• No results found

HOOFSTUK 5 DIE PLAASLIKE BEVRYDINGSTRYD (SUID-AFRIKA), STREEKS

5.5 GLOBALE KONTEKS: KOUE OORLOG

5.5.5 Totale aanslag: Kommunisme

Tans word daar heelwat besin oor die hele konsep van die Totale Aanslag en bedreiging, wat dan veral vanaf die kommunistiese/Marxistiese lande afkomstig sou gewees het en of dit enigsins bestaan het. Esterhuyse (2009:25) praat van ʼn “threat perspective or, rather, threat

paranoia”. Die studie lig enkele perspektiewe toe sodat groter begrip oor die konteks van die

SAW verkry word.

Esterhuyse (2009:24) maak ʼn sinvolle analise deur op die volgende te wys:

South Africa’s geostrategic outlook was shaped by what was perceived as a multilevelled, multidimensional and well-coordinated threat orchestrated by the former Soviet Union. The 1977 White Paper on Defence noted inter alia, ‘African states do not possess the ability to successfully initiate aggression against the RSA, but some African countries are supported by a super power [sic] With the ability to simultaneously wage integrated revolutionary and conventional warfare.' Was South Africa that important to the grand design of the Soviet Union in general and for Africa in particular? Nobody can deny that the ANC had a socialist agenda during the 1970s/80s and that they received their primary military support for the armed struggle against the apartheid regime from the former Soviet Union. Of course, financial support for the ANC and SWAPO came mostly from European sources and western churches. However, whether a Soviet- inspired threat was real or not is not important. What is important, though, is that the white society in South Africa in general and the apartheid government in particular perceived the threat of communism in southern Africa as real.

Die SAW-dienspliggenerasie is al op jong ouderdom bewus gemaak van die gevaar van kommunisme. Malan (2006:208) is in die VSA opgelei in die totale strategie wat as model gedien het binne polities-militêre kringe. Daar moet in ag geneem word dat Magnus Malan sy stafkursus in die VSA gedoen het waar die Amerikaners, wat in ʼn Koue Oorlog met die USSR betrokke was, uiteraard ʼn model of strategie sou gehad het om die bedreiging die

hoof te bied. Malan (2006:208) maak die aanname in sy boek dat dit hy was wat die totale strategie, totale aanslag en rewolusionêre teorieë aan die destydse Minister van Verdediging, PW Botha, ‘verkoop’ het. Esterhuyse (2009:28) bevestig hierdie aanname in die aanhaling hieronder:

South Africa’s strategic philosophy was clearly outlined in the 1977 White Paper on Defence. The White Paper defined a total strategy as “the comprehensive plan to utilize all the means available to a state according to an integrated pattern in order to achieve the national aims within the framework of the specific policies.” Consequently, the White Paper claimed that the “resolution of conflict in the times in which we live demands interdependent and co-ordinated action in all fields – military, psychological, economic, political, sociological, technological, diplomatic, ideological, cultural, etc.” This kind of strategy, it was argued, is the combined responsibility of all government departments, the entire population, the nation, and every population group. As a result, defence was not seen as a matter for the Defence Force alone. Instead, the Department of Defence was regarded merely ‘as an executive body responsible for the achievement of certain national security gonder anderels.’ As the South African Minister of Defence, PW Botha, was the chief architect of the total strategy doctrine that was developed to counter the ‘total onslaught’ together with Gen. Magnus Malan whom he appointed the Minister of Defence in his Cabinet – the so-called ‘securocrats’ – also became primarily responsible for the implementation

of the total strategy doctrine.

Die Totale Aanslag moes gevolglik met ʼn Totale Strategie afgeweer word.

Ook FW de Klerk (1998:114) is sterk van mening dat die ‘afspeel’ van die bedreiging nie gegrond was nie en dat daar inderdaad ʼn bedreiging was. Hy noem die volgende punte om sy punt te staaf. Suid-Afrika moes onregeerbaar gemaak word as ʼn voorspel tot ʼn rewolusie. Die massas moes gemobiliseer word, stakings gebruik word asook vakbonde en kerke en die burgerlike samelewing om die doel te bereik. Terrorisme en guerrilla-oorlogvoering is ook hiertoeingespan. Verder was daar eksterne bedreigings, sanksies en ʼn anti-apartheid alliansie. Laastens wys hy op die Sowjet en Kubaanse teenwoordigheid in Angola.

Louw (2001:296) haal Pik Botha aan waar hy ʼn waarskuwing oor die Russiese gevaar rig: “Totale aanslag, totale konfrontasie… Russiese beer wat agter wêreldoorheersing nastreef

wil hierdie planeet skaak soos iemand ʼn vliegtuig skaak.” Vir PW Botha was dit ʼn

oorlewingstryd (Scholtz 2012:55).

Dit is dus duidelik dat die politieke leiers oortuig was van die bedreiging, maar wat was die mening van die militêre leiers, historici en navorsers?

