• No results found

Die verbond en die huwelik

5.2 BASISTEORIE

5.3.2 Die verbond en die huwelik

Die huwelik as ’n instelling van God is ’n intieme persoonlike verhouding tussen ’n man en ’n vrou, en in die Bybel word die huweliksverhouding gebruik om die verbonds- verhouding tussen God en die mens te beskryf (Du Plessis, 2012:39). Du Plessis (2012:39) verduidelik dat die verbondsverhouding tussen God en die mens sekuriteit en ’n veilige ruimte verskaf, waarbinne die mens tot volwassenheid in God deur Jesus kan groei. Die navorser is dit eens met Du Plessis (2012:39) dat wanneer huweliksgenote die aspekte van die verbond as fundamentele bousteen in hulle huwelik begryp en daarvolgens leef, ’n diepe eenwording en intimiteit ontstaan. Binne die huwelik word ’n ruimte van veiligheid geskep, waarbinne die huwelikspaar nie net geestelik nie, maar ook emosioneel en fisies tot eenwording kan groei (Du Plessis, 2012:39).

Die woord verbond (Covenant) beteken dat dit ʼn bindende ooreenkoms tussen twee partye is. Die Hebreeuse en Griekse woorde vir verbond is berith en diathekē onderskeidelik, en albei beteken “to cut covenant” (Carpenter, 2012:176-177). Berith verwys gewoonlik na 'n daad of ritueel in die maak van 'n verbond of kontraktuele ooreenkoms tussen partye, terwyl diathekē die Griekse weergawe van berith is wat in

165

die Nuwe Testament gebruik word (Carpenter, 2012:176-177). Dit beteken verder om ʼn bindende ooreenkoms aan te gaan en so verbond of ooreenkoms wat tussen twee partye aangegaan is, is die mees bindende, ernstigste en vogtrekkende ooreenkoms wat gesluit kan word. Die doel van 'n verbond is om 'n waarborg aan 'n verbintenis te gee wat tussen partye gesluit is (Helberg, 1996: 224). Die verbond is dus 'n onderneming wat deur 'n selfbindende eed of pand bevorder word (Du Plessis, 2012:41).

Du Plessis (2012:41) definieer ’n verbond tussen God en die een met wie Hy 'n verbond gesluit het soos volg:

- ’n Verbond is 'n onveranderlike, goddelike opgelegde ooreenkoms tussen God en die mens wat die voorwaardes van hul verhouding bepaal.

- 'n Verbond is 'n ooreenkoms tussen twee partye, waarvolgens 'n verbond tussen die partye gemaak word en waarby hulle op gelyke voet sekere verpligtinge onderneem.

- ’n Verbond tussen God en die mens is 'n voorwaardelike belofte, verseël deur die soewereine bloed wat deur God beheer word (vgl. Gen. 17: 9-11), met seëninge vir diegene wat die voorwaardes van die verbond gehoorsaam en straf vir diegene wat dit oortree.

- ’n Verbond is God se plan en belofte om die verlossing van die sondige mens te bewerkstellig.

- Die genadeverbond is die besondere vorm van die goddelike bedeling waarin die Drie-enige God gebonde aan die verbond en die eed aan die gelowiges en hulle saad is, om hulle Vader, Verlosser en Begeleier te wees.

- ’n Verbond is "die geheel van 'n gemeenskapsverhouding, 'n toestand van harmonieuse ewewig, wat al die eise en behoeftes tussen twee partye balanseer.” Lowery (2002: 70) stel die definisie van ’n verbond tussen ’n man en ’n vrou in ’n huwelik as die regte houding teenoor die huwelik om vas oortuig te wees dat die huwelik op 'n verbondsverhouding gebaseer is wat God as 'n onbreekbare,

166

vervullende en lewenslange verhouding tussen 'n man en 'n vrou gevestig het. Hierdie verbondsverhouding kan verder ook van alle ander verhoudings onderskei word in terme van 'n houding van konstante onvoorwaardelike liefde, versoening en seksuele suiwerheid, terwyl die huwelikspaar gedurig na doelgerigte groei in die verbondsverhouding streef (Lowery, 2002:70).

Collins (2005:476) stel dat die huwelik as ’n instelling van God 'n komplekse multidimensionele ervaring is. Louw (2005a:45) verduidelik dat die verhouding tussen ’n man en ’n vrou die ruimte skep waarin God se houding, genade en teenwoordigheid konstantheid op 'n unieke manier gedemonstreer en gemanifesteer moet word en daarom word die huwelik as 'n permanente, onbreekbare verbintenis van liefde beskou.

