• No results found

Pastorale begeleiding aan seksueel verslaafdes

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Pastorale begeleiding aan seksueel verslaafdes"

Copied!
338
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Pastorale begeleiding aan seksueel

verslaafdes

RS RAATH

orcid.org/0000-0001-7809-9627

Proefskrif voorgelê ter nakoming vir die graad

Philosophiae

Doctor in Pastorale Studies

aan die Noordwes-Universiteit

Promotor:

Dr AL Du Plessis

Mede-promotor: Dr L Snell

Gradeplegtigheid: Mei 2020

Studentenommer: 23856238

(2)

ii

ERKENNING

Hierdie studie is verwesenlik met die onmisbare aandeel van die volgende persone en instansies:

 Die HERE: Al die eer en lof kom Jesus Christus toe vir Sy nabyheid en getrouheid gedurende die studietermyn. Elke gedagte wat oordink was en dit wat uiteindelik neergepen is, het net van die Here gekom. Daarvoor eer ek Jesus Christus dat Hy my in staat gestel het om hierdie studie verantwoordbaar te kon doen en afhandel. Ek is Hom oneindig dankbaar vir die voorreg om deur middel van die studie ʼn wonderlike hermeneutiese ervaring op te kon doenen om op ’n heel nuwe vlak met die Woord van die Here te kon werk. Die Evangelie oor Jesus Christus, ons Here, het vir my opnuut ware betekenis verkry.

 My Studieleiers: Met dankbare erkenning vermeld ek die drie besondere mense wat my in die navorsing begelei het. Dr. Amanda du Plessis van die vakgroep Praktiese Teologie aan die NWU se begeleiding en ondersteuning. Baie dankie vir u hulp!

 Dr. Lutricia Snell van die vakgroep Praktiese Teologie aan die NWU se begeleiding en ondersteuning was onmisbaar waarsonder die studie veel armer sou gewees het. Ek waardeer al die inspirasie en aansporing.

 Prof. Wentzel Coetzer van die vakgroep Praktiese Teologie aan die NWU se begeleiding en ondersteuning. Ek waardeer al die motivering en aanmoediging waarsonder hierdie studie nie moontlik sou wees nie. U raad, kundigheid en doelgerigtheid het die studie ʼn sukses gemaak, baie dankie!

 Erna, my liewe eggenote van 17 jaar, het my deurgaans ondersteun, aangemoedig en bygestaan deur dik en dun. Haar lojaliteit en aansporing was ’n stukrag wat nie vervaag het nie. Haar geoefende oor om te luister was altyd daar en haar prakties-eenvoudige raad en terugvoer vanuit ’n gebalanseerde godsdiensperspektief het die studie baie aangenaam en die moeite werd gemaak. Baie dankie vir jou liefde en geduld, ek salueer jou as my sielsgenoot. My drie kinders, Ruald, Edrei en Ruben, julle moes my baie lang ure in die studeerkamer verduur. Dankie vir julle geduld en liefde.

(3)

iii

 Die Vakgroep Praktiese Teologie: My hoogste waardering aan die Noordwes Universiteit en die departement wat my tot die studie toegelaat het. Baie dankie vir die akademiese professionaliteit en spirituele voorbeeld wat ten toon gestel is.

 Die Biblioteekpersoneel van die Lion-Cachet teologiese biblioteek: Baie dankie vir elkeen se bystand, hulp en betrokkenheid, want sonder u hulp sou die studie veel moeiliker verloop het.

 Taalversorging: Prof. Franci Jordaan, u kundigheid en harde werk het dit moontlik gemaak dat die werk afgerond, leesbaar en netjies aangebied kon word. Opreg dankie!

 Die administratiewe beamptes van die NWU, Potchefstroom kampus, se vriendelike hulpvaardigheid kan nie verontagsaam word nie, julle verdien ʼn groot dankie!

 Baie dankie aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se toekenning van die beurs om die studie te voltooi. Dit word opreg waardeer.

ALBERTON 2018

(4)

iv

Opsomming

Seksualiteit is deel van menswees. Verwronge uitlewing van seksualiteit is nie noodwendig uit die staanspoor problematies nie, maar het simptome wat geleidelik sigbaar word en in kompulsiewe gedragsvorme manifesteer. Seksuele verslawing is ’n veelkantige en omvangryke fenomeen en die invloed van sodanige verslawing kan benewens die innerlike konflik wat verslaafdes, as gevolg van seksuele verslawing ervaar, ook negatiewe gevolge vir die individu en sy/haar naasbestaandes inhou. Die inligting wat in hierdie studie gebied word, kan help om die seksueel verslaafde van naderby te verken ten einde beter insig, met die oog op pastorale hulpverlening, te bekom. Om die kontekstuele begrensing van die navorsing te stel, word die volgende omskrywings van pastorale begeleiding as paradigma gegee. Pastorale begeleiding is die praktyk waar daar deur middel van gesprekvoering probleme met behulp van geestelike hulpbronne opgelos word (Hunter, 1990:497). Hunter (1990:497) gaan verder en stel dat die pastorale begeleider die een is wat vir die welstand en heil van gelowiges omgee. Hunter (1990:497) stel dit soos volg:

Pastoral counselors are called and entrusted by religious communities to help people strengthen their faith in God. They are trained to listen, respond empathetically, make assessments, and provide resources for people who seek their help.

Clinton et al (2005:16) beskryf dat pastorale begeleiding se hoofdoel is om ’n persoon na ’n ontmoeting met die lewende Christus te lei en dit word deur 'n helper gefasiliteer wat die persoon deur die genesingsproses na geestelike volwassenheid en psigo-sosiale-emosionele gesondheid begelei. Louw (1993:375-376) stel op sy beurt dat die oogmerk van pastorale begeleiding juis daaroor gaan om die inhoud van die pastoraat positief na die beradene te kommunikeer met die oog op die beïnvloeding en verandering van die mens in die herstel van lewe vanuit die heilswerklikheid. Dit verwys na die doel van heling as genesing, verandering, groei en volwassenheid (Louw, 2005a:9).

In hierdie studie is die tema Pastorale begeleiding aan seksueel verslaafdes ondersoek en bestudeer. Die doel van die studie is om vas te stel hoe ʼn holistiese Skrifgefundeerde pastorale model, waardeur seksueel verslaafdes tot heling begelei

(5)

v

kan word, daar sal kan uitsien. Vir die doeleindes van hierdie studie word Richard Osmer se metodologie in hierdie studie gevolg en is die volgende vier take vir prakties-teologiese interpretasie, soos deur Osmer uiteengesit, gevolg:

Deskriptief-empiriese taak – “Wat gaan aan?”

Interpreterende taak – “Waarom gebeur dit?”

Normatiewe taak – “Wat behoort te gebeur?”

Pragmatiese taak – “Hoe kan ons daarop reageer?”

Met die Deskriptiewe-empiriese taak in Hoofstuk 2 is daar op die vraag: Wat gebeur in hierdie betrokke situasie?, gefokus. Die vraag word vanuit die empiriese navorsing, deur middel van ʼn verkennende en beskrywende kwalitatiewe benadering, beantwoord. Data is deur middel van ʼn ongestruktureerde vraelys verkry wat deur agt leraars voltooi is rondom hul algemene ervaring met lidmate in die praktyk wat met seksuele verslawing worstel, te omskryf. Die doel van die studie is om vas te stel hoe daar, deur middel van pastorale hulpverlening, sin aan seksueel verslaafdes se lewensbestaan gebied kan word met die oog op die formulering van ʼn begeleidingsmodel. Die doel is dus om dit wat gebeur het, te kan beskryf en insiggewende waarnemings, ten opsigte van die leraars se belewenisse met lidmate wat met seksuele verslawing worstel, in die praktyk te maak.

In die Deskriptiewe-empiriese taak in Hoofstuk 3 is die vraag verder, deur middel van die konseptualisering van ʼn voorlopige model, beantwoord. Die doel is om duidelike merkers te identifiseer vanuit die verskeidenheid van perspektiewe wat bestaande modelle bied. In elk van die modelle is daar individuele aspekte geïdentifiseer met die oog op die formulering van ʼn eie geïntegreerde holistiese en multidissiplinêre model.

In die Interpretatiewe taak in Hoofstuk 4 is daar op die vraag: Waarom gebeur dit?, gefokus. Die interpretatiewe taak het dus op die teorieë van die aangrensende wetenskappe staatgemaak om sodoende verdere insig, van wat aan die gang is, te verkry. Die verkenning van seksuele verslawing het ʼn ondersoek na die metateoretiese insigte en perspektiewe van ander hulpwetenskappe en dissiplines vereis om vas te stel watter insigte vanuit die metateoretiese perspektiewe vanuit die aangrensende wetenskappe met betrekking tot die verkenning van seksuele

(6)

vi

verslawing verkry kan word. Die navorser is nie ’n kenner van die Neurologie, Psigologie en Psigiatrie nie en daar is dus swaar op die beskikbare literatuur in hierdie hoofstuk geleun.

