• No results found

4.3 DIE NEUROLOGIE MET BETREKKING TOT SEKSUELE

4.3.4 Neurone en neurotransmitters

4.3.5.2 Die Amigdala

Die amigdala is een van twee amandelvormige trosse van die senuweeselle in die tydelike (of sy) lob van die serebrum en waarvan die naam vanuit die Latynse woord vir amandel afgelei is (Brann, 2017:193; Looi, 2012:1), sien Figuur 3. Die amigdala is verantwoordelik vir die voorbereiding van die liggaam vir noodsituasies en vir die

120

berging van herinneringe van gebeure vir toekomstige erkenning (Brann, 2017:10; Boeree, 2009:2). Strydom (2010:16-17) stel dat die amigdala in die ontwikkeling van herinneringe help, veral dié wat met emosionele gebeure en noodgevalle verband hou. Die amigdala is ook spesifiek by die ontwikkeling van vrees en paniek betrokke (Brann, 2017:34). Daarbenewens speel die amigdala 'n kardinaal belangrike rol in die belewing van plesier en seksuele opwekking na gelang van die seksuele aktiwiteit en volwassenheid van die individu (Brann, 2017:10).

Strydom (2010:16-17) stem ooreen dat elkeen van die twee amigdala strukture uit ’n massa neurone bestaan, wat aan beide kante van die talamus geleë is, aan die laer gedeelte van die hippokampus. Strydom (2010:16-17) gaan verder en stel dat daar geheue opgebou word wanneer daar oor gedagtes bepeins word waar emosies by betrokke is en dat hierdie emosies fisies in die vorm van proteïen neerslag in die amigdala gestoor word.

Clark en Henslin (2007:98) sowel as Brann (2017:129) stel dat gedurende noodsituasies daar ʼn sein direk na die amigdala gestuur word, wat net soos ʼn alarm wat geaktiveer word funksioneer en die liggaam vir die gevaar voorberei. Looi (2012:1) stel dat die reaksie wat in die amigdala tydens sterk of oormatige emosies plaasvind sigbaar in die vorm van hande wat sweet, verhoogde hartklopping en die stres hormoon wat vrygestel word waargeneem kan word.

Clark en Henslin (2007:98) en Brann (2017:129) verwys na onder andere gesigsuitdrukkings, fisiese spanning en chemiese veranderinge wat in die amigdala plaasvind wat alles bydrae om die liggaam na paraatheid oor te skakel.

Clinton en Ohlschlager (2002:142) verwys dus na die amigdala as die volume beheer van emosies wat na die ervaring van ʼn abnormaliteit resultate kan lewer soos byvoorbeeld om bo-menslike vermoë te kan optree.

Looi (2012:2) voeg verder by dat wanneer oormatige emosionele en stresvolle situasies in die denke en in aksies ervaar word, die persoon kan stol en tydelik immobiel raak.

121

Figuur 3: Die Amigdala (Google images: 2017)

4.3.5.3 Die Hipotalamus(Figuur 4)

Die hipotalamus beklee 'n belangrike funksie in die limbiese sisteem, en is vir verskeie funksies in die liggaam soos byvoorbeeld die volgende verantwoordelik:

- Die vervaardiging van verskeie chemiese boodskappers en hormone (Bran, 2017:43).

- Die hipotalamus beheer watervlakke in die liggaam, slaap siklusse, liggaamstemperatuur en voedselinname (Bran, 2017:195).

- Die hipotalamus is die deel van die limbiese sisteem in die brein wat nuwe geheue opbou en ook stoor (Leaf, 2013:162).

- Die hipotalamus se funksie is verder om die res van die brein te laat weet om chemikalieë soos serotonien en glutamaat vry te stel om met die proses te help om nuwe herinneringe te bou (Leaf, 2013:162).

- Dit is die area van die brein wat gedagtes in fisiese reaksies omskakel wat gedrag beïnvloed (Strydom, 2010:13).

122

- Die hipotalamus is die area van die brein wat basiese behoeftes soos byvoorbeeld honger, dors, vlakke van plesier, seksuele bevrediging en die reaksie van pyn asook die temperatuur van die liggaam reguleer (Boeree, 2009:1-2; Bran, 2017:194 & Leaf, 2013:162).

