• No results found

Prosedurele en substantiewe verpligtinge van die transformasionele regering in

4.3 ONTLEDING VAN PERIODE 1: 1994-2004 (STYGING IN KIESERSTEUN)

4.3.1 Prosedurele en substantiewe verpligtinge van die transformasionele regering in

In die oorgangsfase (1994-2004) moes die nuutverkose regering die transformasie van „n outoritêre staat na ʼn konstitusionele demokrasie fasiliteer. Die ontwikkeling van SA as ʼn doeltreffende en suksesvolle demokrasie sou grootliks afhang van die mate waarin die bevrydingsregering voldoen aan die prosedurele en substantiewe vereistes52 vir demokratiese konsolidering en die verwesenliking van ontwikkelingsdoelwitte (verwys Hoofstuk 2, afd. 2.3.6).

4.3.1.1 Prosedurele doelwitte en verpligtinge van die transformasionele regering in die oorgangsfase

Volgens Kotze (2015a:9) is die skep van sterk verteenwoordigende demokratiese institusies, prosedures en prosesse dus die eerste taak wat in ʼn demokratiese ontwikkelingskonteks deur die oorgangsregering onderneem moet word. Die fokus is op die institusies en meganismes nodig vir die instelling van die verteenwoordigende en konstitusionele politieke sisteem (Kotze, 2015a:5). In die ANC se 1994 verkiesingsmanifes word verskeie bevrydingsbeloftes gemaak en verkiesingsdoelwitte uiteengesit. Sien Tabel 4.2.

52

Die navorser se interpretasie van die spektrum van prosedurele en substantiewe verpligtinge soos beskryf in die studie, is gebaseer op Kotze (2015a, 4-9) se beskrywing van hierdie dimensies. Die identifisering van die belangrikste verpligtinge is gebaseer op „n kombinasie van die ontleding van ANC verkiesingsbeloftes en die toepassing daarvan binne Kotze se kriteria.

126

Tabel 4.2: Die vyf belangrikste prosedurele verpligtinge van die Suid-Afrikaanse regering in Periode 1

Bron: Kotze (2015a:4); ANC-manifes (1994a)

Die prosedurele dimensie staan nie los van die substantiewe dimensie nie, en die twee dimensies oorvleuel ook in terme van ontwikkelingsdoelwitte en verkiesingsbeloftes.

4.3.1.2 Substantiewe doelwitte en verpligtinge van die transformasionele regering

In die substantiewe dimensie is die fokus op sosiale geregtigheid en om ʼn omgewing te skep waarbinne die demokrasie kan konsolideer en verdiep (Kotze, 2015a:7). Die twee dimensies is interafhanklik: doeltreffende uitvoering van die prosedurele funksies kan gekortwiek word as faktore in die substantiewe dimensie die volle deelname van alle burgers belemmer, en vice versa. Daar moet ʼn verbondenheid wees tot individuele vryheid en die staat moet ʼn omgewing skep wat geleenthede vir selfontwikkeling bied. Soos per die verkiesingsmanifes van 1994 en 1999 word die volgende ontwikkelingsdoelwitte (soos aangedui in Tabel 4.3) op substantiewe vlak beklemtoon.

127

Tabel 4.3: Die vyf belangrikste substantiewe verpligtinge van die regering in Periode 1

Bron: Kotze (2015a:5); ANC-manifes (1994a)

Die beplanningstrategie vir die uitvoering van dié verpligtinge en verkiesingsbeloftes soos in beleidsprogramme vervat, word vervolgens uiteengesit.

4.3.1.3 Beleidsprogramme geloots in Periode 1 (die oorgangsfase)

Terwyl daar groot prosedurele veranderinge op politieke gebied plaasgevind het (soos byvoorbeeld die instelling van ʼn verteenwoordigende parlement en skeiding van magte met nasionale, provinsiale en plaaslike federale regeringstrukture), het die ontwikkelingsdoelwitte van die transformasionele regering in Periode 1 hoofsaaklik gesentreer rondom die substantiewe dimensie en verbetering van die swart gemeenskappe se sosio-ekonomiese omstandighede in SA. Aan die kiesers is die toekomsvisie voorgehou van ʼn vreedsame, vrye en demokratiese SA. Die ANC se belofte in die 1994-manifes is: “A better life for all ... working

together for jobs, peace and freedom” (ANC, 1994a).Beter geleenthede vir behuising, sanitasie, onderwys, eiendomsbesit en werksgeleenthede word voorgehou as die oplossing vir die dekades lange onderdrukking en materiële ontneming (Twala, 2014:563). Die ANC het ook die slagspreuk “ready to govern” in die 1994 verkiesingsveldtog gekombineer met ʼn wenformule: die belofte van ʼn beter lewe aan die ANC se hoofsaaklik verarmde kieserskorps binne die eerste vyf jaar van die nuwe bedeling (Twala, 2014:563). Die verwesenliking van