In die Normatiewe taak in Hoofstuk 5 word die belangrike vraag wat volgens Osmer hier aan die orde kom: Wat moet/behoort hier te gebeur?, beantwoord. In Hoofstuk

5 is die inligting wat in Hoofstuk 2 en Hoofstuk 3 deur die Deskriptief-empiriese taak geïdentifiseer is, tesame met die Interpreterende aspekte wat in Hoofstuk 4

gevind is, gebruik om teologiese konsepte en sekere episodes en situasies te interpreteer. Die doelwit van Hoofstuk 5 is om basis-teoretiese perspektiewe te formuleer ten einde vas te stel wat die Bybel ten opsigte van die pastorale begeleiding van seksueel verslaafdes leer. Die vraag: Wat behoort te gebeur?, word beantwoord deur vas te stel watter insigte vanuit die Skrif, met betrekking tot die pastorale begeleiding van seksueel verslaafdes, verkry kan word. Tesame is daar ook gepoog om etiese norme, deur middel van eksegetiese evaluering van Skrifgedeeltes, daar te stel. Die verdere doelwit van Hoofstuk 5 is om die beradene tot insig van die waarheid te begelei, ten einde persoonlike ontwikkeling en geestelike groei te bevorder. In die Pragmatiese taak in Hoofstuk 6 is daar op die vraag: Hoe moet daar reageer word?, of Wat behoort te verander?, gefokus. Die doel is om verandering of vernuwing tot gevolg te hê en ook om te bepaal hoe daar in betrokke situasies opgetree kan word. In die Pragmatiese taak in Hoofstuk 6 is ʼn holistiese, strategies-teoretiese model vir die pastorale begeleiding van seksueel verslaafdes geformuleer. Daar is ook in Hoofstuk 6 by wyse van ʼn hermeneutiese wisselwerking tussen die beskrywende, interpreterende en normatiewe perspektiewe gepoog om ʼn holistiese en multidissiplinêre benadering te vestig waarvolgens die seksueel verslaafde uiteindelik pastoraal begelei kan word om weer sin in hul lewensbestaan te vind. Sleutelterme: - Seks - Verslaafde - Afhanklike - Pastorale berading - Seksuele afhanklikheid - Literatuurstudie

(7)

vii

Abstract

Sexuality is part of humanity. Distorted sexuality is not necessarily problematic at first but has symptoms that are gradually visible and manifest in compulsive behavioural forms. Sexual addiction is a versatile and extensive phenomenon and the influence of such addiction can, in addition to the inner conflict experienced by addicts as a result of sexual addiction, also have negative consequences for the individual and his/her close relatives. The information provided in this study may help to explore the narrative of the sexual addict in order to gain better insight into pastoral care. For this, the narrative in pastoral counselling offers the ideal paradigm where practical theological wisdom can be taken seriously (Reynecke, 2004:2). The narratives of rehabilitated addicts are a legitimate and rich source of knowledge that can provide a better understanding of certain experiences within a specific context, in order to guide individuals pastorally to comfort, support and building on the path of faith growth. To set the contextual constraint of the research, the following definitions of pastoral guidance are given as paradigm. Pastoral counselling is the practice of solving problems through means of conversation as well as with the aid of spiritual resources (Hunter, 1990: 497). Hunter (1990: 497) goes on to say that the pastoral counsellor is the one who cares for the well-being and salvation of believers. Hunter (1990: 497) states it as follows:

Pastoral counsellors are called and entrusted by religious communities to help people strengthen their faith in God. They are trained to listen, respond empathetically, make assessments, and provide resources for people who seek their help.

Clinton et al (2005:16) describes that the main purpose of pastoral guidance is the leading of a person to meet with the living Christ and this is facilitated by a helper that facilitates the person through the healing process towards spiritual adulthood and psychosocial and emotional health. Louw (1993: 375-376), in turn, suggests that the purpose of pastoral guidance is to communicate the content of the pastorate positively to the pastorant with the view to influence and change man in the restoration of life from the reality of salvation. It refers to the purpose of healing as recovery, change, growth and maturity (Louw, 2005b: 9).

(8)

viii

In this study, the theme of Pastoral guidance to sexual addicts was investigated and studied. The purpose of the study is to determine how a holistic Scripturebased pastoral model would look like, that can lead persons with a sexual addiction to wholeness.

For the purposes of this study, Richard Osmer's methodology is followed and the following four tasks for practical theological interpretation, as outlined by Osmer, are followed:

Descriptive empirical task – "What is going on?"

Interpretative task – "Why does it happen?"

Normative task – "What should happen?"

Pragmatic task – "How can we respond to it?"

With the Descriptive-empirical task in Chapter 2, the focus was on the following question: What happens in this particular situation? The question is answered from the empirical research, through an exploratory and descriptive qualitative approach. Data was obtained through an unstructured questionnaire from eight pastors regarding their general experience in practice with members who struggle with sexual addiction. The purpose of the study is to find out how, through pastoral care, the existence of sexually addicted people can be made meaningful for the purpose of formulating a guidance model. The aim is, therefore, to describe what has happened and to put into practice insightful observations on the pastors' experiences with members struggling with sexual addiction.

In the Descriptive - empirical task in Chapter 3, the question was further answered through the conceptualisation of a preliminary model. The goal is to identify clear markers from the variety of perspectives existing models offer. In each of the models, individual aspects have been identified with the view to formulate their own integrated holistic and multi-disciplinary model.

In the Interpretative task in Chapter 4, the focus was on the following question: Why does this happen? The Interpretative task, therefore, relied on the theories of adjoining sciences in order to gain further insight into what is going on. The exploration of sexual addiction required an investigation into the meta-theoretical insights and perspectives

(9)

ix

of other auxiliary sciences and disciplines to determine what insights can be gained from the meta-theoretical perspectives from the adjacent sciences regarding the exploration of sexual addiction. The researcher is not an expert on Neurology, Psychology and Psychiatry and therefore he relied heavily on the available literature in this chapter.

In the Normative task in Chapter 5, the important question that Osmer addresses: What should happen here?, is answered. In Chapter 5, the information identified in

Chapter 2 and Chapter 3 by the Descriptive-empirical task, along with the

Interpreting aspects found in Chapter 4, was used to interpret theological concepts and certain episodes and situations. The objective of Chapter 5 is to formulate basic theoretical perspectives in order to determine what the Bible teaches about the pastoral guidance of sexually addicted people. The question: What should happen?, is answered by ascertaining what insights can be obtained from Scripture regarding the pastoral guidance of sexually addicted people. An effort has also been made to establish ethical norms, by means of exegetical evaluation of passages from Scripture. The further aim of Chapter 5 is to guide the counsellor to insight into the truth in order to promote personal development and spiritual growth.

In the Pragmatic task in Chapter 6, the focus was on the following questions: How to react?, or What should change?. The purpose is to bring about change or renewal and also to determine how action can be taken in relevant situations. In the Pragmatic

task in Chapter 6, a holistic, strategic-theoretical model for the pastoral guidance of

sexually addicted is formulated. In Chapter 6, a hermeneutic interaction between the descriptive, interpretative and normative perspectives was also attempted to establish a holistic and multidisciplinary approach according to which sexually addicted people can eventually be guided pastorally to find meaning in their livelihoods.

Key terms: - Sex - Addict - Dependent - Pastoral counsel - Sexual dependence - Literature studies

(10)

x

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: INLEIDING

HOOFSTUK 1 INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING 1. SLEUTELTERME... 1

1.1 OMSKRYWING VAN SLEUTELTERME...1

1.1.1 Seks...1 1.1.2 Verslawing... 2 1.1.3 Afhanklikheid... 3 1.1.4 Pastorale berading... 3 1.1.5 Seksuele afhanklikheid... 5 1.2 INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING... 6 1.2.1 Inleiding... 6

1.2.2 Die resultate van gevallestudies... 8

1.2.3 Probleemstelling... 10

1.2.4 Die situasie rondom bestaande navorsing... 10

1.2.5 Bestaande modelle vir die begeleiding aan die seksueel verslaafde... 12

1.2.5.1 Patrick Carnes se model... 12

1.2.5.2 Mark Laaser se model... 12

1.2.5.3 Thomas Whiteman en Randy Petersen se model... 13

1.2.5.4 Marnie Ferree se model... 13

1.2.5.5 Stephen Arterburn en Fred Stoeker se model... 13

1.2.5.6 Die model van Celebrate Recovery... 14

1.2.5.7 Die Meier Klinieke se model... 14

(11)

xi

1.2.5.9 Covenant Eyes... 15

1.2.5.10 Luke Gilkerson... 16

1.2.5.11 Donna Rice Hughes... 16

1.2.6 Motivering vir keuse van die navorsingsarea... 17

1.2.7 Paradigmaverskille tussen huidige hulpverleningsmodelle en ‘n holistiese-skrifgefundeerde pastorale model... 17

1.2.8 Omskrywing van ‘n holisties-skrifgefundeerde pastorale model... 18

1.3 NAVORSINGSVRAAG... 19

1.3.1 Die oorkoepelende navorsingsvraag... 19

1.3.2 Vrae voortspruitend vanuit die navorsingsvraag... 20

1.4 DOELSTELLING EN DOELWITTE... 20

1.4.1 Doelstelling... 20

1.4.2 Doelwitte... 20

1.5 SENTRALE TEORETIESE ARGUMENT... 21

1.6 EPISTEMOLOGIE... 21

1.7 NAVORSINGSMODEL EN METODOLOGIE... 22

1.7.1 Navorsingsmodel... 22

1.8 NAVORSINGSONTWERP... 22

1.8.1 Beskrywende empiriese taak... 22

1.8.1.1 Etiese aspekte... 23

1.8.1.2 Vrywillige deelname en ingeligte toestemming... 23

1.8.1.3 Geen nadele vir leraars nie... 24

1.8.1.4 Potensiële risiko en ongemak... 24

1.8.1.5 Wat word van die leraars tydens die antwoord van die vraelys verwag?... 24

1.8.1.6 Potensiële voordele vir die leraars... 25

1.8.1.7 Vergoeding... 25

(12)

xii

1.8.1.9 Getal deelnemers... 26

1.8.1.10 Deelnemers: demografiese profiel... 26

1.8.1.11 Skending van privaatheid, anonimiteit en vertroulikheid... 27

1.8.1.12 Aksies en bevoegdheid van die navorser... 27

1.8.1.13 Kwaliteit van navorsing... 27

1.8.1.14 Publikasie van inligting... 28

1.8.2 Interpretatiewe taak... 28

1.8.3 Normatiewe taak... 28

1.8.4 Pragmatiese taak... 31

1.10 HOOFSTUK INDELING... 32

AFDELING B: DIE DESKRIPTIEWE - EMPIRIESE TAAK

HOOFSTUK 2 DIE RESULTATE VAN EMPIRIESE ONDERSOEK MET BETREKKING TOT DIE PASTORALE BEGELEIDING VAN SEKSUEEL VERSAAFDES INHOUD 2.1 INLEIDING... 33 2.2 DOELWIT... 34 2.3 METATEORIE... 34 2.4 NAVORSINGSONTWERP... 35 2.5 METODOLOGIESE VERANTWOORDING... 36 2.6 NARRATIEWE NAVORSING... 39 2.7 DEELNEMERS... 40 2.8 DATA-INSAMELING... 41

