• No results found

Die Meier Klinieke se model

3.2 INLEIDENDE PERSPEKTIEWE

3.2.7 Die Meier Klinieke se model

Met betrekking tot die begeleiding van seksueel verslaafdes word daar binne die Meier klinieke ʼn holistiese model gevolg waarin daar op die emosionele, fisiese en geestelike dimensies gefokus word (vgl. Meier & Cobern, 2009). By die September 2009 Internasionale konferensie van die American Association of Christian Counselors in Nashville het Dr Paul Meier (psigiater) en Dr Keith Cobern (mediese dokter) ʼn lesing gelewer waardeur die benadering binne die Meier Klinieke met betrekking tot seksuele verslawing op ʼn praktiese wyse uiteengesit is. Meier en Cobern (2009) gee ʼn baie goeie geheelbeeld van hoedat ʼn seksuele verslaafde uiteindelik gevorm word (vgl.

Bylaag G) en bespreek onder andere die verslaafde se seksuele gedrag, verslawende

interaksie, die verslaafde se gesin, misbruik en/of vroeë trauma, die tipiese agt traumafaktore, asook bydraende faktore vanuit die omgewing.

Daar word verder na die volgende tien kriteria as bydraend tot verslawing in die algemeen verwys:

- Verlies aan beheer

79 - Kompulsiewe gedrag

ʼn Patroon van onbeheerde gedrag oor ʼn tydperk. - Pogings om gedrag te staak

Herhaalde pogings om gedrag te staak wat telkens misluk. - Verlies aan tyd

Beduidende hoeveelhede tyd wat verlore gaan en onvermoë om van die gedrag te herstel.

- Beheptheid of obsessie

Obsessies met sekere gedrag of as gevolg daarvan. - Onvermoë om verpligtinge na te kom

Die gedrag meng met werk, skool, familie en vriende in. - Voortsetting van gedrag ten spyte van gevolge

Versuim om die gedrag te stop alhoewel die persoon probleme as gevolg daarvan ervaar – dit kan op sosiale terrein, probleme met die gereg, finansiële probleme of selfs fisiese probleme wees.

- Eskalering van gedrag

Die verslaafde voel gedryf om die gedrag te intensiveer, dit meer gereeld te beoefen of al meer riskant op te tree en waaghalsig te raak.

- Verliese

Die gevolge impliseer al meer verliese, beperkings of opofferings met betrekking tot gewaardeerde aspekte van die lewe soos stokperdjies, gesin, familie, verhoudings en werk.

- Onttrekking

Die tydelike staak van verslawende gedrag veroorsaak aansienlike angs, rusteloosheid, prikkelbaarheid of fisiese ongemak.

Meier en Cobern (2009) wys ook op die volgende tien tipes of terreine van seksuele verslawing:

80

- Fantasie seks

Seksuele fantasieë word deur verhoudings en omstandighede gestimuleer. Die seksuele opwekking hang af van wat seksueel moontlik en beskikbaar is.

- Verleidende geslagrolseks

Hier handel dit oor ʼn jagtog om die prooi in allerlei verhoudings, deur middel van verleiding, te verower. Die opwekking is op die verowering van die ander persoon gebaseer, maar die opwinding verminder vinnig na die eerste kontak.

- Voyeuristiese seks

Die voyeuristiese seks behels visuele stimulasie. Sigbare stimulasie is van belang om iets van ’n ‘obsessiewe beswyming’ te ervaar.

- Ekshibisionistiese seks

Seksuele opwinding spruit voort vanuit die waarneming van die skok by die persoon teenoor wie die verslaafde homself ongevraagd en onverwags ontbloot.

- Betaling vir seksuele dienste

Dit verwys na die betaling vir seksuele dienste, soos byvoorbeeld prostitusie. Die stimulasie is aan betaling vir seks gekoppel en met verloop van tyd word die opwinding basies onbewustelik aan die geld self gekoppel.

- Handel dryf met seks

Dit handel oor die verkoop of ruil van seks vir beheer en kontrole. Die stimulasie is op die verkryging van beheer oor ander, deur middel van seks as die hefboom, gebaseer.

- Indringende oorgrensseks

Seksuele opwinding vind plaas deur grense te skend sonder om aan enige gevolge te dink.

- Anonieme seks

Anonieme seks impliseer hoë risiko seks met onbekende persone en dit duur normaalweg net vir ʼn kort periode (one night stand). Die stimulasie word aan die graad van risiko gekoppel – hoe hoër die risiko, hoe hoër die stimulasie.

81

- Seks gekoppel aan pyn en/of vernedering en/of marteling

Die persoon word verneder of beseer as deel van seksuele opwinding en dit sluit gewoonlik sadistiese en/of aftakelende optrede in.

- Seks deur middel van uitbuiting

Hier handel dit om op diegene wat kwesbaar is te fokus en hulle uit te buit. Die patrone van seksuele stimulering word ook aan ‘teiken tipes’ betreffende kwesbaarheid gekoppel.

Wat assessering betref maak die Meier Klinieke onder andere van die volgende toetse en vraelyste gebruik:

- Sexual Addiction Screening Test (SAST) van Dr Patrick Carnes (vgl. Bylaag C). - Dr Carnes se Betrayal Bond Test (vgl. Bylaag D).

