• No results found

Die model van Celebrate Recovery

3.2 INLEIDENDE PERSPEKTIEWE

3.2.6 Die model van Celebrate Recovery

Hierdie organisasie wat by die bekende kerk van Rick Warren, The Saddleback Church

in Lake Forest, California, gestig is, het ook die oorspronklike 12-stappe van AA

geredigeer en herformuleer sodat dit geheel en al in ooreenstemming met Bybelse beginsels is en basies ʼn Christus-gesentreerde weergawe van die oorspronklike 12- stappe is (Celebrate Recovery, 2018:1).

Die oorspronklike 12-stap model is in 1930 deur Alkoholiste Anoniem (AA) saamgestel met die oog op die rehabilitering van drankverslaafdes. Sedertdien is hierdie model met betrekking tot ʼn verskeidenheid van ander vorme van verslawing aangepas. Dit is opmerklik dat elk van die 12 stappe met sekere Skriftuurlike beginsels ooreenstem. ʼn Man met die naam van John Baker het in 1991 ʼn groot deurbraak rondom seksuele verslawing ervaar, nadat hy byeenkomste van die AA begin bywoon het. Hy het egter sterk gevoel om die “Higher Power“ waarna in die 12 stappe verwys word, met Jesus Christus te identifiseer. Hy het gevolglik sy leraar, Rick Warren, by die Saddleback

Church in Lake Forest, California, genader en aan hom ʼn uiteensetting van sy visie

van ʼn Christus-gesentreerde herstelprogram vir seksueel verslaafdes te gee. Warren het hom aangemoedig om voort te gaan en dit het tot die vestiging van die organisasie,

Celebrate Recovery gelei. Behalwe vir groot en gesamentlike groepbyeenkomste,

word deelnemers ook aangemoedig om kleiner groepe te vorm. Die klem is hier op ‘verantwoordingsvennote’ wat almal dieselfde probleem het, wat mekaar goed ondersteun in hul worsteling en mekaar te bemoedig.

Daar is tans takke van hierdie organisasie in meer as 20,000 kerke wêreldwyd en hulle poog om, afgesien van seksuele verslawing, ook verslawing in die algemeen te hanteer. Hulle verwerkte weergawe van die 12-stappe is die volgende (dit stem in ʼn groot mate met die verwerking deur Patrick Carnes ooreen waarna reeds verwys is):

75

- Stap 1: Ons erken dat ons magteloos ten opsigte van ons seksuele verslawing

was en dat ons lewens buite beheer geraak het.

- Stap 2: Ons glo dat daar ʼn krag is wat groter as onsself is, Jesus Christus wat

vir ons genesing kan bewerkstellig.

- Stap 3: Ons het die besluit geneem om ons eie wil en lewe aan God se sorg en

in besonder aan Sy Seun, Jesus Christus, toe te vertrou.

- Stap 4: Ons het ʼn deurtastende en vreeslose inventaris van onsself gedoen. - Stap 5: Ons het teenoor God, onsself en ook teenoor ʼn ander persoon die

presiese aard van ons oortredinge erken.

- Stap 6: Ons is geheel en al gereed en gewillig dat God al ons sondes uit die weg

ruim.

- Stap 7: Ons het nederig vir God gevra om ons sondes uit die weg te ruim.

- Stap 8: Ons het ʼn lys van al die persone gemaak vir wie ons skade berokken het,

en gewillig geword om teenoor almal regstellings te maak.

- Stap 9: Ons het alle kwessies teenoor alle betrokke persone reggestel, behalwe

waar so aksie tot hul nadeel of tot die nadeel van andere mag wees.

- Stap 10: Ons het voortgegaan om persoonlik boek te hou van oortredinge en waar

ons verkeerd was, het ons dit onmiddellik erken.

- Stap 11: Deur gebed en meditasie rondom God se Woord het ons daarna gestreef om nader aan God te beweeg deur die deur van Sy Seun, Jesus Christus. Ons het ook vir kennis aangaande Sy wil gebid en Sy genade om vir ons dag vir dag deur te dra.

- Stap 12: As gevolg van die leiding deur die Heilige Gees en die openbaring van Jesus Christus het ons ʼn geestelike bekering/vernuwing ervaar en as gevolg van hierdie stappe, streef ons daarna om hierdie boodskap ook

76

aan ander deur te gee en om hierdie Bybelse beginsels op al ons lewensterreine toe te pas.