2.9 ANALISE EN INTERPRETASIE VAN DIE DATA... 42

(13)

xiii

2.11 EVALUERING VAN BEVINDINGE... 44

2.12 GEVALLESTUDIES... 45

2.13 OPSOMMING VAN INDIVIDUELE ERVARINGE VAN LERAARS... 46

2.14 RESULTATE EN BESPREKING... 47

2.14.1 Tema 1: Wat is die profiel van die seksueel verslaafde?... 48

2.14.2 Tema 2: Watter simptome word deur die seksueel verslaafde ervaar?... 49

2.14.3 Tema 3: Wat is die hoofoorsake van seksuele verslawing?... 50

2.14.4 Tema 4: Wat is die effek van seksuele verslawing op die gesin?.. 52

2.14.5 Tema 5: Watter voorsorgmaatreëls is vir enige terugvalle in plek gestel?... 53

2.15 SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING... 54

DIE DESKRIPTIEWE EMPIRIESE TAAK

HOOFSTUK 3 KONSEPTUALISERING VAN ‘N VOORLOPIGE MODEL 3.1 INLEIDING EN DOELWIT... 57

3.2 INLEIDENDE PERSPEKTIEWE... 57

3.2.1 Patrick Carnes se model... 59

3.2.1.1 Belangrike merkers vanuit die model van Patrick Carnes... 61

3.2.2 Mark Laaser se model... 62

3.2.2.1 Belangrike merkers vanuit die model van Mark Laaser... 64

(14)

xiv

3.2.3.1 Belangrike merkers vanuit die model van Thomas

Whiteman en Randy Petersen...68

3.2.4 Marnie Ferree se model... 68

3.2.4.1 Belangrike merkers vanuit die model van Marnie Ferree... 70

3.2.5 Stephen Arterburn en Fred Stoeker se model... 70

3.2.5.1 Belangrike merkers vanuit die model van Arterburn en Stoeker... 73

3.2.6 Die model van Celebrate Recovery... 74

3.2.6.1 Belangrike merkers vanuit die model van Celebrate Recovery... 77

3.2.7 Die Meier Klinieke se model... 78

3.2.7.1 Belangrike merkers vanuit die model van die Meier Klinieke... 83

3.2.8 Sam Black se model... 84

3.2.8.1 Belangrike merkers vanuit die model van Sam Black... 89

3.2.9 Die model van Covenant Eyes... 90

3.2.9.1 Belangrike merkers vanuit die model van Covenant Eyes... 93

3.2.10 Die Model van Luke Gilkerson... 93

3.2.10.1 Belangrike merkers vanuit die model van Luke Gilkerson... 97

3.2.11 Die model van Donna Rice Hughes... 97

3.2.11.1 Belangrike merkers vanuit die model van Donna Hughes... 99

3.3 SAMEVATTEND: KONSEPTUALISERING VAN ‘N VOORLOPIGE MODEL... 99

(15)

xv

3.3.1 Voorgestelde voorlopige model... 99

3.3.1.1 Basiese vereistes... 99

3.3.1.2 Geredigeerde weergawes van die 12-stap model...100

3.3.1.3 ʼn Waterskeiding moment...100

3.3.1.4 Assessering...100

3.3.1.5 Die belangrikheid van groepsterapie...101

3.3.1.6 Die terapeutiese proses...101

3.3.1.7 Die belangrikheid van een tot een intervensie...102

3.3.1.8 ʼn Verantwoordingsvennoot... 104

3.3.1.9 Verhouding met die huweliksmaat... 104

3.3.1.10 Betrokkenheid deur die kerk en die verslaafde se gesin...105

3.3.1.11 Die verslaafde se verhouding met God...105

3.3.1.12 ʼn Gebalanseerde lewenstyl...106

3.3.1.13 Opvolg reëlings en moontlike terugvalle...106

3.3.1.14 Toekomstige aksies... 106

AFDELING C: DIE INTERPRETERENDE TAAK

HOOFSTUK 4 PERSPEKTIEWE VANUIT DIE AANGRENSENDE WETENSKAPPE MET BETREKKING TOT DIE BEGELEIDING VAN SEKSUEEL VERSLAAFDES 4.1 INLEIDING... 108

4.2 DOELWIT... 109

4.3 DIE NEUROLOGIE MET BETREKKING TOT SEKSUELE VERSLAWING... 110

4.3.1 Die verband tussen neurologie en die liggaam...111

4.3.2 Die neurologiese samestelling van die brein...112

(16)

xvi

4.3.4 Neurone en neurotransmitters... 115

4.3.5 Die neurologiese samestelling van die brein... 117

4.3.5.1 Die Limbiese sisteem... 118

4.3.5.2 Die Amigdala... 119

4.3.5.3 Die Hipotalamus... 121

4.3.5.4 Die Prefrontale korteks... 123

4.3.5.5 Die Hippokampus... 124

4.3.5.6 Die Temporale Lobbe... 125

4.3.5.7 Die proses van seksuele verslawing en die neurologie. 128 4.3.5.7.1 Die chemiese toleransie van die proses van seksuele verslawing... 131

4.4 BELANGRIKE PERSPEKTIEWE VANUIT DIE PSIGIATRIE EN PSIGOLOGIE... 132

4.4.1 Die klassifikasie van seksuele verslawing in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding (DSM V)... 132

4.4.2 Katehakis se klassifikasie... 133

4.4.2.1 Die fantasie seks... 134

4.4.2.2 Die verleidende geslagsrolle...134

4.4.2.3 Die voyeuristiese seks... 134

4.4.2.4 Die ekshibisionistiese seks... 134

4.4.2.5 Die betaal vir seks... 134

4.4.2.6 Die handelseks... 134

4.4.2.7 Die oorgrens seks... 134

4.4.2.8 Die anonieme seks... 135

4.4.2.9 Die pyn wisselende seks... 135

4.4.2.10 Die uitbuiting van seks... 135

4.4.3 Weiss se klassifikasie... 135

4.4.3.1 Die biologiese seksverslaafde... 135

(17)

xvii

4.4.3.3 Die Spiritueel gebaseerde seksverslaafde... 136

4.4.3.4 Die trauma-gebaseerde seksverslaafde... 136

4.4.3.5 Die intimiteit anoreksie seksverslaafde... 136

4.4.3.6 Die seksverslaafde met ’n gemoedsversteuring... 136

4.4.4 Miller se klassifikasie... 137

4.4.4.1 Voyeuristiese versteuring... 137

4.4.4.2 Ontbloot versteuring... 137

4.4.4.3 Frotteuristiese versteuring... 137

4.4.4.4 Seksuele masochistiese versteuring... 137

4.4.4.5 Seksuele sadisme versteuring... 138

4.4.4.6 Pedofiele versteuring... 138

4.4.4.7 Fetisjistiese versteuring... 138

4.4.4.8 Transvestiese versteuring... 138

4.4.5 Zychik se klassifikasie... 138

4.4.5.1 ’n Fetisjistiese verslawing... 138

4.4.5.2 Voyeurisme (die Peeping Tom-sindroom)... 139

4.4.5.3 Telefoon seks... 139

4.4.5.4 Sado-masochisme... 139

4.4.5.5 Nekrofilie... 139

4.4.5.6 Nimfomanie... 139

4.4.6 Schneider se model...140

4.4.7 Deborah Corley en Jennifer Schneider se model... 140

4.4.8 Die psigologiese agtergrond van die seksueel verslaafde... 142

4.4.9 Die Psigodinamiese vlak van die seksueel verslaafde... 144

4.5 EIENSKAPPE AN DIE SEKSUEEL VERSLAAFDE... 145

4.5.1 ’n Swak selfbeeld... 147

(18)

xviii

4.5.3 ’n Sin van geregtigheid... 147

4.5.4 ’n Hoë vlak van weerstand... 148

4.6 DIE DINAMIKA VAN DIE INTERNET... 148

4.6.1 Dit is toeganklik en beskikbaar... 150

4.6.2 Dit is bekostigbaar... 150

4.6.3 Dit is anoniem... 150

4.6.4 Die aantrekkingskrag van die Internet... 150

4.6.5 Die dinamika van die Internet op die huwelik en die gesin... 154

4.6.6 Die impak van Internetseks op vroue... 156

4.7 SAMEVATTING... 158

AFDELING D: DIE NORMATIEWE TAAK

HOOFSTUK 5 ’N PRINSIPIËLE BASIS VANUIT DIE SKRIF MET BETREKKING TOT DIE PASTORALE BEGELEIDING VAN SEKSUEEL VERSLAAFDES 5.1 INLEIDING... 161

