• No results found

Die geloofsverklaring van Smith, stigter van TPM

DIE FILOSOFIE, TEORIE EN PRAKTYK VAN THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY {TPM)

2.1 DIE FILOSOFIE VAN SMITH EN TPM

2.1.1 Die geloofsverklaring van Smith, stigter van TPM

Die volgende is 'n vrye vertaling deur die navorser. Waar een van die weergawes 'n toevoeging of 'n afwyking van die ander het, word dit in groot hake ingesluit met 'n aanduiding van watter weergawe dit so toevoeg of anders stel. Ronde hake word gebruik presies soos die oorspronklike bronne dit gebruik het en om bronverwysings aan te dui. Verwysings na die Nuwe Afrikaanse Vertaling van die Bybel (Bybel, 1986) en die Ou Afrikaanse Vertaling (Bybel, 1953) word weergegee met die afkortings NAV en OAV onderskeidelik.

Daar is een God wat van ewigheid af saambestaan in drie persone: die Vader, die Seun en die Heilige Gees. [Alle dinge is deur en vir die Seun geskape in verhouding met die Vader. (2004b: 12.)] Die Vader het sy enigste Seun gestuur om die redding vir 'n verlore mensheid te word. Die Heilige Gees is gestuur om die opdrag van Christus voort te sit en te voltooi deur Sy liggaam, die Kerk.

Jesus Christus het in die vlees gekom, volledig God en volledig mens, maar sonder sonde. As God die Seun het Hy na die aarde gekom as h mens, gebore uit 'n maagd. Hy het alles volvoer waarvoor Hy gestuur was, aan die kruis gesterf vir die sondes van die wereld, na drie dae uit die dood opgestaan en regeer vandag aan die regterhand van God die Vader. Hy sal op die wolke terugkeer op die dag deur die Vader bepaal om almal wat aan Horn behoort, wat [gewas en (2004b:12)] wederbaar is deur die versoeningswerk van die kruis van Christus, na Horn toe op te roep. Jesus Christus staan sentraal tot alle ware heling en vryheid. Sonder Horn kan ons niks doen nie (Joh. 15:5).

Die Heilige Gees is die derde persoon van die Drie-eenheid. Hy woon in die hart van die ware Christen waar Hy die krag voorsien om God se woord te gehoorsaam, van sonde oortuig, leer en in alle waarheid lei, troos bring in tye van benoudheid, terwyl Hy alle ware gelowiges verenig in 'n band van liefde. Die Heilige Gees is die manier waarop God met Sy mense kommunikeer deur die geskrewe Woord te open (te verlig) en deur innerlike kommunikasie van die hart. [Dit word geglo dat dit die Heilige Gees is wat waarheid openbaar aan die persoon in 'n Theophostic gebedsbedieningsessie. (Alhoewel hierdie outeur soms die name Jesus, God, Gees van Christus en Heilige Gees alternatiewelik gebruik wanneer verwys word na hoe mense waarheid ontvang, glo hy teologies dat dit in werklikheid die Heilige Gees is wat met gelowiges kommunikeer en hulle in al die waarheid lei.) (Smith, 2004b:12)].

Die Bybel is die gei'nspireerde Woord van God en het "groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek" (2 Tim. 3:16 NAV). Dit is verhewe bo die tyd en relevant vir alle omstandighede en is die volheid van God se goddelik-gemspireerde openbaring aan die mens, sonder enige foute in sy oorspronklike vorm [soos wat dit aan die oorspronklike outeurs gegee was (Wilder &

Smith, 2002:5)]. [Die Woord van God moet uitgele word deur Skrif met Skrif te vergelyk in sy presiese historiese en literere konteks (Smith, 2004b:13)].

Die kerk word universeel saamgestel deur alle mense wat glo dat Jesus Christus aan die kruis vir hulle sondes gesterf het [en wat deur die krag van die hemelse Vader uit die dood opgestaan het (2002a:5)], en wat [deur hul geloof (2002a:5)] deelgenote is van die Goddelike natuur. Die inwoning van die Gees van Christus is die beslissende faktor of iemand Yi ware geloofsverhouding met God het, nie h mens se denominasie, godsdienstige praktyk of prestasie in Christelike dissiplines nie, want "as iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie" (Rom. 8:9b NAV).

