• No results found

Stephen Arterburn en Fred Stoeker se model

3.2 INLEIDENDE PERSPEKTIEWE

3.2.5 Stephen Arterburn en Fred Stoeker se model

Stephen Arterburn is die stigter van New Life Ministries wat op Arterburn se webbladsy by Amazon Books soos volg beskryf word:

Stephen Arterburn is the founder and chairman of New Life Ministries - the nation's largest faith-based broadcast, counseling, and treatment ministry -

71

and is the host of the nationally syndicated "New Life Live!" daily radio program heard on over 180 radio stations nationwide (Arterburn, 2018).

Arterburn is self ʼn gerehabiliteerde seksueel verslaafde en in hulle New Life Clinics spesialiseer hulle veral ook op seksuele verslawing – Arterburn is verder ook die outeur van 60 boeke. Fred Stoeker is die President van Living True Ministries en tree gereeld op by mannekonferensies in die VSA. Hy is ook die outeur van ʼn hele aantal boeke, onder andere, Every young man’s battle (dit handel ook oor seksuele verslawing).

Arterburn en Stoeker (2009:83 ev.) se genesingsmodel vir seksueel verslaafde mans bestaan uit die volgende ses stappe soos in hul boek, Every man’s battle (2009) beskryf:

- Daar word begin om radikale besluite te neem en terug te veg. Dit is moontlik omdat God reeds alles voorsien het vir jou om te kan oorwin.

- Herwin dit wat verlore gegaan het. Hier gaan dit om aspekte soos die volgende:  Herwin en heraktiveer (revitalize) jou verhouding met God.

 Herwin en heraktiveer jou verhouding met jou vrou.  Herwin en heraktiveer jou verhouding met jou kinders.  Herwin en heraktiveer jou verhouding met jou roeping. - Jou gevegstrategie

 Jou doelwit is seksuele reinheid.

 Om dit te bereik moet verdedigingstrategieë rondom die oë, die denke en die hart in plek wees.

- Oorwinning deur jou oë

 Identifiseer die areas waar jou swakpunte is.

 Pas kontrole toe met betrekking tot dit waarna jy kyk (starve your eyes).

 Jou swaard en jou skild – memoriseer belangrike Skrifgedeeltes waaruit jy beskerming, te midde van die seksuele stryd, kan put.

72 - Oorwinning in jou denke

 Die vestiging van gesonde reëls en riglyne binne die denke – identifisering van verkeerde gedagte patrone.

 Identifisering van huidige ongesonde verhoudings en interaksies.  Identifiseer Satan se aanvalle.

- Oorwinning in jou hart

 Vertroetel dit wat kosbaar is.

 Maak seker dat jou eggenote vertroetel voel en indien hy/sy nie so voel nie, begin praktiese stappe neem om dit reg te stel.

 Moenie dat gevoelens vir jou die maatstaf wees nie maar doen wat gedoen moet word.

 Eer jou beloftes aan jou maat.

Arterburn en Stoeker (2009:235-237ev.) se model behels verder ook ʼn werkboek wat ʼn Bybelstudie en ʼn intense ondersoek van die seksueel verslaafde se persoonlike lewe insluit. Daar word tydens hierdie sessies op groepbesprekinge en ook op die toepassing van Bybelse waarhede gefokus om die seksueel verslaafde na ʼn lewe van oorwinning te begelei. Insluitend by die werkboek wat deurgewerk moet word, word telkens sekere dele van die boek, Every man’s battle (2009), ook as aanvullende stof bespreek en deurgewerk. Die werkboek kan deur die seksueel verslaafde in agt of twaalf weke afgehandel word, alhoewel daar geen druk op die persoon ten opsigte van sperdatums geplaas word nie.

In ʼn artikel met die opskrif, The addiction challenge, bespreek Arterburn (1996) ook die volgende vyf fase rondom die begeleiding van die seksueel verslaafde. Hierdie vyf fases is ook besonder prakties en aanvullend tot die inhoud van Arterburn en Stoeker se boek:

Fase 1: Sien dit

Dit gaan hier om die berader se taak om die beradene te help om die volle dimensie van sy/haar probleem raak te sien, asook hul onvermoë te besef om dit op hul eie reg te stel.

73

Fase 2: Sê dit

Moontlik is die grootste geskenk deur die berader die feit dat hy/sy die verslaafde kan begelei tot ʼn openlike belydenis betreffende:

- Die realiteit van hul probleme.

- Wie almal deur hulle seergemaak is. - Hoe daardie persone moontlik voel.

Fase 3: Eien dit toe

Dit is geen geringe taak om die verslaafde vanaf totale ontkenning te beweeg tot ʼn punt waar hy/sy bereid is om ten volle eienaarskap van die probleem te aanvaar nie. Om eienaarskap te aanvaar, is om in staat te wees om te erken dat dit wat in ʼn stadium ʼn probleem was, uiteindelik tot ʼn verslawing gegroei het.

Fase 4: Stel dit vry (release it)

Wanneer mense vrygemaak van hul verlede is kan hulle in alle opsigte verstaan, aanvaar en vergewe. Hulle verstaan en aanvaar die vergifnis wat God aan hulle voorsien het en hulle lewe daarvolgens. Hulle begin ook met die proses om diegene te vergewe wat pyn en seer in hul lewens veroorsaak het. Laastens is hulle in staat om hulself te vergewe.

Fase 5: Keer dit om (reverse it)

Wanneer voormalige seksueel verslaafdes begin om die boodskap van herstel na ander uit te dra wat nog aan die worstel is, is hulle eintlik besig om die verslawing om te keer (reversing it). Hulle reik uit en vertroos ander met dieselfde vertroosting waarmee God hulle vertroos het (2 Kor 1:4).

3.2.5.1 Belangrike merkers vanuit die model van Arterburn en Stoeker

Die doelwit van Arterburn en Stoeker (2009) se model is om verhoudings in die verslaafde se huwelik en die gesin, asook met God te herstel. Verder word die oë, die denke en die hart as belangrike komponente van die seksueel verslaafde se gevegstrategie uitgelig om by die doelwit van seksuele reinheid te kom. Verdere bruikbare aspekte sluit die volgende in:

74 - Memorisering van belangrike Skrifgedeeltes.

- Identifisering van verkeerde gedagtepatrone (identifiseer Satan se aanvalle). - Identifisering van ongesonde verhoudings en interaksies.

- Die vertroeteling van dit wat kosbaar is (veral die huweliksmaat).

- Die eenvoudige, dog praktiese stappe van: sien dit, sê dit, eien dit toe, stel dit vry en keer dit om.