- Die hipotalamus reguleer die outonome funksionering van die senuweestelsel (Leaf, 2013:162).

- Die hipotalamus reguleer ook die hormone vanaf die pituïtêre klier om uiteindelik die metabolisme te beïnvloed (Boeree, 2009:2).

- Die hipotalamus se funksie is om die skakel tussen die gedagtes en die liggaam te wees en dit stel chemikalieë in reaksie op die gedagtes wat die liggaam in geheel beïnvloed vry (Bran, 2017:194; Strydom, 2010:315).

- Die hipotalamus reageer ook op negatiewe gedagtes soos byvoorbeeld selfhaat, selfverwerping en selfveroordeling wat verder die persoon se funksionaliteit negatief beïnvloed (Strydom, 2010:315). In hierdie gedeelte word daar na seksuele verslawing verwys.

123

4.3.5.4 Die Prefrontale korteks

Die amigdala kommunikasielyne is direk met die prefrontale korteks verbind en is in die voorste deel van die brein net agter die voorhoof geleë, sien figuur 5 (Bran, 2017:195; Leaf, 2013:167-168). Die prefrontale korteks is die deel van die brein wat verantwoordelik vir redenering, besluitneming, ontleding is en ook om strategiese vermoëns te beheer (Leaf, 2013:167-168). Hierdie kommunikasielyne stel ’n persoon in staat om emosies wat fisiek in die liggaam ervaar word te balanseer sowel as om redelik op te tree (Bran, 2017:195; Leaf, 2013:167-168). Clinton en Ohlschlager (2002:143) stem ooreen dat hierdie deel van die brein die deel is wat onder andere uitdrukkings, emosies, impulse, gedagtes en gedrag beheer. Clark en Henslin (2007:98) sowel as Bran (2017:195) sluit hierby aan en stel dat die prefrontale korteks die deel van die brein is waar oordeel, kontrole en vooruit beplanning plaasvind. Die prefrontale korteks is dus verantwoordelik vir gedrag wat doelgerig, sosiaal verantwoordelik en effektief is (Bran, 2017:195; Clark & Henslin, 2007:105). Looi (2012:2) stel weer dat die prefrontale korteks hoë vlakke van empatie en altruïsme bestuur. Volgens Bran (2017:10) sowel as Leaf (2013:167-168) en Strydom (2010:19) is die prefrontale korteks die area van die brein wat direk verantwoordelik vir die berging van emosies is. Verder voeg Strydom (2010:19) ook by dat die prefrontale korteks informasie analiseer, die emosionele deel van die brein adviseer en vervolgens die besluitneming hanteer.

Hierdie area van die brein is van kardinale belang met betrekking tot die seksueel verslaafde se analise en besluitneming en Strydom (2010:19) sowel as Looi (2012:1) stel dat hierdie area eers ten volle op die ouderdom van 18 jaar ontwikkel is. Die navorser is dit eens met Raath (2015:67) wat stel dat ouers kinders deur emosionele stadiums en veral tydens die adolessente stadium moet begelei om die regte besluite, veral ten opsigte van analisering, oordeel en besluitneming te neem. Coetzer (2011:43) stel dat daar nie sonder die behoorlike prefrontale korteks funksionering goeie analise, beoordeling en besluitneming gedoen kan word nie wat dit moeilik maak om op ʼn konsekwente en goed deurdagte wyse op te tree.

124

Figuur 5: Die Prefrontale korteks (Google images: 2017)

4.3.5.5 Die Hippokampus

Die hippokampus vorm deel van die limbiese sisteem (sien figuur 6) en vestig langtermyngeheue sowel as die assosiasie van emosies vanuit gebeure wat in die verlede plaasgevind het (Bran, 2017:195; Strydom, 2010:315). Leaf (2013:167) stel dat die hippokampus inligting in die gedagtes filter. Verder verwerk die hippokampus inkomende inligting deur dit as korttermyn of langtermyn belang te onderskei (Leaf, 2013:167). Voorts stoor die hippokampus die verwerkte inligting in of permanente inligting of tydelike inligting (Leaf, 2013:167). Strydom (2010:315-316) stel dat die hippokampus verantwoordelik is om onder andere geheue met die hulp van neurogenese op te bou wat dit ’n voortdurende proses maak. Tydens ’n besering aan die hippokampus, bestaan daar ’n onvermoë om nuwe ervaringe te onthou (Clinton & Ohlschlager, 2002:143; Boeree, 2009:2; Looi, 2012:1-2). Clinton en Ohlschlager (2002:143) en Bran (2017:195) stel ook dat die hippokampus emosionele geheue insluit en nie net algemene geheue nie.

