a: 1-6) sluit TPM egter sterker by die basiese teoretiese beginsels van kognitiewe terapie aan (vgl. Ellis, 1990/1962; Young, 1990). Die navorser stem hiermee saam. Teenoor hierdie siening is daar ook die standpunt van 'n ander evalueerder van TPM wat redeneer dat TPM se basiese werking van kognitiewe terapie verskil (Ridgway, 2007b:3). "Cognitive therapy works at replacing unscientific thoughts by scientifically tested ones." Dit wat tydens TPM gebeur, is volgens dr. Ridgway (2007b:3) eerder 'n tipiese ervaringsinformasie reprosessering en nie 'n tipies kognitief-terapeutiese proses nie.

Derdens, sien die navorser egter steeds 'n oordrewe kousale rol toegedig aan die leuen - eie aan kognitiewe terapie (vgl. Bankart, 1997:266) - by TPM, en reken derhalwe dat die informasieprosesseringsteorie van EMDR 'n beter verstaansraamwerk bied as kognitiewe teorie om innerlike verwonding te verstaan en om gepaste beradings- of terapeutiese intervensies daarvolgens te ontwerp en aan te le.

3.6.2.2 Ondersoek alternatiewe wyses vir die teruggaan na pynlike herinneringe naas die "emosionele rookspoor," na aanleiding van EMDR se beligting van assosiatiewe netwerke en patrone

Shapiro en haar medestanders het sekere assosiasiepatrone tydens EMDR sessies aangeteken (Shapiro, 2001:79-82; vgl. 3.5.2 f). Die volgende patrone van assosiasie is byvoorbeeld aangeteken. Die verskillende herinneringe is volgens assosiasie aan mekaar verbind deur middel van aanverwante raakpunte soos:

• die geloof inherent aan die trauma;

• die belangrikste deelnemer of skender verbonde aan die veelvuldige trauma; • die belangrikste stimuli wat by elke insident voorkom;

• die spesifieke soort gebeure wat in elke herinnering plaasgevind het; • die dominante fisiese sensasies van die insidente; en

• die dominante emosies wat met elke gebeurlikheid ervaar is.

mag wees en deur assosiatiewe verbindings met mekaar gekoppel kan wees. Die navorser word met die indruk gelaat dat TPM se metode om altyd vanaf ti huidige snellergebeure via die "emosionele rookspoor" na vorige herinneringe terug te gaan, beperkend kan wees. Daarom stel hy voor dat beradenes groter vryheid moet he om volgens enige van bogenoemde assosiasies wat mag opkom, terug te gaan na vorige herinneringe. (Die moontlikheid bestaan dat die navorser beperkte insig en ervaring oor die teorie en praktyk van TPM mag he waardeur hy iets van die rede van die TPM aanpak oorsien).

In die lig van die rol wat ervaringsgebaseerde tegnieke by ander terapeutiese modelle wat blykbaar goeie sukses geniet, speel, (Whitfield, 1987; Mahrer, 1989; Pearson & Nolan, 1995) stel die navorser voor dat by daardie modelle geleer behoort te word. Dr. Charles Whitfield (1987:87- 88) wat mense met alkohol-, dwelm- en gesinsprobleme help, skryf 'n agtiental ervarings­ gebaseerde tegnieke voor wat kan meehelp om met herinneringe en die gevoelens wat daarmee saamgaan, in kontak te kom. Die werk van dr. Mahrer (1989:26) wat in "Experiential Psychotherapy" spesialiseer, beklemtoon en benut verskillende tegnieke, soos byvoorbeeld "experiential listening" - 'n tegniek wat empatiese luister en refleksie tydens klientgesentreerde terapie net nog 'n stap verder neem. Mark Pearson en Patricia Nolan, twee onderwyser-terapeute in Australie, gebruik 'n eie eklektiese metode van psigoterapie wat hulle Emotional Release Counselling (ERC) noem (Pearson & Nolan, 1995). In hulle werk met kinders en volwassenes maak hulle baie van ervaringsgebaseerde tegnieke gebruik, wat blykbaar uitstekende resultate lewer. Die navorser reken dat die TPM praktyk sinvol verryk of aangevul kan word deur in hierdie opsig ervaringsgebaseerde tegnieke te ondersoek met die oog op benutting (vgl. Bylaag D, punt 2.1.5).

