• No results found

Patrick Carnes se model

3.2 INLEIDENDE PERSPEKTIEWE

3.2.1 Patrick Carnes se model

Dr Patrick Carnes word op sy webblad by Amazon Boeke as ʼn internasionale outoriteit op die terrein van seksuele verslawing beskryf. Hy het reeds meer as 20 boeke oor hierdie tema geskryf en was ook een van die eerste persone in die VSA om met ʼn kliniek vir seksueel verslaafdes te begin. Hy het ook The International Institute for

Trauma and Addiction Professionals (ITAAP) tot stand gebring en ook die

sogenaamde CSAT sertifiseringstelsel, waarvolgens erkende kwalifikasies aan terapeute wat op die terrein van seksuele verslawing spesialiseer, toegeken word (Carnes, 2018, Wikiwand).

In sy benadering lê Carnes baie klem op die basiese denksisteem (belief system) van die verslaafde, asook moontlike invloede vanuit sekere kulturele standpunte. In hierdie verband is daar byvoorbeeld ʼn sterk neiging om vroue as sekssimbole te sien.

From an addiction perspective, cultural expectations contribute to the addiction for both men and women. (Carnes, 2001:148).

Carnes wys op die volgende vier kern oortuigings by die seksueel verslaafde: - Ek is basies ʼn slegte en onwaardige persoon.

- Niemand sal vir my lief wees soos wat ek is nie.

- My behoeftes gaan nooit aangespreek word solank ek van andere afhanklik is nie.

- Seks is my heel belangrikste behoefte.

Deel van Carnes se terapeutiese benadering is vervolgens om saam met die verslaafde hierdie oortuigings deur te werk en te verander. Daar word ook op die basiese beskouinge binne die betrokke verslaafde se gesin/familie, asook kulturele standpunte wat die verslaafde kwesbaar kon gemaak het gefokus.

60

Die vereistes waaraan die terapeutiese model volgens Carnes moet voldoen, is die volgende:

- Dit moet verhoudings bou.

- Die gedrag vanaf die persoon skei. - Duidelike riglyne vir gedrag vestig.

- Die klem op ʼn leerproses vanuit foute van die verlede plaas.

- Die opheffing van skaamte/skande met betrekking tot gedrag in die verlede. - Die skepping van ruimte vir die nodige aanpassings.

- Die daarstelling van toekomstige ondersteuning en bevestiging (affirmation). - Die skepping van ʼn positiewe selfbeeld.

- Erkenning van die menslike behoefte aan hulp vir beide mans en vroue. - Die model moet as ʼn toets vir die realiteit dien.

- Dit moet as voortgaande stimulering van die ontwikkeling van vertroue dien. - Dit moet nuwe opsies vir gedrag binne verhoudings voorsien.

- Dit aanvaar alle gesinslede met hul sterk- en swakpunte.

ʼn Verdere belangrike komponent van Carnes se model is sy gebruikmaking van ʼn geredigeerde weergawe van die bekende 12-stap model van Alkoholiste Anoniem (AA). Hy het hierdie model aangepas en gebruik dit onder andere om die verslaafde se vier kern oortuigings (soos hierbo vermeld) te wysig. Carnes (2001:170-171) se bekende 12-stap groepmodel word vervolgens met groot vrug in behandeling van seksueel verslaafdes toegepas. Vanuit hierdie spesifieke program is daar reeds talle persone tot suksesvolle oorwinning van die verslawing begelei (Parker & Guest, 2003:21).

Die twaalf verwerkte riglyne sluit die volgende in:

1. Ons erken dat ons magteloos ten opsigte van ons seksuele verslawing was en dat ons lewens onbeheerbaar geraak is.

2. Ons verklaar dat slegs die krag van God, wat groter as onsself is, by magte is om ons genesing te kan bewerkstellig.

3. Ons verklaar dat ons ons eie wil en ons lewens aan God se sorg oorgee.

4. Ons onderneem om ’n ernstige en deurtastende inventaris van onsself op te stel. 5. Ons bely teenoor God en teenoor onsself, sowel as teenoor ander persone die

61

6. Ons is bereid dat God hierdie foute in ons karakter verwyder.

7. Ons vra God nederig om verskoning sodat Hy ons oortredinge kan verwyder. 8. Ons stel ’n lys van al die persone op wie skade berokken is as gevolg van ons

oortredinge en is verder bereid om die nodige regstellings te maak.

9. Ons is bereid om alle sake teenoor alle sodanige persone reg te stel, behalwe waar so ʼn aksie tot hul nadeel of tot die nadeel van ander mag wees.

10. Ons gaan gewillig voort om persoonlik boek van oortredinge te hou, en waar ons verkeerd is, dit onmiddellik te erken.

11. Deur gebed en meditasie is dit ons strewe om ons kontak met God te verbeter. Ons bid vir kennis aangaande Sy wil vir ons, asook die krag om dit uit te voer. 12. Na afloop van ons geestelike vernuwing op grond van hierdie stappe, streef ons

om hierdie boodskap ook aan ander deur te gee en om hierdie beginsels deurgaans toe te pas.

Daar word verder gewys op die volgende vier tipiese fases waardeur beradenes gaan wat begelei word:

- Ontkenning.

- Die inval by die voorwaardes van die program (compliance). - Intellektuele aanvaarding.

- Emosionele aanvaarding.

3.2.1.1 Belangrike merkers vanuit die model van Patrick Carnes

Die groepsberading wat in hierdie model toegepas word, hou groot voordele met betrekking tot seksueel verslaafdes in en kan selfs in ander vorme van verslawing toegepas word. Die programme wat in die algemeen deur twaalfstap groepe gevolg word, bied ook ’n uitgebreide ondersteuningstelsel aan wat die volgende voordele inhou:

- Modellering tot verandering deur goeie rolmodelle. - ’n Gevoel van hoop met betrekking tot herstel.

- Die positiewe gevoel van om aan ’n groep te behoort. - ’n Struktuur daarstel waarbinne herstel kan plaasvind.

62

Verdere bruikbare aspekte vanuit Carnes se model is die volgende:

- Sy besondere klem op die denksisteem van die verslaafde en die vier kern oortuigings wat hy in hierdie verband identifiseer.

- Familie en kulturele standpunte wat die verslaafde kwesbaar kon maak. - Carnes se vereistes waaraan die terapeutiese proses moet voldoen. - Sy beskrywing van die vier tipiese fases van die terapeutiese proses.

Die feit dat Carnes met sy model reeds soveel sukses in die praktyk behaal het, bevestig die waarde en effektiwiteit van hierdie model.