• No results found

DIE SAMESTELLING VAN DIE STEEKPROEF

3.5 'N VERGELYKING TUSSEN EMDR EN TPM

'N EMPIRIESE STUDIE OOR THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY(TPM)

4.5 DIE SAMESTELLING VAN DIE STEEKPROEF

Onder hierdie afdeling word die grootte van die kwalitatiewe steekproef, die gepaste kriteria vir die samestelling daarvan en die tersaaklike etiese riglyne bespreek.

4.5.1 Die grootte van 'n kwalitatiewe steekproef

Kwalitatiewe steekproewe is gewoonlik klein. Daar is drie hoofredes hiervoor (Ritchie, Lewis & Elam, 2003:83). Eerstens sal daar min nuwe inligting na vore kom met elke nuwe geval of steekproefeenheid, as die data van die eerstes behoorlik geanaliseer word. Tweedens gaan dit in kwalitatiewe navorsing nie om die insidensie of voorkoms nie. Derdens is die soort informasie wat kwalitatiewe navorsing lewer ryk aan besonderhede. Creswell (1998:123-124) oordeel dat 'n tipiese steekproef uit tussen vyf en vyf-en-twintig individue bestaan (soos aangehaal deur Leedy & Ormrod, 2005:139). Janse van Rensburg (2007:6-7) gee min of meer dieselfde riglyn met vier as

'n minimum en twintig tot vyf-en-twintig as 'n maksimum van gesprekke, waar dit om onderhoudvoering as die werkswyse van die kwalitatiewe studie gaan.

4.5.2 Kriteria vir'n TPM doelgerigte en "simbolies-verteenwoordigende" steekproef

In hierdie verband kan die vraag gevra word: Watter kriteria moet gebruik word vir die keuse van mense vir hierdie ondersoekgroep? Die volgende kriteria het gegeld:

a) Theophostic Beraders en/of Opieiers: Mense wat opieiding in TPM ondergaan het en wat dit as beradingsmetode gebruik, sal die grootste groep verteenwoordig wat ook met 'n groot mate van ingeligtheid oor TPM kan praat. Die hoofdoel van die studie is tog om die filosofie, teorie en praktyk van TPM te beoordeel.

'n Kwota van 3 tot 4 word vir beraders gestel (sien Ritchie, Lewis & Elam, 2003:102-103 vir kwotas).

Smith en sy onmiddellike medewerkers in Amerika sou sekerlik die heel beste oor die saak kon praat, maar hulle word vir die samestelling van die ondersoekgroep eers buite rekening gelaat. Die kwota hier is 0 tot 1. Dit laat die moontlikheid van 'n gesprekvoering met Smith.

'n Unieke groep beraders is diegene wat opieiding in TPM aanbied. Dit word aanvaar dat hulle self die aanvanklike opleidings in TPM ondergaan het. Hulle moet verkieslik ingesluit word, al is dit 'n kleiner groep, want hulle verteenwoordig 'n groep wat die beste onderle is in die beginsels en prosedures van TPM; derhalwe behoort hulle baie sinvolle inligting te kan voorsien.

'n Kwota van 1 tot 2 vir opleier-beraders.

b) Theophostic Beraders, maar met 'n aanpassing: Die rede waarom die navorser hierdie groep as aktueel beskou, is omdat hy die aanvanklike waarneming gemaak het dat daar mense is wat die saak van TPM in die algemeen goedgesind is, maar wat verstellings in hul eie weergawe daarvan aanbring. By hulle sal 'n mens kan verneem wat die winspunte is wat hulle raaksien en watter probleme hulle met TPM ondervind. Terloops, hulle mag volgens die TPM riglyne nie die naam Theophostic gebruik vir die berading wat hulle aanbied nie.

'n Kwota van 1 tot 2.

Daar is ook mense wat na 'n aanvanklike blootstelling aan TPM daarvan weggeskram het, maar die moontlikheid bestaan dat hulle dit om minder belangrike redes (vir die

studiedoeleindes) gedoen het. Van die redes kan wees dat mense byvoorbeeld voortydige negatiewe beoordelings oor TPM kon maak, aangesien hulle nie die beginsels en prosedure behoorlik leer ken het nie. Hulle kon eenvoudig ook wegskram omdat hulle bewustelik of onbewustelik vrees 'om oop te maak' teenoor 'n berader. En dan kan daar wegskrammers wees wat TPM ontwyk, omdat hulle swak hanteer is deur 'n TPM berader wat nie die nodige kennis en vaardigheid aan die dag gele het nie. Daar kan ook mense wees wat om ander onbekende redes TPM vermy. Hierdie groep word om verstaanbare redes nie as hoe prioriteit vir onderhoudvoering geag nie.

c) Innerlike Genesingsberaders met 'n afkeer van TPM: Daar mag beraders wees wat eens volledig met TPM saamgegaan het, maar intussen 'n totaal ander koers ingeslaan het. Dit sal baie insiggewend wees om sulke persone op te spoor en met ten minste een van hulle 'n onderhoud te voer.

'n Kwota van 0 tot 1.

d) Innerlike Genesingsberaders met 'n afkeer van chahsmatiese beradingsmodelle: Hierdie kriterium le baie na aan die vorige. Die navorser het kennis gemaak met 'n predikant uit die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk), wat bekend is vir sy sukses met innerlike genesing en bevryding, maar wat aandui dat hy nie sin het aan chahsmatiese modelle nie. 'n Onderhoud met horn, of'n soortgelyke geval, kan vir die gereformeerde vertrekpunt van hierdie studie baie insiggewend wees.

