• No results found

4.2 AGTERGROND EN ONTPLOOIING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE

4.2.4 Die rol van die Suid-Afrikaanse staat ná bevryding

Die rol van die staat ná bevryding behels nie net die omwenteling en hervorming van die prosedurele dimensie, naamlik die instelling van die konstitusionele demokratiese institusies en wetlike aspekte, nie. Tot ʼn groot mate is die bereiking van doelwitte in die substantiewe dimensie, wat die beskerming van burgers se regte en vryhede en uitvoering van

48 Vanaf 27 April 1994 tot 3 Februarie 1997 is SA regeer deur „n regering van nasionale eenheid onder leiding van die

ANC soos in Klousule 88 van die interim grondwet bepaal. Die IVP, NP en ANC is in die kabinet verteenwoordig, proporsioneel tot die hoeveelheid setels wat elke politieke party gewen het. F.W. de Klerk (die voormalige president) en Thabo Mbeki is aangewys as adjunk-presidente. Die IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi, is aangewys as Minister van Binnelandse Sake. Cyril Ramaphosa, op daardie stadium sekretaris-generaal van die ANC, is aangewys as voorsitter van die Nasionale Vergadering (SAHO, 2014).

49

In Desember 2017 word Cyril Ramaphosa verkies as die ANC-president en hy vervang Jacob Zuma kort daarna as die President van die Republiek van SA. Verwagtinge is dat die ANC onder sy leiding „n meer deelnemende, verantwoordbare beleid sal volg, wat die aanspreek van meeste van die kwessies wat in die Zuma-era demokratiese konsolidering vertraag het, behels. Dit val egter buite die studie se raamwerk.

121

verkiesingsbeloftes in die sosio-ekonomiese sfeer behels, ʼn kritiese aspek van die staat se normatiewe funksie as uitvoerder van die sosiale kontrak (verwys Hoofstuk 2, afd. 2.2.2.1 en 2.2.5). Die aard van die staat as ʼn konstitusionele entiteit en die ontwikkelings- en intervensionele vereistes wat die transformasie meebring, word hiernaas kortliks bespreek.

4.2.4.1 Die aard van die Suid-Afrikaanse staat ná 1994

Die struktuur van die staat is ná 1994 hervorm50 volgens die beginsels van die interim grondwet. Daar is weggedoen met die sogenaamde “Bantoe”-tuislande (Venter, 2014a:9) en nege provinsies, elk met sy eie wetgewende en uitvoerende bestuur, is ingestel. Die parlement is verdeel in twee kamers: die Nasionale Vergadering en die Nasionale Provinsiale Raad (Venter, 2014a:9) en staatsmag is verdeel in drie aparte magsentiteite, soos in Hoofstuk 2 (afd. 2.2.3) deur die teoretici Locke en Montesquieu onderskryf. Figuur 4.1 illustreer die wetgewende en uitvoerende funksies in die Suid-Afrikaanse regeringshiërargie.

Figuur 4.1: Wetgewende en uitvoerende funksies in die Suid-Afrikaanse regeringshiërargie

Bron: Van der Elst (2004:127)

50

Die belangrikste hervorming sou op konstitusionele gebied plaasvind met die aanvaarding en implementering van die grondwet in 1996 en die volle insluiting van alle burgers, op gelyke vlak in die verkiesingsproses. Voor 1994 het die wetgewende struktuur bestaan uit „n driekamer-parlement (sedert 1983), wat blankes, kleurlinge en Indiërs elk in sy eie “kamer”geakkommodeer het. Die swart bevolking was uitgesluit uit hierdie bedeling.

122

Die hoof van die staat – die president – is ook die hoof van die regering en word deur die afgevaardigdes van al die provinsies verkies. Beide die president en kabinet se magsposisies word deur die vertroue van die parlement in stand gehou. Die konstitusionele hof is ingestel as die hoogste hof in die land en hanteer konstitusionele sake, terwyl die appèlhof die hoogste hof is vir alle ander sake. Hoewel die staat in nege provinsies verdeel is, behou die staat ʼn sterk gesentraliseerde nasionale regering met eenvormige nasionale wetgewende mag (Venter, 2014a:8). Alle sekuriteitsfunksies, sowel as die weermag, val onder die nasionale regering. Op sosio-ekonomiese gebied propageer die staat, deur die bekendstelling van die HOP, ʼn sterk intervensionele, mensgesentreerde beleid, met hervorming op alle gebiede van die samelewing (Terreblanche, 1999). Spesifieke neo-liberale beleidsaksies word egter in 1996 op fiskale gebied geïntegreer met die instelling van GEAR, wat die ekonomiese fokus verskuif na privatisering en die toepassing van meer spesifieke vryemarkbeginsels. Sterk fokus op welsynsbeleid bly egter behoue en SA se uitgebreide welsynsprogram spreek die kwessies van armoede en ongelykheid aan deur die instelling van welsynstoelae vir ouderdomspensioen, mediese ongeskiktheid, onderhoud, en werkloosheid. SA pak dus sy demokratiseringsproses aan as ʼn ontwikkelingstaat met ʼn kombinasie van welsyn, intervensionele en neo-liberale beleidsprogramme.

