• No results found

Korrigerings of aansuiwerings ten opsigte van TPM

3.5 'N VERGELYKING TUSSEN EMDR EN TPM

VRAE WAT DIE NAVORSER MET DIE AANVANG VAN DIE TOTALE STUDIE GEVRA HET

3.6.3 Korrigerings of aansuiwerings ten opsigte van TPM

In hierdie afdeling word twee korrigerings of aansuiwerings ten opsigte van TPM voorgestel aan die hand van die gegewens wat hierdie hoofstuk opgelewer het.

3.6.3.1 Balanseer die TPM faset van "God wat lig gee" deur kennisname van twee uniekhede by EMDR

Die eerste uitstaande uniekheid aan die versnelde informasieprosesseringsmodel van EMDR is die fisiologies-verankerde psigologiese selfgenesingsmeganisme waarop die model berus (vgl. 3.5.2 a). Die tweede uitstaande uniekheid van EMDR is die oogbewegings of ander alternatiewe duale stimulerings waarvan dit gebruik maak (vgl. 3.5.2 i). Dit word verstaan dat die duale oogbewegings of ander stimulerings juis die genesing (of integrering van traumaverwante informasie) wat deur die selfgenesingsmeganisme gedoen word, maar wat as gevolg van trauma

geblokkeer was, weer aktiveer. Lehman en Lehman (2003b:2) gee 'n mooi omskrywing van hoe hulle die vervanging van die leuen met die waarheid by onderskeidelik EMDR en by TPM sien:

EMDR helps the client connect to the traumatic memory where the lie is carried, and then also helps connect this place with the adult cognitive mind so that the truth carried in the adult cognitive mind can replace the lie carried in the traumatic memory. When it works, the end result looks much like some Theophostic sessions where the Lord quietly connects the truth already present in the client's adult cognitive mind with the traumatic memory where the cognitive distortion/lie is stuck. In other Theophostic sessions the Lord provides much more than is received with EMDR ...

Die vraag kan nou gevra word: Watter eensydigheid kom by TPM se faset van "God wat lig gee" voor? TPM le baie klem daarop dat geen vervanging van hierdie leuen met die waarheid deur menslike redenasies/disputerings of pogings gedoen kan word nie (vgl. Ridgway, 2007b:3). Boonop moet die beradene sy eie magteloosheid hierin besef en bely. Voorts moet die beradene ook afsien van enjge vorm van hanterings- of verdedigingsmeganismes ten einde die helende genade van God in Christus met openheid te kan ontvang (Smith, 2000a:314). Niks is op die oog af met hierdie uiteensetting verkeerd nie. Wat egter uit die empiriese studie na vore kom, is dat Smith moontlik die genade-pool van die natuur-genade-dualisme kan oorbeklemtoon, soos ook waar te neem was by deelnemer D1 (vgl. 4.9.2 i). Smith se wegskram van tegnieke soos visualisering, hipnose en so meer, is tekenend van hierdie beklemtoning.

Vervolgens moet gevra word: Wat is nou die regsteiling wat deur EMDR aan die lig gebring word? Die regsteiling le daarin dat die skeppingsmatige sy van menswees onderstreep word. Die mens wat God gemaak het en waarby God in sy helende genade betrokke is (soos veral in pastorale berading) is wonderbaarlik geskep. As Shapiro (2001:30-32; vgl. 3.4.7.1) byvoorbeeld verduidelik dat die mens so gemaak is dat sy hart klop sonder dat ons (normaalweg) vir ons hart moet pas aangee, of dat 'n mens so gemaak is dat jou liggaam rowe vorm waar jy seergekry het, dan versterk dit die navorser se geloof in die wonder van God se skepping in die mens. Die skeppingsmatige pool in die natuur-genade-dualisme is volgens die navorser by TPM afgeskeep. Intussen blyk dit uit hierdie ondersoek na EMDR dat die unieke psigologiese selfgenesings- meganisme van die mens tog ook maar betrokke moet wees in die situasie waar persone innerlike heling deur 'n pastorale metode soos TPM ondergaan. Die heling van die mens tydens TPM is, met ander woorde, nie volledig en alleen toe te skryf aan God wat lig gee nie. God het die mens so wonderlik gemaak dat sekere selfgenesingsprosesse weliswaar geblokkeer kan raak met emosionele oorbelading soos tydens 'n traumatiese skok, maar dit kan ook weer aan die gang gesit word deur EMDR oogbewegings of deur TPM gebedsberading.

