• No results found

Die Model van Luke Gilkerson

3.2 INLEIDENDE PERSPEKTIEWE

3.2.10 Die Model van Luke Gilkerson

Luke Gilkerson bespreek hoofsaaklik die probleem van pornografie onder geestelike leiers aan (Gilkerson, 2010:4-5). Hierdie boek is ook onder die breër redaksie van

Covenant Eyes gepubliseer. Die fokus is veral op geestelike leiers wat dikwels die

spanning ervaar van 'n dubbele lewe te lei, enersyds deurgaans onder die soeklig van die kerk en lidmate, en andersyds as persoonlike individu met eie worsteling, hoop en verwagtings.

Die hoof appèl van die boek is op geestelike leiers gerig ten einde eerlik met hulself en met ander te wees en ook bereid te wees om saam met ʼn ‘aanspreeklikheidsvennoot’ (accountability partner) die pad saam te stap. Daar is volgens hierdie model geen ruimte vir ongesonde voorwendsels of rasionalisering nie. Die model dien ook as hulpmiddel vir diegene wat met geestelike leiers werk wat met pornografieverslawing worstel.

94

Gilkerson (2010:31-59) gee ʼn beskrywing van die volgende stappe as deel van die begeleiding- en helingsproses:

- Vind ander wat jy kan vertrou:

 Vind ʼn ‘aanspreeklikheidsvennoot’:

'n Goeie plek om te begin is byvoorbeeld om 'n medewerker as ʼn klankbord te vind. Dit kan ʼn werkkollega in die bediening wees met wie die seksueel verslaafde kan assosieer. Beide is in dieselfde werksomstandighede, dien die Here in die kapasiteit van die bediening en benodig iemand om teenoor deursigtig te wees. Dit moet ʼn persoon wees met wie die verslaafde ten volle eerlik kan wees en wat hy/sy vertrou. Die medewerker is die seksueel verslaafde se ‘aanspreeklikheidsvennoot’ en daar word ʼn band gevestig wat op vertroue gebou is. Die seksueel verslaafde vind nie slegs ʼn klankbord nie, maar iemand wat sal luister sonder om te veroordeel.

 Vind ʼn langafstand vriend:

ʼn Langafstand vriend is iemand wie die verslaafde kan vertrou en 'n gesonde vriendskaplike verhouding mee het. As gevolg van die sensitiwiteit van die verslawing en om verdere versoekings te vermy, behoort die betrokke partye van dieselfde geslag te wees. Teenoor so vriend word daar op ʼn gereelde basis verantwoording gedoen. Die ondersteuning van so langafstand vriend kan van onskatbare waarde wees. Omdat die verslaafde besef dat daar verantwoording gedoen moet word, dink hy/sy twee keer voordat hy/sy hom-/haarself weer na pornografie wend. Vir so vriendskapsverhouding om effektief te wees, moet daar ʼn diep vertrouensverhouding tussen hierdie twee persone wees waar deursigtigheid en eerlikheid aan die orde is.

 Vind ʼn ander geestelike leier in dieselfde omgewing:

In sekere gevalle gaan die verslaafde moontlik glad nie kans sien om teenoor enige ander persoon in die onmiddellike omgewing oop te maak nie – vervolgens kan ʼn vertroueling wat ver is maar nogtans as klankbord en ondersteuning beskikbaar is, moontlik gebruik word. Sou die persoon egter kans sien om iemand in die onmiddellike omgewing te identifiseer, kan dit as bykomende hulp dien plus die vriend wat moontlik ver is.

95

ʼn Ander geestelike leier in die omgewing van die verslaafde sou ook as klankbord en ‘aanspreeklikheidsvennoot’ kan optree. Dit impliseer dat die seksueel verslaafde tesame met die ander geestelike leier as’t ware ʼn vennootskap vorm. Soos die vennootskap ontwikkel, is daar ook gaandeweg al meer deursigtigheid. Die ander geestelike leier moet uiteraard nie aan enigiets verslaaf wees nie en sy lewe moet van ʼn sterk verhouding met Jesus Christus getuig. Hierdie persoon moet nie bang wees om die verslaafde aan te spreek en verantwoording te vra wanneer enige rooi ligte weer rondom byvoorbeeld ʼn aspek soos pornografie sou flikker nie. As die verslaafde gedetermineerd is om die waarheid uit te leef moet hy bereid wees om telkens daardie aspekte wat sy verhouding met Jesus Christus benadeel, na die lig te bring.

- Evangelie gesentreerde verantwoordbaarheid:

Evangelie gesentreerde verantwoordbaarheid herinner die Christen aan die nood- saaklikheid van ʼn heilige lewe (vgl. Heb 12:14). Evangelie gesentreerde verantwoordbaarheid vermy die uiterstes van wettisisme wat gewoonlik hand aan hand met toksiese godsdiens gaan. Die waarheid van die evangelie dien ook as die sentrale motivering tot Christelike heiligheid. In hierdie verband wys Gilkerson (2010:71) op die volgende drie beginsels vir evangelie gesentreerde verantwoordbaarheid:

 Identifikasie (Identifiseer die sonde).

