• No results found

Houding van kiesers teenoor stemprosesse (Interne politieke doeltreffendheid)

4.5 VERGELYKING VAN VERKIESINGSUITSLAE EN STEMPATRONE (PERIODE

4.5.3 Houding van kiesers teenoor stemprosesse (Interne politieke doeltreffendheid)

Kiesers se houding teenoor en persepsies van stemprosesse en die doeltreffendheid van die kiesstelsel word ook beïnvloed deur die regering se prestasies, en aspekte soos korrupsie en onetiese optrede deur politieke leiers. Tabel 4.20 toon die verskillende lesings van studies gedoen tussen 2004 en 2013. Die afname in ondersteuning vir sekere demokratiese beginsels is duidelik in die onderstaande tabel. Hier word, onder andere, kiesers se gevoel teenoor stem

62

Hierdie stelling word ondersteun in Afrobarometer-studies (2014/2015) in ontwikkelende state (Afrika) waar jonger kiesers (18-35 jaar) laag meet in terme van politieke doeltreffendheid (Potgieter & Lutz, 2014:16). Redes hiervoor word deur Afrobarometer aangegee as die werkloosheidskrisis in Afrika. Jonger kiesers toon „n laer belangstelling in politieke prosesse hoofsaaklik as gevolg van die tekort aan ekonomiese geleenthede en opleiding, wat vertroue in regerings erodeer (Potgieter & Lutz, 2014:16).

165

as ʼn plig, die invloed van die kieser se stem, en die lae vlakke van vertroue in politieke verteenwoordigers uitgewys.

Figuur 4.9: Houdings van kiesers teenoor stemprosesse: 2004 tot 2013

Bron: Roberts, et al. (2014:23); IEC (2014b)

Tussen 2003 en 2014 neem wantroue in politieke verteenwoordigers met 21% toe, vanaf 19% in 2003 tot 41% in 2013. Politieke doeltreffendheid, intern en ekstern, word hoofsaaklik beïnvloed deur die lae vlakke van interpersoonlike kiesersvertroue en vertroue in verkiesingsprosesse, soos in Figuur 4.9 waargeneem kan word, en sluit ook aan by kiesers se gevoel van demokratiese vermoeidheid (verwys Hoofstuk 5, afd. 5.4.1.2.4).

4.6

SAMEVATTING

Volgens Russon (2012:95) is dit duidelik dat daar ʼn tendens ontstaan in terme van die stempatrone van kiesers, wat hy noem ʼn “bell curve” – met groei aan die begin en ʼn afname daarna. Tussen 1994 en 2004 groei ondersteuning vir die regerende party, maar volgens Russon is die keerpunt in die tydperk tussen 2007-2009. Gedurende hierdie tydperk vind die leierskapstryd binne die ANC plaas tussen president Mbeki en sy vise-president, Jacob Zuma, wat lei tot Mbeki se vroeë herroeping as president en Zuma se verkiesing in 2009 as die nuwe president van die Republiek van SA. Die geboorte van COPE is grootliks die gevolg van dié binnegevegte, en een van die redes waarom die ANC se stemgetalle in die 2009 verkiesing ʼn afname getoon het (Russon, 2012:95).

Die afname in kiesersdeelname in verhouding tot kiesersregistrasie en die groeiende SOP, is aanduidend van ʼn onderliggende afname in vertroue in en ondersteuning van demokratiese prosesse. In die laaste twee verkiesings het die ANC meer as 200 000 kiesers verloor, terwyl die kiesersbevolking met 2,5 miljoen gegroei het. Die verkiesingsuitslae in die verskeie metro‟s in die 2014 en 2016 verkiesings dui, volgens Booysen (2014a:164), op die kern van die saak: In Gauteng-metro‟s soos Ekurhuleni, Tswane, Johannesburg en Nelson Mandelabaai in die Oos- Kaap ondersteun kiesers nie meer die ANC se ikoniese status as die helde van die bevryding,

166

of die beweging se potensiaal om bevrydingsbeloftes na te kom nie. Kiesers se veranderende behoeftes noodsaak dat meer klem gelê word op die verbetering van die gemeenskappe se sosio-ekonomiese welsyn en die lewering van basiese dienste. ANC-ondersteuners is ook tradisioneel merendeels landelik – in die stedelike gebiede verloor die ANC ondersteuning, te midde van die kwessies rondom swak regering, ondoeltreffende verteenwoordiging en die kompromittering van leierskap en beleid (Booysen, 2014a:164). Verder is vertroue sedert 2012 in meeste van die regeringsinstitusies aan die afneem. Ontleding van kiesers se persepsie van politieke insluiting en deelname toon dat kiesers se “sense of agency” om institusies te beïnvloed ook laag is (politieke doeltreffendheid). 62,3% van respondente stem saam met die stelling dat “leiers nie gepla is met mense soos ek nie.” 51,6 % stem saam daar is geen manier om openbare amptenare te laat luister nie, terwyl 48% tog sê dat hulle leiers vertrou om die regte ding te doen (Fakir, et al., 2014:20).