3.6.3.2 EMDR belig moontlike eensydighede in TPM se waardering en prosessering van kognisies en emosies

Een implikasie van die navorser se voorstel dat TPM die versnelde informasieprosesseringsteorie as werkingsteorie moet gebruik, is dat fasette van die kognitiewe aanslag van TPM, hoe nuttig dit ook alreeds sigself bewys het, hersien moet word. Rob Furlong (2003:3), senior predikant van Thornlie Church of Christ en voorsitter van Concerned Christians Growth Ministries - 'n bediening wat valse, kultiese bewegings aan die lig stel - lewer 'n negatief-kritiese evaluering van TPM in sy artikel, Theophostic: God's Light or Satan's Lie? Die navorser gaan nie met al Furlong se kritiek akkoord nie, maar wel met die vraag wat hy oor Smith se kognitiewe aanslag vra. Smith se aanslag is om feitlik alle ervaringsgebaseerde probleme aan die glo van leuens toe te dig. Furlong (2003:3) stel dit duidelik: "While I understand that people who are victims of these types of traumas are not magically 'healed' by simply re-visiting the event, I am left with the uncomfortable feeling that Ed Smith minimises the trauma by unduly emphasising and exalting the lie."

Enkele voorbeelde uit die TPM basiese handboek illustreer wat Furlong waarskynlik bedoel met die oorbeklemtoning van die rol van die leuen:

Each lie embedded in the memory will produce its own specific emotion (researcher's italics). It is as though the emotion is the aroma the lie is giving off. (Smith, 2000a:310.)

I asked her about the fear and she reported the fear remained. I assured her it would soon be gone when we identified the lie producing it. (Researcher's italics; Smith, 2000a:311.)

The emotion from the lie acts the same way. The lie embedded in the memory gives off a strong odor every time the memory is accessed. (Researcher's italics; Smith, 2000a:315.)

Volgens hierdie aanhalings is Smith se beskouing duidelik, naamlik dat die leuen wat in die spesifieke herinnering ingebed le die emosie "produseer" of afgee, soos wat 'n dooie rot 'n reuk afgee. Die leuen, oftewel die distorte kognisie, staan dus in 'n aanstigtelike verhouding tot die meegaande emosie. Bankart (1997:266) skryf oor Beck en die kognitiewe terapie en beaam dat Beck 'n kousale rol aan kognisie toeken. Bankart egter beklemtoon dat "thoughts, feelings, and behaviors all create, and in turn reinforce, one another." Die navorser oordeel dat laasgenoemde standpunt van 'n wedersydse beinvloeding nader aan die ware toedrag van sake is, en skaar homself dus by daardie standpunt. Die versnelde informasieprosesseringsmodel plaas ook nie die

dit doen nie. Die VIP sal seker vir Furlong (2003:3) kan toegee, dat die belewenis van trauma (klein "t"-trauma of groot "T"-trauma) die emosie veroorsaak het.

