• No results found

Die belangrikste basiese beginsels van TPM

DIE FILOSOFIE, TEORIE EN PRAKTYK VAN THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY {TPM)

2.2 DIE TEORIE VAN TPM

2.2.2 Die belangrikste basiese beginsels van TPM

Smith (2004g:28-38) het in die artikel, The 12 Essentials of Theophostic Ministry, die volgende twaalf basiese beginsels aangeteken as belangrike vertrekpunte vir TPM:

Beginsel Een: Die primere bron van ons teenswoordige emosionele pyn word baie selde deur ons huidige situasie veroorsaak.

Die emosionele pyn wat ons in ons huidige situasies beleef, is meer dikwels as wat ons verwag, iets wat veroorsaak is deur leuengebaseerde denke wat in die geheuewereld gewortel is. Leuen- gebaseerde denke is die valse geloof wat 'n persoon in sy geheue stoor sedert dit gedurende 'n spesifieke gebeure in sy lewe aangeleer is (Smith, 2002a:27). lemand wat byvoorbeeld deur 'n alkoholistiese ouer grootgemaak is, mag die leuen glo dat hy op een of ander manier die oorsaak was van die konstante chaos in die huis en verantwoordelik was om dit op te klaar. Dit kan later die gevolg he dat die persoon angstig en gespanne raak en neig om oor te reageer in omstandighede wat lyk asof dit buite orde is of raak. As ons die huidige situasie blameer vir die emosionele pyn wat uit 'n vorjge ervaringsherinnering spruit, sal ons gevange bly in 'n eindelose sirkelgang van pyn en nederlaag. Om te glo dat ander mense of omstandighede die oorsaak is van ons emosionele ontsteltenis, is om hulle/dit die mag te gee om ons emosioneel te beheer solank hulle/dit nie verander nie. Sodra ons egter vry word van die leuengebaseerde denke, sal ons nie langer daardeur omgekrap kan word nie. Gevolglik sal ons met vrede kan lewe, maak nie saak wat die omstandighede mag wees nie.

Beginsel Twee: Enigiets wat ons huidig weet, voel of verstandelik van bewus is, het sy wortels in 'n eerste ervaring in die verlede.

Wanneer ons negatief teenoor ons huidige situasie reageer, gebeur dit dat ons verstand outomaties die negatiewe gevoelens wat in die herinnering van die oorspronklike ervaring gestoor is na die latere situasie oordra wat met die oorspronklike ervaring ooreenkom (Smith, 2004g:29). Dit is 'n natuurlike neurologiese proses van assosiasie waarmee ons brein aktief besig is tydens alle denkende momente. Ons verstand is gedurig besig om te netwerk en ons huidige moment te verbind met informasie wat vroeer geleer is (Smith, 2002a:28). Hierdie oordra van emosionele response van vroeere na latere soortgelyke situasies het 'n groot impak op ons gevoels- en gedragslewe.

Beginsel Drie: As ons probeer om ons huidige konflikte op te los sonder om ons historiese leuengebaseerde verwondheid op te klaar, sal ons op die beste net tydelike verligting ondervind. As ons egter heling vind vir ons verlede, kan ons ons hede beredder.

2000a: 138), is dit baie moontlik dat dit uit die verlede oordra. Baie hedendaagse beradings- en bedieningsmetodes wil die huidige gedrag van 'n persoon probeer verander sonder om die onderliggende leuens te adresseer (Smith, 2004g:30). Dit kom neer op 'n pleister-plak metode wat net bolangs heelmaak. Smith (2002a:29; 2004b:2) erken die waarde en noodsaak van selfdissipline. Baie mense wil dus met blote selfbeheersing hul gedrag verander, terwyl die innerlike verwondings nog nie opgeklaar is nie. Hulle glo dat selfbeheersde gedrag - met die aanwend van hulle inspanning, gedetermineerdheid en wilskrag - geestelike volwassenheid openbaar en die gewenste gevoelens en gedrag sal meebring. Ware oorwinning is egter 'n werk van Christus in die mens. Dit is nie op eie werke of eie pogings gebaseer nie.