 Hanteer die sonde voor dit jou hanteer (Bely die sonde).

 Wandel op die pad van heiligheid (Plaas geloof in Jesus Christus en Sy beloftes).

Evangelie gesentreerde verantwoordbaarheid produseer ʼn heilige lewe wat God verheerlik. Die roete van wettisisme en toksiese godsdiens moet vermy word, terwyl die roete van verantwoordbaarheid teenoor mekaar en ook in vertroue op die verlossing in Jesus Christus, eerder gevolg moet word. Wettisisme vervang die Christelike verantwoordelikheid van berou, bekering en diepgaande grondige selfondersoek. Die evangelie het die vermoë om gelowiges vry te maak. Gevolglik moet die verslaafde die evangelie ernstig opneem en op die beloftes van God vertrou om sodoende die oorwinning oor sonde te ervaar (vgl. Rom 8:13).

96 - Oorwinning oor aanlyn versoekings:

Oorwinning oor aanlyn versoekings is moontlik en nadat genesing en vryheid ervaar is, moet alles in die stryd gewerp word ten einde hierdie oorwinning te handhaaf. As ʼn goeie hulpmiddel in hierdie proses is die installering van ʼn goeie filterprogram (in hierdie verband bied Covenant Eyes uitstekende produkte en dienste). Die bereidwilligheid deur die verslaafde om so program te installeer, hou groot geestelike voordeel in, die sin dat dit ʼn handeling van oorgee is en ook ʼn erkenning van skuld simboliseer. Die dieper boodskap is ook dat die seksueel verslaafde nie oorwinning uit eie krag kan behaal nie. Dit bring verder die besef na vore dat die verslaafde nie aan valse en onrealistiese beelde op die Internet behoort nie, maar aan die liggaam van Jesus Christus. Dit alles maak ook die weg na herstel makliker ten einde al meer in die lig te wandel (vgl. Joh 1:7).

- ʼn Omgewing van genade:

ʼn Omgewing van genade maak God se heling en restourasie vir die verslaafde ʼn realiteit. Rondom seksuele verslawing bevestig die praktyk dat God se genade en liefde met intensiewe begeleiding en verantwoordbaarheid gepaard gaan. Die belangrike punt is dat daar heling en vrymaking is, ook vir geestelike leiers wat in die strik van seksuele verslawing beland het, omdat God se krag groter as enige probleem is.

- Genees, maar teen ʼn prys (leading with a limp):

Die geestelike leier kan nie hom-/haarself op hul suksesse van die verlede se oorwinning van verslawing beroep nie en ook nie op ʼn patroon van selfverheerliking fokus nie. Hy/sy is ook nie daar om die beeld van ʼn perfekte wese op aarde ten toon te stel nie. Omdat dit egter so dikwels die verwagting by volgelinge is, daar ʼn intense vrees by geestelike leiers dat iemand moontlik van hul seksuele verslawing mag uitvind en hul openbare lewe vervolgens inmekaar kan stort. Sulke leiers dra gevolglik maskers, maar die front is nie volhoubaar in die langtermyn nie. Die druk om die masker elke dag te dra is uitputtend, aangesien volgelinge en lidmate deurgaans die beeld van ʼn bogemiddelde Christen wil sien.

Om ʼn deurbraak rondom hierdie dilemma te verkry, sal sulke persone hul tekortkominge, sonde en pyn moet herken en bely. In die verhouding met ʼn ‘aanspreeklikheidsvennoot’ kan die eerste stap in hierdie rigting geneem word. Dit is

97

nie slegs die kerkgangers wat Jesus Christus nodig het om aan hulle vergifnis te skenk nie, maar ook die geestelike leiers. Die evangelie impliseer nie bloot ʼn gedragmodifikasie nie, maar dit verander lewens radikaal.

3.2.10.1 Belangrike merkers vanuit die model van Luke Gilkerson

Die model van Luke Gilkerson kan met groot vrug op kerkleiers toegepas word wat moontlik in die strik van seksuele verslawing vasgeval het. Dit spreek alle fasette van die leraar se bediening aan en belig die helende krag van die evangelie en vergifnis. Verdere waarnemings vanuit hierdie model, met betrekking tot seksuele verslawing in die algemeen, is die volgende:

- Die belangrike rol van ʼn ‘aanspreeklikheidsvennoot’.

- Die konsep van evangelie gesentreerde verantwoordbaarheid, met sy drie komponente van: identifiseer, bely en glo.

- Die geestelike en simboliese waarde van ʼn goeie filterprogram vir die Internet. Die potensiaal tot radikale lewensverandering deur die evangelie en nie bloot ʼn gedragsmodifikasie nie.