A. de Graaff (1980:135-152) het in 'n wysgerige artikel oor psigologie onder andere die definisie en rol van emosies beskryf en aangetoon dat emosie deel is van die manier waarop mense die lewe en die wereld random hulle waarneem. Emosie kan hiervolgens in drie fasette verdeel word, naamlik "sensing," "feeling" en "emoting" (de Graaff, 1980:140-141). Met "sensing" word bedoel: "Through our sensing we perceive the world around us in its immediate meaning for our existence." "Feeling" word soos volg verstaan: "Our feeling reactions are a direct response to what we have become aware of and have identified by our sensing. ... Thus, to feel is to appraise." "Emoting" word soos volg deur De Graaff (1980:141) omskryf: "In distinction from feelings, our emotional reactions manifest a total, bodily being moved by a situation. ... They mobilize the whole person and make us pull away from or move toward someone or something. In our emotions we live out here and now and surrender bodily to how we feel in a particular situation."

Een belangrike saak wat uit bogenoemde aanhalings blyk, is dat die mens se sensitiewe lewe die substraat vorm vir die interpretasies wat 'n mens aan ervarings toedig. Hieruit kan dus afgelei word dat emosie ook kousaal verantwoordelik is om kognisies (interpretasies/betekenisse) te help "produseer." Dit is dus nie noodwendig die leuens wat die emosies dra of "produseer" nie. Die saak lyk ingewikkelder as wat TPM op tipies kognitief-teoretiese manier dit mag verklaar.

Op dieselfde trant verduidelik De Graaff (1980:145-146) dat die "sense perceptions and feelings" 'n belangrike rol speel in die bepaling van die betekenis van 'n bepaalde ervaring wanneer 'n mens daaroor nadink:

For we know something first of all bodily and sensitively. If because of some previous experience, like a severe accident in childhood, the event frightened us a great deal, our understanding of what happened will tend to be "colored" by our strong feelings. We may be surprised how our memory and interpretation of the event differs from that of other observers. In this instance the reason for this difference is to be found in the strong feelings we brought to the.event from our past experience. We overreacted because of unresolved and nonintegrated past feelings that continue to influence our feelings in the present.

Een unieke faset van EMDR is Stap 4 in die agt-fase prosedure waartydens 'n desensitasie van emosie bewerkstellig word (vgl. 3.5.2 d). Die oogmerk daarvan is juis om daardie onverwerkte emosie vanuit die verlede verwerk te kry. Die desensifisering van emosie veroorsaak dat daardie geheuenetwerk wat as 'n "gevriesde" herinnering gesien kan word, "ontvries" en gereed raak om met ander assosiatiewe netwerke waarin positiewe kognisies ingebed le, te verbind.

Ervarings word nie altyd in die verklarende (dit is: bewuste) geheue van die mens gestoor nie. Tydens trauma, met sy gepaardgaande oorweldigende emosies, word dit in die nie-verklarende geheue gestoor. Die uitdaging wat berading en terapie het, is om daardie verdronge herinneringe, met hulle gestoorde emosies en kognisies, op te soek of te kontak en om die gevoelde betekenisse (interpretasies) van daardie belewenisse te ontrafel. Dit veronderstel 'n aktiwiteit vanaf die bewuste menswees se kant wat die veelal ontkende of verdronge emosies voel, benoem, verstaan en kommunikeer. lemand soos Dayton (2000:25-56), wat ook oor traumabera- ding skryf, noem hierdie aktiwiteit "memory editing" (2000:113-115). Met "memory editing" bedoel sy dat die vaardighede van "emotional literacy" toegepas moet word. Hierdie vaardighede behels (Dayton, 2000:42-48): (Fase een) dat die herinnering gekontak en die emosie in sy volheid gevoel moet word; (Fase twee) dat die emosionele ervaring 'n naam gegee moet word; (Fase drie) dat die betekenis en funksie daarvan ontdek moet word; en (Fase vier) dat daar gekies moet word of die innerlike toestand met 'n ander gekommunikeer gaan word of nie.