5.2 BASISTEORIE... 162

5.3 DOELWIT... 162

5.3.1 Inleiding van die Skrif se inhoud met betrekking tot seks binne die huwelik... 164

5.3.2 Die verbond en die huwelik... 164

5.3.3 Die Heilige Gees en die mens se seksualiteit... 168

5.3.4 Die Skrif en seks... 171

5.4 EKSEGESE... 174

(19)

xix

5.4.1a Bepaling van die teks en tekstuele konteks... 174 5.4.1b Plek van die perikoop, genre en sosiohistoriese

konteks... 174 5.4.1c Die geloofskeuse waarvoor die perikoop die eerste

hoorders/lesers gestel het... 176 5.4.1d Woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers en

Skrif-met-Skrif vergelyking... 177 5.4.1e Godsopenbaring, verlossingsfeite en appèl... 179 5.4.1f Gevolgtrekkings en basiese riglyne wat vanuit hierdie

perikoop afgelei kan word... 179 5.4.2 Spreuke 6:1-35 – Waarskuwings teen owerspel... 180 5.4.2a Bepaling van die teks en tekstuele konteks... 180 5.4.2b Plek van die perikoop, genre en sosiohistoriese

konteks...181 5.4.2c Die geloofskeuse waarvoor die perikoop die eerste

hoorders/lesers gestel het... 183 5.4.2d Woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers en

Skrif-met-Skrif vergelyking... 184 5.4.2e Godsopenbaring, verlossingsfeite en appèl... 185 5.4.2f Gevolgtrekkings en basiese riglyne wat vanuit hierdie

perikoop afgelei kan word... 187 5.4.3 1 Kor 6:12-20 – Seksuele losbandigheid... 187 5.4.3a Bepaling van die teks en tekstuele konteks... 187 5.4.3b Plek van die perikoop, genre en sosiohistoriese

Konteks... 188 5.4.3c Die geloofskeuse waarvoor die perikoop die eerste

hoorders/lesers gestel het... 190 5.4.3d Woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers en

Skrif-met-Skrif vergelyking... 191 5.4.3e Godsopenbaring, verlossingsfeite en appèl... 192 5.4.3f Gevolgtrekking en basiese riglyne wat vanuit hierdie

(20)

xx

5.4.4 Gal 5:16-26 – Die werke van die vlees en die vrug van die Gees. 193 5.4.4a Bepaling van die teks en tekstuele konteks... 193 5.4.4b Plek van die perikoop, genre en sosiohistoriese

konteks... 194 5.4.4c Die geloofskeuse waarvoor die perikoop die eerste

hoorders/lesers gestel het... 196 5.4.4d Woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers en

Skrif-met-Skrif vergelyking... 197 5.4.4e Godsopenbaring, verlossingsfeite en appèl... 199 5.4.4f Gevolgtrekkings en basiese riglyne wat vanuit hierdie

perikoop afgelei kan word... 199 5.4.5 Ef 4:17 – 5:21 – Die Christelike heiligmaking teenoor die bedorwe

sedes van die heidene... 200 5.4.5a Bepaling van die teks en tekstuele konteks...200 5.4.5b Plek van die perikoop, genre en sosiohistoriese

konteks... 202 5.4.5c Die geloofskeuse waarvoor die perikoop die eerste

hoorders/lesers gestel het... 204 5.4.5d Woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers en

Skrif-met-Skrif vergelyking... 205 5.4.5e Godsopenbaring, verlossingsfeite en appèl... 207 5.4.5f Gevolgtrekkings en basiese riglyne wat vanuit hierdie

perikoop afgelei kan word... 208 5.4.6 Heb 13:1-19 – Verskillende voorskrifte... 208 5.4.6a Bepaling van die teks en tekstuele konteks... 209 5.4.6b Plek van die perikoop, genre en sosiohistoriese

konteks... 210 5.4.6c Die geloofskeuse waarvoor die perikoop die eerste

hoorders/lesers gestel het... 211 5.4.6d Woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers en

(21)

xxi

5.4.6e Godsopenbaring, verlossingsfeite en appèl... 213

5.4.6f Gevolgtrekkings en basiese riglyne wat vanuit hierdie perikoop afgelei kan word... 214

5.5 SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKINGS... 214

AFDELING E: DIE PRAGMATIESE TAAK

HOOFSTUK 6 DIE FORMULERING VAN ‘N HOLISTIESE, STRATEGIES-TEORETIESE MODEL VIR DIE PASTORALE BEGELEIDING VAN SEKSUEEL VERSLAAFDES 6.1 INLEIDING... 217

6.2 OMSKRYWING VAN PRAKTYKTEORIE AS BEGRIP...218

6.3 DOELWIT... 218

6.4 OPSOMMENDE PERSPEKTIEWE OP PASTORALE BEGELEIDING... 220

6.5 DIE ROL VAN PASTORALE BERADING... 222

6.6 DIE GEBRUIK VAN DIE SKRIF IN PASTORALE BERADING... 222

6.7 DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES IN PASTORALE BERADING... 224

6.8 DIE VOORGESTELDE MODEL VIR DIE PASTORALE BEGELEIDING VAN DIE SEKSUEEL VERSLAAFDE... 225

6.8.1 Basiese vereistes... 225

6.8.2 Voorgestelde pastorale fases vir die holistiese begeleiding van die seksueel verslaafde persoon...225

A) Fase 1: Geestelike assessering van die seksueel verslaafde...227

B) Fase 2: Algemene assessering van die seksueel verslaafde persoon se totale situasie... 230 C) Fase 3: Pastorale-terapeutiese ingreep met die seksueel

(22)

xxii

verslaafde as individu, en parallel met die gade as individu aan die hand van die inligting ingesamel tydens fase 1 en fase 2... 235 D) Fase 4: Die langtermyn instandhouding van/met die seksueel

verslaafde... 237 E) Fase 5: Die herstel van die huwelik... 243 F) Fase 6: Die herstel van die gesin... 248

6.9 SAMEVATTING... 251

AFDELING F: SLOT

HOOFSTUK 7

SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

7.1 INLEIDING... 253 7.2 DIE BESKRYWENDE EMPIRIESE TAAK... 254 7.3 DIE INTERPRETERENDE TAAK... 255 7.4 DIE NORMATIEWE TAAK... 256 7.5 DIE PRAGMATIESE TAAK... 258 7.6 FINALE GEVOLGTREKKING... 259 7.7 AANBEVELINGS VIR VERDERE NAVORSING... 259

(23)

xxiii

BRONNELYS... 261 BYLAAG A - Vlakke van verslawing... 283 BYLAAG B - Sexual Addiction Screening Test (SAST)... 285 BYLAAG C - Patrick Carnes se “Betrayal Bond Test”... 289 BYLAAG D - Internet Sex Screening Test (ISST)... 301 BYLAAG E - Eight trauma factors... 305 BYLAAG F - The making of a sex addict... 306 BYLAAG G - The Course Of Recovery Over Time... 307 BYLAAG H - Recovery Tasks... 308 BYLAAG I - Deelnemer vraelys vorm... 309 BYLAAG J - Deelnemer inligtingstuk en toestemming vorm... 310 BYLAAG K - Etieksertifikaat brief van studie... 314

(24)

HOOFSTUK 1

INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING

SLEUTELTERME

As sleutelterme van die studie, word die volgende gestel:

 Afrikaans: Seks, verslawing, afhanklikheid, pastorale berading.

 Engels: Sex, addiction, dependence, pastoral counselling.

1.1 OMSKRYWING VAN SLEUTELTERME 1.1.1 Seks

Van der Walt (2006:267) beskryf seks as die kompleksiteit van gevoelens, gedagtes en gedrag wat twee geslagte tot mekaar aangetrokke laat voel en wat uiteindelik tot die geslagsdaad lei. Verder stel Van der Walt (2006:267) ook dat daar drie fasette van menswees (seks, geslagtelikheid en seksualiteit) is wat wel van mekaar verskil, maar terselfdertyd onlosmaaklik aan mekaar verbonde is.

Van der Walt (2006:267) stel dat seks die biologies-fisiese geslagsdaad waarin gene, hormone, breinanatomie, ensovoorts ’n groot impak het, maar dat geslagtelikheid aan die ander kant na die hoër fasette van man- en vrouwees, soos die psigiese, logiese, juridiese, etiese, estetiese en godsdienstige aspekte verwys.

Derdens, verwys Van der Walt (2006:267) na seksualiteit as die biologiese gegewe wat onder andere deur middel van opvoeding aangeleer word en met die mens se persoonlikheid verband hou. Seks verwys na alle dade wat jou seksueel kan opwek en volgens die Christenfilosoof Fowler (2004:53) is die mens se seksualiteit anders as die van diere, omdat diere slegs op voortplanting fokus. Fowler (2004:53) verduidelik dat menslike seksualiteit nooit tot op die vlak van ʼn dier verlaag mag word nie deur omgang bloot fisies te maak nie, en verwoord dit soos volg:

Authentic human sexual intercourse is much more than a physical union; it has profound meaning involving the most intimate knowledge of the other

(25)

2

person … This intimacy of knowing can never come to us if sexual intercourse is treated as … mutual self-gratification. It can come only if it is a union of two people, in the fullness of their personhood, united in the lifelong bond of unreserved love that gives myself to and for the other without qualification (Fowler, 2004:53).

