• No results found

2.4 DIE ROL VAN KIESERSVERTROUE IN SUKSESVOLLE DEMOKRATIESE

2.4.2 Die aard van kiesersvertroue in demokratiese bedelings

2.4.2.3 Toepassingsvlak: Kiesersvertroue op interpersoonlike vlak

Die konsep van vertroue verwys in die meeste gevalle na ʼn persoonlike verhouding wat tussen ten minste twee partye bestaan. Interpersoonlike vertroue kan dus gesien word as vertroue in individue, teenoor vertroue in instansies. Vertroue in individue en tussen groepe in die gemeenskap is nou verbonde aan sosiale kapitaal (Uslaner, 1999:135). Interpersoonlike vertroue verwys na die eienskappe wat ʼn rol speel wanneer die individu sy/haar opsies teenoor mekaar moet opweeg en ʼn besluit moet neem ten opsigte van sy/haar toekoms (Warren, 1999:335). Mense word in hul denke en optrede deur ʼn wye verskeidenheid faktore beïnvloed, soos byvoorbeeld vorige ervarings, kulturele norme, finansiële sekuriteit en individuele en gemeenskaplike waardes. Hierdie faktore speel ʼn leidende rol in die vorming van individue se

houdings en gedrag in die loop van hul lewens. Mikro-vertroue of interpersoonlike vertroue het hoofsaaklik te doen met persoonlike welsyn, naamlik tevredenheid met die lewe en persoonlike geluk. Inglehart (1999:107) wys uit tevredenheid met jou lewe is belangriker as tevredenheid met die politieke stelsel en dus ʼn bepalende faktor van ʼn stabiele en vreedsame demokrasie. Vertroue is ook dinamies en lê op ʼn kontinuum wat wissel tussen hoë en lae vlakke, afhangende van invloede hoofsaaklik uit die makro-, meso- en die toepassingsomgewing en mate waarin politieke leiers aan die verwagtinge van kiesers voldoen. Die spanning tussen hoë en lae vertroue word beïnvloed deur die persepsie van lae of hoë risikofaktore in die besluitnemingsproses (Warren, 1999:323). Gebeure in die kontemporêre politieke en sosio- ekonomiese omgewing beïnvloed kiesersvertroue op ʼn daaglikse basis. Die besluite wat kiesers neem, is gebaseer op “vermindering van die risiko” wat bepaal word deur die kieser se vorige ervarings, kulturele aspekte en familiariteit, dus “die bekende” (Warren, 1999:323) en word hierna bespreek.

2.4.2.3.1 Risiko, oordeel en familiariteit as faktore in besluitneming

Vertroue word gesien as ʼn reaksie op risiko. Volgens Earle en Cvetkovich (in Warren, 1999:323) moet daar besluit word tussen twee alternatiewe uitkomste wat die individu se toekoms kan beïnvloed. Deur vertroue in iemand te plaas, loop die individu die risiko dat sy/haar vertroue geskend sal word. Vertroue is dus die geloof in die persoon se eerlikheid en integriteit. Die individu vertrou daardie persone wat volgens sy mening die waardes met hom deel wat vir hom belangrik is. Vertroue op sigself is ʼn risiko, naamlik die beoordeling van die geloofwaardigheid van politici, hul bekwaamheid en vlak van toewyding. Warren (1999:311) beklemtoon vertroue behels ʼn oordeelsbesluit:

“Trust involves a judgement ... to accept vulnerability to the potential ill will of others by granting them discretionary power over some good. When one trusts, one accepts some amount of risk for potential harm in exchange for the benefit of cooperation”.

68

Risiko word tot ʼn mate verminder deur die familiariteitsfaktor – die bekende verminder risiko omdat ʼn situasie dan nie as vreemd of onbekend voorkom nie (Warren, 1999:323). Familiariteit, volgens Luhmann (in Warren, 1999:323), oriënteer die individu terug na die verlede (die bekende) en neem prioriteit oor die hede en toekoms. Luhmann (in Warren, 1999:322) sluit aan by Fukuyama en beklemtoon kennis en ervaring uit die verlede word geprojekteer op die toekoms wat die risikofaktor in besluitneming verminder (Warren, 1995:26). Die uitdaging is hoe om vertroue uit te bou om die kieser uit die bekende sone te laat beweeg. Dié besluitnemingsaspek is van belang waar demokrasieë deur transformasionele prosesse gaan en veranderinge in kulturele oriëntasies van gemeenskappe as gevolg van modernisering plaasvind.