Beginsel Vier: Aangesien baie van die negatiewe emosies wat ons huidig voel refleksies van die verlede is, voorsien hulle geleenthede vir die wonde van ons lewe om geopenbaar en daardeur genees te kan word.

Dit is moeilik om iets te adresseer wat nog nie gei'dentifiseer is nie. God sal omstandjghede toelaat of so orkestreer dat dit ons onder druk plaas (Smith, 2002a:30). Dit bewerkstellig 'n "vuurproef waardeur die goud van ons geloof getoets word (1 Pet. 4:12-13). Die kern van wat ons glo, kom so aan die lig - ook die onsuiwerhede en valshede daarin. Hierdie onsuiwerhede, valshede wat ons glo, kom tot uitdrukking deur ons emosionele toestand en gevolglike gedrag. "What we truly believe is made evident through our feelings." (Smith, 2002a:30.) Ons sal voel wat ons glo. As ons kies om op die emosie van die oomblik te fokus en onsself toelaat om "terug te dryf" na die verlede, sonder om die gewone, logiese verstand in te span, sal ons brein en die Heilige Gees ons na die tersaaklike herinnering toe neem (Smith, 2000a:23).

Smith gebruik drie beelde in hierdie verband, naamlike eggo's, vensters en 'n rookspoor. Die eggobeeld (Smith, 2000a:35-37) spreek vanself. Die huidige negatiewe gevoel is 'n weerklank van iets uit die verlede. Sodra 'n persoon dit erken en glo, kan hy na sy huidige negatiewe emosie kyk as 'n venster wat oopmaak (Smith, 1999:11; 2000a:35) na 'n verwonding in sy verlede. Om by die herinnering van daardie verwonding in die verre of onlangse verlede uit te kom, stel Smith voor dat die rookspoor (2002a:30) van die emosie gevolg moet word. As 'n mens byvoorbeeld Yi braaivleisreuk gewaarword en jy wil by die vleisbraaiery uitkom, is dit 'n baie slim plan om al op die spoor van die rook langs te loop. Dit sal jou na die vuur toe vat.

Beginsel Vyf: Om emosionele heling te fasiliteer, is dit nodig om die drie basiese elemente in die helingsproses te identifiseer: (1) die huidige emosionele pyn; (2) die oorspronklike 'geheue- houer;' en (3) die oorspronklike leuen(s).

Die huidige emosionele pyn is die gevoel wat na vore kom in ons huidige situasie wanneer 'n leuen in een of ander herinnering aangeraak word. Die oorspronklike "geheue-houer" verwys na die herinnering van die oorspronklike gebeure waarmee saam ook die leuengebaseerde pyn ingeplant en gestoor is. Die oorspronklike leuen is die geloof wat in die oorspronklike pynlike herinnering gewortel is en wat die huidige pyn veroorsaak. Al drie hierdie elemente speel 'n rol in ons denke, gevoelens en gedragsresponse teenoor die lewe.

Beginsel Ses: As ons 'n leuen glo, het dit dieselfde krag of uitwerking op ons lewens asof ons 'n waarheid glo.

Die leuen het soveel krag, skrywe Smith (vgl. 2004g:30), dat as ons dit glo vir 'n waarheid, dan sal dit sigself in ons lewens uitspeel asof dit 'n waarheid is. Dit is normaal dat mense teenoorgestelde geloofsoortuigings terselfdertyd kan nahou. 'n Persoon kan byvoorbeeld glo dat hy vergewe is van 'n sonde in sy lewe (logiese waarheid) en tog skaam voel wanneer hy nadink oor wat hy gedoen het (ervaringskennis). Dit spreek van 'n dieper ervaringsgebaseerde oortuiging wat nie strook met sy "verstandelike" geloof nie. Dit is daardie oortuiging wat die skaamte wek. Daardie geloof het die ware krag in die persoon se lewe en sal ook die meeste konsekwensies tot gevolg he.