3.6.2.3 Benut TPM meer effektief vir die opbou van beradenes se interne bronne (vertroue in self, God, die berader en metode) volgens 'n soortgelyke aanwendingsmoontlikheid van EMDR

Uit sy eie ervaring met getraumatiseerde beradenes het die navorser ontdek dat die opbou van vertroue 'n belangrike aspek in die beradingproses is. Deelnemers A2 en C3 (par. 17 in die A2/C3- onderhoud, Hoofstuk 4) in die empiriese studie het verwys na 'n "chappies"-episode waardeur die Here eers die beradene se vertroue in Horn, in haarself en die TPM proses gevestig het, alvorens na die ware "issues" gegaan is. Die spesifieke moontlikheid van EMDR om 'n klient se innerlike bronne soos selfwaarde en selfvertroue op te bou, verdien verdere navorsingsaandag - wat nie spesifiek die oogmerk van hierdie navorsing is nie (Shapiro, 2002a:2; Shapiro, S., 2001:531; vgl. 3.4.1).

Moontlik kan by die EMDR tegniek aangesluit word (vgl. 3.5.2 c) en kan TPM doelbewus ingespan word om beradenes se vertroue in hulself, God, die berader en die beradingsmetode te help versterk in die aanvanklike stadia van berading. Dr. Neil Anderson (1993:36-37, 46-47) se werkswyse kan as 'n voorbeeld dien. Aangesien hy die waarde daarvan besef dat mense hul identiteit in Christus moet ken, en dat mense genoeg geloofsmoed moet he om hul pynlike herinneringe op te soek en te herbeleef, laat hy sy beradenes dikwels - ter voorbereiding van die verdere innerlike genesingsproses - lyste Skhfaanhalings deurlees en so goed as moontlik vir hulself toeeien. As die werk van dr. Willem Nicol (2002) oor innerlike genesing deur Skrifmeditasie hierin kan meespreek, dan moet daardie Skrifverse van dr. Neil Anderson juis op 'n meditatiewe wyse gelees en toegeeien word.

3.6.2.4 Voorkom hertraumatisering met TPM deur aanvullende gebruik van EMDRtegnieke

Die empiriese studie het die onsekerte van 'n getraumatiseerde persoon en sy behoefte aan veiligstelling tydens traumaberaad onderstreep (vgl. Bylaag D, punt 4 oor Traumaberaad). Dit lewer ook 'n bydrae wat as 'n stukkie begronde teorie gesien kan word en wat enkele voorstelle vir die TPM praktyk inhou. Die insigte en wysheid wat hierdie hoofstuk, Hoofstuk 3, oor EMDR na vore bring (vgl. 3.5.2 b; 3.4.5 se Stappe 1, 2 en 7 van die agt-fase prosedure van EMDR), sluit baie nou aan by die voorstelle van die empiriese studie oor traumaberaad.

Die Lehmans reken dat TPM nie so iets nodig het nie, aangesien die TPM benadering grondliggende (problematiese) herinneringe opspoor en leuens sodanig daar regstel, dat genoemde tegnieke - wat eie is aan tradisionele kognitief-behavioristiese terapie - hoegenaamd nie nodig is om stresvolle simptome in die hede te hanteer nie (Lehman & Lehman, 2003a:3). Al sou dit ook die geval wees, veral waar TPM beraders die tegniek behoorlik bemeester het, wil die navorser dit nogtans voorstel. Beraders wat nog in die leerfase is, loop die gevaar dat hulle moontlik beradenes kan hertraumatiseer met hul onervare aanwending van TPM, soos die navorser self tot sy eie beskaming in die empiriese studie moes ontdek (vgl. Bylaag D, punt 4 oor Traumaberaad).

Daarom word die volgende punte voorgestel wat vanuit die wysheid en tegnieke van EMDR kan bydra dat hertraumatisering by TPM verhoed en/of verminder word (vgl. 3.5.2 b):

• Doen 'n behoorlike beoordeling van die potensiele klient se gemoedstoestand en omstandighede ten einde te bepaal of die persoon op die oomblik die ontstemmende emosies wat met traumaberaad gepaard gaan, kan hanteer. Dit moet uiteraard tydens die eerste fase

• Sorg vir voldoende voorbereiding in die eerste fases van die berading en die afwen teen die einde van 'n sessie.

