• No results found

PLAASLIKE (SUID-AFRIKAANSE) KONTEKS VAN DIE SAW 1948-1989

HOOFSTUK 5 DIE PLAASLIKE BEVRYDINGSTRYD (SUID-AFRIKA), STREEKS

5.3 PLAASLIKE (SUID-AFRIKAANSE) KONTEKS VAN DIE SAW 1948-1989

Daar is letterlik duisende boeke en artikels oor hierdie tydperk van Suid-Afrika se geskiedenis geskryf. Ter wille van volledigheid word dit kortliks aangeraak, veral vanuit die betrokkenheid van die SAW. Dit was uiteraard ʼn generasie wat aan grens-, gebieds- en stabiliseringsoperasies deelgeneem het.

Die Nasionale Party het in 1948 aan bewind gekom; ʼn droom wat vir Afrikaners wat na onafhanklikheid gestreef het, bewaarheid is. Die Nasionale Party het stelselmatig begin om al die belangrike staatsdiensposte vir die Afrikaner op te eis (Wilkinson & Strydom 2012:132). Veral tydens Verwoerd se leierskap is die beleid van apartheid prakties tot sy logiese konsekwensie uitgevoer. Tuislande sou die plek wees waar die verskillende etniese nasionaliteite hulleself moes uitleef en op grond van ʼn Christelik-nasionale ideologie regeer. Die res van die land sou deur die blanke beheer word. Dit is duidelik in toesprake en beleid uitgestippel. Onder Christelik-nasionalisme is dan juis gemeen dat elke ‘nasionale’ groep die reg tot selfbeskikking het, maar binne sy eie gebiede. As Minister van Naturelle Sake het Verwoerd vanaf 1950 verskeie wette ingestel, onder andere die Bevolkingsregistrasiewet, die Wet op Gemengde Huwelike en nog talle ander.

Die Afrikaner, wat uiteindelik meer as ʼn 100 jaar na die Groot Trek die mag verkry het, is grotendeels bevoordeel. Ongelukkig het hy in die strewe na sy eie heil nie na gematigde stemme vir deelname en verandering geluister nie. Die Vryheidsmanifes, byvoorbeeld, is in wese ʼn uiters sinvolle dokument wat onder andere die volgende insluit: “South Africa

belongs to all. No government can claim authority unless based on will of people … robbed birthright to land, liberty and peace…injustice and inequality” (Bothma 2012:182).

Dat die swartman nie onbepaald hiermee geneë sou wees nie het al duideliker geword. Teen 1949 het die ANC nog passiewe verset gelewer (Bothma 2012:174). Malan het egter die verbod op kommunisme ingestel en die Russiese konsulaat is gesluit, ʼn aanduiding van die erns en die vrees wat die regering vir kommunisme gehad het en die oortuiging dat enige verset kommunisties-geïnspireerd en -gesteun is. Die ANC, wat reeds in 1912 gestig is, het al hoe meer besef dat meer as slegs passiewe verset nodig is. Reeds in 1952 was Mandela by ʼn ‘defiance’ veldtog betrokke (Bothma 2013:174). In 1960 is 69 mense by Sharpeville doodgeskiet tydens ʼn optog teen die paswette. Die polisie was senuweeagtig, veral nadat polisiebeamptes twee maande vantevore tydens ʼn ander optog in Natal doodgeskiet is (De Klerk 1998:37). Verwoerd kondig ʼn noodtoestand af en die SAW roep die burgermag op om die situasie te help stabiliseer (Bothma 2012:191). Dit was ʼn draaipunt binne die swart bewussyn en bevrydingsbewegings. Daar was toenemend die siening dat ʼn gewapende stryd ook gevoer moet word. Aan die anderkant het die Kerk wel tydens die Cottesloe- beraad oor die slagting by Sharpeville besin. Verwoerd het egter die besluite wat geneem is, tot niet gemaak. Hy het sy invloed gebruik om die kerke se besluite na aanleiding van die aanbevelings van die afgevaardigdes van Cottesloe om te keer. Verwoerd was inderdaad ʼn intellektuele en sterk leier. Hy het onder andere ʼn doktorsgraad in sielkunde en maatskaplike werk gehad en het ook sosiologie doseer. Een van sy studente op Stellenbosch was dr Frederik van Zyl Slabbert, latere leier van die opposisie (Bothma 2012:182).

Die Britse Eerste Minister, McMillan, het tevergeefs probeer om die NP te waarsku tydens sy toespraak op 3 Maart 1960 in die parlement oor die winde van verandering wat oor Afrika gewaai het met die dekolonisasie van talle lande (De Klerk 1998:37). Hiervoor was die Afrikaners beslis nie gereed nie. Hulle het so pas die mag verkry na dekades se stryd teen die Engelse. Komende van ʼn Brit sou waarskynlik die Boereharte nog meer vasberade gemaak het om sy raad in die wind te slaan. Mens sou moontlik die aanname kan maak dat die Afrikaner juis gemeen het dat die oorwinning in 1948 ʼn ‘dekolonisasie’ van Suid-Afrika was. Die Engelse is as die groot koloniale uitbuiters bestempel. Die Afrikaner, wat homself as ʼn groep van Afrika gesien het, was nou uiteindelik vry van die koloniale en buitelandse juk.

