• No results found

HOOFSTUK 5 DIE PLAASLIKE BEVRYDINGSTRYD (SUID-AFRIKA), STREEKS

5.5 GLOBALE KONTEKS: KOUE OORLOG

5.5.4 Kubane

Scholtz (2012:238) vermeld dat militêre inspekteurs van Kuba reeds in Mei 1975 in Angola teenwoordig was. Volgens Ferreira en Liebenberg (2006:45) was dit die direkte gevolg van Suid-Afrika se ‘inval’ tydens Savannah. Hulle betoog soos volg: “Around April 1975, following

SA incursions into Angola, Cuban support for and advisers to the MPLA arrived. In the aftermath of Operation Carlota, the Cubans entered the war in Angola on the side of the MPLA, while the USA secretly and temporarily supported UNITA of Jonas Savimbi”.51

Volgens ʼn Kubaanse generaal wat na die VSA oorgeloop het, was daar drie redes hoekom Kuba in Angola betrokke was: Eerstens het die USSR Angola strategies beskou; tweedens om werkloosheid in Kuba te beveg en derdens was Angola gebruik as ʼn plek van straf vir moeilike offisiere. Teen die einde van die 1980s was daar 50 000 Kubane in Angola.

Die Kubaanse betrokkenheid het baie te doen gehad met die charismatiese en deurwinterde vegter Fidel Castro. Volgens Scholtz (2012:237) was Castro edel, ʼn idealis, charismaties, maar ook arrogant. Hy wou prestige aan Kuba gee deur te wys op die internasionale rol wat Kuba nou kon speel. Castro was egter ook versigtig dat hulle betrokkenheid nie as ʼn nuwe kolonialisme beleef sou word nie. Kuba se veiligheidstrategie in Angola was defensief, nie offensief nie. Met ander woorde, hulle wou nie werklik teen Suid-Afrika veg nie, maar beslis FAPLA bystaan as beskerming teen UNITA en die SAW.

Castro was verder ook ʼn meester propagandis. Propaganda word deur sommige beskryf as ʼn leuen wat deur herhaling as die waarheid geglo word. Lapsley (2012:182) vertel in sy boek

Redeeming the past hoe Castro hom as ʼn gegewe feit vertel het van die klinkende

oorwinning wat die Kubane by Cuito oor die SAW behaal het. Dit wil voorkom of selfs ʼn gerespekteerde persoon soos Lapsley die ‘propaganda’ weergawe geglo het. Wat wel waar is, is dat ʼn skaakmatsituasie ontstaan het nadat die SAW FAPLA se inval gestuit het. Dit word bereken dat 400 000 Kubaanse troepe in 15 jaar in Angola diens gedoen het – ʼn enorme aantal. Hierdie troepe het veral die strategiese spoorlyn na die hawe Menongue beskerm.

Soos reeds genoem, was daar ʼn kans op vrede na Askari in 1983. Die ooreenkoms wat bereik is, het aanvanklik positiewe gevolge gehad. Castro was egter nie tevrede met die ooreenkoms wat die Angolese leier Dos Santos met die Amerikaners en Suid-Afrikaners gesluit het nie en het hom na Havana ontbied (Scholtz 2012:195).

51 In ʼn persoonlike gesprek met die navorser het ʼn gewese Recce aangedui dat tydens Savannah hulle teen Kubane geveg

Die grootste militêre konflik tussen die SAW en Kubane sou egter vanaf 1987 plaasvind. Die Angolese magte (FAPLA) wou UNITA uit sy vesting in Jamba verdryf. FAPLA se 6 Brigade het suidwaarts opgeruk. Suid-Afrika het in reaksie hierop ʼn mag gemobiliseer wat die opmars moes stuit. Die FAPLA mag is sterk deur Kubaanse raadgewers asook deur vliegtuie wat deur Kubaanse vlieëniers gevlieg is, gesteun. Soos reeds genoem in die paragraaf rakende SAW- betrokkenheid in Angola is die offensief gestuit. Die gevolglike terugtrekking het veroorsaak dat die SAW gepoog het om die mag wes van die Cuito-rivier te dryf om sodoende UNITA se situasie te versterk. Die Minister van Verdediging van Angola wou sy FAPLA magte, wat groot verliese tydens operasies Modulêr en Hooper gely het, na Menongue terugtrek. Hoe belangrik die operasies vir Suid-Afrika was, word bevestig deur die feit dat die Eerste Minister, PW Botha, die Minister van Verdediging, Magnus Malan, Generaals Kat Liebenberg en Jannie Geldenhuys asook die Bevelvoerder van die operasies, Deon Ferreira, almal in Angola vergader het na die slag by Lomba wat deel van operasie Modulêr was (Scholtz 2012:270).52