Die primere doel en roeping van die kerk is om uit te gaan en die goeie nuus van [redding en (Smith, 2004b: 13)] vryheid in Christus aan die hele wereld te verkondig (Matt. 28:19- 20), om die werk van die duiwel tot niet te maak (1 Joh. 3:8), om waarheid te bring aan hulle wat gevange gehou word deur die greep van die koninkryk van die duisternis, en om die weg te berei vir Sy wederkoms deur Sy bruid gereed te kry (Luk. 4:18).

Alle mense word gebore met 'n gevalle natuur, afgesny van God. In hierdie gevalle staat is ons harte verwyderd van God en voortdurend boos. Diegene wat nie in geloof reageer op die genadige vrye gawe deur Christus nie, lewe in 'n gevalle staat en sal vir ewig van God afgesny wees [in 'n ewige hel (2004b: 13)]. Diegene wat in geloof na Christus kom, word nuwe skepsels gemaak en sal vir ewig in die hemel woon.

Alle mense sondig en het God se voortdurende genade en vergifnis nodig. Sonde is 'n voortgaande probleem wat hanteer moet word in die lewe van die gelowige deur die kruis van Christus en nie "deur werke" nie. [Jesus het ons sonde op Horn geneem sodat ons sy geregtigheid kon word. God is aktief aan die werk in die lewe van die gelowige deur die Heilige Gees waardeur Hy sy gemoed vernuwe en sy gees na volwassenheid lei, "totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot'n volwasse man, tot die mate van die voile grootte van Christus" (Ef. 4:13 OAV). (Smith, 2002a:6)]

God is 'n soewereine God wat in staat is om te doen "ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk" (Ef. 3:20 OAV). Die rede waarom ons hierdie werklikheid moontlik nie ervaar nie, is nie omdat die krag nie beskikbaar is nie, maar is omdat ons nie die beskikbare krag toe-eien [en toelaat om deur ons te werk (Smith, 2004b: 13)] nie. Wanneer ons probeer om in eie krag bediening te doen, gebeur niks goddeliks nie.

Die genoemde drie weergawes waaruit bogenoemde vertaling saamgestel is, is feitlik woordeliks dieselfde, op enkele uitsonderings na, soos aangedui. Hulle verskil egter van die vroeere geloofsverklaring in Smith se handboek, Beyond Tolerable Recovery (2000a:vi), daarin dat die aanvanklike geloofsverklaring kernagtiger praat oor God, die Bybel, Jesus se menswording, die Heilige Gees en die kerk as die latere weergawes. 'n Verdere verskil le daarin dat Smith se aanvanklike geloofsverklaring aspekte van 'n mensleer en verlossingsleer huldig wat as aanvegbaar aangemerk moet word, byvoorbeeld:

Man is "beautifully and wonderfully made" as a trichotomy of body, soul and spirit (1 Thes. 5:23). The spirit of those who are in Christ is fully redeemed and complete through the atoning work of the cross (2 Cor. 5:17). The soul/mind of redeemed man is in the process of being renewed (this is Theophostic) (Romans 12:2). The body is non-

Die navorsing beoog om voorlopig eers net die tafel te dek met wat Smith en Theophostic Prayer Ministry aanbied, sonder om op hierdie stadium te reageer op kritiek teen Smith en TPM of Smith se reaksies daarop. Dit lyk egter nodig om in verband met bogemelde weglatings en veranderings in die geloofsverklaring dadelik kommentaar te lewer.

Bogenoemde aanhaling gee iets weer van Smith se mensleer, verlossingsleer en sy leer oor heiligmaking. Die Community Evangelical Free Church (CEFC) is een instansie wat 'n Bybelse evaluering van TPM gedoen het (2001:1-23). Hulle bevinding is dat TPM se trichotomiese mensleer onskriftuurlik is (CEFC, 2001:11) en dat die gees van 'n wedergebore mens nie onmiddellik na bekering volkome heilig is nie (2001:11-12). Dit lyk asof Smith reeds met die laaste twee weergawes van die geloofsverklaring hierdie laasgenoemde kritiek in ag geneem en verwerk het, vandaar dat hy nie in dieselfde trant daaroor skryf of verklaar nie. "Those who come to Christ in faith are made new creatures.... Sin is an ongoing problem.... Jesus took on our sin that we might become His righteousness. God is actively at work through the Holy Spirit in the life of the believer, renewing his mind and maturing his spirit, ...." (Smith, 2002a:5-6; vgl. ook 2004b:13).