Neurogeneties werk die hippokampus optimaal wanneer daar ʼn positiewe selfbeeld is en die serotonienvlakke in balans is en daarom is dit belangrik dat die seksueel verslaafde die regte inligting stoor om met die regte inligting besluite te neem (Bran,

125

2017:45; Leaf, 2013:168; Strydom, 2010:316). Strydom (2010:315-316) voer aan dat wanneer daar ʼn lae selfbeeld, byvoorbeeld as gevolg van negatiewe gebeure, voorkom, is die serotonienvlakke in die hippokampus laag en neurogeneties nie doeltreffend nie. Dit het die gevolg dat die persoon (in hierdie geval die seksueel verslaafde) met ʼn gevolglike swak handhawing van die geheue, emosionele onstabiliteit en ook ʼn lae mate van verwarring optree (Bran, 2017:194; Leaf, 2013:168- 169; Strydom, 2010:316). Die hippokampus speel dus ʼn sleutelrol in onder andere die seksueel verslaafde se gedrag, naamlik die vestiging van gesonde denke wat die persoon in staat stel om goeie deurdagte besluite te neem (Strydom, 2010:316).

Figuur 6: Die Hippokampus (Google images: 2017)

4.3.5.6 Die Temporale Lobbe

Die temporale lobbe of die kante van die brein is gevestig as een van die vier hoof lobbe van die serebrale korteks en dit is in die grootste afdeling van die brein, bekend as die voorbrein, geleë (prosencephalon) (Bailey, 2012a; Bailey, 2017:1 Clark & Henslin, 2007:104). Die temporale lobbe is aan die bokant van elke oor geleë (sien

figuur 7) en is vir gehoor en spraak verantwoordelik (Strydom, 2010:13). Dit bevat

ook verbindings wat na die amigdala en hippokampus lei, wat op hul beurt belangrik vir leer, geheue en emosie is (Clark & Henslin, 2007:104). Die temporale lobbe speel ’n integrale rol met betrekking tot die mens se opvoedingsvermoë, geheue,

126

emosionele stabiliteit, die beheer van woede en sosiale vermoë (Bailey, 2012a). Coetzer (2011:81) verwys na die navorsing van Dr. Daniel Amen wat aangetoon het dat die temporale lobbe ʼn integrale rol met betrekking tot geheue, emosionele stabiliteit, leervermoë asook sosialisering vervul.

Bailey (2012b) sowel as Clark en Henslin (2007:104) stem hiermee ooreen en voeg by dat die temporale lobbe verder ook verantwoordelik vir die organisering van sensoriese insette, ouditiewe persepsie, taal en spraak, geheue assosiasie en vorming is. Clinton en Ohlschlager (2002:143) sluit hierby aan en lig uit dat abnormaliteit in die temporale lobbe met prikkelbaarheid en uitbarsting van woede geassosieer word. Bailey (2017:1) ondersteun die belangrike rol wat die temporale lobbe in veral die organisering van sensoriese insette, ouditiewe persepsie, taal en spraakproduksie, sowel as geheue-assosiasie en vorming speel.

Bailey (2017:1) stel dat die temporale lobbe by verskeie funksies van die liggaam betrokke is wat kortliks genoem word:

- Ouditiewe persepsie - Geheue - Toesprake - Taalbegrip - Emosionele reaksies - Visuele persepsie - Gesigserkenning

Die Limbiese stelsel strukture van die temporale lob is vir die regulering van emosies, asook die vorming en verwerking van herinneringe verantwoordelik en is die somtotaal van die inligting wat in die temporale lobbe gestoor is wat verantwoordelik is vir die persoon se sin van identiteit sowel as waar identiteit gedefinieer word (Bailey, 2017:1; Coetzer, 2011:82). Die temporale lobbe is die area waar emosionele stabiliteit grootliks bepaal word (Coetzer, 2011:82). Die temporale lobbe is ook verder betrokke by die organisering en die verwerking van sensoriese inligting sowel as ouditiewe prosessering en die persepsie van klank (Bailey, 2017:1). Dit is die temporale lobbe wat ʼn persoon dus help om sy emosies te beheer sowel as om toonhoogtes en gesigsuitdrukkings te beheer (Clark & Henslin 2007:104).