Eloff (2015:13) verklaar in sy boek The Turning Point dat SA belas is met vele uitdagings waarvan wydverspreide armoede en werkloosheid die grootste is. Die ekonomie is swakker as ooit tevore, daar is rassespanning en wydverspreide studente-onrus, protes oor dienslewering is ʼn alledaagse gebeurtenis en groot kommer heers oor die vermoëns en vaardighede van die president, regering en staatsdiens. Eskom sukkel om in die land se elektrisiteitsbehoeftes te voorsien en beweerde grootskaalse korrupsie en staatskaping63 vind plaas, veral in staats- en semi-staatsinstansies. Ontwikkeling word gekortwiek en ontevredenheid begin manifesteer wat lei tot onrus, stemapatie en ʼn afname in vertroue in die regerende party (Eloff, 2015:13). In The President's Keepers (2017) ontbloot Pouw die omvang en uitwerking van korrupsie en beweerde staatskaping binne die ANC-regering op die hoogste vlak en kom tot die gevolgtrekking dat toerekenbaarheid in die ANC-regering begrawe word onder wat hy noem “rubbish heaps of sleaze and corruption” (Pouw, 2017:328).

Die ontleding van stempatrone in Hoofstuk 4 skep ʼn duidelike trajek van toename in ondersteuning vir die ANC in Periode 1 en afname in ondersteuning in Periode 2. Die redes vir die erosie van kiesersvertroue word vervolgens ontleed soos per die sentrale teoretiese stelling (Hoofstuk 1,afd. 1.6). Hoofstuk 5 fokus dus op die aanspreek van die navorsingsvraag: Om die oorsake en omvang van die erosie in kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse regering ná 2004 in oënskou te neem.

63

Die verskynsel van staatskaping behels die misbruik van staatsfondse en die bevordering van privaatbelange deur staatsinstansies te infiltreer.

167

HOOFSTUK 5

DIE OMVANG VAN EN REDES VIR DIE EROSIE VAN KIESERSVERTROUE IN

DIE SUID-AFRIKAANSE DEMOKRASIE NÁ 2004

5.1

INLEIDING

In die studie se inleiding word na kiesersvertroue verwys as ʼn omvattende aanwyser van burgers se persepsie van die regering. In die sentrale teoretiese stelling (Hoofstuk 1, afd.1.6) word die redes vir erosie van kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse demokrasie ná 2004 voorgehou as:

 Kwynende relevansie van die bevrydingstryd en ideologie

 Integriteit en geloofwaardigheid van politieke leiers wat bevraagteken word

 Voortgesette armoede, werkloosheid en sosiale ongelykheid in die samelewing

 Verkiesingsbeloftes wat nie nagekom word nie

 Die persepsie van korrupsie64, nepotisme en wanbesteding.

Vyf navorsingsvrae is in Hoofstuk 1 (afd.1.5) gestel en vrae 1 tot 3 is reeds in die studie as volg aangespreek:

Navorsingsvraag 1: Wat is die rol van die staat in verskillende demokratiese bedelings en

waarom is kiesersvertroue belangrik vir die doeltreffende funksionering van die demokrasie?

In Hoofstuk 2 is die teoretiese basis van die studie vasgelê deur die bespreking van verskillende demokratiese beginsels, met verwysing na die demokratiseringsproses in ontwikkelingstate. In transformasionele state (ʼn staat in oorgang van outokrasie na demokrasie) word demokratiese konsolidering teweeggebring deur die uitvoering van prosedurele en substantiewe pligte, in ooreenstemming met verkiesingsbeloftes en -doelwitte. Dit sluit die beskerming van burgers se regte en vryhede, doeltreffende bestuur van die ekonomie, armoedeverligting, werkverskaffing en openbare dienslewering in. Die intervensionele rol van die staat wissel tussen minimale intervensie, waar die staat glad nie inmeng met sosio-ekonomiese prosesse nie, tot totalitarisme waar die staat volle beheer oor alle funksies van die demokrasie uitoefen (verwys Hoofstuk 2,