Wanneer so verbond tussen twee persone in die Ou Testament gemaak is, was hul kinders ook ingesluit (Cabal et al., 2007:1769; George, 2011:367-371; Hawker, 2013b:673). Vir Ou Testamentiese gelowiges was godsdiens op die verbond tussen hulle en God gebaseer – dit gaan oor trou aan die verbondsverhouding tussen God en die mense/volk wat Hy gekies het (Jansen Van Rensburg et al., 2011:123; Mac Arthur, 2005:81). God is dikwels die inisieerder van hierdie verbonde en Hy verbind Homself tot die verbond (Hamilton, 2011:20). ʼn Verbond is dus ʼn bindende, formele ooreenkoms tussen twee partye en dit speel ʼn belangrike rol in die huwelik, want God is die getuie en beskermer van die verbond wat tussen ’n man en ’n vrou by die huwelik gesluit word (Sarna, 1996:131). Thatcher (1999:209-248) beskryf die huwelik as ’n gemeenskaplike vennootskap en ’n “sakrament”. Verder dui die verbond of ooreenkoms op gelykheid van die partye binne die verhouding, wat nie skeibaar is nie aangesien dit in die Naam van God gesluit word (Thatcher, 1999:209-248). Thatcher (1999:209-248) stel die huweliksverbond, ongeag gelowig of ongelowig, soos volg:

The partners love is able to be a sharing in that communion which is the life of the triune God.

Die verbond onderskei gelowiges van al die ander volke as uitverkorenes en daarom word die huwelik ook ’n verbond of ’n ooreenkoms/kontrak wat deur God verseël is wat deur geen mens verbreek mag word nie (Carpenter, 2012:176-177). Net soos God deur die verbond met Israel verklaar het dat hulle Sy eiendom is, net so word daar ’n

167

verbond tussen twee persone tydens die huwelik gesluit wat heilig en afgesonderd moet funksioneer terwyl die enigste ‘derde party’ in ’n huwelik slegs God self mag wees (Hamilton, 2011:20; Mac Arthur, 2005:81). Thatcher (1999:243) beskryf die huwelik in die algemeen as ’n natuurlike sakramentaliteit en som dit soos volg op:

Conjugal spirituality is the loving ethos of a marriage, each trying to love the other as God loves them in Christ and recognizing Christ in each other. It empowers the couple to grow together and each partner to grow separately, each enabled by the other.

In die Nuwe Testament word Genesis 2:24 deur Jesus en Paulus as 'n fundamentele boublok van die huwelik (vgl. Ef 5:31) aangehaal (Du Plessis, 2012:44). Die sukses van die huwelik hang primêr van die krag van die partye se verbondsbeloftes aan mekaar en hul verbondsverhouding met God af (Lowery, 2002: 67).

Lowery (2002: 69) stel dit soos volg:

I didn’t marry you because you were perfect. I didn’t even marry you because I loved you. I married you because you gave me a promise. That promise made up for your faults. And the promise I gave you made up for mine. Two imperfect people got married and it was the promise that made the marriage. And when our children were growing up, it wasn’t a house that protected them; and it wasn’t our love that protected them – it was that promise.

Die huweliksverbond is persoonlik en verhoudingsgerig – nie selfgerig nie en daarom bied dit nie net sekuriteit en 'n veilige hawe nie, maar dit sluit ook die belofte van krag in (Lowery, 2002: 86). Du Plessis (2012:45) verwys na die Christelike huwelik as onderskeibaar van sekulêre huwelike in terme van die kwaliteit van hul verbondsbeloftes en dit is die rede waarom Christelike huwelike van sekulêre huwelike onderskei word. Die huwelik vanuit ’n Bybelse perspektief word aan die kwaliteit van liefde en die toewyding om, op grond van die verbondsbelofte te sorg, geken. Die volhoubaarheid en stabiliteit van hierdie verhouding in die huwelik word nie deur emosies, seksualiteit of liefde bepaal nie, maar deur die getrouheid van God en Sy genade (Louw, 2005a:51).

168

In 'n huweliksverhouding, wat as 'n fundamentele bousteen op die verbond gebou word, het die man en vrou die geleentheid om God se genade teenoor mekaar uit te druk (Du Plessis, 2012:48). Verder is intimiteit in die verbondshuwelik 'n uitdrukking van genade en hoop, omdat dit nie bloot die sluiting van 'n kontrak is nie, maar 'n heilige bloedverbond waarvan God die getuie en waarborg is (Du Plessis, 2012:48).