• No results found

Die model van Covenant Eyes

3.2 INLEIDENDE PERSPEKTIEWE

3.2.9 Die model van Covenant Eyes

Met betrekking tot die model van Sam Black is daar reeds na die organisasie,

Covenant Eyes, verwys. In hierdie spesifieke boek (Covenant Eyes, 2015) wat deur

hulle gepubliseer is, word veral op die begeleiding van die verslaafde en sy eggenote gefokus en dit word aan die hand van drie stadiums ingedeel. Die herstelproses is nie altyd maklik nie en by tye kan dit stadig en moeisaam wees. Om hierdie rede benodig die seksueel verslaafde 'n algemene padkaart om te verstaan watter roete onderweg na herstel gevolg gaan word, aangesien daar slegte, sowel as goeie dae sal wees. Die drie stadiums is die volgende:

- Die impakstadium (the impact stage)

- Die inligting en feite stadium (the meaning stage) - Die aanbeweegstadium (the moving on stage)

Elk van hierdie drie stadiums word vervolgens aan die orde gestel: - Die impakstadium (the impact stage)

In hierdie eerste stadium soek die seksueel verslaafde na begrip oor waarom dit met hom of haar gebeur het. Die emosies van die verslaafde word deur vrees, hartseer, woede, gevoelloosheid en ongeloof gekenmerk. Gedurende die impakstadium moet daar ook vaste grense gestel word, soos byvoorbeeld nuwe reëls ten opsigte van die gebruik van die Internet en dit kan vir die verslaafde ʼn groot uitdaging wees. Die geheim is om gedurende die impakstadium ʼn goeie balans te vestig wat volhoubaar is. Heelwat fasilitering tussen die huwelikspaar is ook in hierdie stadium nodig. ʼn Verdere belangrike aspek wat ook aandag tydens hierdie stadium verdien, word soos volg deur Covenant Eyes (2015) verwoord:

Your husband may not be able to distinguish between appropriate shame for wrongdoing and his pathological sense of toxic shame.

- Die inligting en feite stadium (the meaning stage):

Die eggenote van die seksueel verslaafde sal in hierdie stadium in diepte begeleiding benodig oor waarom die verraad plaasgevind het. Belangrike aspekte wat hier ter sake mag wees, is byvoorbeeld gewoontes of trauma vanuit die kinderjare, of ʼn baie negatiewe ervaring in die verlede wat tot vrees vir intimiteit met die huweliksmaat

91

bygedra het. Gedurende hierdie stadium is dit ook belangrik dat die verslaafde tot die vestiging van nuwe eiewaarde en selfvertroue begelei sal word.

- Die aanbeweegstadium (the moving on stage):

Tydens hierdie stadium is dit belangrik dat die verslaafde met ʼn nuwe stel oortuigings oor verhoudings vorentoe sal begin beweeg en om die verlede agter te laat. Daar kan op hierdie punt ook aan vergifnis gewerk word en die implikasies wat dit vir die verslaafde mag inhou. Belangrike aanpassings in die huweliksverhouding sal ook hier moet plaasvind ten einde aan beide hoop vir die toekoms te gee. Namate die proses vorder mag daar steeds terugflitse wees, maar hulle sal minder ernstig en ontwrigtend wees.

Die volgende momente is van verdere belang as deel van die stap vir stap proses onderweg na genesing (Covenant Eyes, 2015:19-29):

- Produktiewe gesprekke:

Dit is belangrik dat daar oop, eerlike en produktiewe gesprekke tydens die proses van herstel gevoer sal word. Gesprekke word vermy waar wonde nog vlak onder die oppervlak lê, aangesien die seksueel verslaafde nog vol van emosies rondom skaamte en skuld is. Gesprekke wat op die verslaafde se foute fokus, word ook vermy en daar word eerder op die waarhede gefokus wat die verslaafde sal stig en opbou. Daar word dus aanvanklik veral op positiewe en opbouende gesprekke gefokus waardeur die verslaafde van die feit verseker word dat hulle waardevol is.