64In Suid-Afrika verwys die woord korrupsie na die oneerlike, omkoopbare, bedrieglike of onetiese optrede deur ʼn

politieke ampsdraer, openbare beampte of enige ander persoon. Die wetlike definisie vir korrupsie is vervat in die Wet op Voorkoming van Korrupsie, Wet 94 van1992, en verwys na korrupsie as die misbruik van openbare mag vir onwettige profyt (Kalombo, 2005:49). In 2004 word die wet (Wet 12 van 2004) uitgebrei om omkopery deur openbare amptenare, privaat persone en agente ook in te sluit as korrupte optrede (Kalombo, 2005: 51). Kalombo praat van “grande corruption“ (grootskaalse korrupsie) wat deur korrupte politici, amptenare en korporasies soos ministers, senior amptenare en staatshoofde beoefen word en “petty corruption” (burokratiese korrupsie) wat op „n laer vlak, en daagliks, plaasvind tussen lede van die publiek en staatsamptenare soos doeanebeamptes en polisiebeamptes (Kalombo, 2005:55).

168

Figuur 2.1). Die transformasionele staat fokus op welsynprogramme en spesifiek die doeltreffende lewering van basiese dienste soos water, elektrisiteit, en behuising. Op makrovlak is die staat, as houer van vertroue, verantwoordelik vir die handhawing van etiese en morele waardes, soos die bekamping van korrupsie en uitbouing van demokratiese institusies. Kiesersvertroue waarborg legitimiteit waarsonder die staat nie doeltreffend kan funksioneer en die demokrasie kan konsolideer nie. Die teoretiese aspekte van kiesersvertroue op makro-, meso- en toepassingsvlak van die demokrasie word gedefinieer as bestaande uit drie oorvleuelende kategorieë, naamlik politieke (morele), institusionele (ekonomiese) en interpersoonlike (sosiale) vertroue. Kiesersvertroue is instrumenteel tot burgers se persepsie van regeringsprestasie, politieke leiers se gedrag, die doeltreffende uitvoering van beleid en proses, besluitnemingsprosesse van die individu, en kiesers se waarneming van interne en eksterne politieke doeltreffendheid.

Navorsingsvraag 2: Watter invloed het die bevrydingstryd op demokratiese regering en

kiesersvertroue in die post-koloniale Afrika-konteks en watter verantwoordelikhede en verpligtinge het die regering, binne die konteks van ʼn transformasionele staat, teenoor die bevolking?

In Hoofstuk 3 word hierdie tema verder gevoer deur die ontleding van demokratiseringsprosesse in sub-Sahara Afrika, en ʼn raamwerk is geskep waarbinne transformasionele state ontleed word in terme van suksesvolle oorgang en konsolidering. Die demokratiseringsproses in sub-Sahara Afrika-state is dus onder die soeklig geplaas om tendense in kiesersvertroue te identifiseer wat ook in die Suid-Afrikaanse demokrasie van toepassing kan wees. Die nalatenskap van kolonialisme het ʼn negatiewe impak op die verloop van die bevrydingstryd gehad, en was in die meeste sub-Sahara Afrika-state instrumenteel in die evolusie van bevrydingsbewegings na politieke partye. Die meerderheid van hierdie state word steeds gekenmerk deur aspekte soos partydominansie, korrupsie, nepotisme, sentralisering van die regering, en die ondoeltreffende bestuur van regeringsinstitusies en die burokrasie. Die tekort aan staatskapasiteit, swak opposisie en die anti-demokratiese ingesteldheid onder leiers van bewegings het ʼn impak op die suksesvolle implementering van demokratiese prosesse en kiesersvertroue oor die breë spektrum van Afrika-state. Ontwikkelingsdoelwitte is dus grotendeels nie bereik nie en bevrydingsbeloftes in die meeste sub-Sahara Afrika-state nie nagekom nie. Staatspligte soos die beskerming van burgers se regte en vryhede, bestuur van vrye verkiesings, en die beskerming van die grondwet is eenvoudig geminag en wanadministrasie van bronne ter verryking van ʼn bemagtigde elite was aan die orde van die dag. Dié aspekte word as redes aangevoer waarom soveel Afrika-demokrasieë misluk het, of demokratiese konsolidasie in dié state vertraag is.

169

Navorsingsvraag 3: Wat is die eienskappe van en tendense in kiesersvertroue in die Suid-

Afrikaanse demokratiese politieke bestel tussen 1994 en 2004 (Periode 1), en 2005 tot 2017 (Periode 2)?

