• No results found

5.2 BASISTEORIE

5.3.4 Die Skrif en seks

Die behoefte vanaf die skepping van die mens was om ’n metgesel te hê (Gen 2:20). Die huwelik as ’n instelling het nie as gevolg van die mens se toedoen ontstaan nie, maar deur die toedoen van God wat besluit het om vir Adam ʼn hulp te maak (McNair, 2012:1).

Die eerste huwelik is deur God self (met die oog op die daaropvolgende geslagte soos in Mal 2:15 genoem) tussen Adam en Eva ingestel om man en vrou te wees terwyl God ook Adam en Eva beveel het om “een vlees” te word (vgl. Gen 2:24) (MacNair, 2012:1). God het dus bepaal dat die huwelikspaar eksklusief seksuele intimiteit met mekaar moet hê, wat nie met ander gedeel mag word nie – dus ’n getroue, totdat-die- dood-ons-skei huwelik is wat God ingestel en geseën het (vgl. Heb 13:4) (MacNair, 2012:1).

Die vergelyking na Jesus Christus (vgl. Open 19:7-9) as die bruidegom en die gelowiges as die bruid, met wie Hy sal trou wanneer Hy weer tydens die bruilof van die Lam kom, maak die instelling van die huwelik ’n ewige instelling is (Hawker, 2013b:309-310). Die verhouding tussen man en vrou illustreer vervolgens ook ʼn eenwording tussen twee persone soos Jesus Christus (Bruidegom) een met die Kerk (bruidegom) is (vgl. Ef 5:25-30) (MacNair, 2012:1-2). Hedendaags leef gelowiges in ’n totaal ander milieu en die heiligheid van die huweliksband word in die algemeen disrespekvol deur gelowiges en ongelowiges hanteer (Barry et al., 2012:2031-2033). Die huwelik is veronderstel om met onder andere 'n eksklusiewe fokus ten opsigte van

172

die heiligheid van die seksuele verhouding binne die ruimte van die huwelik benader te word. Die dominante beginsel met betrekking tot die seksuele binne die huwelik, gaan soos ’n goue draad regdeur die Bybel (Hawker, 2013b:309-310) (vgl. Heb13:4). In die samelewing is die mens aan soveel onreinhede blootgestel wat hierdie eksklusiewe fokus kan vertroebel, daarom vereis ’n onbesmette, onbesoedelde, ongerepte toewyding in die huwelik seksuele getrouheid aan die huweliksmaat (Cabal

et al., 2007:1821). Elke huweliksmaat is voor die definitiewe uitdaging om vas te staan

met betrekking tot hul geloofskeuses om God se opdragte vir onder andere getrouheid binne die huwelik te gehoorsaam (Fee & Hubbard, 2011:699). Iemand wat hom- of haarself aan seksuele sondes skuldig maak, oortree God se voorskrif met betrekking tot die huwelik en daarom moet enige seksuele aktiwiteit buite die huwelik vermy word (Barry et al., 2012:2035; Greenlee, 2008:554).

Hierdie vereistes geld vir die gelowige en ongelowige om die huweliksbed rein te hou (Brooks, 2009:77-78; Hawker, 2013b:309-310). O'Brien (2010:509) stel dat die verbintenis tussen ’n man en ’n vrou ’n baie hoë aansien by God beklee en daarom kan seksuele aktiwiteite buite die huwelik nie aanvaar word nie.

’n Man en sy vrou behoort daarna te streef om – hoe onvolmaak ook al – die liefde en eenheid wat God en Christus in hulle harmonieuse verhouding met mekaar het, te weerspieël (MacNair, 2012:1-2). Eenwording in die huwelik het betrekking op alle dimensies van die huwelikspaar se bestaan. Huwelikspare moet dus daarna streef om op geestelike, psigiese (sielsgenote) en fisiese dimensie eenwording te beleef en om hierdie rede is seksuele getrouheid belangrik vir totale samesyn en volgehoue verbintenis van die huwelikspaar teenoor mekaar (Cabal et al., 2007:1715 & Hawker 2013b:406).

Ciampa en Rosner (2010:251) verduidelik, met betrekking tot Christelike seksuele etiek, dat seksuele sedelikheid getrouheid binne die huwelik impliseer. Net soos Christus ook met die gelowige in ’n eenheid is, is die gelowige verplig om eenheid binne die huwelik te bewaar (Ciampa & Rosner, 2010:251). Thatcher (1999:243) stel dat die teenwoordigheid van God nie afwesig of beperk in ongelowiges se huwelike is nie, maar dat dieselfde Skrifbeginsels van krag is, behalwe met die onderskeiding dat ongelowiges nie die Skrif as gesaghebbend in hul lewe aanvaar nie. Hierdie Skrifbeginsels word onder andere in Genesis 2:24 en in Hebreërs 13:4 vervat waar

173

God die mens beveel het om “een vlees” te word en waar eksklusiewe seksuele intimiteit binne die huwelik van toepassing op alle mense is (Thatcher, 1999:243). Paulus verwys (vgl. Ef 5:5) ook dat die koninkryk van God vir die is wat deur Jesus Christus deur die vergifnis, op die kruisdood van Jesus Christus gebaseer, rein gemaak is en daarom beïnvloed sonde soos onder andere ongeoorloofde seks en onsedelike dade die mens se geestelike dimensie negatief (Knowles, 2001:579; Sproul, 2005:1651). Gelowiges spesifiek word dus gemaan om hul liggaam rein te hou en Paulus stel dit soos volg in 1 Kor 6:18-20:

Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat 'n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik. Gelowiges vandag se liggaam is ʼn tempel van God wat heilig is en gevolglik nie geskend mag word nie deur onder andere owerspel nie.

Seks behoort as heilig beskou te word en moet as ’n Godgegewe gawe binne die veilige ruimte van die huwelik uitgeleef word. Seks verenig die liggaam, siel en gees, met die liggaam, siel en gees van 'n ander persoon (Cabal et al., 2007:1715; Hawker, 2013a:406). Die Bybel beskryf dit as 'een vlees' – dit wil sê, twee persone word een 'self' (vgl. Gen. 2:24).

Hoehner (2008:100-101) stel dat die mens aan geen immorele aktiwiteite mag deelneem wat enige vorm van seksuele verhoudings buite die huwelik, insluit nie. Hoehner (2008:101) verduidelik dat seksuele immoraliteit as basis vir onreinheid in die gedagtes, spraak en optrede dien, en enige lewenstyl wat hiermee gepaard gaan moet vermy word. Ontug (vgl. Ef 5:3) hoort selfs nie eers deel van ’n gelowige se gesprek te wees nie aangesien dit lynreg teen God se heiligheid en liefde indruis (MacArthur, 2005:1698). Barry et al. (2012:1939) stem saam dat seksuele sonde en ander vorme van onreinheid en begeerlikheid seks buite God se plan vir die huwelik is en dit moet tot elke prys in gelowiges se lewe teëgewerk word.

174

MacArthur (2005:1698) noem dat ontug nie deel van God se plan vir die mens, ongeag die vorm van seks of die verskoning vir die beoefening daarvan, was nie. Die gelowige kom elke dag voor ’n geloofskeuse te staan om sy/haar liggaam as tempel van God as ’n lewende, heilige en God welgevallige offer te bied, en om sy of haar gedagtes voortdurend te vernuwe (vgl. Rom 12:1-2) (George, 2011:367-368; Hawker, 2013b:673).