• No results found

HOOFSTUK 5 DIE PLAASLIKE BEVRYDINGSTRYD (SUID-AFRIKA), STREEKS

5.10 EVALUERING EN SAMEVATTING VAN SAW-OPERASIES

Dit is nie die doel van hierdie studie om uit die hoogte krities en verdoemend te oordeel oor aksies wat in ʼn ander bedeling uitgevoer is nie. Dit word trouens aanvaar dat die konteks of tydsgewrig tot ʼn groot mate optredes bepaal het. Tog is hierdie ʼn teologiese studie en moet die samelewing, sy verlede, hede en toekoms voortdurend in die soeklig van die Woord geplaas en beoordeel word.

Die SAW se binnelandse optredes is hoofsaaklik tydens die laat tagtigerjare uitgevoer. Volgens Magnus Malan (Stemmet 2006:192) was dit veral die manne wat op die grens geveg het wat moeilik aangepas het binne Suid-Afrika waar die binnelandse situasie stabilisering en die handhawing van wet en orde vereis is. Dít is primêr die SAP se taak. Soldate word geleer om dood te maak – ʼn ingesteldheid wat nie pas by binnelandse ontplooiing nie. In werklikheid was die situasie uiters gewelddadig en moes die SAW help om stabiliteit te bring. Die SAW-betrokkenheid in die land het inderdaad bygedra tot die uitbou van ʼn sogenaamde polisiestaat (Ferreira & Henk 2005).

In die naburige SWA was SAW-optredes die uitvloeisel van die mandaat wat oorgedra is na Suid-Afrika in 1914 deur die ou Volkerebond nadat die Uniemagte die Duitsers verdryf het. Die betrokkenheid moes volgens Bothma (2012:333) in die eerste plek nooit plaasgevind het nie. Hy haal die woorde van Genl. Beyers tydens die 1914-Rebellie aan wat destyds gewaarsku het teen Suid-Afrikaanse betrokkenheid in SWA met die woorde: “... die vuur wat

aangesteek word nog lank sal brand.” Profetiese woorde wat waar geword het!

Die SAW en Suid-Afrika het betrokke geraak in ʼn anti-koloniale bevrydingstryd in die voormalige SWA. Suid-Afrika wou uiteraard ʼn tipe regering in SWA/Namibië hê wat nie- kommunisties was. Die Afrikaner was egter nog in sy opwaartswe kurwe om homself te vestig as volk (Giliomee 2011:6). Hy sou nie die mag oor SWA/Namibië goedsmoeds prysgee nie, aangesien dit volgens hom probleme op sy noordelike grens kon bring. Bothma (2012:125,256,261-2) wys daarop dat die inwoners van SWA/Namibië, veral die Ovambo’s, nooit die besettingsmag sou ondersteun nie. Hulle land is deur koloniale moondhede beset en hulle koning vermoor. Die verhaal van hulle koning se moord sou oorvertel geword van geslag tot geslag (Bothma 2012:140). In dié opsig sou pogings om die “heart and minds” van die mense te wen futiel wees. Hulle sou nooit die Suid-Afrikaanse soldate aanvaar nie. Soos in Suid-Afrika sou aan die legitieme begeertes van die mense voldoen moes word. Ongelukkig is nie voldoen aan die Bybelse opdrag van jou “naaste lief hê soos jyself” nie. Opvallend het Magnus Malan toegegee dat hul eis om selfbeskikking dieselfde was as dit

waarvoor die Afrikaner geveg het. Shalli, eertydse SWAPO-bevelvoerder, het aan Louis Bothma gesê dat die SAW hulle mense nie reg behandel het nie (Bothma 2012:29). Gelykertyd is die SAW tydens opleiding geen onderrig oor die geskiedenis, tradisies en kultuur van die mense binne die operasionele gebied gegee nie (Bothma 2012:239).

De Klerk (1998:58) vertel belangwekkend dat sy eerste kabinetsvergadering juis oor Suid- Afrika se betrokkenheid in SWA en Angola gegaan het. Volgens hom het die VSA en gematigde Afrika-lande Suid-Afrika versoek om betrokke te raak. Dit het, volgens hom, die volgende positiewe en negatiewe gevolge gehad (De Klerk (1998:58,59): Aan die positiewe kant is Sowjetuitbreiding gestop; het die wapenindustrie ʼn bloeitydperk beleef; kon die SAW groei tot ʼn formidabele militêre masjien en het PW Botha die sterkman binne die NP geword. Aan die negatiewe kant het talle jongmanne hulle lewens verloor; is biljoene rande in die oorlog gepomp en is internasionale verhoudinge belemmer.