127

Hiermee stem Baily (2012b) ooreen en verwys na die temporale lobbe waar die reaksie op emosies plaasvind sowel as ouditiewe en visuele persepsie. Clark en Henslin (2007:104) sowel as Looi (2012:1) stel ook dat die temporale lobbe ʼn kardinale rol in kort sowel as lang termyn geheue, spanning en depressie speel.

Die twee temporale lobbe word deur ʼn brug van wit stof verbind en is in twee kante opgedeel, links en regs wat die korpus callosum genoem word (Anon., 2015b:1; Bran, 2017:194; Bailey, 2017:2). Hierdie brug fasiliteer kommunikasie en inligtingverwerking tussen die twee kante (Bran, 2017:194). Die twee kante help om verskillende tipes inligting te koördineer wat in die algemeen as verbale en nie-verbale inligting geklassifiseer word (Anon., 2015b; Bailey, 2015:2). Verbale inligting word aan die dominante kant van die brein gevind en die nie-verbale inligting word aan die nie- dominante kant gevind. Die term dominante beklemtoon die belangrikheid van die deel van die brein (Anon., 2015b; Bailey, 2017:2).

Die begrip en prosessering van taal vervul ’n kardinale funksie aan die dominante kant van die temporale lobbe (Clark & Henslin 2007:104). Die dominante temporale lobbe help om geskrewe woorde en klanke in betekenisvolle inligting te verwerk en probleme met die funksionaliteit van die dominante kant van die temporale lobbe lei na steurings met kommunikasie (Coetzer, 2011:82; Baily, 2012b).

Emosionele stabiliteit word verder ook deur die dominante temporale lob bepaal (Clark & Henslin 2007:104). Die belangrikheid van die optimale funksionering van die dominante kant is noodsaaklik want dit bevorder gemoedstabiliteit terwyl dit aan die ander kant tot fluktuering, inkonsekwentheid en onvoorspelbare gemoedstemminge kan lei (Coetzer, 2011:82).

Die nie-dominante kant van die temporale lobbe stel die persoon in staat om gesigte en uitdrukkings te herken en terselfdertyd ook stemtone sowel as intonasie korrek te kan waarneem en betekenis daaraan te kan koppel (Coetzer, 2011:82; Clark & Henslin 2007:104). Aan die dominante kant leun dit swaar op die sosiale vermoëns wat die persoon in staat stel om te onderskei of iemand bly is om jou te sien of bang vir jou is, vervelig of dalk haastig is (Coetzer, 2011:83; Looi, 2012:1).

128

Figuur 7: Die Temporale Lobbe (Google images: 2017)

4.3.5.7 Die proses van seksuele verslawing en die neurologie

Die wetenskap van die neurologie is ’n interessante veld wat daagliks steeds uitgeberei word. Die menslike brein fassineer wetenskaplikes voortdurend. Die vraag waarmee hierdie studie worstel is om (onder andere) die neurologiese invloed op seksuele verslawing te kan verstaan. Die pastorale berader kan hierdie hele proses deur twee eenvoudige metaforiese beelde aan die seksueel verslaafde persoon verduidelik. Die eerste metafoor herroep die beeld van ’n outydse poskantoorsentrale telefoonstelsel, waar die betrokke sentrale beampte die verskillende konneksies laat geskied deur sekere koppelings op die bord te maak. Wanneer die regte koppeling gemaak word, gaan die oproep na die regte persoon deur; maar die verkeerde koppeling veroorsaak dat die oproep ’n verkeerde persoon bereik.

Die tweede metafoor is die beeld van ’n rekenaar. Wanneer inligting in ’n rekenaar ingevoer word (input), word dit verwerk deur al die reeds gestoorde inligting (put) in ag te neem en daarna word die verwerkte verslag gegee (output).

129

- Die mens ontvang ’n stimulus van buite deur middel van een van sy/haar sintuie, en die inligting word deur die sensoriese senustelsel na die brein vir verwerking geneem.