Die ANC het intussen besluit om Oliver Tambo na Londen te stuur om daarvandaan die bevrydingstryd te voer deur die wêreld te mobiliseer in die anti-apartheid stryd. Intussen word Suid-Afrika na ʼn referendum in 1961 ʼn Republiek. Terwyl die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1961 gedenk word, die eerste keer na republiekwording, ontplof die eerste bomme as deel van die gewapende stryd van die bevrydingsbewegings (Bothma 2012:193). Die ANC rus nie op sy louere nie. Ops Mayibuye word geloods. Die plan was om die massas te mobiliseer en wapens die land in te bring. Joe Slovo, wat beheer van MK oorgeneem het, is na Londen om die leier, Oliver Tambo, oor die operasie in te lig. Die plan word gefnuik toe die ANC-leiers by Rivonia gevang word. Op 12 Junie 1964 word hulle skuldig bevind aan hoogverraad op grond van die volgende vier aanklagte: (a) 200 acts of sabotage; (b)

facilitating violent revolution; (c) Overthrow of the state; (d) Armed invasion of the country.

Hulle word lewenslank tronk toe gestuur, onder hulle ook Nelson Mandela (Bothma 2012:208).

Dit is duidelik dat die binnelandse onrus begin toeneem het. Die regering was bewus daarvan en sou voorkomingsmaatreëls moes instel. Magnus Malan verwys daarna as ʼn rewolusionêre aanslag en dat die ANC juis deur deurwinterde leiers van die rewolusie opgelei is (Malan 2006:35,159). Hyself het stafdiens in die VSA gedoen waar hy in konvensionele en rewolusionêre oorlogvoering opgelei is (Malan 2006:41). Wat hierdie aspekte, vlakke en areas is wat deur die rewolusionêre oorlogvoering geteiken is, word deur Scholtz (2012:215) soos volg beskryf: “(1) Mobiliseer die massas, (2) werk ondergronds, (3) isoleer die regerende klas internasionaal (polities en ekonomies) en (4) voer ʼn gewapende stryd.” Verder word die rewolusie in twee fases gevoer, naamlik ʼn Nasionale Demokratiese Revolusie waar ʼn alliansie met nie-kommuniste aangegaan word en sosialistiese fases waar die kommuniste al die mag oorneem (Scholtz 2012:235).

Soweto ontplof op 16 Junie 1976 toe duisende kinders oor die verpligte gebruik van Afrikaans in skole betoog. Die onrus versprei vinnig ook na ander dele van die land.

Die groeiende onrus het veral aan die Oos Rand gegroei waar daar ook swart teen swart geweld plaasgevind het. Meer tradisionele Zoeloe-trekarbeiders afkomstig van Natal het met ander groepe wat meer verstedelik was, gebots. Patrick Noonan (2011), Katolieke priester wat die tyd van onrus meegemaak het, se aanhalings beskryf die tydperk treffend:

It was a time of terror, burning tyres, mass arrests, arson, political funerals, the destruction of state property. Emergency and urgency meetings between the state, people and churches (p. 71).

The slogans being chanted develop strong anti-police, anti-afrikaner flavor

(p. 88).

For whites 10 minutes away, in the tranquil areas of Vanderbijl Park and Vereeniging these two funerals had hardly happened at all. They were beyond the periphery of white consciousness. At a church in Vereeniging there was a lecture ‘the personal appearance of the Christian lady” (p. 92). Donder die kaffir, slaan die kaffir (p. 96).

Die belewenis van mense tydens kerkdienste in hierdie stormagtige tyd was belangrik:

... liturgy found outlet in worship and fellowship. Mixed with confusion, anger and anxiety. People searched for hope … shared their heart publicly at prayers to express pent-up feelings. It was their therapy … revived weary spirits ... found new solidarity in being together (p. 77).

Hulle gevoel in die stryd en houding jeens blankes word as sulks beskryf:

... pent-up explode liturgy of song, dance and fierce protest oratory ‘We don’t hate them, but we hate what they are doing to us’ (p. 86).

In die lig van die groeiende binnelandse bedreiging word in 1977, dieselfde jaar waarin Steve Biko op 12 September in polisieaanhouding sterf, besluit dat diensplig vanaf 1978 van een jaar na twee jaar verleng word (Bothma 2012:400). Gevolglik word die SAW al hoe meer in binnelandse ontplooiings betrek, dikwels manne wat reeds deel van die Bosoorlog was en nou tydens kampe opgeroep word om die binneland te help stabiliseer.

