• No results found

Die aantrekkingskrag van die Internet

4.6 DIE DINAMIKA VAN DIE INTERNET

4.6.4 Die aantrekkingskrag van die Internet

Volgens navorsing blyk dit dat veral vroue by Internetseks betrokke raak, omdat die Internet nie net ’n aantrekkingskrag vir vroue is nie, maar dit word ook ʼn “verhoudingsvoertuig” (Ferree, 2003:388). Aan die ander kant is dit ook waar dat die Internet net so aanloklik vir mans is omrede dit maklik toegang bied om seksuele vennootskappe en romantiese verhoudings met vroue te sluit (Agyemang et al., 2013:72-85). Die meeste navorsers is dit eens dat beide mans en vroue tot die Internet

151

aangetrek word weens die toeganklikheid daartoe (Franklin, 2013:60; Griffiths, 2016:1; Nordqvist, 2017:2; Poli, 2017:6; Krotoski, 2011:1; Weiss, 2015:86).

Ferree (2003:388) beskryf seksuele kompulsiwiteit as ’n “hofmakery-versteuring” (courtship disorder) en stel dat hofmakery ’n proses is waarin verhoudings geskep en gebou word. Ferree (2003:388) gaan verder en stel dat die Internet sekere aspekte van die hofmaakproses beperk, en in hierdie verband word daar na agt aspekte verwys waarom ʼn persoon maklik by Internetseks betrokke kan raak:

- Dit elimineer metakommunikasieleidrade soos stemtoon, gesigsuitdrukking en liggaamstaal. Verder laat dit ook die persoon toe om in beheer te wees ten opsigte van die inligting wat gedeel word.

- Die Internet kweek ’n valse pseudo-intimiteit kommunikasie. Persone verkeer onder die indruk dat hulle mekaar baie goed ken. Binne die anonieme omgewing van die Internet word die proses aangehelp deurdat hulle veel meer inligting omtrent hulself in ’n baie korter tyd openbaar as wat die geval in die werklike lewe sou wees. - Die Internet elimineer geheel en al fisiese kontak. Fisiese kontak is van kardinale

belang vir alle verhoudings en as gevolg van die Internet vind werklike en diepgaande binding moeilik plaas. Die essensiële elemente van die normale hofmaakproses ontbreek dus, soos byvoorbeeld waarneming, aangetrokkenheid, aanraking, die skepping van intimiteit, asook verbintenis (commitment).

- Die Internet skep die geleentheid dat daar ’n kunsmatige gevoel van onmiddellike konneksie met ’n ander persoon geskep word. Hierdie aspek dra ook in ’n groot mate tot vroue se deelname aan Internetseks by, omdat dit die ongemaklikheid en die risiko’s verbonde aan ’n persoon-tot-persoon-interaksie elimineer.

- Die Internet skep ’n kuberomgewing waar die struikelblokke van fisiese aantreklikheid gesystap word. Verder word valse eienskappe ook deur middel van foto’s geskep wat van persone opgelaai word, terwyl hulle foto’s elektronies na willekeur verander kan word of ook selfs iemand anders se foto kan gebruik. - Die Internet skep die ruimte vir ’n vrou om in totale beheer van haar seksuele

152

die speelveld aanlyn gelyk en is daar gelyke mate van outoriteit en seggenskap wat gewoonlik binne die werklike lewe ontbreek.

- Die fantasiewêreld van die Internet is dinamies, veral vir vroue wat emosioneel onstabiel, onseker van hulself, onseker oor hul voorkoms is, of met kommunikasie en verhoudings sukkel. Die persoon hunker na iemand wat hulle sal waardeer en hulle goed oor hulself sal laat voel. Die fantasiewêreld van die Internet skep ’n omgewing van illusie wat in hierdie behoefte voorsien. Die Internet transformeer seksuele aktiwiteite en verhoudings waaroor na die “werklikheid” gefantaseer word. - Die Internet bied ’n abnormale aard van interaksie waarop persone kommunikeer, omdat deur middel van die Internet elke persoon tyd het om gedagtes te formuleer voordat dit gekommunikeer word. In die werklike lewe mag dit moontlik anders wees, aangesien dieselfde persoon iemand mag wees wat normaalweg die ander persoon onderbreek en domineer. Die reël van Internetkommunikasie elimineer die tekortkominge en die persoon vertoon heelwat beter as wat in werklikheid die geval is.

- Chaney en Dew (2003:268) verwys na ’n studie waaraan persone deelgeneem het wat op ’n gereelde basis aan Internet seksuele aktiwiteite deelgeneem het, en het bevind dat al die persone telkens positiewe gemoedsveranderinge beleef het. Die belangstellende aandag wat die persone in die studie op die Internet van andere ontvang het, het telkens tot verhoogde eiewaarde gelei (Chaney & Dew, 2003:268). - Verskeie van hierdie persone het ook aangedui dat gevoelens van verveeldheid, alleenheid en stres die aanleidende faktor tot aanlyn aktiwiteite was (Chaney & Dew, 2003:268). Een persoon het byvoorbeeld aangedui dat hy in sulke situasies ’n behoefte aan selfbevrediging deur masturbasie of visuele stimulasie het, waarna hy normaalweg vir ’n tyd lank verlig en vry van stres gevoel het (Chaney & Dew, 2003:268).