- Die herbou van vertroue deur die daarstelling van grense:

Die daarstelling van grense vestig die verantwoordelikhede wat van die verslaafde verwag word. Die volgende tipe grense is hier belangrik:

Fisiese grense:

Die fisiese skeiding tussen man en vrou vir ʼn bepaalde tydperk waar geen seksuele aktiwiteite beoefen mag word nie. Fisiese skeiding kan ook letterlike skeiding beteken waar ʼn egpaar byvoorbeeld vir ʼn tydperk van mekaar verwyder is. Die eggenote word ook deeglik rondom die noodsaaklikheid van hierdie aanvanklike stap onderrig.

92

Grense rondom aanspreeklikheid:

Die seksueel verslaafde moet onderrig word rondom die feit dat die huweliksmaat (en moontlik die kinders) telkens teleurgestel deur leë woorde en beloftes was. Korrekte gedrag gaan dus voortaan die deurslaggewende faktor wees. Hierdeur word die verslaafde aanspreeklik gehou vir hul optredes en sodoende demonstreer die persoon dat hulle verantwoordelikheid neem om te verander en weer vertroue op te bou. Die verslaafde neem ook aanspreeklikheid vir hul eie gevoelens, gedrag en emosies.

Die verslaafde moet ook bereid wees om aanspreeklikheid ten opsigte van programmatuur op rekenaars en toestelle te aanvaar. In hierdie verband moet ʼn goeie en betroubare Internetfilterprogram op alle toestelle geïnstalleer word. Daar moet ten alle tye rekenskap ten opsigte van alle aktiwiteite op die Internet gegee kan word en daarom is dit belangrik dat ʼn ‘vennoot’ geïdentifiseer sal word wat gereeld in gesprek met die verslaafde aangaande hul Internetgebruik kan tree.

Finansiële en tegnologiese deursigtigheid is verder ook belangrik en in hierdie verband moet die seksueel verslaafde instem om alle selfone, bankstate, e-pos rekeninge en kredietkaartinligting op ʼn gereelde basis beskikbaar te stel. Hierdie tipe deursigtigheid geld ook ten opsigte van alle toekomstige toepassings (apps) wat afgelaai word.

Emosionele grense

Daar is verskillende wyses waarop iemand verantwoordelikheid vir hul gevoelens, houdings en emosies kan neem. ʼn Konkrete stap in hierdie verband is om ʼn derde party soos ʼn betroubare vriend, mentor of berader en ook ʼn ondersteuningsgroep te betrek. Die berader moet verkieslik iemand met kennis van seksuele verslawing wees, sowel as van Christelike waardes en oortuigings wat die verslaafde persoonlik kan ondersteun.

- Die vestiging van hoop

Hoop moet ten alle tye aan die verslaafde voorgehou word en die verhaal van die verlore seun in die Bybel (Luk 17) kan as goeie agtergrond dien. Geen hoop is tevergeefs nie, maar die realiteit is dat die proses tyd neem. Herstel is moontlik en

93

die berader moet ten alle tye geloof behou en dit so aan die verslaafde ook kommunikeer. Vergifnis, vertroue en geloof moet herbou word om hoop te vestig.

3.2.9.1 Belangrike merkers vanuit die model van Covenant Eyes

Aspekte wat blyk belangrik te wees in hierdie model van Covenant Eyes is die volgende:

- Die besondere fokus op die eggenote van die verslaafde.

- Die helingsproses as geheel word op ʼn baie praktiese wyse in drie stadiums ingedeel, naamlik impak, inligting en feite, en aanbeweeg.

- Die fokus op alle onverwerkte trauma en krisisse in die verlede is waardevol. - Die hantering van vergifnis blyk ʼn belangrike komponent te wees.

- Die verskillende aspekte rondom aanspreeklikheid en deursigtigheid is besonder belangrik ten opsigte van langtermyn sukses.

- Afbakening van verskillende lewensgrense is ʼn kritiese komponent van die helingsproses.

- Die vestiging van hoop, gebou op vergifnis, geloof en vertroue, is ook deurslaggewend ten opsigte van heling.