Met betrekking tot elk van die bovermelde 12 stappe, word uitgebreide riglyne en begeleiding aan die hand van ʼn holistiese en geïntegreerde benadering gebied. Vanuit die Skrif word daar telkens beginsels uitgespel wat van toepassing is, terwyl daar tegelykertyd algemeen praktiese en ook interdissiplinêre perspektiewe toegevoeg word.

Vanuit dit alles word uiteindelik die volgende agt beginsels gereduseer tot herstel van seksuele verslawing. Hierdie agt beginsels berus op die verwerkte weergawe van die 12-stap program, tesame met begronding vanuit verskillende Skrifgedeeltes (vgl. Celebrate Recovery, 2018):

- Beginsel 1

Ek besef dat ek nie God is nie; ek erken dat ek magteloos is om my drange te beheer om die verkeerde ding te doen en dat my lewe onbeheerbaar is.

"Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Matt 5: 3) (vgl. Stap 1 van die 12-stap model).

- Beginsel 2

Ek glo met my hele hart ten volle dat God bestaan, dat ek vir Hom saak maak en dat Hy die krag het om my te help herstel. "Geseënd is die wat treur, want hulle sal

vertroos word" (Matt 5: 4) (vgl. Stap 2 van die 12-stap model).

- Beginsel 3

Ek kies bewustelik om my hele lewe en wil onder die sorg van Jesus Christus te plaas. "Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang" (Matt 5:5) (vgl. Stap 3 van die 12-stap model).

- Beginsel 4

Ek ondersoek en bely my foute aan myself, aan God en aan iemand wat ek vertrou.

"Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien" (Matt 5:8) (vgl. Stappe

77 - Beginsel 5

Ek onderwerp my vrywillig aan alle veranderinge wat God in my lewe wil maak en ek vra Hom nederig om my karakterfoute te verwyder. "Geseënd is die wat honger

en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word” (Matt 5: 6) (vgl. Stappe 6 en 7

van die 12-stap model). - Beginsel 6

Ek evalueer al my verhoudings. Ek bied vergifnis aan diegene wat my seergemaak en skade aanrig het en vra vergifnis vanaf diegene deur wie ek benadeel is, behalwe wanneer dit ander sal benadeel. "Geseënd is die vredemakers, want hulle

sal kinders van God genoem word" (Matt 5:9) (vgl. Stappe 8 en 9 van die 12-stap

model). - Beginsel 7

Ek reserveer 'n daaglikse tydsfase met God met die oog op selfondersoek, Bybellees en gebed ten einde God en Sy wil vir my lewe beter te leer ken en ook die krag te verkry om Sy wil te volg. “Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle

sal God sien” (Matt 5:8) (vgl. Stappe 10 en 11 van die 12-stap model).

- Beginsel 8

Ek onderwerp myself aan God om ook die Goeie Nuus aan ander te bring, beide deur my voorbeeld en my woorde. (Stap 12). "Geseënd is die wat vervolg word

omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel"

(Matt 5:10) (vgl. Stap 12 van die 12-stap model).

Gasser (2018:1) stel dat Celebrate Recovery se geredigeerde 12-stap program se fundamentele boodskap is dat geloof slegs in God en in onderwerping aan Hom gevind kan word. Dit lei vervolgens tot 'n proses van berou, restitusie en bekering, alles wat nodig is om 'n lewe van verslawing te oorwin. Verder korreleer hierdie weergawe van die 12-stap program (gereduseer tot agt beginsels) in ʼn groot mate met ʼn aantal basiese geestelike dissiplines aangesien Christus Jesus die basiese vertrekpunt is (Gasser, 2018:1).

3.2.6.1 Belangrike merkers vanuit die model van Celebrate Recovery

78 - Aanmoediging om by ʼn kleingroep in te skakel.

- Die belangrikheid van gekoppel te wees aan ʼn ‘verantwoordingsvennoot’. - ʼn Bewustheid by die verslaafde van totale afhanklikheid van God.

- ʼn Bewustelike keuse ten opsigte van die totale onderwerping van die persoonlike lewe aan Jesus Christus.

- Deeglike selfondersoek.

- Grondige evaluering van verhoudings en ook restitusie en vergifnis. - Die voorneme van daaglikse stiltetye met God.

- Die bereidwilligheid om voortaan na ander verslaafdes uit te reik.

Verder word die nadelige gevolge van verslawende seksuele gedrag pertinent uitgewys. Dit sluit aspekte soos nadelige en skadelike gedrag, moontlike afhanklikheid van alkohol of dwelms, lae selfbeeld, 'n behoefte om te beheer, depressie, woede, mede-afhanklikheid, vrees vir verwerping, vrees vir verlating, perfeksionisme, gebroke verhoudings en misbruik in.