- Hierdie proses aktiveer vervolgens die outonome senustelsel (simpatiese of parasimpatiese stelsel) wat die persoon vir optrede (veg of vlug) gereedmaak. - Uiteindelik word die besluit deur die motoriese stelsel gelei om die liggaamsdele of

organe tot werking of gedrag te laat oorgaan.

- Wanneer die stimulus van een neuron na die volgende neuron begelei word (sinaps), skei die brein neurotransmitters af. Elke neuron het verskeie dendriete en

watter dendriet die boodskap oordra, sal bepalend van die reaksie wees wat daarop

sal volg. Die brein is so kompleks dat daar meer as ’n triljoen verskillende koppelings tussen die neurone kan wees. Net soos met die metafoor van die telefoonsentrale, sal die verkeerde koppeling ongewensde gedrag tot gevolg hê. Die uitdaging vir die pastoraat is dus, dat die pastorale berader die seksueel verslaafde persoon op so manier begelei dat wanneer daar om een of ander rede onverwerkte seer, emosionele pyn gestoor (put) is, dit verwerk kan word. Wanneer die persoon vervolgens deur middel van sy/haar sintuie inligting waarneem (input), die regte koppelings gemaak kan word om verantwoordelike veranderde gedrag (output) tot gevolg te hê.

Wat van verdere belang is, is die koppeling en verwerking van die nuwe inligting (input) met die bestaande inligting (put) wat in die brein gestoor is.Die amigdala is essensieel wanneer emosies van onverwerkte seer en pyn ervaar word (Boeree, 2009:2). Die “emosionele brein” (amigdala) wat onverwerkte seer en pyn gestoor het, kan angstigheid na vore bring en ʼn veg-of-vlug reaksie na vore bring wat ʼn groot hoeveelheid hormone, wat fisiese en emosionele aktivering tot gevolg het, vrystel (Boeree, 2009:2). Alle gedrag van belang vir oorlewing van emosionele seer en pyn word deur die amigdala, wat ook as die ‘stoorkamer’ van emosionele geheue bekend staan, gereguleer (Lester, 2003:28-29). Die amigdala is verantwoordelik vir die vorming van die emosionele geheue wat veroorsaak dat die verslaafde onmiddellike

130

reaksies tot gevolg het, soos byvoorbeeld wanneer die seksueel verslaafde na pornografiese blaaie kyk en na selfseks oorgegaan word (Lester, 2003:28-29).

Clinton en Ohlschlager (2002:142) verwys na emosies in die vorm van onverwerkte seer wat selfs na die kinderjare terug kan dateer en wat abnormaliteit in die seksueel verslaafde veroorsaak. Looi (2007:1) stel dat wanneer oormatige emosionele en stresvolle situasies in die denke en in aksies ervaar word, die seksueel verslaafde immobiel raak. Die reaksie wat dus tydens die ervaring van intense emosie plaasvind wanneer daar byvoorbeeld na pornografiese blaaie gekyk word, kan die sweet van handpalms, verhoogde hartkloppings en asemhaling en die vrystelling van streshormone tot gevolg hê (Looi, 2007-2012).

Met die bogenoemde in gedagte vind die volgende in die brein plaas:

- Die mens gebruik sy woorde en aksies om ’n gedagte in lyn met gevoelens en oortuigings te bring (Leaf, 2013:196).

- Sensoriese inligting wat deur middel van die sintuie opgeneem word, bereik die brein (Clark & Henslin, 2007:99; Leaf, 2013:168).

- Die inligting bereik eerstens die amigdala wat op sy beurt weer die inligting deur middel van die emosies wat ervaar word, verwerk (Leaf, 2013:196).

- Die inligting word deur die hipotalamus geaktiveer en aksies begin vorm aanneem (Clark & Henslin, 2007:100; Leaf, 2013:169).

- Terselfdertyd wanneer die aksies vorm aanneem reageer die hipotalamus ook en chemikalieë (neurotransmitters) word dinamies vrygestel en die korttermyn geheue word na langtermyn geheue oorgeskakel (Leaf, 2013:169).

