• No results found

DIE ONDERHOUDVOERING EN TRANSKRIBERING VAN ONDERHOUDE

3.5 'N VERGELYKING TUSSEN EMDR EN TPM

B 1 GESPREKSVRAE VIR TPM BERADERS/OPLEIERS

4.7 DIE ONDERHOUDVOERING EN TRANSKRIBERING VAN ONDERHOUDE

Vervolgens word oorgegaan tot 'n bespreking van die onderhoudvoerings en die transkribering van die onderhoude.

4.7.1 Die onderhoude

Tien onderhoude is met altesaam elf deelnemers gevoer. Een van die onderhoude was 'n kombinasie-onderhoud waaraan twee persone gelyktydig deelgeneem het. Hierdie onderhoude het plaasgevind oor twee weke vanaf 25 September tot 6 Oktober 2006. Die volgende uiteensetting (Tabel 4.1, op volgende bladsy) gee 'n aanduiding van die kategoriee van die ondersoekgroep, hoe die kwotas vir elk gevul is, die skuilname wat gebruik is en die tegniese geslaagdheid van die onderhoude.

Tegniese probleme met die bandopnemer wat tydens die eerste drie onderhoude gebruik is, het dit bykans onmoontlik gemaak om die onderhoude te transkribeer. Een van hierdie genoemde onderhoude, naamlik die met beradene G2, is wel getranskribeer. Die ander twee, naamlik die onderhoude met A1 en C1, is laat vaar met dien verstande dat insette daaruit as mondelinge mededelings hanteer sou word.

Die onderhoud met die berader wat beide TPM en EMDR benut (C4), het ook probleme opgelewer. 'n Beter bandopnemer was wel vanaf die vierde onderhoud gebruik, maar die bandopnemer was in hierdie geval te ver van die persoon wat ook sagter gepraat het as wat verwag is. Die navorser het nogtans daarin geslaag om die laaste derde van die onderhoud te transkribeer. Hierdie onderhoud wat belangrike inligting vir die navorsing opgelewer het, is in hoofsake opgesom2 en word ook as 'n persoonlike mededeling hanteer.

Die onderhoude met persone A2 en C3 het 'n verdere verrassing opgelewer. Die navorser het naamlik met persoon A2 wat 'n berader en opleier is, geregl dat sy ook 'n beradene sou betrek met wie daar 'n onderhoud gevoer kon word. Op die dag van hul onderhoude het A2 gevra of sy en C3 nie maar saam in een onderhoud kon gesels nie. Die navorser het toegegee en uiteindelik 'n baie interessante onderhoud gevoer van bykans dubbel die beoogde tydsduur. Gray (2004:230) maak vir hierdie soort groeponderhoud voorsiening en noem dit "joint interviews." "Joint interviews involve one researcher talking with two people simultaneously about one phenomenon." Die soort

2 Die opsomming van die "mededeling" van deelnemer C4 is saam met die transkriberings van die ander onderhoude in

onderhoud help om teenoorstaande of ooreenstemmende gesigspunte te ontgin en help ook dat die deelnemers mekaar kan aanvul in hul weergawe van sake (Gray, 2004:230). Dit het ook geblyk dat C3 eerder onder die kategorie van beraders gereken moet word, alhoewel sy bereid was om as beradene deel te neem. Sy het naamlik reeds vir meer as vier jaar berading aangebied volgensdie Theophostic metode.

Tabel 4.1: Inligting oordie kategoriee, kwota-indeling en onderhoudvoehngs

Kategorie Spesifikasie van Kategorie Kwota Kwotavulling, aangedui per Skuilname

Tegniese geslaagdheid van onderhoude

A Beraders en opleiers in TPM 1-2 A1 Probleem met

klankopname van onderhoud

A2 Geslaagde onderhoud

B Die berader en opleier 0-1 B1 Nie onderhoud gereel nie

C TPM beraders 3-4 C1 Probleem met

klankopname

C2 Geslaagde onderhoud

Berader (en beradene) C3 Geslaagde onderhoud

(TPM en EMDR berader) C4 Deels-geslaagde

onderhoud

D Berader met aangepaste TPM metode

1-2 D1 Geslaagde onderhoud

E ° Innerlike genesingsberader met afkeer van TPM

0-1 E1 Aanvanklik nie 'n

deelnemer gekry nie

F Innerlike genesingsberader met afkeer van charismatiese beradingsmodelle

0-1 F1 Geslaagde onderhoud

G TPM beradenes 2-3 G1 Geslaagde onderhoud

G2 Onderhoud getranskribeer

ondanks probleme met opname TOTALE AANTAL : (Minimum / Maksimum) 7 / 1 4 11 10 Onderhoude gevoer (1 'n kombinasie- onderhoud; 4 met probleme - 2 egter bruikbaar)