128

ontwikkelingsdoelwitte in Periode 1 word in verskeie beleidsdokumente vervat, maar vir die doel van dié studie word vier beleidsprogramme uitgelig, naamlik: die Heropbou- en Ontwikkelingsplan (HOP), die Growth and Redistribution-program (GEAR), die Witskrif vir die Transformasie van Openbare Dienste (1997) en die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (1997). Hierdie programme spreek die kern van burgers se behoeftes in die oorgangsfase aan, in beide die prosedurele en substantiewe dimensies, soos vervat in die studie.

4.3.1.3.1 Die ANC se welsyn- en ontwikkelingsbeleid (HOP)

Die staat se doelwit om die diskriminerende beleid van apartheid uit te wis, lei tot die instelling van een van die omvattendste welsynprogramme ter wêreld (Terreblanche, 1999). Die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) word vrygestel voor die 1994 verkiesing deur die drieparty-alliansie (ANC, SAKP en COSATU) as sy primêre beleidsdokument. Die HOP se ontwikkelingsfokus is dat dit ten volle “mensgesentreerd” moet wees en fokus op die “aanvraag”-aspekte van die ekonomie (Gumede, 2014:233). Die HOP identifiseer die volgende hoofdoelwitte:

 Om in die basiese behoeftes van die armer 40% van die bevolking (17 miljoen) te voorsien

 Om fundamentele hervorming van menslike bronne onder agtergeblewe gemeenskappe teweeg te bring en so die ekonomie, tot voordeel van alle burgers, te hervorm

 Om die demokratisering van staat en gemeenskap teweeg te bring (Terreblanche, 1999). In aansluiting tot die 1994 verkiesingsmanifes sentreer die aksieplanne vervat in die HOP om die bou van een miljoen huise binne die eerste vyf jaar van demokrasie; elektrisiteitsverskaffing aan alle skole, klinieke en 2,5 miljoen huishoudings; herdistribusie van produktiewe grond; die instelling van ʼn uitgebreide welsynbeleid; watervoorsiening aan alle huishoudings; gratis mediese sorg aan kinders onder ses jaar en verwagtende vroue; werkskepping en opvoedingsprogramme om ongeletterdheid aan te spreek; implementering van programme vir die bekamping van tuberkulose en vigs (Gumede, 2015:233).

In die 1994-manifes word spesifiek verwys na die HOP as die ANC se primêre beleidsdokument. Die ANC skep dus die verwagting by kiesers dat spesifieke programme soos per die HOP-Witskrif geïmplementeer sal word. Die ANC se verkiesingsmanifes spesifiseer duidelik:

“These are the principles which will guide us as we work together to build a new society. The detailed framework is contained in our Reconstruction and Development Programme”(ANC, 1994). Terwyl die oogmerke van die HOP grootliks intervensioneel van aard was en op sosiale vlak resultate begin lewer het, kon dieselfde nie van ekonomiese hervorming gesê word nie. Ekonomiese programme het in die twee jaar, 1994 tot 1996, nie wesentlike positiewe uitkomste

129

getoon nie, en dus ʼn herondersoek van die fiskale beleid genoodsaak, soos hierna bespreek word.

4.3.1.3.2 Neo-liberale ekonomiese beleid (GEAR) 1996

Die verspreiding van rykdom word grootliks teweeggebring deur werkskepping. Met baie hoë werkloosheidsvlakke in SA, is die bereiking van die HOP se doelstellings bemoeilik deur onstabiele en vertraagde ekonomiese groei. In Junie 1996 wysig die ANC se Departement van Finansies skielik die intervensionele ekonomiese beleid na ʼn meer neo-liberale ekonomiese beleid met die publikasie van ʼn makro-ekonomiese strategie genaamd Growth, Employment and Redistribution (GEAR). Die doel van dié dokument was om ʼn omvattende en geïntegreerde makro-ekonomiese strategie daar te stel wat die standpunt handhaaf dat onderhoudende groei, om die nodige ekonomiese kapasiteit te skep, transformasie vereis na ʼn meer kompeterende uitwaarts-georiënteerde ekonomiese beleid (Terreblanche, 1999)

.