Die Generale Staf het so vroeg as die 1960s ʼn verband getrek tussen swart bewussyn en kommunisme. Vir Malan was dit duidelik. Die USSR stel strategies in die minerale van Suid- Afrika belang. Scholtz (2012:54) skryf dat Militêre Inligting genoem het dat die Russe se plan was om Suid-Afrika met ʼn binnelandse stryd te verbind en dat SWAPO die SAW moes besig hou. Geldenhuys (2011:672) betoog ook hiervoor deur ʼn Brasiliaanse historikus aan te haal:

“Russians had RSA in sights. Angola was stepping stone to country of Mandela.” Volgens

hom sou ʼn politieke oplossing vroeër moontlik gewees het as dit nie vir buitelandse inmenging was nie. Esterhuyse (2009:25) wys op ʼn Russiese historikus wat die volgende stel:

Shubin quoted figures that were provided by the Moscow Institute of Military History indicating that ‘up to 1 January 1991, 10 985 Soviet military advisors and specialists visited Angola, including 107 generals and admirals, 7 211 officers, 1 083 warrant-officers and midshipmen, 2 116 sergeants, petty officers and privates and 468 civilian employees of the Soviet Army and Navy.’ He also noted that until 1 January 1995, 6 985 Angolans were trained in the Soviet/ Russian military educational institutions and that between 1976 and 1989 military supplies of 3,7 billion roubles were supplied to Angola. See V Shubin, pp. 5-6.

Ook Scholtz (2012:246) haal ʼn CIA-verslag aan wat Russiese betrokkenheid staaf: “1 200

Sowjet, 500 Oos-Duitse soldate as raadgewers om Swapo, MK, FAPLA op te lei” maar dat

Angola en SWA nie ʼn hoë prioriteit vir die USSR was nie. Wes-Europa en NAVO was ʼn veel groter prioriteit.

Geldenhuys (2011:669) is van mening dat die Russe in Angola was ter wille van strategiese, politieke en ekonomiese redes. Ekonomiese redes het olie en diamante ingesluit.

Generaals en sekere navorsers het dus die mening gehuldig dat ʼn sterk bedreiging wel bestaan het.

Veral Malan55 het ʼn sterk rol gespeel om die regering te waarsku oor die gevaar van

kommunisme. Hy het gevolglik ook ʼn sleutelrol gespeel om die landsbewoners oor hierdie vrese te skool. Hy het dit sy plig geag om die inwoners van SWA/Namibië, wat volgens hom oningelig was, oor die gevaar in te lig. Hy het ʼn betekenisvolle bydrae gelewer in die skepping van SAW-strukture en in Suid-Afrika om die gevaar die hoof te bied.

Malan het daarop gewys dat van die bevrydingsbewegings in Suid-Afrika deur die USSR opgelei is en van wapens voorsien word. Die persepsie dat daar inderdaad rewolusionêre oogmerke was agter die bevrydingstryd, wat deur ʼn kommunisties-marxistiese USSR gesteun is, is ingeskerp. Marxisme en terrorisme is synde kop in een mus met ander anti- magte. Die PAC en ANC se optrede is rewolusionêr en gevolglik as kommunisties geëtiketteer. Verder is die beeld geskep dat lande wat kommunisties is, eenparty-diktature het waar hongersnood, armoede, ellende en interne konflik heers.

Laastens kan daarop gewys word dat die SAW talle USSR-wapentuig tydens operasies gebuit het. Met Operasie Askari, byvoorbeeld, het die talle Russiese wapentuig wat gebuit is bevestig dat die USSR inderdaad in die oorlog in Angola betrokke was.

Bogenoemde toon dat die Sowjet/Marxistiese/Russiese bedreiging onteenseglik ʼn probleem was en dat die Suid-Afrikaanse regering wel die Russe gevrees het. Daarom is dit te verstane dat die SAW die bedreiging so ver moontlik van die Suid-Afrikaanse grense wou hou. Daarom is die Staatsveiligheidsraad (SVR), wat selfs ‘bo’ die kabinet was, geskep om bedreigings die hoof te bied. Die Veiligheidsmagte is sterk verteenwoordig binne die SVR. Hierby is die Nasionale Veiligheidbestuurstelsel (NVBS) geskep. Op streek- en grondvlak moes dit funksioneer om saam met relevante staatdiensinstansies binnelandse bedreigings die hoof te bied.

ʼn Groeiende gevoel raak meer opvallend onder sommige individue wat deel van die SAW- dienspliggenerasie was, asook ʼn aantal navorsers, naamlik dat die bedreiging oordryf en/of selfs gefabriseer is. Was die bedreiging nie net ʼn rookskerm om regverdiging te verleen aan spesifieke regeringsoptredes nie, veral dié van die Veiligheidsmagte nie?

Van Wyk (1991:95) skryf hieroor: ”Meanwhile, we had all been told that the future of the

country was at stake in the face of a total Marxist onslaught from without and within. Alarmist Number One was the Minister of Defence, Magnus Malan, with the full backing of President P. W. Botha and their influential military securocrats.”