• Sorg dat die klient verbeeldingsoefeninge (vir byvoorbeeld 'n "veilige plek") aanleer of ander tegnieke ter wille van ontspanning, emosiebeheer en selfbeheer tydens en tussen sessies, sonder om dit by voorbaat af te keur vanwee die ooreenstemming met hipnose-praktyke.

• Laat die klient tussen sessies aantekeninge neem in 'n dagboek of joernaal van drome/nagmerries, ontstellende insidente of nuwe voorvalle wat by horn mag opkom en moontlik geprosesseer moet word.

3.6.2.5 Genees veelvuldige trauma deur "saambondeling" van soortgelyke insidente, soos by EMDR

Wat Shapiro (2001:76, vgl. 3.5.2 g) deur praktiese ervaring geleer het, is dat dit aangewese is om traumatiese insidente in groepe van soortgelyke insidente "saam te bonder en om dan 'n verteenwoordigende voorval te neem as 'n teiken vir reprosessering. "Reprocessing the representative incident will usually result in a generalization, allowing the positive treatment effects to spread to all of the associated incidents." (Shapiro, 2001:76.) Hierdie werkswyse van EMDR is presies ook wat die psigoloog, D1, van die empiriese ondersoek doen in sy afwykende formaat van TPM (Bylaag D, punt 3.1.2). Hyself gaan 66k nie na elke insident en noodwendig tot by die eerste in 'n reeks as hy met veelvoudige trauma werk nie. Hierdie voorstel het die voordeel van tyd te bespaar vir die beradene en die berader, sowel as om die beradene te help om nie emosioneel oorweldig te raak as daar 'n lang geskiedenis van traumabelewenisse is wat volgens voorskrif een vir een deurgewerk moet word nie. Dit verminder ook die risiko dat die klient voortydig uit berading onttrek as gevolg van die herbelewenis van pynlike herinneringe.

Hierdie voorgestelde werkswyse blyk te verskil van TPM daarin dat Smith voorskryf dat al die pynlike herinneringe wat aan mekaar verwant is, een vir een opgesoek en geprosesseer moet word. Die volgende stelling in 'n artikel van Smith (2003c:29-31) dien as illustrasie van sy opvatting en riglyn hieroor (Smith, 2003c:31): "Keep in mind that we forgive our debtors issue by issue and wound by wound ... If there is an unresolved offence toward the same wounder in other memories, then the person will not reach complete compassion and forgiveness until the other places have been visited, an account taken, and healing received." Tog is daar aanduidings dat Smith (2000a:11) ook vir so 'n verkorte werkswyse voorsiening maak, byvoorbeeld waar hy die volgende stelling maak: "Healing is not determined by the number of memories but rather by the number of interpretations (lies) embedded in the memories. ... Once a lie is exposed and removed from one memory, the same lie is also expelled from all other memories."

Die onderhawige voorstel is egter in pas met die waargenome assosiasiepatrone wat Shapiro en medestanders al tydens EMDR sessies aangeteken het (Shapiro, 2001:79-82; sien hierbo 3.6.2.1). Teikenherinneringe kan met daaropvolgendes verbind wees, byvoorbeeld via die skendende persoon wat hulle in gemeen het (Shapiro, 2001:81). 'n Klient se molestering deur sy vader mag geassosieer wees met 'n onbillike drag slae deur sy pa by geleentheid en nog 'n geval waar sy pa horn erens alleen agtergelaat het. Hierdie tipe persoon het dikwels probleme met gesagsfigure, en kan 'n lae selfbeeld en ander probleme as gevolg van hierdie onverwerkte insidente met sy vader he. EMDR terapeute het al dikwels waargeneem dat die prosessering van een traumatiese herinnehng na 'n ander, wat byvoorbeeld dieselfde skender in 'n assosiatiewe verbinding het, kan veralgemeen.

Die tersaaklike voorstel hier strook - wat die navorser aanbetref - met die nuutste neurofisiologiese teorie oor die werking van die brein en geheue. Dr. Sheldon Herring (2004:22- 25) skryf byvoorbeeld 'n artikel, in die Theophostic Journal van November 2004, oor Building Blocks of Memory. Hy verwys daarna dat leer en onthou deur die brein al meer volgens 'n geheuemodel van "assosiatiewe netwerke" verstaan word (en minder deur die vroeer-gangbare geheuemodel van "liniere informasie"). Dit beteken dat daar op neurofisiologiese vlak 'n konstruksie en werkswyse van die brein bestaan wat bogenoemde voorstel vanuit die EMDR praktyk ondersteun.