• No results found

HOOFSTUK 4 IDENTITEIT VAN SAW-DIENSPLIGGENERASIE

4.3 AFRIKANER-IDENTITEIT

4.3.1 Die Groot Trek en die strewe na selfbeskikking

ʼn Groot getal geskrifte oor die geskiedenis van die Afrikaner het reeds die lig gesien. Die geskiedenis word nie weer in hierdie studie beskryf, oorgeskryf of selfs bevraagteken nie. Die afdeling toon aan hoe bepaalde historiese gebeure die identiteit van die SAW- dienspliggenerasie help vorm het.

In 1836 het verskeie trekgeselskappe die Oos-Kaap verlaat op soek na groener weivelde. Die groot beweegredes was die anti-Britse gevoel asook die oorloë met die Xhosas as gevolg van veediefstal en grondgebied. Die deurslaggewende spreekwoordelike laaste strooi was die Slagtersnekopstand. ʼn Aantal Afrikaners is deur die Engelse ter dood veroordeel. Keuris (2009:4) wys daarop dat dié insident ʼn prominente plek in geskiedenisboeke gekry het (sien bv. Oliver 2011:83; Leibbrandt 1961:134).

Die groep wat hulleself in Natal – ander trekgeselskappe sluit Louis Trichardt (1836) en Dorsland (1874) in – gevestig het en ook die gebied as die Republiek van Natalia verklaar het, het met die anneksasie van Natal deur die Britte weer eens weggetrek en hulleself naby Winburg gevestig en teen beide die Engelse en ander inheemse groepe vir selfbeskikking geveg (Bothma 2012:468).

Die strewe na onafhanklikheid is tot ʼn groot mate verwesenlik met die totstandkoming van die Transvaalse en Vrystaatse boererepublieke in 1852 en 1854 onderskeidelik (Bothma 2013:468). Op ʼn tydstip wou president Burgers van die Transvaalse Republiek (Zuid

Ook Oliver (2001:76) bied so ‘n beskrywende skema aan: “Afrikaners are generally classified as being religious, conservative, strong-minded individuals who cling to a patriarchal system and who are cunning, aggressive and have an ever-lurking sense of humour. However, these characteristics are often also seen in a negative way. Words like sectarian, narrow-minded, stubborn, male dominant, dishonest, aggressive, arrogant and hempen humoured are used to show the darker side of the nation. The positive and negative aspects of these characteristics (with the exception of the Afrikaner sense of humour, which, although often frowned upon, is not essential to this investigation) will be explained briefly next … religious and sectarian; conservative and narrow minded; dishonest and cunning; aggressive and arrogant; patriarchal and male dominant; strong minded individualism and stubborn ”.

Afrikaanse Republiek) godsdiens uit die skole verban23. Dit het baie burgers die harnas

ingejaag en het tot die 1874-Dorslandtrek aanleiding gegee (Bothma 2013:46; Giliomee 2003:187). Die twee vryheidsoorloë (1880-1881 en 1899-1902) is later ook gevoer vir die behoud van en die strewe na onafhanklikheid en selfbeskikking. Hierdie twee republieke se vlae is in 1910 in die Unie van Suid-Afrika se vlag geïnkorporeer.

Die 100-jarige herdenking van die Groot Trek in 1936 het ʼn betekenisvolle oplewing van nasionalisme onder die Afrikaners teweeggebring. Op daardie stadium was daar ernstige verdeeldheid in Afrikaner-geledere. Die armblanke-vraagstuk24, gepaardgaande met die

verstedeliking van talle ongeletterdes as een van die gevolge van die vryheidsoorloë, het ʼn groot krisis in Afrikanergeledere veroorsaak. Dit skyn dat die herdenking van die Groot Trek die Afrikaners opnuut laat besef het dat dié trek die begin van ʼn nuwe soeke na selfbeskikking was.

Die hoogtepunt of ‘finale’ verkryging van selfbeskikking vir Afrikaners was waarskynlik die Nasionale Party se oorwinning in 1948 gepaard met die Republiekwording in 1961 waar die ‘juk’ van die Engelse finaal afgegooi is. Suid-Afrika was Afrikanerland!

Die geskiedenis van die Voortrekkers is op allerlei maniere aan die nageslagte oorgedra. Van Wyk (1991:58) herroep hoe stories as kind aan hom oorvertel is. Die Voortrekkers het tydens die Groot Trek soos Israel van ouds na hulle beloofde land getrek om finaal vry van onderdrukking te wees. Die Brit en die Swartman was nou die Egiptenare. Hoe die Groot Trek in die soeke na selfbeskikking as historiese gebeure in die identiteit van kinders ingeprent is, blyk uit die volgende briefie van ʼn dogtertjie aan ‘die manne op die grens’: ‘Liewe Ooms, Ons is baie bly dat julle ons land so beskerm en ons ook in die dorp en die

teries [sic!] uit ons dorp uit vat en hulle dood skied [sic!] en die mense vat [sic!] die ooms vir sorg [sic!] en die teries [sic!] moet vir loor [sic!] en ons moet wen en ons is voortrekkers’

(Oosthuizen 2006:193). Dit is daarom te verstane dat die Voortrekkers, veral binne Afrikaanse skole, ʼn kultuurbeweging geword het.