4.2.4.2 SA as ontwikkelingstaat

Die politieke literatuur verwys na ʼn ontwikkelingstaat as ʼn staat wat fokus op ekonomiese groei en ontwikkeling (Gumede, 2014:180). Die ideologiese karakter van die staat sluit ontwikkelingsdoelwitte en ʼn ontwikkelingsagenda in wat deelname van alle belanghebbendes en die daarstelling van institusies wat die ontwikkelingsagenda bevorder, vervat. Volgens Gumede se definisie van ʼn ontwikkelingstaat toon die Suid-Afrikaanse staat die volgende ontwikkelingseienskappe: sterk ontwikkelende elite, relatiewe outonomie en legitimiteit, en die doeltreffende bestuur van privaat ekonomiese belange. SA se ontwikkelingsuitkomste in verhouding tot menslike ontwikkeling is egter swak (Gumede, 2014:180). Die konsensus onder kritici is dat SA ʼn ontwikkelingstaat in proses is51 en verskeie dokumente van die ANC-regering, soos die ANC se Strategy and Tactics-dokument (2007), ondersteun die beskrywing van SA as:

“A democratic developmental state that leads accelerated and sustainable change through interactive, intensive and sustainable transformation of the structural causes of economic exclusion and social underdevelopment, including the spatial imbalances inherited from the apartheid era”

(Gumede, 2014:180).

51 SA toon duidelike eienskappe van „n ontwikkelingstaat, maar is ook „n staat in transformasie – van „n outokratiese

na „n demokratiese bedeling. Die behoeftes van die staat behels dus die hele spektrum van politieke en sosio- ekonomiese hervorming. Die navorser is van mening dat elemente van verskeie intervensionele staatsvorme geïnkorporeer is in die ontwikkelingsproses, soos die welsynsbeleid op sosiale vlak en neo-liberale konsepte in die ekonomiese hervormingsbeleid, wat ten doel het om sosio-ekonomiese hervorming teweeg te bring.

123

Die Strategy and Tactics-dokument is dus duidelik in terme daarvan dat SA as ʼn ontwikkelingstaat ontplooi word. Booysen (soos aangehaal in Gumede, 2014:180) stel dit as volg: “public policy making in South Africa is viewed as an ongoing and interactive process”. Beleidsformulering in ʼn ontwikkelingstaat is dus ʼn dinamiese proses (Gumede, 2014:181). Die doel van die welsynsbeleid, as deel van die ontwikkelingstrategie in SA, was om die erfenis van apartheid af te lê en die ekonomies-agtergeblewe swart gemeenskappe in die post-1994 ekonomie te integreer (Potts, 2011:77). Die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (1997), waarin beginsels en aanbevole programme vir maatskaplike welsyn in SA vervat word (sien afd. 4.3.1.3.4), beskryf die welsynstelsel se primêre uitdaging as volg:

“To devise appropriate and integrated strategies to address the alienation and the economic and social marginalization of vast sectors of the population who are living in poverty, are vulnerable, and have special needs” (Potts, 2011:76).

SA se maatskaplike welsynbeleid inkorporeer die volgende elemente in die ontplooiing van die welsynstelsel (Potts, 2011:76-77): arbeidsabsorberende groei, billike investering in opvoeding, gesondheidsdienste en sosiale ondersteuning vir kwesbare groepe. Potts beklemtoon die welsynstelsel alleen kan nie SA se armoedeprobleem doeltreffend hanteer nie. Die stelsel moet gekombineer word met aggressiewe arbeidstimulerende werksprogramme om die nodige bronne te skep sodat armes en werkloses bemagtig word en sorg vir stabiliteit en voorspoed vir dié gemeenskappe (Potts, 2011:91).