Castro was in Moskou om die 70ste viering van die Russiese rewolusie van 1917 te vier, toe hy die nuus hoor van die slagting van die FAPLA magte by Lomba. Castro het egter direk ingemeng en geweier dat die FAPLA tot by Menongue terugtrek (Scholtz 2012:321). Castro het besef dat dit belangrik was om ʼn standpunt in te neem en Cuito te verdedig. Die Kubane was volgens Chester Crocker nie bereid om verneder te word of om deur mag te verdryf te word nie. Gevolglik is meer Russiese wapens, skepe en troepe gestuur (Scholtz 2012:245). Castro het hier sy politieke en militêre instinkte bewys (Scholtz 2012:320). Hy het die FAPLA magte by Cuito versterk, die VSA en Suid-Afrika diplomaties in samesprekinge betrek en op briljante wyse die oorlogsteater vanaf Cuito na die suid-weste van Angola, noord van die Kunene en SWA grens, verskuif (Scholtz 2012:372). Hierdeur het hy ʼn nuwe front geskep en inderdaad die SAW onverhoeds betrap, in die woorde van Crocker “a classic flanking

maneuver” (Scholtz 2012:379). Suid-Afrika was nou gedwing om ʼn rede te gee vir hierdie

bewegings. Was dit offensief met die doel om SWA/Namibië binne te val?; was dit defensief en om terselfdertyd SWAPO te versterk?; of was dit magsprojeksie, ʼn afskrikmiddel?. Hoe dit ook al sy, die SAW het homself gereedgemaak om SWA/Namibië te beskerm. Die grootste mobilisering van ʼn SAW-mag sedert die Tweede Wêreldoorlog het plaasgevind toe 10 000 troepe as deel van 10 Divisie in gereedheid gebring is (Scholtz 2012:388). Castro reken dat SA na die oorwinning by die Lomba nie verder moes gegaan het nie. Dit het vir hulle (FAPLA en Kubane) ʼn krisis geskep wat hom genoop het om op te tree (Scholtz 2012:371). Hy was bang dat die SAW Cuito kon inneem, verder noordwaarts opruk en dat ʼn

verandering van regering moontlik was (Scholtz 2012:371). Vir Suid-Afrika het ʼn inval van Kuba in SWA/Namibië die Ruacana (Calueque) waterwerke bedreig. As gevolg van die Kubane se beter vliegtuie op daardie stadium kon hulle basisse en vliegvelde van die SAW vernietig. Hulle (Angolese en Kubaanse) vliegvelde, wat geskik was vir vegvliegtuie53 in die

suide van Angola, was baie nader aan die oorlogsteater in die suide van Angola en die noorde van SWA/Namibië as dié van die SAW wat vanaf Grootfontein en selfs so ver as Waterkloof moes vlieg, wat die Kubane ʼn aansienlike tydsvoordeel gelaat het.

Intussen is op diplomatieke front samesprekinge gevoer.54 Die Kubane het Chester Crocker

gekontak. Chester Crocker het op sy beurt weer vir Neil van Heerden, Direkteur van Buitelandse Sake, gekontak. Dit alles het die geleentheid geskep vir onderhandelinge. Dit het tot die volgende New York-ooreenkoms gelei wat deur Ferreira en Liebenberg (2006:47) soos volg beskryf word:

The New York agreement was signed on 22 December 1988. This agreement proposed 14 principles as a basis for peace between Cuba, South Africa and Angola. The agreement With the Cubans to Withdraw from Angola in exchange for the simultaneous Withdrawal of the SADF, as well as the independence of SWA, was, according to Bridgland (1990:375), the most important consequence of the ‘war for Africa’.

Op 3 en 4 Mei 1988 het Chester Crocker as deel van verdere onderhandelinge ʼn Angolese, Kubaanse en Suid-Afrikaanse afvaardiging ontmoet (Scholtz 2012:422). Tydens die ontmoeting het die Kubaanse generaal onder andere gesê dat apartheid die oorsaak van al die probleme is en dat die mite van die onoorwinlike SAW by Cuito vernietig is. Pik Botha weer het teruggekap dat die lewenspeil van swart mense in Suid-Afrika hoër is as die mense in Kuba (Scholtz 2012:425).

Uiteindelik is ʼn finale ooreenkoms geteken wat die volgende behels (Ferreira & Liebenberg 2006:45): “After 23 years of border warfare in SWA/Namibia and Angola (1966-1989), South

African representatives and a Cuban-Angolan delegation signed the Mount Etjo agreement on 9 April 1989. On 18 May 1989, after extensive negotiations, all parties decided to implement UN resolution 435 supporting the New York agreement.”

Beide kante, alhoewel die slagordes opgestel was, wou in 1988 nie werklik betrokke raak in ʼn geveg nie. Die prys sou te hoog wees. ʼn Onderhandelde skikking is bereik. Ironies, ʼn

53 Vegvliegtuie het langer aanloopbane nodig.

skikking tussen Angola, Kuba en Suid-Afrika waarby net Angola permanente belang gehad het. SWAPO was nie eens teenwoordig nie.

Ter afsluiting kan gesê word dat die Kubane gedissiplineerde, goed opgeleide, polities- geïndoktrineerde, lojale, asook geletterde offisiere gehad het (Scholtz 2102:402).