Die Voortrekkermonument te Pretoria, beskou as een van die indrukwekkendste monumente ter wêreld, is opgerig om bovermelde geskiedenis te herdenk. Dit, tesame met die herdenking van die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 (sien 4.3.3), en die herdenking van die Gelofte is belangrike bakens van selfidentiteit van die Afrikaner. Op 16 Desember skyn die son op ʼn senotaaf in die onderste saal van die monument. Die senotaaf

23 Giliomee (2003:187) wys daarop dat Burgers in Nederland gestudeer het en deur sekere heersende liberale idees

beïnvloed is.

is in die vorm van ʼn altaar, wat sonder twyfel sterk godsdienstige ondertone vir Afrikaners inhou. Bo-op geëts staan geskryf, “Ons vir jou Suid-Afrika”. Dit is ook ʼn frase in die vorige volkslied – waarvan ʼn strofe in die nuwe volkslied na1994 opgeneem is – en is tekenend van die bereidheid om offers te bring soos wat die Voortrekkers destyds bereid was om te bring. Die vorm van die senotaaf impliseer ook dat om ʼn offer aan die volk en ter wille van die volk te bring, ook ʼn godsdienstige aksie is.

FW de Klerk (1998:12) beaam die aanname dat die Groot Trek deel van die kollektiewe identiteit van die Afrikaner geword het. Insiggewend is die keuse van die titel van sy boek:

Die laaste trek. Vir hom het die Afrikaner met die aanbreek van die demokrasie sy laaste

trek getrek, ʼn aanname wat nie klakkeloos deur almal aanvaar sal word nie.

Ook Snyman (2005:341) sien die vergelyking en ooreenkoms wat die Afrikaner gemaak het tussen die Uittog (Eksodus) en die Groot Trek. Hy wys egter daarop dat ook Israel sy identiteit op historiese gebeure soos die uittog uit Egipte gebou het. Gevolglik was dit maklik vir die Voortrekkers om ook religieuse betekenis in hulle geskiedenis te sien. Israel se identiteit het hul identiteit geword.

Nie al die skrywers is positief oor die plek wat die Groot Trek en die Voortrekkers binne Afrikaner-sentiment gekry het nie. Marschall (2005:18) praat van die Groot Trek as ʼn

‘oorsprongmite’, terwyl Snyman (2005:326) verwys na ʼn “imagined one.”

Eugene de Kock25, terugskouend op sy geskiedenis, noem dat hy as lid van die

Voortrekkers geleer is dat die oorlog op die grens ʼn voortsetting van sy Afrikanerskap was (Louw 2001:105).

Van Jaarsveld (1988:11-26), soos aangehaal deur Marschall (2005:23), is tot ʼn groot mate korrek wanneer hy as volg opmerk:

… the move of the Afrikaners as ‘God’s chosen people’ to the ‘promised land’. The Great Trek became a key symbol and its significance was reinforced and publicly called to mind through the annual ritual observance of the ‘Day of the Vow’. It legitimized Afrikaner existence, culture and policy; it supported their identity as a people and provided them with orientation in South Africa and in the world”.

25 Eugene die Kock, die berugte Vlakplaasbevelvoerder van die gewese SAP, is gevonnis vir dade gepleeg teen voormalige

‘rewolusionêre elemente’ tydens die apartheidsjare. Hy het voor die WVK getuig maar nie amnestie gekry nie. Hy dien tans ‘n lewenslange vonnis uit alhoewel daar pogings is om hom op parool vry te laat. Ten tye van die publikasie is parool wel aan hom toegestaan.

Die Groot Trek was gevolglik die oorsprongsmite vir die selfbeeld van die Afrikaner.

Hierdie historiese gebeure en Afrikaner-vertolking het meegewerk tot ʼn eie groepselfbewussyn wat verwoord is deur ʼn geskrif van SJ du Toit (aangehaal deur Keuris 2009:14): “Die geskiedenis van ons land in die taal van ons volk.” Hy skryf soos volg: “… nie

net van hierdie nasiebewustheid nie, maar ook van die Afrikaner se konsep van self – ’n self wat aan die hand van die konstruering van ’n ‘eie’ geskiedenis vir die eerste maal ontdek is.”

Dit is bewys dat geskiedenis en identiteit nou saamhang. Du Toit se gebruik van terme soos

“nasiebewustheid”, “konsep van self”, “konstruering van eie geskiedenis”, is maar net

alternatiewe vir die woord identiteit.