In Hoofstuk 4 is die trajek van kiesersdeelname in Periode 1 en 2 ontleed om vas te stel tot watter mate die stempatrone van kiesers manifesteer as ʼn aanwyser van kiesersvertroue in die ANC en die Suid-Afrikaanse demokrasie. Die verkiesingsuitslae in die periode 1994 tot 2004 toon ʼn toename in ANC-ondersteuning, wat ook ʼn toename in kiesersvertroue impliseer. Redes vir hierdie toename kan saamgevat word as:

 Geloof in die ANC as bevryder en die ideologie rondom die bevrydingstryd wat nog relevant is

 Opposisiepartye wat nie die vertroue van kiesers wen nie en swak vertoon in nasionale verkiesings

 Uitbreiding van welsynstoelae aan ʼn veel groter deel van die bevolking verseker ondersteuning vir die ANC-regering

 Instelling van demokratiese institusies soos vrye en gereelde verkiesings, die Konstitusionele Hof en ander instellings wat die burgers se regte en vryhede beskerm. Periode 1 toon dus toenemende ondersteuning vir die ANC, maar in Periode 2 manifesteer verkiesingsuitslae in ʼn geleidelike afname in kiesersteun vir die ANC en demokratiese prosesse. Aanduidings uit die studie (in Hoofstuk 4) is dat ondersteuning vir die ANC-regering in Periode 2 afneem as gevolg van:

 Verkiesingsbeloftes wat nie nagekom word nie

 Die bevrydingsboodskap wat nie meer so relevant is nie, as gevolg van kiesers se veranderende behoeftes

 Ondoeltreffende uitvoering van prosedurele en substantiewe staatsbeleid en -pligte

 Kiesers se persepsie van korrupsie, nepotisme en wanadministrasie in staatsinstitusies, op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke

 Kiesers se ontevredenheid met swak dienslewering

 Die vrygebore generasie wat belangstelling verloor in demokratiese deelname en prosesse. Hierdie gedragspatroon word verbind aan lae politieke doeltreffendheid en jonger kiesers se persepsie dat hulle stem geen verskil maak aan verkiesingsuitslae nie. Die ANC se dominante partystatus, opposisiepartye se swak vertoning in verkiesings, en die regering se onvermoë om die kwessies rondom werkloosheid en armoedeverligting op te los, veroorsaak tot ʼn groot mate die erosie van vertroue in die ANC as legitieme regeerder. Die meerderheid van kiesers se persoonlike welsyn het nie oor ʼn tydperk verbeter nie, en kiesers begin by alternatiewe aksies betrokke raak soos onrus en geweld, wegblyaksies met verkiesings en beperkte ondersteuning van opposisiepartye.

170

Navorsingsvraag 4: Wat is die omvang van en redes vir die erosie in kiesersvertroue in die

Suid-Afrikaanse demokrasie ná 2004?

In hierdie hoofstuk (Hoofstuk 5) word die redes vir die afname in ANC-ondersteuning by die stembus verbind aan resultate van empiriese studies wat die omvang van die erosie in kiesersvertroue bepaal. Studies onderneem deur Afrobarometer (Rondte 5 en 6) skep ʼn duidelike beeld van die verlies aan kiesersvertroue op die makro-, meso- en toepassingsvlak van die demokrasie. Kritiese aspekte van “voortreflike regering” (verwys Hoofstuk 2, afd. 2.2.10) in die uitvoering van die ANC se beleid- en regeringsaksies in Periode 2 word onder die soeklig geplaas en die verpligtinge van die Suid-Afrikaanse staat soos in Hoofstuk 4 (afd. 4.4.2) gekwalifiseer, word krities ontleed. Die ondoeltreffende uitvoering van hierdie verpligtinge (beleid), as oorsake van die erosie in kiesersvertroue, word ondersoek om te bepaal of dié verskynsel demokratiese konsolidering vertraag of die demokrasie kwesbaar gelaat het.

Hoofstuk 5 vervat dus die volgende hoofpunte wat die erosie van kiesersvertroue as faktor in die Suid-Afrikaanse demokrasie beskryf:

 Eienskappe van die Suid-Afrikaanse demokrasie in Periode 2 wat ʼn impak op kiesersvertroue het

 Resultate van studies oor kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse demokrasie

 Ondoeltreffende beleidsimplementering as oorsaak vir die erosie van kiesersvertroue ná 2004

 SA as kwesbare of mislukte demokratiese staat

 Teoretiese raakpunte binne die sub-Sahara Afrika-konteks.

Die fokus in hierdie hoofstuk is dus om die omvang en erosie van kiesersvertroue in die Suid- Afrikaanse demokrasie te ontleed teen die agtergrond van demokratisering in sub-Sahara Afrika, en binne die teoretiese raamwerk van liberalisme, transformasie en die sosio- ekonomiese ontwikkeling van agtergeblewe gemeenskappe in SA. Navorsingsvraag 5 (sien Hoofstuk 1, afd.1.5), wat ʼn vooruitskatting na die 2019 nasionale verkiesing behandel, word in Hoofstuk 6 saamgevat.

5.2

EIENSKAPPE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE DEMOKRASIE IN PERIODE 2