Op hierdie wyse kan die oorweldigende affek van die emosionele ervaring verminder word en die totale herinnering wat as gevolg van die oorweldigende affek in "gevriesde" formaat gestoor was, kan dan ontvries en sodoende opgeneem word deur die brein se verwerkings- of integreringsprosesse. Uiteraard kan die oorspronklike (kognitiewe) betekenis ook hersien en verander word. Dayton (2000:36) beskryf op treffende wyse hoe emosies ons gedagtes kan 'kleur' en hoe ons denke ons emosies kan dekodeer: "In this way we can use our thinking to decode our feeling and our feeling to inform or color our thinking."

Dr. Charles Whitfield (1987:59; 1990:3), na wie vroeer verwys is, het 'n program vir innerlike heelwording ontwikkel. Een van die vier basiese stappe van sy program is dat die emosie gekontak, herbeleef en gerou of beween moet word. Die veronderstelling wat hierdie stap in sy program noodsaak, is dat die oorweldigende affek, wat in gevriesde staat in die senuweestelsel opgeneem is, gesien kan word as 'n verlies of hartseer wat nog nie gerou of beween is nie. In terme van die memory editing proses, so pas hierbo vermeld, maak dit dus sin dat die bewening of uitdrukking van die onuitgedrukte emosie sal meehelp dat die vreesstruktuur ontvries en dit help om die gevoelde betekenis te identifiseer. Daarna is die persoon gereed om "core issues" (volgens Whitfield) of leuens (volgens Smith) of negatiewe kognisies (volgens Shapiro) te verwerk of te absorbeer.

herbeleef en uitgedruk word (dit verwys na Stap 4 van desensitasie van die EMDR prosedure). Die aksie waardeur die negatiewe kognisie/leuen geldenitifiseer word, is terselfdertyd die aksie wat die gevoelde betekenis/interpretasie van die ervaring ontrafel of identifiseer. Sodra die betekenis van die ervaring bewus is (bewustelik be-teken) is, kan dit hersien (ge-edit) word - in die lig van die waarhede in die volwasse brein (plus moontiik nuwe waarhede wat die Here deur sy Gees daar en dan openbaar - in antwoord op die TPM gebed.) Dit is dus nie die leuen wat die emosie oproep of produseer nie. Dit is die mens wat besluit om die pynlike herinneringe op te soek. Soos wat die geheuepakket opgeroep word, so produseer dit onder andere die emosie en dit is moontiik om die gevoelde betekenis van die ervaring - die leuen of negatiewe kognisie - ook te identifiseer. Omdat die emosie en die kognisie (gevoelde betekenis) hand aan hand gaan, kan verkeerdelik afgelei word dat die leuen die kognisie produseer, soos wat Smith dit glo en voorhou - op tipies kognitiewe manier.

Anders gestel: Die navorser vermoed dat innerlike verwonding en innerlike genesing 'n meer genuanseerde verstaan en verduideliking verg as om eenvoudig te se dat dit die leuens is wat die pyn veroorsaak en dat dit leuens (alleen) is wat moet reggestel word tydens die Theophostic momente. Die navorser vermoed dat hierdie verduideliking van TPM gebore is uit Smith se kennis van die kognitiewe terapiee wat (i) daarop klem le dat mense se denke hul emosies en gedrag bepaal; en (ii) dat die regstel van die denke sal deurspoel na die emosies en gedrag (vgl. Lehman & Lehman, 2003a). Hierdie tipies-kognitiewe uitgangspunt moet verryk word deur die insigte uit daardie studies wat aantoon dat intense affek in geheuenetwerke, genoem "vreesstrukture," (bv. Chemtob et a/., 1988; Foa & Kozak, 1986) vasgevang word. Dit moet verstaan word dat die mens geskep is met die vermoee' tot "blitsbol-leer," waardeur sy alarmsisteem geaktiveer word met die oog op beveiliging en oorlewing (Brown & Kulik, 1977). Hierdie ingeskape moontlikheid van die mens wat maak dat informasie in sy geheue vasgele word waardeur hy hiperbedag vir gevaar en hipergereed vir aksie is, kan nie afgekam word as dat mense leuens glo nie. Die mens in 'n krisis is/was werklik gerat om te veg, te vlug of te vries en die ingebore reaksie sou moontiik sy lewe kon red. Die hartseer is bloot dat die senuweestelsel nog steeds met die oormaat emosie belaai is en dat die mens waarskynlik nie veilig genoeg, sterk genoeg, positief genoeg of ondersteund genoeg voel om die pyn/vrees in die oe te kyk en te herbeleef nie (vgl. Antonovsky, 1987:19; Hobfoll, 1989:513-524). Die emosioneel-oorbelaaide geheuenetwerk het meer nodig as die bediening van waarheid, om te genees. Dit het naamlik ook die bediening van genade nodig (vgl. Joh 1:19).