Hy is verder van mening dat die Suid-Afrikaanse betrokkenheid gehelp bou het aan die infrastruktuur, soos paaie en spoorweë (De Klerk 1998:197). Scholtz (2012:465) reken dat die stryd bygedra het dat ʼn demokrasie gevestig is. Volgens Van der Westhuizen (2009:165) weer, was die bosoorlog eintlik ’n insurgensie- of teeninsurgensie-oorlog van ’n baie, baie lae intensiteit. Min mense is dood vergeleke met Viëtnam; baie meer mense het in Mosambiek en Angola se burgeroorloë gesterf. Volgens Smith en Nöthling (soos aangehaal in Bredenkamp & Wessels 2010:60) het Suid-Afrika uit ’n regsoogpunt gelyk gehad ten opsigte van die SWA-vraagstuk, maar het die tydsgees van anti-kolonialisme die SWA- kwessie in ’n uitgebreide internasionale twis omskep.

Liebenberg (2010:57) staan erg krities oor die SAW se betrokkenheid aldaar. Hy betoog:

Figures indicating the number of people maimed by landmines during the war, range between 70 000 and 100 000. Angola has the dubious honour of being the country most infected by landmines in the world – between seven and nine million landmines are scattered over Angolan soil, and an estimated US$9 billion is needed to eradicate this scourge from the country (Salim 1977:7).

Liebenberg (2010:62) redeneer verder:

The SADF as well as the three rebel armies exploited and damaged the Angolan environment. Using the rural communities as go-betweens, they traded in natural commodities, like ivory and hardwood, to subsidise the war, including UNITA's exploits in Angola (Ellis 1998:443). An official

enquiry in 1996 calculated that the SADF exported at least 30 to 40 tons of ivory per year between 1978 and 1987 (Ellis 1998:444). Presumably, a lot of ivory came from Angola where the elephant populations declined drastically. These actions dealt a devastating blow to the wild life and natural resources of Angola and even Zaire.

Ongetwyfeld was nie almal in die SAW korrup nie. Liebenberg (2010:63) beskryf die optrede van een veteraan van die Bosoorlog:

The ivory smuggling of the SADF and UNITA disillusioned Colonel Jan Breytenbach. In scarcely camouflaged terms, he describes the extensive ivory smuggling networks in his fictional work, The plunderers. He estimates that between 20 000 and 100 000 elephants were culled. This issue led to Breytenbach's resignation from the SADF (Ellis 1998:445).

Tutu (News24 2014:aanlyn), maak die volgende snydende opmerking oor die SAW, wanneer hy kritiek uitspreek oor Israel se behandeling van die Palestyne: “Their humiliation

is familiar to all black South Africans who were corralled and harassed and insulted and assaulted by the security forces of the apartheid government."

Asmal en Roberts (1997:169) is ook sterk veroordelend teenoor die SAW. Volgens hulle het landmyne duisende se dood of die verlies van ledemate veroorsaak. Buurlande is gedestabiliseer omdat gesondheidsorg, opvoeding, paaie en infrastruktuur vernietig is. Volgens hulle was Suid-Afrika agter die oliereserwes aan en is die lewens van jong dienspligtiges verspil (Asmal & Roberts 1997:172). ʼn Swapo-vlugtelingskamp te Cassinga is gebombardeer, oorlogsmisdade en terrorisme is gepleeg en die Internasionale reg is verbreek. Hierdie Suid-Afrikaanse ambisie was erger as dié van Cecil John Rhodes (Asmal & Roberts 1997:207). Die fout was dat Botha (PW) gedink het die Swartman kan polities en militêr van die aarde gevee word ... soos die Engelse oor die Afrikaner gedink het (Asmal & Roberts 1997:211).

Andersyds, sou die Christen-Afrikaner SAW-lid hierdie betrokkenheid regverdig as ʼn geregverdigde stryd teen kommunisme. Bredenkamp en Wessels (2010:55) som die siening van ʼn kapelaan in die periode op:

Prof. Boshoff het geen twyfel nie dat die Namibiese Vryheidsoorlog in die volste sin van die woord ’n oorlog was waarin twee magte teenoor mekaar te staan gekom het, elkeen ideologies oortuig dat wat hy doen reg is. Hy regverdig die oorlog in die lig van die historiese verwikkelinge in Afrika

tydens die dekolonialiseringsproses, en Suid-Afrika se verantwoordelikheid teenoor SWA as ’n mandaatgebied van die Volkebond, soos herbevestig deur die Wêreldhof in Den Haag.

Boshoff maak ʼn insiggewende opmerking oor ʼn SWAPO-vegter wat gevang en na hul basis gebring is: “... besef hoe min die SWAPO-vegter van die Suid-Afrikaanse troepe verskil het.

Dit befoeter die ideologiese afstand wat jy vir jouself formuleer en in stand hou.” (Wessels &

Bredenkamp 2009:350).

Ten slotte meen Scholtz (2012:38) dat daar baie minder bloedvergieting sou gewees het as die Russe en Kuba nie ingemeng het nie. Gewone mense is die gras wat deur vegtende olifante vertrap word in oorlogstye (Scholtz 2012:215) en die slagveld het die nare gewoonte om die skynbaar abnormale te omskep in iets wat in daardie omgewing heel logies en normaal voorkom (p. 218).