55Malan, wat ’n stafkursus in die VSA voltooi het, het tydens sy aanstelling as Bevelvoerder by Kommandement Westelike

Die einde van die USSR en surrogaatmagte, soos die Kubane, is volgens De Klerk (1998:160), Geldenhuys (2011:669) en Scholtz (2012:455) aangehelp met die val van die Berlynse muur. Die kommunistiese bedreiging het daarna vir alle praktiese doeleindes verdwyn en die speelveld is verander. Hiervolgens sou die Totale Aanslag ook verdwyn het, ofskoon nie almal oortuig was dat die rewolusionêre oogmerke van organisasies soos die ANC en SAKP verdwyn het nie.

Ten slotte, rakende die kommunistiese Totale Aanslag, is dit van belang om te besef dat gebeure net binne ʼn bepaalde konteks werklik verklaar en verstaan kan word. Esterhuyse (2009:24) som die standpunt raak op:

This threat perspective was driven home by the decolonisation process and in particular the failure of the counter-insurgency wars in the white corridor states of Angola, Rhodesia and Mozambique. The coming to power of regimes in these states with a strong orientation towards the Soviet Union and Communist China isolated apartheid South Africa from a geostrategic perspective.

Tot watter mate die Totale Aanslag-benadering gebruik of misbruik is, is nie vir hierdie studie van belang nie. Dit wil voorkom asof dit deels waar en deels propaganda was. Dat die Suid- Afrikaanse regering ʼn werklike vrees gehad het, is waar, maar dat die vrees oordryf en misbruik is om enige vorm van aktiewe teenstand of andersdenkenheid teen te staan, is ook waar.

Wat van belang is, is die verwarring of onvermoë van Jan Alleman om op ʼn tydstip te kon onderskei tussen ʼn geregverdigde strewe na geregtigheid en ʼn kommunistiese bedreiging. Dat die bevrydingsbewegings gesteun is, onder andere deur kommunistiese lande, is ʼn feit. Dit maak hulle egter nie verkeerd of by verstek kommunisties nie. Die gemiddelde Afrikaner kon nie insien dat daar enigsins fout met die apartheidstelsel was nie. Dit was baie makliker om in “cloud cuckoo land” (Lapsley 2012:144) te leef as om wakker gemaak te word uit ʼn droomwêreld. Die geregverdigde strewe na vryheid en basiese menseregte, hetsy binnelands of in SWA/Namibië, is baie effektief deur die regeringspropaganda as rewolusionêr en kommunisties gebrandmerk of geëtiketteer. Min Afrikaners het ooit die werklikhede of stem van die meerderheid inwoners gesien of gehoor. Diegene is by voorbaat ideologies gedemoniseer. Dit het enige sinvolle interaksie uitermate bemoeilik. Vanuit ʼn geregverdigde standpunt was dit so te sê onmoontlik om sinvol te luister.

FW de Klerk (1998:260) noem byvoorbeeld dat Genl. Kat Liebenberg ongelukkig was tydens die Steyn-kommissie56 se ondersoek deur daarop te wys dat hy sy lewe daaraan gewy het

om kommunisme te bestry. Sy lojale lede word geïnkrimineer vanweë wettige optredes teen sulke organisasies. Vir ʼn SAW-lid moes dit ʼn moeilike pil gewees het om te sluk dat die SAKP ontban is. Hulle was dan vyand nommer een. Ook vandag, na 20 jaar van demokrasie, is die sentiment dalk nog aan’t smeul in die harte van oud-soldate.

Liebenberg (2006:49) gee ʼn goeie insig in die denke van die tyd:

As part of the internal oppression programme, the Civil Co-operation Bureau (CCB) was established to act against ANC/PAC/SACP activists. Driven by an extreme sense of insecurity resulting from the communist ‘total onslaught’ paradigm, the Nationalist government felt compelled to secure its superiority by defending its interests, in both SA and Namibia.

Hierdie denke het ongelukkig ook soms ontaard in die regverdiging van optrede deur veiligheidsmagte wat groot letsels op die Suid-Afrikaanse, Namibiese en Angolese samelewing gelaat het. Net so duidelik is dat die USSR se ideologieë, ambisies en betrokkenheid ongetwyfeld ook tot die konflik bygedra het. Die vraag onstaan vanselfsprekend: Waarom het hulle (Russe en Kubane) in die eerste plek in streekskonflikte betrokke geraak, behalwe as verlengstuk van die Koue Oorlog met die oog op eie belange, uitbreiding, magsprojektering ensovoorts?

Die gevoel teen die kommunisme is egter reeds vroeër in die twintigste eeu gepredik. So verklaar Robey Leibbrandt (1961:173), die bokser wat in die 1940s ʼn Nazi geword het: ”Laat

ons SA omskep in ʼn vesting wat vir Kommunisme ondeurdringbaar is.”