'n Kwota van 0 tot 1. Hy mag 'n onderhoud wyer of om ander redes nie beskikbaar wees nie.

e) Theophostic Beradenes: Hierdie is mense wat alreeds TPM berading ondergaan het. Onder hulle kan daar mense wees met 'n redelike mate van kennis en/of opleiding in TPM. Daar kan ook mense wees met slegs die nodige kennis wat vir die beradingsituasie toepaslik was. Hierdie onderskeid is vir die navorser van minder belang. Dit sou nietemin die navorsing baat indien hy met ten minste een beradene sou kon praat wat 'n goeie kennis van en insjg in die filosofie en teorie van TPM openbaar.

Die verdere onderskeid in hierdie groep is beradenes van die navorser self teenoor beradenes van ander beraders. Die voordeel ten opsigte van die navorser se "eie beradenes" is dat hulle geredelik beskikbaar is, dat hy alreeds met hulle betrokke was/is en dat hy hulle oor 'n tyd kon waarneem, byna soos gevalle in 'n gevallestudie. Die nadeel van dieselfde groep is dat sekeres van hulle by die navorser berading ondergaan het ten tyde van sy leerfase en daarom

Die volgende groep beradenes is mense wat by ander beraders kliente was of is. Die aangewese weg is om deur daardie beraders te reel vir onderhoudvoering met hul beradenes. 'n Kwota van 2 tot 3 vir die totale groep van beradenes word beoog.

Volgens die gegewe kwotas sal daar op die minste sewe (7) en op die meeste veertien (14) onderhoude gevoer word. Die navorser oordeel dat hy goeie kriteria aangele het en dit op die regte wyse geprioritiseer het. Die kwota-aanduiding is volgens die beste logika gedoen.

4.5.3 Etiese kwessies en reelings volgens die Fakulteit Teologie se Etiekkomitee

Navorsing word deur etiese beginsels beheer (NWU, 2007:30; vgl. Gray, 2004:58-63; Leedy & Ormrod, 2005:101-103; Silverman, 2006:315-335). Daar is naamlik intemasionale sowel as nasionale etiese riglyne geformuleer om te verseker dat daar aan gelyke standaarde vir navorsing voldoen word (NWU, 2007:33-35). Etiese riglyne op intemasionale vlak word volgens die Noordwes-Universiteit in die volgende vier dokumente verwoord (NWU, 2007:35):

• die Verklaring van Helsinki, • die Belmont Verslag, • die Nuremburg Kode en

• die "Council for International Organizations of Medical Sciences (CIOMS)."

In Suid-Afrika is die Mediese Navorsingsraad (MNR) die liggaam wat etiese riglyne vir navorsing formuleer (NWU, 2007:33). Bogenoemde vier dokumente vorm die basis van die MNR-riglyne en dus ook van die Etiekkomitee van Noordwes-Universiteit (NWU, 2007:35).

Vir die eties-korrekte beoefening van wetenskaplike navorsing, veral navorsing wat mense in eksperimente betrek, word die volgende belangrike beginsels in ag geneem (NWU, 2007:30-31):

■ Outonomie - respek vir die persoon of persone; (en) begrip van menslike waardigheid ■ Voordeligheid - voordeel vir die navorsingsdeelnemer

■ Nie-nadeligheid - afwesigheid van skade aan die navorsingsdeelnemer

■ Geregtigheid - sigbare verspreiding van geregtigheid; (en) gelyke verspreiding van risiko's en voordele tussen gemeenskappe.

Hierdie hoofbeginsels vorm die basis van alle nasionale en intemasionale etiese riglyne en beleide, aldus die Noord-wes Universiteit se Etiekkomitee (2007:31).

Leedy en Ormrod (2005:101-102) bespreek die toepaslike etiese riglyne vir navorsing aan die hand van die volgende vier hoofsake:

• Beskerming teen skade of besering; • Ingeligtetoestemming;

• Reg op privaatheid en vertroulikheid; en • Eeriikheid teenoor professionele kollegas.

"Die Nuremburg Militere Tribunale het dit beklemtoon dat vrywillige toestemming van menslike proefpersone essensieel is, voor deelname in 'n navorsingstudie." (NWU, 2007:36.) Die belangrikste riglyne ten opsigte van die ingeligte toestemming van deelnemers is die volgende (NWU, 2007:36):

• Die proefpersoon moet die wetlike bevoegdheid he om toestemming te gee; • Die proefpersoon moet die mag van vrye keuse kan uitoefen; en

• Die proefpersoon moet voldoende kennis oor die aard, duur, doel en effekte van die eksperiment he. Verwagte ongerief en risiko's vir die deelnemer, wat van die deelnemer verwag word en die metode waarvolgens die eksperiment uitgevoer gaan word, moet ook uitgeklaar word.

Die navorser het bogemelde riglyne in ag geneem en 'n Ingeligte Toestemmingsvorm1 (Bylaag A;

vgl. NWU, 2007:36) opgestel wat telkens deur beide die navorser en die deelnemer geteken is voordat met die onderhoud begin is. Vir die opstel van die Toestemmingsvorm het hy horn veral laat lei deur die voorbeeld wat Leedy en Ormrod (2005:103) in hul boek aanbied. Die huidige Etiese Riglyne van die Noordwes-Universiteit (2007:36) was nog nie van toepassing toe die empiriese studie in die tweede semester van 2006 (vgl. 4.7.1) gedoen is nie; vandaar dat geen getuies die Toestemmingsvorm onderteken het nie.