Met die aanvang van die alles-insluitende demokrasie in 1994, en spesifiek met die bekendstelling van GEAR in 1996 (die formulering van die ekonomiese beleid), word die regering sterk beïnvloed deur neo-liberale ekonomiese idees53, soos ʼn streng monetêre beleid, privatisering van staatsbates, verlaging van handelsversperrings, konserwatiewe fiskale beleid en ʼn uitvoergebaseerde ekonomie in lyn met vryemarkbeginsels (Venter, 2014:16). GEAR fokus op ʼn kompeterende strategie wat ʼn hoër groeikoers teweegbring deur die herprioritisering van die regering se begroting en sluit in: die spandering op sosiale programme, herstrukturering van die openbare sektor en ʼn toename in privaat sektor-investering, gefinansier deur buitelandse belegging (Terreblanche, 1999). Die hoofverskil tussen die HOP en GEAR is dat die HOP in beginsel ʼn mensgeoriënteerde ontwikkelingsbeleid verteenwoordig, terwyl GEAR die redding, uitbouing en versterking van die Suid-Afrikaanse ekonomie deur ʼn verhoogde ekonomiese groeikoers in ʼn onbeperkte kapitalistiese stelsel voorsien. Ekonomiese groei stimuleer arbeidsgeleenthede en die uitkoms van ʼn verbeterde arbeidsmark stimuleer weer die nodige herdistribusie van inkomste (Terreblanche, 1999). Die HOP se hoofdoel was die direkte aanspreek van die verlede se ongelykhede, terwyl GEAR die neo-liberale beginsels van vryemark, privatisering en deregulering voorstaan.

4.3.1.3.3 Witskrif vir die Transformasie van Openbare Dienste (1996)

Ook bekend as die “Batho Pele”-Witskrif, wat beteken “die mense eerste”, is die doelwit van hierdie beleidsdokument om standaarde te stel vir die lewer van voortreflike kliëntediens aan die gebruikers van regeringsbronne. Die Witskrif behels beginsels, riglyne, voorstelle en programme vir sosiale welsynsontwikkeling wat sentreer rondom konsultasie, dienslewering,

53

130

deursigtigheid, beleefdheid en toegang tot inligting. Die Witskrif dien, volgens Naidoo (2005:95) as basis van die oorgangsregering se doelwitte om die wanbalanse en ongelykhede in dienslewering te herstel. Die rol van SA se openbare dienslewering word herdefinieer as ʼn vennootskap tussen regering en burgers, wat nie die rigiede, gesentraliseerde stelsel van pre- 1994 vervat nie, maar ʼn meer aanpasbare en strategiese ontwikkelingsmodel wat doeltreffender is, en aan die behoeftes van agtergeblewe gemeenskappe voldoen (Naidoo, 2005:95).

4.3.1.3.4 Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (1997)

Openbare spandering sentreer rondom ʼn welsynsbeleid om onder agtergeblewe gemeenskappe armoedeverligting te bring en ook die ANC se magsbasis te versterk. In 1994 word beraam dat werkloosheid op 31,5% lê (Statistics SA, 1994). In die 1994/1995 fiskale begroting beloop welsynstoelae die totale bedrag van 10 biljoen rand, of 6,6% van die totale begroting. Welsynstoelae is uitbetaal aan 2,9 miljoen ontvangers, wat toelae ingesluit het vir ouderdomspensioen, oorlogsveterane, onderhoud, afhanklikes, pleegsorg en mediese onbevoegdheid (ANC, 1994a).

Die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn, vrygestel in 1997, bevat beginsels, riglyne, voorstelle en intervensionele programme vir maatskaplike welsynsontwikkeling wat die regering in staat stel om ʼn beleid te implementeer wat welsynstoelae uitbrei en verhoog (Potts, 2011:76). Gedurende die eerste dekade word 90% van die welsynsbegroting na toelae geallokeer. Die maatskaplike welsynbeleid se doel is nie net om ekonomiese vooruitgang te stimuleer en armoede uit te wis nie, maar ook om meer gelyke maatskaplike ontwikkeling te bevorder (Potts, 2011:76). Teen 2004 word R34 biljoen in totale welsynstoelae aan meer as 7 miljoen begunstigdes uitbetaal (ANC, 2004).

Die beloftes en doelwitte soos in dié vier beleidsdokumente uiteengesit, vorm die basis van die ANC se verkiesingsveldtogte in die oorgangsfase (Periode 1). In die volgende afdeling word die drie nasionale en twee plaaslike verkiesings se uitslae bespreek en patrone van kiesersdeelname geïdentifiseer wat ʼn sterk aanduiding is van die trajek wat ondersteuning vir die ANC-beleid en -beginsels in Periode 1 volg.

4.3.2 Uitslae van nasionale/provinsiale en munisipale verkiesings in Periode 1