Ook Pease en Pease (2000:212-224) stel dat seksuele omgang nie slegs iets is wat as van selfsprekend aanvaar moet word nie, maar dat omgang juis baie hoog geag moet word, omdat seks die sleutel tot liefde is.

1.1.2 Verslawing

Verslawende gedrag is kronies van aard en beïnvloed die werking van die brein en liggaam negatief. Voorts veroorsaak dit ernstige skade aan verhoudings, omdat die verslaafde verlies aan beheer ten opsigte van die verslawingsmiddel ervaar (Anon, 2018a:1; Oster, 2016:1). Volkow, Koob en McLellan (2016:363-371) beskryf verslaafde gedrag as ʼn versteuring van die brein se ‘beloningstelsel’. Verder stel Volkow et al., (2016:363-371) dat die verslawing direk op die brein inwerk, wat ontstaan deur transkripsionele en epigenetiese meganismes wat oor ʼn tydperk plaasvind waar daar chronies hoë vlakke van blootstelling aan die verslawingsmiddel, soos byvoorbeeld morfien, kokaïen, seksuele omgang of dobbel is.

Naidoo (2016:1) sluit hierby aan en stel dat byvoorbeeld dwelms soos kokaïen of ander substansmisbruik, alles faktore is wat tot seksuele verslawing kan bydra, omdat hierdie tipe verslawingsmiddels ook as ʼn emosionele ontsnappingsroete gebruik word. Alhoewel die verslaafde hierdie herhalende gedrag stimulerend en genotvol vind, veroorsaak die onbeheerde kompulsiewe gebruik daarvan, probleme in die daaglikse verantwoordelikhede soos byvoorbeeld werk, verhoudings en gesondheid (Naidoo, 2016:1).

Volgens Nestler (2013:431-443) raak die seksuele gedrag die fokuspunt vir die seksueel verslaafde en het dit tot gevolg dat persoonlike welstand afgeskeep word. Die verslaafde word dus gekenmerk as ʼn persoon wat deur kompulsiewe betrokkenheid in byvoorbeeld seksuele aktiwiteite lonende stimuli daardeur ervaar (Nestler, 2013:431-443).

(26)

3

1.1.3. Afhanklikheid

Die woord afhanklikheid verwys na wanneer die mens verslaaf aan ’n spesifieke middel of gedrag is en nie daarsonder op ’n normale wyse kan funksioneer nie (MacLaren, 2017:1). Matthew (2017:1) stel dat afhanklikheid beteken dat as 'n verslaafde enige kompulsiewe gedrag staak, hul liggaam deur 'onttrekking' gaan. Matthew (2017:1) verduidelik verder dat daar 'n groep fisiese en geestelike simptome kan plaasvind, wat van ligte 'onttrekking’ (soos byvoorbeeld kafeïen) tot lewensbedreigende ‘onttrekking’ (soos alkohol of dwelms of seksuele aktiwiteite) kan wissel. Die seksueel verslaafde wat vasgevang in gedrag van seksuele aktiwiteite is, is byvoorbeeld afhanklik van die stimulering van seksuele dade om normaal te funksioneer (MacLaren, 2017:1; Matthew , 2017:1; Oster, 2016:1).

MacLaren (2017:1) verduidelik dat fisiese afhanklike gedrag plaasvind wanneer die brein by die oorstimulerende effekte van 'n aktiwiteit, soos byvoorbeeld seksuele verslawing aanpas en dan toleransie ontwikkel. Met ander woorde, volgens MacLaren (2017:1) sal 'n individu meer en meer van die aktiwiteit benodig om die aanvanklike positiewe effek te bereik en sal ook op voortgesette deelname van die aktiwiteit staatmaak om pynlike en ongemaklike onttrekkingsimptome te voorkom.

Oster (2016:1) stel dat afhanklike gedrag veroorsaak word wanneer daar veranderinge in die liggaam plaasvind as gevolg van konstante blootstelling aan die middel, soos byvoorbeeld pornografie of seksuele aktiwiteite.

1.1.4. Pastorale berading

Pastorale sorg verwys, volgens Louw (2013:15), na aspekte soos bystand ten einde op ʼn sinvolle wyse te kan oorleef; die vestiging van hoop; die vestiging van intieme empatie; die toepassing van Bybelse beginsels op konkrete menslike situasies; die fasilitering van ʼn geestelike milieu met die oog op rekonsiliasie en vergifnis; en om saam met mense die rykdom, vreugde en genade van die lewe te midde van lyding en dood te vier.

As sentrale taak binne die pastorale begeleiding staan interpretasie (Osmer, 2008:20). ’n Interpretasie kan slegs plaasvind wanneer daar ʼn gesprek is, en dan by name ʼn

(27)

4

pastorale gesprek. ʼn Pastorale gespek wat vanuit pastorale terapie voortvloei kan as die basiese metode beskou word om die dialoog tussen God en mens te operasionaliseer. Die pastorale gesprek is ʼn eiesoortige gestalte van die onvoorwaardelike karakter van Christelike liefde (Louw, 2005a:30-31).

Louw (2005a:28) beskryf pastorale terapie as ʼn toestand van heling, verandering en groei as uitvloeisel van die kommunikasie van heil (heil is ʼn omvattende term wat na vrede, genade, heelmaking, verlossing en versoening verwys wat God die mens bied) wat ʼn helende dimensie van herstel en groei verteenwoordig. Daar is ’n spesifieke identiteit van heling, ondersteuning, begeleiding, versoening, bewaring en vertolking wat in die algemeen binne die pastoraal terapeutiese omgewing voorkom (Clinebell, 1984:26-31; Louw, 2005b:31). Die heling het vervolgens herstel en groei tot gevolg en daarvolgens skep die mens hoop binne die Christelike geloof.

In die pastorale sfeer moet die mens holisties versorg word, wat die pastorale en geestelike dimensies as eiendom en skepsel van God, asook die psigiese, fisiese en sosiale dimensies van die mens insluit (Louw, 2005b:1). Die woord pastoraal dui op ʼn herderlike begeleidingsaksie tussen ʼn pastor (begeleier) en ʼn pastorant (beradene) (Louw, 2005a:1). Menswees is onlosmaaklik aan God verbind. Dit is dus belangrik dat die betrokke individu so begelei word dat daar steeds gedroom kan word, selfs binne moeilike omstandighede en dat daar verder ʼn strewe kan bestaan om sy/haar drome ’n werklikheid te maak. Dit alles sou uiteindelik kon kulmineer in die totstandkoming van ’n nuwe mens wat in volheid lewe en in God geanker is (Clinebell, 1984:45). Osmer (2008:19) verwys na die pastor as ʼn interpreterende gids, terwyl Louw (2013:15) op die rol van fasilitering wys. Aansluitend by hierdie gedagtes, is dié van Ballard en Pritchard (2006:37) wat die praktiese teoloog soos volg beskryf:

The practical theologian strives to be a bridge across a divide; a catalyst stimulating change and renewal; an enabler, who allows others to take up responsibilities; an educator who opens up the world to students within the community of shared learning.

Osmer (2008:19) stel dat pastorale berading veronderstel is om tot die visie van God se koninkryk in hierdie wêreld by te dra en om ʼn verskil in mense se lewens te maak.

(28)

5

Daarmee saam stel Osmer (2008:19) verder dat die pastorale berader as interpreterende gids, as fasiliteerder en as brugbouer die seksuele verslaafde saamneem onderweg na “new territory” (Osmer, 2008:19). Vir die seksueel verslaafde kan hulp en leiding ten opsigte van hul verslawende gedrag voorsien word (Anon, 2018c:1).

1.1.5. Seksuele afhanklikheid

Wildmon-White en Young (2002:263) sowel as Clinton, Hart, en Ohlschlager (2005:275-276) beskryf seksuele afhanklikheid as seksuele kompulsiwiteit – seksuele gedrag waaroor daar min beheer is, met gevolglike spanning en onvermoë rondom sosiale funksionering. Volgens Coetzer (2005:3) handel seksuele verslawing ook oor ’n verlies van beheer in die vermoë om keuses ten opsigte van jou eie seksuele gedrag te maak. Chaney en Dew (2003:259), sowel as Clinton et al. (2005:275-276) definieer seksuele verslawing as die onvermoë om seksuele gedrag te onderdruk en te beheer, ten spyte van die negatiewe gevolge wat daardeur veroorsaak word. Seksuele verslawing is ook ’n obsessie met seksuele aktiwiteite (Chaney & Dew 2003:259; Coetzer, 2005:3).

Seksuele verslawing is dus ʼn verhouding – ʼn patologiese verhouding waarin seksuele obsessie persone vervang (Coetzer, 2005:28). Herkov (2015:1) stel dat seksuele verslawing as 'n progressiewe intimiteitsversteuring verklaar word, wat gekenmerk word deur kompulsiewe seksuele gedagtes en dade. Seksuele verslawing, wat ook seksuele afhanklikheid genoem word, word verder ook as hiperseksualiteit, nimfomanie (vroue), satyriasis (mans) en kompulsiewe seksuele gedrag beskryf (Nordqvist, 2014). Kompulsiewe seksuele gedrag verwys na die verskynsel waar mense hul seksuele gedrag nie kan beheer nie en 'n obsessie met seksuele gedagtes het (Nordqvist, 2014:1). Nordqvist (2014:1) stel verder dat hul gedagtes met hul vermoë om behoorlik te werk inmeng en hul daaglikse aktiwiteite beïnvloed. Birchard (2004:81) se definisie lui soos volg:

Dit is ’n voortgaande patroon van seksuele gedrag met drie basiese karakteristieke: ’n onvermoë om die gedrag te beëindig, ’n voortsetting van die gedrag ten spyte van potensiële of werklike nadelige gevolge, en ’n gepreokkupeerdheid of obsessie om voort te gaan met die gedrag.