Die navorser erken sy eie beperkinge insake hierdie ingewikkelde veld en doen bloot sy siening aan die hand om daarmee voor te stel dat sekere fasette van Smith se kognitiewe TPM teorie moontiik tog hersien behoort te word. Die belangrike rol van emosie word waarskynlik in die TPM

prosedure ondervang deurdat Smith beradenes voortdurend aanpor om verbaal uit te druk hoe hulle voel of gevoel het, maar die klem op desensifisering van emosies word nie so eksplisiet gele soos by EMDR (of met Whitfield se program) nie en dit wil voorkom of die rol van die kognisies 'n fyner nuansering benodig as om dit alles eenvoudig oor die boeg van leuens te gooi.

3.7 SAMEVATTING

Die primere doelwit van die hoofstuk was om TPM beter te verstaan deur dit met EMDR te vergelyk en om moontlike bevestigings, verrykings, aanvullings en selfs korreksies voor te stel ten opsigte van TPM teorie en praktyk. Die navorser oordeel dat hierdie doel bereik is. Hy het ter inleiding agtergrondkennis oor psigologie en traumateorie voorsien en toe die EMDR benadering onder die soeklig geplaas. Daar is onder andere gewys op die integrering van verskillende benaderings in EMDR en daarna is 'n vergelyking tussen EMDR en TPM getref. Op grond van hierdie vergelyking is sekere verhelderings ten opsigte van TPM aangeteken.

'n Tweede doelwit van die hoofstuk het te doen met die wetenskaplike begronding van EMDR. Die navorser hoop hy kon suksesvol aanvoer dat daar genoeg aansluiting tussen EMDR en TPM bestaan, sodat die verwysings na EMDR se wetenskaplike begronding die nadenke ten opsigte van TPM mag stimuleer. So is hopelik 'n venster in die rigting geopen.

'n Derde en minder belangrike doel was om te kontroleer of Smith in sy ontwikkeling van TPM regtig nie by bestaande psigologiese of ander modaliteite geleen het nie, aangesien hy aanvanklik sterk aangedui het dat hy die TPM benadering as 'n gawe van God ontvang het. Dit blyk dat Smith wel beslis by ander benaderings geleen het, alhoewel ook erken word dat die Here horn definitief moes gelei het in die ontwikkeling van TPM.

Dit kan, ten slotte, gevra word of dit hoegenaamd wetenskaplik houdbaar is dat 'n pastorale benadering soos TPM by die psigologie leen. Die anti-psigologie beweging, waarvan die Bobgans (1997; 1999) duidelik voorstanders is, oordeel uiteraard dat die teologie niks by die psigologie as 'n "goddelose geloofsisteem" - soos hulle dit noem - kan of mag leen nie (vgl. Hunt & McMahon, 2006a; 2007a; 2007d; 2007f; 2007h). Hierdie vakfilosofiese vraag sal saam met ander vrae in Hoofstuk 5 beantwoord word waar TPM en van sy kritici vanuit 'n filosofiese raamwerk beoordeel word. Vir eers volg Hoofstuk 4 oor die empiriese studie na TPM.

HOOFSTUK 4