2.4.2.3.2 Kiesersverwagtinge en politieke doeltreffendheid

Die geloofwaardigheid wat kiesers aan die verkose regering heg, is die gevolg van politieke gebeure, houdings en etiese faktore soos eerlikheid, integriteit en bekwaamheid wat kiesers aan individuele leiers toesê (Blind, 2004:5). Citrin (1974:987) beskou dit as die hoofrede vir die erosie van vertroue in regerings. Kiesersverwagtinge is dus nou verbonde aan die dimensies van politieke doeltreffendheid. Die kieser evalueer of die politikus aan die gestelde verwagting voldoen. Hy/sy oorhandig besluitneming aan die verkose politikus onder ʼn eksplisiete verstandhouding (kontrak) dat die verteenwoordiger die doelstellings van voortreflike regering, vrede, en billike ekonomiese bestuur sal uitoefen. Die kieser vertrou die politikus het die integriteit en kapasiteit om aan sy/haar verwagtinge te voldoen. Hierdie mikro-vertroue is volgens Keele (2004:7) grootliks gebaseer op evaluasie van gedrag en resultate. Miller (in Citrin, 1974:974) wys uit die afname in politieke vertroue vind grootliks plaas as gevolg van kiesers se onvervulde behoeftes. Die regering word verkwalik vir die onbevredigende lewenskwaliteit wat burgers ervaar en Miller beskou dit as die hoofrede vir die erosie in legitimiteit24. Lane (soos aangehaal deur Harder, 2008:1) lig twee dimensies van politieke doeltreffendheid uit, naamlik interne en eksterne politieke doeltreffendheid. Interne politieke doeltreffendheid behels die persepsie dat die kieser die vermoë en begrip het om die politieke proses te beïnvloed. Wanneer burgers ontnugter en ontmoedig word, sien hulle hulself nie meer as “agente van verandering” nie. Dit skep die grondslag vir groeiende burgerlike onrus onder gemeenskappe soos hulle die toename in byvoorbeeld politieke korrupsie en mislukking van regeringsbeloftes waarneem en ervaar. Eksterne politieke doeltreffendheid is die persepsie dat regeringsinstitusies en verteenwoordigers reageer op die behoeftes en eise van kiesers. Albei dimensies verduidelik die patrone in politieke deelname – terwyl die interne dimensie grootliks te doen het met selfevaluasie, hou eksterne politieke doeltreffendheid verband met kiesers se ervaringe met en persepsie van politieke institusies. Dit word gesien as ʼn dinamiese faktor wat fluktueer soos

24

Citrin haal verskeie studies van Miller aan wat bevind dat politieke gebeure, houdings en verwagtinge die hoofoorsaak is van die erosie van vertroue in die regering (Citrin, 1974:987).

69

kiesers se verhouding met politieke institusies ontwikkel. ʼn Belangrike element van politieke doeltreffendheid is die kieser se geloof in verkiesings en die mag van sy/haar stem. Volgens Putnam (1994:9) word kiesersvertroue gekweek deur ʼn regering wat responsief en doeltreffend is.

Kiesersvertroue kan dus oor die breë spektrum van die makro, meso- en mikro-omgewings ontleed word in terme van kiesers se verwagtinge in elkeen van dié domeine. Op makrovlak is die kiesers se verwagtinge dat leiers eties sal optree, in lyn met grondwetlike beginsels (die sosiale kontrak). In die meso-omgewing is kiesers se verwagtinge dat regeringsbeleid en - prosesse uitgevoer sal word, in lyn met kiesers se behoeftes om hul sosio-ekonomiese omstandighede te verbeter. Op mikro- of toepassingsvlak meet die individu sy subjektiewe welsyn en persoonlike bevrediging teen die resultate soos gelewer deur die regering en baseer politieke besluitneming op die persepsie van persoonlike risiko betrokke by politieke keuses, geloofwaardigheid van politieke verteenwoordigers, reaksie van die regering en die geloof wat die kieser in sy vermoë as “agent van verandering” het.

2.4.2.4 Kiesersvertroue in die kulturele en sosio-ekonomiese omgewing van die