Persone raak so aan die Internet verstrengel dat die verlies aan realiteit intree en tyd geen impak later meer het nie (Bancroft & Vukadinovic, 2004:225; Griffiths, 2016:1; Weiss, 2015:6). Die persoon kan as’t ware uit sy huidige situasie met al sy probleme deur onder andere fantasering uitbeweeg (Weiss, 2015:5-6; Whitty, 2003:339-357).

153

Chaney en Dew (2003:269) haal ’n Internetseksverslaafde aan wat kontak met die realiteit verloor het:

When I am in chat rooms, I forget time and troubles. I have to set a timer not to stay on too long.

Wanneer die verslaafde betrokke is of na seksueel eksplisiete webbladsye kyk, veroorsaak dit verder ook dat die verslaafde kontak met hul eie gedagtes, gevoelens, aksies en identiteit, as gevolg van aanlyn seksuele aktiwiteite, verloor (Ballester-Arnal

et al., 2017:1; Weiss, 2015:4-5; Chaney & Dew, 2003:269; Poli, 2017:6).

Vir sommige verslaafdes lei riskante aanlyn seksuele aktiwiteite tot ’n al groter stimulasie en opgewondenheid as wat normaalweg die geval sou wees (Krotoski 2011:1). Chaney en Dew (2003:270) verwys na tiperende reaksies wat aanwesig is:

I always feel like I am going to be found out and that is exciting. I love the rush of it. There is no more excitement this way. My partner and friends are boring to me. What’s exciting is not knowing who you could meet. It’s like opening a gift on Christmas, a guy could be really nice and really hot or he could kill you.

Die riskante uitdagings impliseer ook dat daar mettertyd meer en meer aktiwiteite moet plaasvind ten einde dieselfde resultaat te bereik (Krotoski, 2011:1-2; Griffiths, 2016:2). Dit impliseer meer ure op die Internet, meer seksuele maats, meer bisarre en riskante aktiwiteite, of om vanaf virtuele na werklike seksuele ontmoetings te beweeg (Griffiths, 2016:2; Schneider, 2003:335). Schneider (2003:335) verwys na ’n dertigjarige vrou wat ’n disket met pornografie in haar man se rekenaar ontdek het en beskryf dit soos volg:

Cybersex really accelerated the addiction on his part. It went from just magazines and movies to spending hours on end on the computer looking at images, to hours on end chatting with anyone who would “talk”. It took only 3 months to go from simple e-mail to all this, and he said it would have only been a matter of time before he did start to meet women in person, had I not found the disk.

154

Chaney en Dew (2003:270) noem dat daar in die meerderheid van die respondente ’n gebrek aan sosiale verbintenisse was, asook gevoelens dat hulle nêrens behoort en inpas nie, wat ook gevoelens van eensaamheid versterk het. Die Internet was vervolgens ’n aanloklike en aantreklike medium om vir vriendskap, liefde en intimiteit te gebruik.

Whitty (2003:339-357) verwys na ’n studie waarby 1117 respondente betrek is en daar is gevind dat aanlyn seksuele aktiwiteite by ’n groot persentasie van die respondente uiteindelik op persoonlike fisiese kontak uitgeloop het. Talle seksueel verslaafdes koester die hoop om uiteindelik ’n persoonlike ontmoeting met hul kubermaats te hê (Griffiths, 2016:1; Poli, 2017:5; Whitty, 2003:339-357).

Schneider (2003:333) aan die ander kant verwys na ’n studie waarin die respondente hoofsaaklik vroue was wie se huweliksmaats aan “Internetseks” verslaaf geraak het. Volgens die studie het die respondente die volgende tipiese seksuele aktiwiteite ten opsigte van hul huweliksmaats laat blyk aan die orde te wees:

- Die kyk of aflaai van pornografie terwyl daar gemasturbeer word. - Die lees of skryf van seksueel eksplisiete briewe en stories. - Die gebruik van e-posse om persoonlike ontmoetings te reël. - Die plasing van advertensies om seksuele maats te ontmoet. - Die besoek van seksueel georiënteerde kletskamers.

- Die betrokkenheid by interaktiewe aanlynflirtasies met persone van dieselfde of teenoorgestelde geslag. Dit het die kyk na mekaar se liggame met behulp van elektroniese kameras wat aan die rekenaar gekoppel is, ingesluit.

- Telefoniese seks met persone wat aanlyn ontmoet is, asook aanlynflirtasies wat uiteindelik op fisiese gemeenskap uitloop.

- Verskeie van die respondente was ook bewus van deelname deur hul huweliksmaats aan onaanvaarbare of onwettige aanlynaktiwiteite soos sado- masochisme, bestialiteit, kinderpornografie en seks met minderjarige persone.