(29)

6

1.2 INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING 1.2.1 Inleiding

Seksuele verslawing is dié vorm van verslawing wat die moeilikste geïdentifiseer word, enersyds as gevolg van die geheimhouding daarvan en andersyds, omdat dit moontlik in ’n minder ernstige lig beskou word (Lofgreen, 2012:9). Volgens die literatuur is sommige klinici, insluitend mediese praktisyns, sielkundiges en psigiaters, ongelukkig geneig om nie veel aandag daaraan te skenk nie, terwyl seksuele verslawing nie maar bloot net nog ’n vorm van verslawing is nie (Lofgreen, 2012:9). Volgens Lofgreen (2012:9) is seksuele verslawing ʼn vorm van verslawing wat te maklik geïgnoreer word en veel meer aandag behoort te geniet. In baie gevalle blyk dit dat seksueel verslaafdes hulle gedrag aan traumatiese en pynlike gebeure uit die verlede gekoppel het en dat dit die verslaafde met ’n verwronge idee van seks gelaat het (Carnes, 2001:4-5). Hierteenoor, behoort seks juis nie ’n verwronge idee te laat nie en is dit dus allermins ʼn negatiewe saak – seks is juis kosbaar, hoewel duidelik eksklusief binne die Godgegewe ruimte van die huwelik.

Volgens Clinton en Ohlschlager (2002:500) is seksualiteit juis ’n toonbeeld van God se skepping. Seks gaan oor intimiteit tussen twee persone wat vryheid van seks binne die vryheid van die huwelik kan beoefen (Clinton & Ohlschlager, 2002:500). Die hartseer van seksuele verslawing is dat dít wat in vryheid waarde behoort toe te voeg, ’n persoon sodanig kan vasvang dat dit konflik op alle dimensies van die persoon se lewe, meebring.

Seksueel verslaafdes kan daarom intense innerlike konflik ervaar en die grootste behoefte is om die wroegende ongemak te bevredig. Dit skep ʼn riskante situasie want indien bevrediging nie verkry word nie, kan die persoon alternatiewe pogings aanwend om die seksuele behoefte, selfs op ʼn onbehoorlike wyse, te vervul (Bichard, 2004:82,85; Laaser, 2009:140).

Seksuele verslawing begin bykans nooit as ’n bedreiging nie en dit kom as skynbaar eenvoudige vermaak voor, maar hierdie persepsie is gewoonlik van korte duur (Weiss, 2015:8).

(30)

7

Persone wat met onderliggende onverwerkte emosionele en geestelike bagasie worstel, wat veral vanuit die kinderjare voortspruit, is meer geneig om by ʼn vorm van substansmisbruik en/of by seksuele verslawing betrokke te raak (Weiss, 2015:8).

Vir diesulkes word die verslawing gevolglik nie slegs ’n uitlaatklep nie, maar bied dit ’n uitkoms om weer goed en “in beheer” te voel (Weiss, 2015:8). Laaser (2009:15) stel dat seksuele verslawing reeds in baie gevalle in die kinderjare beslag begin kry, onder andere deur middel van blootstelling aan pornografie op die Internet. Hierdie pornografiese blootstelling in die kinderjare word nie altyd maklik bemerk nie en gevolglik kan dit aanleiding tot ’n verwronge seksuele beeld tydens die adolessensie jare gee (Laaser, 2009:15). Dit kom voor asof seksuele verslawing beide mans en vroue affekteer, asook ook gelowiges as ongelowiges – dit is om hierdie rede dat Lofgreen (2012:3) daarna verwys as ’n fenomeen wat besig is om hand uit te ruk. Volgens Lofgreen (2012:3) poog seksuele verslaafdes om die realiteit van hulle innerlike konflik deur middel van seks te ontsnap. Die hunkering na seks is verslawend en word later ’n gewoonte wat moeilik onderdruk kan word, ondanks die negatiewe gevolge wat daaruit spruit (Chaney & Dew, 2003:259).

Die mag van seksuele verslawing word deur Birchard (2004:81) beklemtoon as ’n voortgaande patroon wat ’n persoon se hele lewe later kan beheer. Verder stel Birchard (2004:81) dat daar sekere basiese aspekte tydens seksuele verslawing teenwoordig is, wat ’n onvermoë om die gedrag te beëindig omvat, asook ’n beheptheid of obsessie daarmee om met die gedrag voort te gaan, ten spyte van die potensiële of werklike nadelige gevolge daarvan.

Wildmon-White en Young (2002:263) beskryf die probleem van seksuele verslawing as seksuele kompulsiwiteit – seksuele gedrag waaroor daar min beheer is, met gevolglike spanning en onvermoë rondom sosiale funksionering. Coetzer (2005:3) stel dat die problematiek van seksuele verslawing juis aan verlies van beheer en die vermoë om keuses ten opsigte van eie seksuele gedrag te maak, verwant is. Ekern (2016:1) skryf die probleem en een van die groot redes waarom seksuele verslawing hand-uit ruk, toe aan die bom van pornografie wat deur middel van die Internet gebars het. Hierdie bom van pornografie het veroorsaak dat die stryd teen seksuele verslawing baie moeilik geword het om te beheer (Ekern, 2016:1).

(31)

8

Met bogenoemde in gedagte, kan die feit nie geïgnoreer word dat seksuele verslawing al meer in die wêreld van sowel kinders, jongmense en volwassenes sigbaar word nie (Clinton et al., 2005:274; Clinton & Hawkins, 2011:386; Lofgreen, 2012:3; Kieswetter, 2013:1; Weiss, 2015:2; Ekern, 2016:1).

Clinton et al. (2005:275) dui aan hoe die problematiek van seksuele verslawing, vanweë onder andere pornografie, die hele samelewing geïnfiltreer het. In die 1950’s kon pornografie moontlik as beperk in terme van die beskikbaarheid beskou word, veral nadat Hugh Hefner die eerste uitgawe van Playboy gepubliseer het. Vandag is pornografie wydverspreid beskikbaar en maklik in die media, byvoorbeeld televisie, prikkeltydskrifte, selfone, oor die radio en veral via die Internet, bekombaar (Clinton et

al., 2005:275).

Coetzer (2005:3) en Lofgreen (2012:3) stel dat seksuele verslawing dramaties met omvangryke gevolge gegroei het. Dit sluit onder andere die problematiek rondom die hedendaagse toename in die hoeveelheid pornografiese webbladsye op die Internet in. In hierdie tyd en datum blyk dit dat alle mense op een of ander manier aan ’n astronomiese seksuele milieu blootgestel is, en vandaar dat die literatuur na die fenomeen as ’n seksuele verslawingskrisis verwys (Laaser, 2009:9). In die VSA is die ouderdom waarop adolessente seksueel aktief raak, gemiddeld 16.2 jaar vir dogters en 15.9 jaar vir seuns (Laaser, 2009:10).

1.2.2 Die resultate van gevallestudies

Die erns van die situasie vir gelowiges word weerspieël vanuit ʼn studie deur The Stats

on Internet Pornography wat in 2011 met betrekking tot alle state in die VSA gedoen

is en daaruit het geblyk dat daar ’n groeiende kategorie pornografiekykers in die geledere van kerkleiers, predikante en pastore voorkom, ongeag die etniese herkoms (Lee, 2016:1; Weis, 2013:12). Die situasie het reeds sodanige afmetings aangeneem, dat Gross (2010:30) die term "gepornofiseerde kerk" (pornofied church, Gross, 2010:30) geskep het om die probleem te beskryf, aangesien dit in studies bevind is dat vyftig persent van predikante weekliks na pornografie kyk. Kerkleiers staan gedurig voor die uitdaging om lidmate van hulp te wees en met hul verslawings te begelei, maar terselfdertyd word kerkleiers in hul eie lewens self met seksuele verslawing gekonfronteer.

(32)

9

Voorts blyk dit dat veertig tot sestig persent van vrouelidmate binne Christelike kerke van oor die breë spektrum van denominasies weens pornografieverslawing in seksuele sonde verval (Gross, 2010:30). Gross (2010:31) stel verder dat sowat tagtig persent van vroue wat aan pornografie verslaaf is, die virtuele konteks waarbinne hulle na sulke pornografiese materiaal kyk, na die werklike realiteit verskuif het ten spyte van die gegewe van hul huwelikstatus, sodat dit soms ook uitdrukking in huweliksontrou vind.

Lee (2016:1) stel dat veral mans vanuit ʼn breë spektrum van denominasies weens pornografieverslawing in seksuele sonde verval het. Hy verwys in hierdie verband na ʼn studie wat in 2016 in Amerika deur die Barna Group onder nagenoeg 3000 volwassenes, jongmense en kerkleiers gedoen is. Die studie het 432 Pastore en 338 Jeugwerkers ingesluit en het op die effek wat pornografie op spesifiek kerkleiers, die gemeenskap en jongmense het, gefokus (Lee, 2016:1). Vanuit die studie blyk dit dat 57% van die kerkleiers en 64% van die Jeugwerkers aan pornografie verslaaf was. Verder het geblyk dat 47% van manlike deelnemers en 12% van die vroulike deelnemers ten minste 1 tot 2 keer per maand hulself na pornografie gewend het.