Beginsel Sewe: Om vry te kom van die leuens wat ons glo, moet ons die leuens identifiseer en toeeien (erken) eerder as om dit te onderdruk en te ontken.

Ons natuurlike neiging is om te ontken dat ons leuens glo en om die klaarblyklike pyn wat hierdie opvattings meebring, te begrawe (Smith, 2002a:32). As ek glo dat ek waardeloos is en hierdie leuen veroorsaak dat ek ook waardeloos voel, dan kies ek om hierdie leuen te ontken en begin "met vertroue presteer" en raak in die proses 'n oorpresteerder met merkbare sukses. Op die oog af lyk dit na 'n goeie ding, maar die doel van die gedrag is om dit wat ek regtig glo te ontken en te onderdruk. Dit maak my 'n slaaf, gebonde. Ten einde ware bevryding te verkry, is dit nodig dat ek erken wat ek diep binne glo en verantwoordelikheid daarvoor neem. Mense wat bediening ontvang, word aangespoor om die leuen te omhels, soos Smith graag se (2000b:24). Hierdie stap behels onder meer 'n bereidheid om die gevoelswaarde van die leuen te voel. Hierdie faset van die TPM prosedure noem Smith "stirring up the darkness." "The more intense the darkness, the more intense the light will be when we hear it." (Smith, 2000b:24.) Dan moet ek kies om my power vyeblaar verdedigings ten opsigte van die pynlike neer te le. Net so moet ek ophou om die pyn op ander of op lewensomstandjghede te projekteer. As hierdie pad geloop is, is die deur vir God

Beginsel Agt: In die midde van ons "duisternis," moet ons tot die besefkom hoe ellendig ons aan die leuen gebind is en hoe magteloos ons is om sy verlammende greep op ons lewens te ontkom buiten Gods goddelike ingrype om.

Soos wat ons die emosionele pyn in die herinneringe herbeleef, besef ons ons is hulpeloos en gevange in ons emosionele verknogtheid. Ons kan nie self die pyn laat weggaan nie. As ons probeer om vry te kom deur selfinspanning en harde werk, sal ons uiteindelik faal. Net Christus kan ons van sonde en leuens in ons lewens bevry. Christus in ons is ons krag tot oorwinning, nie selfwerksaamheid nie.

Beginsel Nege: Geen mens (insluitende onsself) is by magte om ons uit die leuens wat ons glo te praat nie. Ons sal vry wees alleenlik as ons die waarheid ontvang van die Een wat die Waarheid is (Joh. 16:12).

God is nie beperk in die metodes waardeur Hy sy waarheid aan ons oordra nie. Baie van die berading wat vandag aangebied word, sowel as baie seminare en selfhelpboeke is gebaseer op die volgende idee (Smith, 2004g:30): "If a person can be helped to see what is wrong in his thinking and be provided with truth, he can choose to replace his false thinking with the truth and change his life." Om op kognitiewe vlak waarheid te ontvang het sy waarde, maar dit is beperk in die vermoe om ervaringsgekoppelde leuengebaseerde geloofsopvattings wat pyn veroorsaak, te verdryf. Dit is verkeerd om te aanvaar dat mense in ware oorwinning kan lewe deur die regte keuses te maak en hard te probeer. Hierdie soort denke le aan die wortel van werkheiligheid (Smith, 2004g:31).

Smith gebruik graag 2 Timoteus 2:24-26 om hierdie saak uit die Woord te belig (2002a:34-35; 2004g:31):

24 'n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees

teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. 25 Met

vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. 26 Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry

raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam. (2 Tim. 2:24-26.)