In verband met die nuwe uitgebreide geloofsverklaring, moet die volgende kortliks aangeteken word (Smith, 2006b:1-3; vgl. 2007b:221-223). Smith se verlossingsleer en leer oor heiligmaking bly volgens die navorser se oordeel onveranderd, behalwe dat hy dit duideliker en omvattender uitspel. In verband met die demonologie blyk dit dat Smith 'n baie sterk klem le op die feit dat Jesus Christus die duiwel totaal en al oorwin het en dat alle mag in die hemel en op die aarde aan Horn gegee is. Christus is volgens Efesiers 1:20-23 die Hoof van die Kerk, sy liggaam; en daarom is Satan in ondergeskikte posisie ten opsigte van die ware gelowige in Christus.

Satan's deceptive "power" is totally related and dependent on the lies that each person holds. Any demon thought that passes through the mind of man has only as much impact as it is believed. People are not victims of the devil that need to be rescued as is seen in the Gospels prior to the Cross, but rather are being held captive by their own false belief. Lasting freedom does not come by fighting a defeated devil (which makes little logical sense anyway), but rather by turning to the Lord of truth. ... (2 Cor. 4:3-4; 2 Cor. 3:16). It does not say the veil is removed by warfare or even fervent praying, but by the deliberate choice of the one blinded to turn to Christ. (Smith, 2006b:3.)

Vanuit hierdie aanhaling blyk dat Satan totaal oorwin is (vgl. ook Heb. 2:14; Smith, 2007b:223) en dat die mens glad nie as slagoffer van die Bose beskou moet word nie. Die Christen se oorwinningsposisie in Christus word verstaan en gerespekteer. Daarom is daar nie geestelike oorlogvoering nodig om die Bose te oorwin nie. Die mens moet egter daarop let dat hy waarheidsgetrou glo, aangesien die Bose se houvas op die mens direk verband hou met die

leuens wat hy glo en die mate waarin die mens homself met 'n wilsbesluit na Christus wend (in bekering), sodat die geestelike blindheid van sy oe verwyder kan word kragtens die teksverse van 2 Korintiers 4:3-4 en 3:16. In die beoordeling van Hoofstuk 6 sal weer hierna verwys word.

2.1.1.1 Smith se onderskeid tussen kemsake en randsake

Smith onderskei tussen kernsake en randsake ten opsigte van sy sienings en lering oor TPM (2004g:28). Randsake is moontlik belangrik in eie reg, se hy, maar dit word nie as noodsaaklik geag vir iemand om TPM as 'n bediening te aanvaar en effektief toe te pas nie (Smith, 2004g:32). Smith se sienings oor demone en geestelike oorlogvoering val byvoorbeeld in die kategorie van periferiesake. Hy het tydens 'n lesing op die TPM Internasionale Konferensie gedurende November 2003 in Minnesota hierdie benadering van horn uitgespel (Smith, 2004g:28). Die redes wat hy hiervoor aanvoer, is dat hy eerstens nie wil bydra tot onnodige en verdere verskeurdheid in die liggaam van Christus deur nie-essensiele leringe wat moontlik verskille kan ontketen, die wereld in te stuur nie. Tweedens wil hy nie he dat mense oor'n randsaak struikel en in die proses ook die basiese sake van TPM verwerp nie. Laastens ag hy dit wys om nie vir mense onnodig klippe van kritiek te gee waarmee hulle horn kan gooi nie.

Hy het hierdie benadering van horn ook aan die twee professore, Brian N. Maier en Philip G. Monroe, wat saam in 2003 'n teologiese ontleding oor TPM gedoen het, verduidelik (Maier & Monroe, 2003:171). Maier en Monroe (2003:171) gee toe dat sommige van die beginsels van Smith se veranderingsmodel totaal anders ge'interpreteer kan word as dit deur 'n ander teologiese raamwerk beoordeel word. Daarmee handhaaf hulle Smith se onderskeid tussen rand- en kernsake met die oog op hulle evaluering van TPM. Daarbenewens merk hulle tog op dat dit volgens hulle beskouing onhoudbaar is om 'n persoon se "persoonlike teologiese oortuigings" te skei van die teoretiese beginsels van sy bediening (Maier & Monroe, 2003:171).

Wat is die unieke lewens- en wereldbeskoulike sake wat by TPM voorkom? Dit is die voigende vraag wat beantwoord moet word. In die aanloop daartoe is dit eers nodig om te vra hoe die Theophostic bediening ontstaan het en hoe Smith dit definieer.