Jongmense is volgens die literatuur reeds tydens vroeë adolessensie seksueel aktief, ʼn gegewe wat ouerskap in ʼn krisis dompel. Nege uit tien jongmense tussen ouderdom agt en sestien het erken dat hulle aanlyn blootstelling aan pornografie het en die helfte van hierdie ouderdomsgroep het in ’n studie aangedui dat die beelde hul bybly (Maltz & Maltz, 2010:29).

Die woord “seks” is dié term wat die meeste vir soektogte op die Internet gebruik word en deelname aan een of ander vorm van aanlyn seksuele aktiwiteit kom by 20% van alle Internetgebruikers voor (Chaney & Dew, 2003:259). Dit spreek van die toeganklikheid tot pornografie wat tot seksuele verslawing kan lei (Ekern, 2016:1). Ekern (2016:1) waarsku dat dit nie moeilik is om in die web van seksuele verslawing vasgevang te word nie en verwys na statistieke van Carnes wat daarop dui dat sowat 72 miljoen mense wêreldwyd elke maand ʼn Internetsoekenjin vir “seks” gebruik, en daarvan besoek 42.7% persone webblaaie wat spesifiek pornografie bevat.

Afgesien van die omvang van die probleem, is daar nie diagnostiese kriteria vir hierdie afwyking beskikbaar nie (Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, APA,

(33)

10

2013). Professionele persone vanuit verskillende dissiplines werk reeds van vroeg in hierdie eeu aan die probleem (vgl. Schneider, 2003:5). ’n Konsensusdokument is oor die insluiting van seksuele verslawing as ’n spesifieke kategorie vir Uitgawe 5 van die

Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM-5, Schneider, 2003:5)

voorberei. Hierdie meer onlangse uitgawe van die DSM 5 (APA, 2013) het egter weer eens nie hierdie fenomeen as ’n geestesgesondheid probleem geïdentifiseer nie en ontbreek die kategorisering daarvan steeds as 'n amptelike afwyking.

1.2.3 Probleemstelling

Vanuit die literatuur en die navorsing blyk dat die probleem rondom seksuele verslawing by jongmense en volwassenes die afgelope aantal jare in momentum en omvang geweldig toegeneem het (Clinton et al., 2005:274). Clinton et al. (2005:275) beskryf hierdie problematiek soos volg:

To realize how sexually saturated our culture is, simply remember what the availability of pornography was in the 1950’s when Hugh Hefner published the first issue of Playboy and what it is today given the availability of it on the Internet. Now take note of every sexual stimulus that hits you on a daily basis on TV, magazines, the radio, movies or just visiting a shopping mall. Vanuit bovermelde bespreking het verder geblyk dat juis op kerklike en geestelike terrein die behoefte aan antwoorde, oplossings en begeleiding net so dringend as in die geval van ander fasette van die samelewing is. (Clinton & Ohlschlager, 2002:490-491; Clinton et al., 2005:275; Coetzer, 2005:17-18; Coetzer, 2006:2; Laaser, 2004:9-10). Die probleemstelling van hierdie studie hou gevolglik verband met die uitdaging aan die pastoraat en die kerk in die breë rondom die daarstelling van ʼn sinvolle program en riglyne waarvolgens leiers en lidmate rondom hierdie probleem begelei sou kon word.

1.2.4 Die situasie rondom bestaande navorsing

ʼn Uitgebreide biografiese soektog is met behulp van die Ferdinand Postma biblioteek gedoen en inligting is via die Ebsco Host-koppelvlak op die volgende data-basisse gevind: SACat (nasionale katalogus van boeke en tydskrifte in Suid-Afrika), NEXUS (die NRF se databasis van voltooide navorsing, asook huidige navorsing wat reeds

(34)

11

geregistreer is), SAePublications (Suid-Afrikaanse tydskrifartikels), ProQuest (internasionale proefskrifte en verhandelinge in volteks), Africa-Wide Information, ATLA Religion Database with ATLASerials, eBook Collection, E-Journals, MasterFILE Premier, PsycARTICLES, PsycINFO en SocINDEX.

Daar is veral ook na literatuur gesoek wat spesifiek vanuit die Suid Afrikaanse konteks geskryf is, maar dit wil voorkom as daar tot dusvêr relatief min navorsing in hierdie verband vanuit eie bodem gedoen is.

Afgehandelde en beoogde verhandelinge en proefskrifte

Verhandelinge en proefskrifte wat gevind is, hanteer die fenomeen van seksuele verslawing hoofsaaklik vanuit ʼn psigologiese, opvoedkundige, maatskaplike of mediese vertrekpunt. Wat die afdeling in hierdie studie betref waar daar op bydraes vanuit die aanverwante wetenskappe gefokus word, sal van hierdie bronne gebruik gemaak word. Die oplossings wat daarin aan die hand gedoen word, is vanuit die veld van vermelde wetenskappe. Voorbeelde is die volgende: Hill (2008), Ferreira (2009), Klaasing (2009), Potgieter (2009) en Shemsanga (2013).

Verder van belang om hier te noem, is dat Potgieter (2009:101) aandui dat seksuele oortreders in Suid-Afrika al hoe jonger word volgens die ouderdomme van oortreders wat in die hof verskyn. Statistiek dui trouens daarop dat die meeste oortreders in kindersake jeugdiges is en dat die jongste oortreder slegs ses jaar oud was (Potgieter, 2009:101). Potgieter (2009:101) gaan verder en stel dat tot 25% van seksuele molestering deur kinders onder die ouderdom van 14 jaar gepleeg word, dat 52% manlike oortreders voor die ouderdom van 15 jaar gemolesteer het en dat hulle ook seuns eerder as dogters molesteer.

Tydskrifartikels

Wat tydskrifartikels met ʼn pastorale vertrekpunt ten opsigte van die tema van seksuele verslawing betref, kon daar slegs twee artikels deur Coetzer (2005 en 2006) opgespoor word. Verskeie ander artikels is geïdentifiseer, maar telkens met die klem op perspektiewe vanuit die aangrensende wetenskappe. Voorbeelde in hierdie

(35)

12

verband is die volgende (alfabeties): Ferree (2001); Hall (2014); Laaser en Adams (1997); Laaser (2003); Levine (2016); Nelson (1995).

Boeke

Boeke oor seksuele verslawing wat vanuit ʼn pastorale perspektief geskryf is, is relatief skaars. In Afrikaans kon slegs die ongepubliseerde bundel van Coetzer (2014) opgespoor word. Enkele ander titels van boeke met ʼn pastorale vertrekpunt wat gemeld kan word, is dié van Arterburn (1996); Carnes (2001); Carnes (2009); Ferree (2003) en Laaser (2004). Ofskoon daar verskeie ander publikasies in die vermelde databasisse beskikbaar is, val die hoofklem in die werke op aspekte binne die aangrensende wetenskappe (opvoedkunde, maatskaplike werk, psigologie en die mediese en verpleegkundige areas).

1.2.5 Bestaande modelle vir die begeleiding aan die seksueel verslaafde

Vervolgens word ʼn kompakte samevatting gegee van ʼn aantal belangrike pastorale modelle wat in die literatuur figureer en waarvan kennis geneem moet word:

1.2.5.1 Patrick Carnes se model

In sy benadering lê Carnes (2001:148) baie klem op die basiese denksisteem (belief

system) van die verslaafde – ook moontlike invloede vanuit sekere kulturele

standpunte.

ʼn Belangrike komponent van Carnes (2001:170-171) se model is sy gebruikmaking van ʼn geredigeerde weergawe van die bekende 12-stap model van die AA. Hy het hierdie model aangepas en gebruik dit onder andere om die verslaafde se vier kern standpunte te wysig. Die 12-stap model maak ook ruimte vir die betrokkenheid van ʼn ‘Hoër Mag’ – Carnes (2001:170-171) dui dit as ʼn Goddelike betrokkenheid aan en akkommodeer in hierdie opsig dus ook die geestelike dimensie.

1.2.5.2 Mark Laaser se model

Laaser (1999:131) gebruik ook as basiese vertrekpunt ʼn geredigeerde weergawe van die 12-stap model van die AA. Die oorspronklike verwysing na ʼn ‘Hoër Mag’ word ook deur Laaser duidelik as ‘God’ herdefinieer.

(36)

13

Wat assessering betref maak Laaser (1999:131) van die Sexual Addiction Screening

Test (SAST) gebruik soos deur Patrick Carnes ontwikkel. Die verskillende fases van

Laaser se model bevat onder andere die assessering van die seksueel verslaafde, ʼn een tot een intervensie met die verslaafde, groepsintervensie, kerklike intervensie en intervensie deur die verslaafde se gesin/familie.

1.2.5.3 Thomas Whiteman en Randy Petersen se model

Whiteman en Peterson (2002:142) se model behels vier belangrike beginsels wat in plek moet wees as deel van die helingsproses van die seksueel verslaafde, naamlik: - Verantwoordbaarheid (accountability).

- Grense (boundaries). - Verandering (change). - Vervanging (displacement).