- The Internet Sex Screening Test (ISST) (vgl. Bylaag E)

In hul aanbieding, het Meier en Cobern (2009) verder ook op die volgende agt traumafaktore gewys, wat daartoe sou kon bydra dat ʼn persoon uiteindelik kwesbaar vir seksuele verslawing en ook enige ander verslawing is (Bylaag F):

- Traumareaksies:

Dit kan die gevolg wees van onder andere herhalende en ongewenste (intrusive) herinneringe aan traumatiese ervarings.

- Traumaplesier:

Daar word na plesier, te midde van trauma, geweld, risiko of verleentheid/skaamte (shame), gesoek.

- Blokkering van trauma:

Pogings om onderliggende gevoelens as gevolg van trauma af te stomp, uit te blokkeer of dit te onderdruk.

- Trauma ‘splitting’ (dissosiasie):

Dit gaan oor die blokkering van traumatiese realiteite deur te fragmenteer (split) of te dissosieer vanaf die pynlike ervarings en dit gevolglik nie in die persoonlikheid of daaglikse lewe te integreer nie.

82 - Traumaweerhouding (abstinence):

Kompulsiewe weerhouding/onthouding wat veral tydens momente van sukses, hoë stres, skaamte of angs voorkom.

- Skaamte as gevolg van trauma (trauma shame):

ʼn Diepe sin van onwaardigheid en selfhaat wat in onverwerkte traumatiese ervarings gewortel is en ʼn gevoel van skaamte as gevolg van die oortuiging dat sekere traumatiese gebeure jou skuld was.

- Trauma repetisie/herhaling:

Die herhaal van gedrag en/of die soeke na situasies of persone wat die traumagebeure as’t ware kan ‘herhaal’ (re-create).

- Trauma binding (bonding):

Disfunksionele verbintenisse wat binne die konteks van gevaar, skaamte of uitbuiting gevestig word – wanneer jy ook nie meer in staat is om jouself vanaf ongesonde verhoudings te distansieer nie.

Dr Patrick Carnes se Batrayal Bond Test (vgl. Bylaag D) word gebruik om vas te stel in watter mate die seksueel verslaafde deur bovermelde agt traumafaktore beïnvloed en geaffekteer is en watter van hierdie faktore die mees prominente is.

Volgens die ervaring binne die Meier klinieke, neem dit die verslaafde ʼn minimum tydperk van vyf jaar om die siklus van verslawing getermineer te kry (vgl. Bylaag H). Belangrike komponente van hul terapeutiese proses sluit die volgende in:

- Individuele terapie (die geestelike dimensie kom onder ander hier aan die orde). - Groepsterapie.

- Fokus op die 12-stap benadering (geestelike dimensie ook hier aan die orde en hulle vervang ook verwysings na ʼn ‘Hoër Krag’ met God).

- Die belangrike rol van ʼn mentor (sponsor). - Deelname deur die gesin.

- Herstel en genesing van die gesin (geestelike dimensie ook hier belangrik). - Herstel van die huwelik (geestelike dimensie ook hier belangrik).

83

Gedurende die terapeutiese proses word die hersteltake in die volgende dele verdeel (vgl. Bylaag I):

- Take 1-7 handel oor die implementering van die herstelproses waar daar deur die ontkenning gebreek en sekere dissiplines gevestig word.

- Take 8-19 handel oor die skep van persoonlike en geestelike herstel, sowel as ʼn goeie balans met betrekking tot lewenstyl.

- Take 20-30 handel oor die skep en herstel van gesin/familie en geestelike verhoudinge.

3.2.7.1 Belangrike merkers vanuit die model van die Meier Klinieke

Hierdie model bevat uiters bruikbare stof waarvan kennis geneem moet word by die samestelling en beplanning van enige soortgelyke programme. Die hoë suksessyfer in die Meier klinieke bevestig ook die effektiwiteit van hierdie model. Aspekte wat veral in hierdie model uitstaan, is die volgende:

- ʼn Multidissiplinêre benadering waar daar volledig op die fisiese, emosionele en geestelike dimensies van die verslaafde gefokus word.

- ʼn Baie duidelike uiteensetting van die proses van verslawing – dit help die verslaafde om volle begrip en uiteindelik beheer te verkry.

- ʼn Duidelike uiteensetting van algemene kriteria wat bydraend tot verslawing is. - ʼn Sinvolle bespreking van spesifiek agt traumafaktore wat daartoe kan bydra dat ʼn

persoon uiteindelik kwesbaar vir onder andere seksuele verslawing is.

- ʼn Uiteensetting van die verskillende tipes van verslawing – dit bied ook volledige insig aan die verslaafde ten opsigte van presies waar hy/sy vasgeval het.

- Die drie toetse/vraelyste wat vir die assessering en evaluering van verslaafdes gebruik word, is uiters bruikbaar.

- Die klem op individuele-, sowel as groepsterapie. - Die belangrike rol van ʼn mentor.

- Klem op die herstel van die huwelik, die gesin en geestelike verhoudings.

- Klem op die belangrikheid van ʼn gebalanseerde lewenstyl voortaan ten opsigte van oefening, dieet, ens.

84