In 'n gevorderde stadium van die totale studie het die navorser 'n persoon ontmoet wat vroeer 'n aanhanger en fasiliteerder van TPM was, maar wat intussen TPM berading gestaak het en wat dus in deelnemerskategorie E tuiskom. Die kwota-aanduiding vir kategorie E het ruimte gelaat vir

een of geen onderhoud. Tydens die empiriese onderhoude was daar dus geen onderhoud met 'n persoon van hierdie kategorie gevoer nie. Die bydrae van 'n kategorie E-deelnemer, 'n innerlike genesingsberader met 'n afkeer van TPM, le daarin dat so 'n persoon moontlik 'n ernstige beswaar teen die suiwerheid van die leer, filosofie of praktyk van TPM mag opper, wat betekenisvol vir die navorsing mag wees. Juis om hierdie rede word die hoofsake van 'n mondelinge medeling wat tussen die navorser en hierdie persoon plaasgevind het, hier weergegee (vgl. Kidwell, 2008).

Die persoon, met die skuilnaam E1, is 'n leier van 'n toonaangewende Charismatiese Kerk in die navorser se nuwe tuisdorp. E1 het 'n geestelike verdieping in sy eie lewe ondergaan wat onder andere meegebring het dat hy horn teen wettiese elemente in die charismatiese voorspoedsleer verset het (Kidwell, 2008). Een bydraende faktor in sy herbesinningsfase was blootstelling aan 'n artikel van Dave Hunt (2005:1-2) oor Victory in Christ. Dave Hunt is 'n eksponent van die sogenaamde anti-psigologie beweging oor wie in Hoofstuk 5 uitgewei word.

E1 het basies twee besware teen TPM. Eerstens reken hy dat TPM se fokus op herinneringe vanuit die verlede die beradene se aandag onnodig verplaas vanaf die reddingsvoorsiening in Christus in die hede na sake uit die verlede. Tweedens ag hy die programmatiese prosedure wat TPM as beradingsmodel volg, ook as wetties, en het derhalwe alle benutting van TPM afgesweer in sy nuwe toewending tot die Woord, die Heilige Gees en die volheid in Christus alleen. E1 het trouens die benutting van alle psigoterapeutiese en beradingshulpmiddels laat vaar ten gunste van 'n verlossingsbelewenis van Christus. Die onderlinge versorgingsbediening van die liggaam van Christus in koinonia-verhoudinge, glo hy, is naas die hoor en toe-eiening van die gepredikte Woord, die aangewese metode waardeur die Here mense heel en vry maak.

Die navorser, wat reeds aan E1 se leer en lewe blootgestel was, het die grootste agting vir horn as persoon en Woordbedienaar. Hoewel E1 dus in die kategorie van die anti-psigologie beweging geplaas kan word, moet ems gemaak word van sy toepassing van die volheid in Christus. Dit bly egter 'n vraag of dit regtig nodig is om 'n keuse te maak tussen die volheid van Christus aan die een kant, en die benutting van psigoterapie of 'n pastorale metode wat gebruik maak van konsepte en tegnieke verwant aan die psigoterapie, aan die ander kant. Die anti-psigologie beweging word in Hoofstuk 5 (afdeling 5.4) beoordeel en die unieke bydrae van E1 word verder in Hoofstuk 6 (6.4.6 b) verreken.

4.7.2 Die transkribering

Die navorser het die bandopnames van die onderhoude almal self geluister en getranskribeer.4

Onderhoude met persone A2, C2, C3, D1, F1, G1 en G2 is getranskribeer en die onderhoud met C4 is as persoonlike mededeling opgesom. Daar is 'n gesamentlike onderhoud met deelnemers A2 en C3 gevoer (vgl. Gray, 2004:230).

Nadat die onderhoude getranskribeer is, is die getikte weergawes van die gesprekke rondom temas en sinvolle eenhede in behoorlike paragrawe georden. Daarna het 'n eerste fase van kodering plaasgevind, waartydens tersaaklike hooftemas gemerk is. Van elke transkripsie is vervolgens 'n opsomming gemaak, wat die gekodeerde hooftemas en/of gesprekslyne so goed as moontlik saamgevat het. Hierdie proses van transkribering het, met ander woorde, spontaan ontwikkel vanaf 'n eerste fase van ontleding van die data tot volgende fases van ontleding. In die volgende afdeling van die hoofstuk word verder oor die data-ontledingsproses uitgebrei.