• No results found

Gemoedsvernuwing as die kern van innerlike genesing

DIE FILOSOFIE, TEORIE EN PRAKTYK VAN THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY {TPM)

2.2 DIE TEORIE VAN TPM

2.2.7 Gemoedsvernuwing as die kern van innerlike genesing

Waar Smith die Theophostic model as 'n vorm van gemoedsvernuwing beskrywe, kan die volgende leerstellige en teoretiese sake uit sy aanbieding gedistilleer word.

2.2.7.1 'n Trichotomiese mensbeeld onderliggend aan die Theophostic model

Smith (2000b:35) skryf dat siel en gees dikwels in die Ou Testament as sinonieme gebruik word, maar nie in die Nuwe Testament nie. In die Nuwe Testament word 'n duidelike onderskeid tussen siel en gees getref. Smith (2000b:35) verwys ter illustrasie na die woorde van 1 Tessalonisense 5:23 (NAV): "Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Horn toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!" (Smith se beklemtoning).

Die gees van die mens verwys na sy selfheid wat of die ou natuur of die nuwe natuur in Christus openbaar (Smith, 2000b:34). Die gees van 'n mens dui op sy persoonwees, sy unieke ewige wese wat na die beeld van God geskep is (Smith, 2000b:35). Die siel of gemoed van die mens verwys na die mens se denke, emosies en gewete. Smith ag die wil van die mens nie as 'n "element van die siel" nie, maar as 'n "funksie van die gees" (2000b:36). Die liggaam dien as die mens se "vleeshuis" waarin hy hier op aarde woon (Smith, 2000b:36). Die fisiese liggaam is 'n tydelike, dog essensiele aspek van ons mensheid wat ons moet he indien ons op die planeet wil wees.

2.2.7.2 Verlossing as 'n proses wat in stadiums voltrek word

In pas hiermee verduidelik Smith (2000a:188) dat 'n mens se verlossing in stadiums kom. Met die wedergeboorte van 'n persoon word sy gees nuut (2 Kor. 5:17). Sy hart of diepste menswees word verander. Die Christen begin reeds deel in die goddelike natuur (2 Pet. 1:4). Waar 2 Korintiers 5:17 aandui dat "alles nuut" geword het, verklaar Smith (2000b:34), slaan dit op 'n werk in die gees van die mens. Die verstand of gemoed en liggaam is egter nog aan dieselfde ou programmerings en fisiese begeertes van vroeer onderworpe. "The 'all things' is referring to the total change which occurs in my inner man which I have put on and is 'created in righteousness' (Ephesians 4:24)" (Smith, 2000b:34). Hy ag die herskepping van die wedergeboorte as 'n voltooide werk.

Daarna volg die redding of vernuwing van die mens se gemoed ("soul/mind") wat in 'n voortdurende proses van transformasie is (Rom. 12:1-2). Twee aanhalings vat sy siening treffend saam (Smith, 2000b:34): "Total regeneration of a person's life requires more than spiritual rebirth, it requires the healing/renewal of the mind/soul." "The man in Christ has a heart of righteousness but also a mind filled with lies that is in need of being renewed in truth ...." Smith verwys ook na 'n vertaling van Jakobus 1:21 wat die beste deur die woorde van die Ou Afrikaanse Vertaling weergegee word (2000b:34; Bybel, 1953): "... ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord,

Heel laaste moet die Christen se liggaam van vlees en bloed, die verganklike liggaam na 'n geestelike, onverganklike liggaam verander word alvorens hy die ewige koninkryk van God kan beerwe(1 Kor. 15:30).

2.2.7.3 Heiligmaking word as 'n "openbaring" eerder as 'n "wording" beskou

Met hierdie stelling bedoel Smith die voigende: Heiligmaking word deur baie mense in die Christendom beskryf as 'n groeiproses waardeur ons al meer soos Christus word. Smith (2000b:35) ag dit as 'n wanopvatting wat hy graag regstel deur te verduidelik dat die mens in sy wedergebore gees reeds soos Christus is, maar die mens besef dit nie volledig nie. Daarom beskou hy heiligmaking as die proses waardeur dit al meer aan die mens openbaar word wie en wat hy alreeds in Christus is. Heiligmaking is, met ander woorde, 'n openbaring eerder as 'n wording.

2.2.7.4 TPM help op sielsvlak met die regstelling van innerlike verwonding

Smith beskryf die siel as die setel van die gewete. Die gewete dien as die stoorkamer van al die voorheen vasgelegde waardes, beskouinge en geloofsoortuigings van 'n mens. Dit dien derhalwe as die mens se lewensinterpreteerder en daarom ook as die reguleerder of begeleier van sy lewenskeuses (Smith, 2000a: 182-188).