Smith wys daarop dat dit God is wat mense moet "bekeer." As dit nie gebeur nie, kan hulle nie tot ware insig of kennis van die waarheid kom nie. "Bekeer" beteken '"n verandering van denke/ gemoed." Smith (2004g:31) verwys na verskeie woordeboeke om hierdie saak te bevestig. Die

belangrike rol van die TPM bedienaar is om die persoon tot by die punt te lei dat hy horn gewillig aan God onderwerp en van God ontvang - wat God ook al wil oordra. Smith (2004g:31) verklaar dat 2 Timoteus 2:24-26 die kern van sy bedieningsbenadering omskryf.

Beginsel Tien: As ons die waarheid ervaringsgewys ken, deurdat ons waarheid van God in ons geheue-belewenis ontvang het, kan ons in ware instandhoudingsvrye oorwinning in hierdie areas van ons lewe wandel.

Die dele in ons gemoed wat met waarheid vernuwe is, sal nie langer "omgekrap" kan word deur leuengebaseerde pyn nie. Aangesien ons emosionele pyn die primere motiveerder vir ons onvanpaste gedrag is, sal ons in staat wees om in permanente en instandhoudingsvrye oorwinning te leef op daardie plekke waar ons leuens en pynlike emosies nie langer is nie. "Knowing the truth experientially frees me to walk in my present righteousness ..." (Smith, 2002a:35). Daarteenoor sal ons sukkel en worstel in elke area waarin ons nie waarheid ervaringsgewys ken nie. Ons sal egter blywende vrede he in elke plek waar God ons "bekering" of "verandering van denke" geskenk het (Smith, 2004g:32).

Beginsel Elf: Tydens 'n emosionele krisis of in emosie-belaaide lewensituasies is ons ervanngskennis (die oortuigings wat ons nahou as gevolg van wat ons deur ervaring geleer het) geneig om ons logiese kennis (kognitiewe waarhede soos gememohseerde Sknfverse) te oorheers.

Die krag wat ervaringskennis (beide waarheid en valsheid) teenoor logiese waarheid wat ons bewustelik ken, uitoefen, is gelee in die sterk pynlike emosie wat gekoppel is aan dit wat ervaringsgebaseerd is. Ek kan byvoorbeeld logieserwys weet dat God my liefhet en my van al my sondes vergewe het en steeds nie in staat wees om die slegte gevoelens van waardeloosheid, verwerping, selfhaat of skaamte af te skud nie. Hierdie gevoelens spruit natuurlik uit misinterpretasies (leuens) wat ek deur ervaring leer glo het. Sodra een van die tersaaklike misinterpretasies/leuens aangeraak word, dan het ek geen keuse nie as om die pyn daarvan te voel (Smith, 2004g:31).

Die Woord verwag dat ons altyd waarheid sal gehoorsaam en doen wat reg is, selfs te midde van emosionele pyn. Dit is net soveel makliker en beter as die leuen eers geidentifiseer is en met ervaringswaarheid vervang is. Dit plaas mense op die pad van inspanningslose oorwinning. "This is effortless victory that comes when the knowledge of our experience lines up with what we

Beginsel Twaalf: Leuengebaseerde pyn kan alleenlik verwyder word as die leuens wat die pyn veroorsaak, vervang word met waarheid. Hierteenoor kan sondegebaseerde pyn slegs hanteer word deur die kruis van Jesus.

Hierdie beginsel onderstreep die waarheid dat as 'n persoon sondig, behoort hy gemoedspyn te voel. Hierdie pyn is anders as die pyn wat mense omdra as gevolg van leuengebaseerde denke. Die goeie nuus van die evangelie nooi mense om van albei soorte pyn werk te maak. Net die kruis kan ons van sonde bevry.

Die opleidingsmateriaal hanteer verskeie sake in meer besonderhede. Die navorsing volg die patroon in 'n poging om Smith en TPM so korrek en so volledig as moontlik weer te gee. Die beoordeling van sy filosofie, teorie en praktyk sal in latere hoofstukke aan die orde kom.