As deel van Whiteman en Peterson (2002:168) se model word die terapeutiese proses vir die huweliksmaat van die verslaafde ook bespreek. Verder word daar op die verskillende fases van herstel vir die verslaafde asook herstel van intimiteit. gefokus

1.2.5.4 Marnie Ferree se model

Ferree (2018:1) se model word as ‘attachment-based’ beskryf en is op die sisteembenadering asook die 12-stap model gebaseer. Verder word daar van beginsels vanuit die kognitiewe-gedragsbenadering asook psigodrama gebruik gemaak (Ferree, 2018:1). Die Christelike perspektief van God se genade en onvoorwaardelike liefde dien ook as basiese vertrekpunt binne hierdie model. Tydens die aanbieding gaan dit om ʼn vierdag-program wat talle groepsessies insluit waar elke persoon vrylik oor hul persoonlike worsteling kan gesels. Laastens is die klem op nasorg waar verdere begeleiding en ondersteuning plaasvind.

1.2.5.5 Stephen Arterburn en Fred Stoeker se model

Arterburn en Stoeker (2009:86ev.) se model bestaan uit 6 stappe wat ook as momente beskou word wat belangrik vir die genesingsproses van ʼn seksueel verslaafde is, naamlik:

(37)

14 - Herwin dit wat verlore gegaan het.

- Jou gevegstrategie. - Oorwinning deur jou oë. - Oorwinning in jou denke. - Oorwinning in jou hart.

In ʼn artikel met die opskrif, The addiction challenge, bespreek Arterburn (1996) ook die volgende vyf fase rondom die begeleiding van die seksueel verslaafde:

- Fase 1: Sien dit - Fase 2: Sê dit - Fase 3: Eien dit toe - Fase 4: Stel dit vry - Fase 5: Keer dit om

1.2.5.6 Die model van Celebrate Recovery

Hierdie organisasie wat by die bekende kerk van Rick Warren, The Saddleback

Church in Lake Forest, Kalifornië, gestig is, het ook die oorspronklike 12-stappe van

AA geredigeer en herformuleer sodat dit geheel en al met Bybelse beginsels in ooreenstemming is en basies ʼn Christus-gesentreerde weergawe van die oorspronklike 12-stappe is (Celebrate Recovery, 2018:1). Met betrekking tot elk van die 12 stappe word vervolgens uitgebreide riglyne en begeleiding aan die hand van ʼn holistiese en geïntegreerde benadering gebied. Vanuit die Skrif word daar ook telkens beginsels uitgespel wat van toepassing is terwyl daar tegelykertyd algemeen praktiese en ook interdissiplinêre perspektiewe toegevoeg word.

1.2.5.7 Die Meier Klinieke se model

Die Meier Klinieke se model is ook holisties en dit fokus op die emosionele, fisiese en geestelike dimensies van die verslaafde (vgl. Meier & Cobern, 2009). Wat assessering betref word daar van verskeie toetse en vraelyste gebruik gemaak (in hoofstuk 4 sal meer in detail hierop uitgebrei word) terwyl die onderskeie komponente van die terapeutiese proses op individuele sowel as groepsterapie gefokus is.

(38)

15

1.2.5.8 Sam Black se model

In sy voorgestelde model beskryf Black (2013:31ev.) die volgende stappe as deel van ʼn voorgestelde helingsproses vir die seksueel verslaafde:

- ʼn Gedetermineerde besluit - Doelwitstelling

- Mislukking is nie ʼn opsie nie - Weerhouding

- Skoon rekenaars en mobiele toestelle

- Nuwe gewoontes, nuwe breinbane en dopamienbelonings

- Toepassing van die drie sekonde reël wanneer snellers geaktiveer word:  Alert

 Avert  Affirm

- Skoon gedagtes

- Hantering van die pyn van die verlede - Om voortaan paraat te wees (vigilance) - Positiewe denke

- Totale vernuwing van denke – die brein is ‘plasties’ en kan verander.

1.2.5.9 Covenant Eyes

Die organisasie, Covenant Eyes (2015), het ʼn uitgebreide webbladsy met heelwat bronne en navorsing rondom seksuele verslawing en pornografie. In hierdie spesifieke boek word veral op die begeleiding van die verslaafde en sy eggenote gefokus. In die breë word hierdie proses binne die volgende drie fases verdeel:

- Die impakfase

- Die fase van soeke na sin en betekenis

- Die fase waar daar vorentoe aanbeweeg word

Van verdere belang is die volgende momente as deel van die stap vir stap proses onderweg na genesing:

(39)

16 - Produktiewe gesprekke

- Die herbou van vertroue deur die daarstelling van grense - Internetveiligheid en -verantwoordbaarheid

- Die identifisering van ʼn berader - Die vestiging van hoop

1.2.5.10 Luke Gilkerson

In sy boek, Internet pornography. A ministry leaders’ handbook (2010), gee Gilkerson ʼn beskrywing van die volgende stappe as deel van die helingsproses:

- Vind ander wat jy kan vertrou

- Evangelie-gesentreerde verantwoordbaarheid - Oorwinning oor aanlyn versoekings

- ʼn Omgewing van genade

- Genees, maar teen ʼn prys (leading with a limp)

1.2.5.11 Donna Rice Hughes

Hughes (2014:34-35) bespreek die volgende vier-stap voorkomende benadering om 'n veilige en gesonde Internetomgewing te skep waarbinne kinders en jongmense teen pornografie beskerm kan word:

- Verantwoordelike volwassenes - Die openbare sektor

- Die privaatsektor - Die kerk

In hoofstuk 3, waar daar op navorsing vanuit die pastoraat gefokus word, sal vervolgens in meer detail op elk van hierdie 11 modelle gefokus word. Vanuit al elf, sal daar dan ʼn lys van winspunte en tekortkominge opgestel word met betrekking tot elk van hierdie modelle, en aan die hand hiervan sal daar gepoog word om ʼn eie voorlopige multidissiplinêre model te konseptualiseer. Wanneer daar uiteindelik in hoofstuk 6 op ʼn strategies-teoretiese model gefokus word, sal die voorlopige model van hoofstuk 3 verder met die resultate vanuit die studie as geheel uitgebou en aangevul word (onder andere ook die resultate van die empiriese navorsing in hoofstuk 2).

(40)

17

1.2.6 Motivering vir keuse van die navorsingsarea

Seksuele verslawing behoort noodsaaklikerwys al meer die onderwerp van diepgaande studie en navorsing te wees (vgl. Coetzer, 2005:4; Laaser, 2009:9; Clinton & Hawkins, 2011:386), omdat seksuele verslawing kommerwekkende afmetings aanneem soos uit voorafgaande besprekingspunte gesien kan word (Weiss, 2015:10). Lofgreen (2012:3) stel selfs dat die fenomeen vir haas elke huishouding ’n bedreiging inhou, omdat daar ’n dramatiese styging in kriminele sake is waar seksuele verslawing die oorsaak is (vgl. Clinton et al., 2005:275).

Die seksueel verslaafde ervaar, net soos met enige ander vorm van verslawing, lyding en swaarkry. Hierdie persone het gevolglik ook pastorale hulp nodig, omdat skaamte en skuld hul soms oorweldig (Laaser 2009:14). Binne die openbare religieuse konteks kan hulle veral nie daaroor praat nie, omdat die beoordeling van seksuele verslawing vanuit ʼn moreel-etiese hoek problematies en stigmaties is. Lofgreen (2012:3) se projeksie, dat indien daar nie op die noodroep van mense met ʼn seksuele verslawing ag geslaan word nie, dit moontlik onbeheerbaar kan word, is ontstellend. Aspekte soos hierdie dien as sterk stimulus tot ʼn studie soos hierdie (Reyneke, 2004:1). As verdere motivering dien ook die feit dat, soos reeds aangedui, akademiese bydraes vanuit die Suid-Afrikaanse konteks met betrekking tot die tema van seksuele verslawing tot dusver uiters beperk en bykans afwesig was.

1.2.7 Paradigmaverskille tussen huidige hulpverleningsmodelle en ʼn holisties-skrifgefundeerde pastorale model

Teologies gesien, is die basiese vertrekpunt van ’n hulpverleningsmodel dat alle kennis vanuit God ontstaan (Keller, 2010:4). Aan die een kant van die spektrum, word insigte gebaseer op die Bybel as normatiewe bron toegepas (Peyton, 2017:1). Terwyl aan die ander kant van die spektrum, word die Bybel as irrelevant vir menslike probleme, beskou (Keller, 2010:5). Die gevaar van ʼn eensydige fokus is dat daar slegs op een faset van die menslike natuur tydens die helingsproses gefokus word (Keller, 2010:4).

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

In this section we will show the low energy effective action of N = 2 SYM can be written in terms of different local fields which allow a weakly coupled description in the region of

Enkele indicatoren worden vaak genoemd in de jaarverslagen, bijvoorbeeld collectiegebruik, algemene cijfers en sociale media. Een cijfermatige onderbouwing voor deze indicatoren

In this thesis, I’m looking at ways that physicians disclose (bad) news to their patients and how this might influence experiences of illness. When looking at ways of disclosure, I

The study focuses on the processes of identification of the Santals in Bangladesh and addresses two main questions: how do the Santals identify themselves in the Shahapur village

De vraag wierp zich op of de didactische theorieën die in de jaren zestig en zeventig waren ontwikkeld voor het geschiedenisonderwijs nog wel voldeden en er

Two settings are selected for ethnographic fieldwork: a multicultural centre in Amsterdam and the NVVE (The Dutch Right to Die Society). The analysis is based on 15 interviews

met de vraag of (…) een portfolio van relatief goede kwaliteit en een portfolio van twijfelachtige kwaliteit wilde selecteren. Op die manier had de onderzoeker

A study was undertaken in two communities that use firewood in the Keiskammahoek area of the Eastern Cape Province of South Africa to under- stand their