Die mens interpreteer die lewe via die "bril" van sy gestoorde interpretasies. Sou hierdie interpretasies skeef of totaal verkeerd wees as gevolg van verwonding, is dit die gietvorm waardeur voigende waarnemings gemaak word. Terselfdertyd bied dit ook die raamwerk waarvolgens die gees van die mens homself uitdruk in sy emosies en gedrag na buite. Smith (2000a: 179) noem dit - interessant genoeg - "the crippling of the spirit." TPM help met die regstel van die programmerings op hierdie sielsvlak, veral in die "gewete."

2.2.7.5 Merktekens dat ware gemoedsgenesing plaasgevind het

Smith noem dat hy aanvanklik baie vrae en besorgdhede oor hierdie nuwe metode gehad het (2000a: 150 en 2000b:61). Kan die soort genesings werklik so vinnig plaasvind? Sou die veranderinge hou? Hoe lank sou dit hou? Sy waarnemings en mense se getuienisse het sy skeptisisme mettertyd totaal laat verdwyn. Vervolgens word sy waarnemings, wat ook as merktekens vir genesing dien, uitgelig (Smith, 2000a: 150-160; 2000b:62-67):

a) Ware genesing is permanent. EIke leuen en seer wat geprosesseer is, het sy krag en houvas op die persoon verloor. Waar kliente teruggekom het met rapporte dat die "ou gevoelens" weer terug was, het dit geblyk dat dit egter ander leuens met hulle meegaande gevoelens was, wat op hul beurt reggestel kon word.

b) Ware genesing lei tot lewenstyl verandehng. "Our clients report they are experiencing life at a new and different level." (Smith, 2000b:65.) Mense se alledaagse gedrgg verander dikwels alreeds so gou as na die eerste TPM sessie.

c) Ware genesing voorsien die krag om die monsters in ons lewens te konfronteer. Alhoewel Smith (2000a: 157-158) nie suggereer dat slagoffers hul misbruikers moet konfronteer nie, en in elk geval nie te gou na innerlike genesing nie, neem hy waar dat sy kliente na genesing meer geesteskrag het vir so 'n konfrontasie. Die geneesde slagoffers kyk ook vanuit Christus se perspektief na die oortreders.

d) Ware genesing bei'nvloed 'n persoon se huidige verhoudings. Die oomblik dat 'n persoon met sukkelende verhoudings se leuen-opvattings deur TPM aangeraak is, vlot die persoon se verhoudings vanself baie makliker. Die rede is dat daar nie onverwerkte sake is wat gesneller kan raak nie.

e) Ware genesing benodig geen poging om dit in stand te hou nie. Smith se vorige beradingsmetodes het instandhouding van die bewerkte genesings geverg; nie TPM nie.

f) Ware genesing word gekenmerk deur ware of volkome vrede in God se teenwoordigheid. Smith se konstante toets of daar lig en genesing in 'n pynlike herinnering gekom het, is of die persoon God se vrede daarin ervaar (1 Joh. 3:19). "The true test of healing is when the storm inside becomes calm and the 'perfect peace of Christ' rules in their heart." (Smith, 2000a:60.)

2.2.7.6 Konsekwensies as gemoedsvernuwing nie plaasvind nie

Mense kan die Here God vertrou vir vergifnis, versoening en die ewige lewe en steeds hul hele lewe as 'n slaaf van hul verdronge verwondings leef. Die volgende konsekwensies is maar enkeles van dit wat 'n persoon kan teenkom as hy of sy nie na God uitreik vir innerlike genesing nie (Smith, 2000b:46-50):

• Ons kan ons wonde so diep onderdruk, dat ons dit later nie meer kan onthou nie, maar die wond kan en sal steeds vir ons inhaal die oomblik as dit gesneller word.

• Diep wonde word dikwels op grand van hul simptome, en nie volgens hul wortels nie, verkeerd gediagnoseer; gevolglik word mense geetiketteer en volgens allerlei voorskrifte behandel. • Die simptome van elke wond wat nie genees nie, word aan die volgende generasie oorgedra

(Smith, 2000b:48-50).

• Om nie innerlik gesond te word nie, is om die genade van God te minag, te weier of te weerstaan. Smith (2000b:50) net deernis met die feit dat die pyn wat in die oe gekyk moet word ter wille van genesing dikwels intens is, maar dit kan nie vergelyk word met die lewenslange pyn wat te wyte is aan die ontkenning en onderdrukking van die oorspronklike seer nie.