- Die hele proses verskuif vervolgens na die voorste deel van die brein in die prefrontale korteks wat die rasionele logiese denke deel van die brein is, en ʼn dialoog vind plaas (Clark & Henslin, 2007:98; Leaf, 2013:196-197).

- Gedurende die diepgaande analitiese dialoog neem die korteks en die limbiese sisteem ʼn besluit hoe om te reageer (Clark & Henslin, 2007:98; Leaf, 2013:197).

131

- Die inligting vloei konstant deur die hippokampus vir tussen 24 en 48 uur en bereik elke keer ’n hoogtepunt in die prefrontale korteks (Leaf, 2013:174).

- Die seksuele verslaafde gaan oor tot die daad terwyl die pornografiese beelde wat die seksuele verslaafde vasgevang het in die brein herhalend voort flits (Clark & Henslin, 2007:98; Leaf, 2013:197).

4.3.5.7.1 Die chemiese toleransie van die proses van seksuele verslawing

Hierdie verslawende proses wat in die brein plaasvind word ’n chemiese toleransie genoem (Clinton & Ohlschlager, 2002:276). Dit beteken dat die brein se aanvraag al hoe meer en meer word om dieselfde uitwerking te hê. In die geval van seksuele verslawing word ’n dinamiese chemiese toleransie vrygestel (Clinton & Ohlschlager, 2002:276). Volgens Clinton en Ohlschlager (2002:276) sowel as Clark en Henslin (2007:99) word daar verskeie chemikalieë vrygestel afhangend van die soort seks, liefde of romanse waaraan die persoon dink om te doen en kan serotonien, dopamien, adrenalien, noradrenalien en endorfien vrygestel word.

Volgens Clinton en Ohlschlager (2002:276) is die verslawende effek van die chemikalieë geweldig dinamies juis omdat seksuele verslawing oor ’n tydperk vorder en net erger word. Die progressie van seksuele verslawing kan wel deur die verslaafde vir ’n tydperk beheer word en hierdie onderdrukking word “white knuckling” genoem maar is te oorweldigend om net gestop te word (Clinton en Ohlschlager, 2002:276- 277).

Holford et al. (2008:56) stel dat die brein belonings uitdeel wanneer dit korrek funksioneer en dit skep ʼn sin van goedheid, plesier en satisfaksie maar terselfdertyd as die brein abnormaal funksioneer en daar is ʼn ongebalanseerde breinfunksionering word ʼn sterk boodskap uit gestuur om die ongebalanseerdheid te herstel.

Die drang na euforie word in die brein gevorm en wanneer seksuele verligting ontvang word, word die liggaam deur die brein beloon wat die volgende seksuele aksie of pornografie met minder weerstand laat plaasvind (Holford et al., 2008:33). Hier word eenvoudig endorfiene in die bloedstroom vrygestel wanneer iemand hul liggaam deur iets baie fisies en uitdagend neem. Hierdie hoë vlak van satisfaksie is uiters verslawend in die vrystelling van endorfiene en word een dosis endorfien met agt tot 10 dosisse

132

morfien vergelyk wat in ’n oomblik vrygestel word (Anon., 2014; Clark & Henslin, 2007:99; Holford et al., 2008:56).

Soos reeds genoem, is die funksie van endorfien om aan ’n persoon ’n gevoel van geluk en euforie te verskaf (Anon., 2015b; Akoury, 2014; Clark & Henslin 2007:98-99; Stoppler, 2007:1). Hierdie neurotransmitters staan ook as die pynstillers van die liggaam bekend en bied verligting aan beide fisiese- en emosionele pyn (Holford et al., 2008:33; Stoppler, 2007:1). Tydens die vrystelling van endorfien is die brein oorstroom met die chemikalieë en dit skep 'n gevoel van kalmte, verligting en vrede na seksuele stimulasie (Anon., 2014; Stoppler, 2007:1). Volgens Holford et al. (2008:34-35) is dit die belonings van die neurotransmitters wat afgeskei word, waarna die seksuele verslaafde hunker en wat nooit weer dieselfde graad van satisfaksie bereik as die eerste keer nie. Clark en Henslin (2007:99-100) verduidelik dat die vrystelling van endorfiene slegs van korte duur is en daarom is daar nie ’n versadigingspunt nie en moet die seksuele verslaafde op ʼn meer gereelde basis bevredig word net soos in die