Stemmet (2006:179) beskryf een so operasie waar die SAW saam met die SAP geopereer het. Hy skryf soos volg:

At 02:00 on 23 October Operation Palmiet commenced. To execute this ‘seal and search’ operation, a mixed batch of no less than 7 000 soldiers and policemen moved through Vereeniging to Sebokeng, Sharpeville and Boipatong. The thousands of soldiers formed a cordon around the townships – in the streets of Sebokeng there was an armed soldier every 10 meters. This left the police free to conduct an intense door-to-door search of every one of the 19 500 houses and shacks.

Veertigduisend soldate het tussen April 1983 en Maart 1984 aan binnelandse operasies deelgeneem. Volgens Stemmet (2006:182) het dit die beeld van die SAW benadeel wat tot

op daardie stadium neutraal was om die “hearts and minds” van die mense te wen. Die gevolg was dat die SAP en SAW gesien is as “... a single oppressive force, the army and

police became derogatively known among township dwellers as ‘die boere’”. Hy wys daarop

dat ook Van Zyl Slabbert van mening was dat Operasie Palmiet ʼn waterskeiding vir die SAW was. Die politieke onrus is nou gemilitariseer en die SAW het sy onpartydigheid verloor. Mense is ook nou verplig om te kies of het die gevaar geloop om as ‘impimpi’ (sell-out; spy;

police informant) gebrandmerk te word (Stemmet 2006:184). Uiteraard was die SAW

generaals nie heeltemal gediend met die situasie nie. Die SAW was primêr opgelei om oorlog te maak en was gevolglik meer aggressief. Hulle was nie opgelei om binnelands wet en orde te handhaaf nie.

Genl. Jannie Geldenhuys, hoof van die SAW, wat hierdie spanning en teenstrydigheid besef het, het gevolglik ʼn brosjure vir elke soldaat gegee, gedateer 10 Junie 1986 wat tydens binnelandse ontplooiings gebruik is. Dit het soos volg gelees:

Dear Fellow Soldier,

Your presence in the unrest areas, in these times, is vital for our country and all its peoples.You must do your share to return your country to normal.This we do amongst others, by protecting the majority of people from a small element of murderers, arsonists and those seeking violence. So that those who want to go to school can go, those who want to go to work can go, and those who want to travel on buses can travel. Be firm and decisive but courteous and just. Carry out our superiors' orders and respect people and property. Stay calm. Set the example. It is not easy, but I know you can – I trust you. Lekker wees. Jan Geldenhuys Chief, SADF. Pretoria 10 Jun 86 (Stemmet 2006:189).

Volgens Stemmet (2006:192) het Magnus Malan toegegee dat die soldate wat hulle soms tydens binnelandse optredes wangedra het, manne was wat in die bosoorlog geveg het. Sy verklaring was dat hulle swartes as die vyand gesien het. Dit moes dus vir hulle moeilik gewees het om die kopskuif na ‘vredesoldate’ te maak.

Tog meen Malan dat dit binne die konteks onvermydelik was dat die SAW betrokke sou begin raak (Malan 2006:330). Hy haal verder statistiek aan wat ʼn aanduiding gee van die binnelandse situasie: 7 000 privaathuise en 1 700 skole is vernietig, 400 sterftes as gevolg van die halssnoermetode (necklacing). Verder wys hy op Winnie Mandela se dreigement om met vuurhoutjieboksies die mense te bevry. Chris Hani dreig weer dat samesweerders met

die halssnoermetode verwyder sou word. Volgens hom het MK en die Veiligheidsmagte in die periode kaalvuis onder mekaar ingeklim (Malan 2006:337). Malan gee toe dat sekere optredes onkonvensioneel was. As verweer wys hy daarop dat die Britte se twee Security

Services (MI5 en MI6), die Russe die Komitet Gosudarstvennoy Bezopasnosti (KGB) en die

Verenigde State van Amerika (VSA) se Central Intelligence Agency (CIA) onkonvensioneel optree. Die totstandkoming van die Nasionale Veiligheidbestuurstelsel (NVBS) asook die Staatsveiligheidsraad (SVR) was dan ook instansies wat geskep is om deur middel van koördinering die aanslae die hoof te bied (Malan 2006:191).

Vir Lapsley (2012:52) was binnelandse operasies “structural and systemic violence”. Hy is snydend in sy kritiek wanneer hy aanvoer dat blankes geweld regverdig deur dit die handhawing van wet en orde te noem. Wanneer swartes egter geweld gebruik het, is hulle terroriste genoem.

Noonan (2011:104) is grotendeels akkuraat wanneer hy die volgende waarneming oor binnelandse ontplooiings maak: “... for more than 2 hours these young, confused teenagers

stood on patrol, trying to deal with culture shock … discovering urban Africa for the first time in their privileged lives.” Hy is verder ook van mening dat die ou SAP enorme spanning in

hierdie situasies getoon het (Noonan 2011:151). Tydens die WVK is stories juis deur jongmanne vertel wat emosionele en sielkundige letsels het van hierdie tyd.49

5.4 STREEKSKONTEKS (SWA/NAMIBIË) VAN 1966-1989 WAARBY DIE SAW