• No results found

4.5 VERGELYKING VAN VERKIESINGSUITSLAE EN STEMPATRONE (PERIODE

4.5.2 Evaluasie van stempatrone in verkiesings

Hoofstuk 2 (afd. 2.2.6.1) gee noukeurig aandag aan die deelname van bu9rgers in die demokratiese

58 Die dominante partystelsel manifesteer in „n demokrasie wat prosedureel demokraties is, maar die politie oorheers

in terme van mag, invloed en bronne (De Jager, 2015:166). Terwyl die ANC daarin geslaag het om vyf agtereenvolgende verkiesings met meer as 62% te wen, stel die afname in die breë ondersteuningsbasis en stemapatie onder kiesers voor dat vertroue aan die afneem is as gevolg van lae politieke doeltreffendheid (De Jager 2015:169).

59

Die ANC se ondersteuning ná die 2014 nasionale verkiesing is nog steeds bo 60% en die ANC behou nog steeds dominante mag en invloed in die regering oor staatinstitusies en partylede (De Jager, 2015:163).

160

prosesse. Aktiewe kiesersdeelname word deur verskeie teoretici uitgewys as noodsaaklik vir ʼn gesonde demokrasie om doeltreffend te funksioneer. SA se kiesersdeelname in nasionale verkiesings is oor die algemeen hoër as in munisipale verkiesings (ook wêreldwyd). In die 1994 nasionale verkiesing was daar ʼn 85,53% stemopkoms (sien Tabel 4.19), met ʼn 8,5% afname na 77,3% in 2009. Stemopkoms in die plaaslike verkiesing was 48,06% in 2000 en 48,4% in 2006(Booysen, 2012). Die tendense in kiesersdeelname is ʼn sterk aanwyser van die vlakke van kiesersvertroue (verwys Hoofstuk 2, afd. 2.4.2.8). Terwyl daar verskeie veranderlikes is wat kiesers se persepsie en houding teenoor die regering, demokratiese prosesse en partye kan voorspel, word die volgende patrone in kiesersgedrag geïdentifiseer as die manifestasie van lae vlakke van kiesersvertroue:

 Stemopkoms as persentasie van SOP

 Stemapatie onder jong kiesers (vrygeborenes).

Hierdie tendense word vervolgens verduidelik ter ondersteuning van die argument dat kiesersvertroue in Periode 2 erodeer.

4.5.2.1 Stemopkoms as persentasie van SOP

In aansluiting by bostaande punt toon Tabel 4.19 die toename in stemregistrasies vanaf 1999 tot 2014. Die aantal geregistreerde kiesers, wat in 2014 net meer as 25 miljoen van die ongeveer 33 miljoen geldige SOP60 verteenwoordig, dui op ʼn afwaartse neiging. Stemdeelname het duidelik van 19,5 miljoen in 1994 gedaal na 18,4 miljoen in 2014 (ná ʼn redelike toename in 2009).

Tabel 4.19: Tendense in stemdeelname in nasionale verkiesings: 1994-2014

Bron: Fakir (2014:13); IEC (2014); Schulz-Herzenberg (2014a:2)

In terme van stemopkoms as persentasie van die SOP is daar dus ʼn sistematiese daling sedert 1999, wat daarop dui dat minder mense deurlopend oor die twee periodes stem. Hierdie

60

Die SOP-syfer word verskillend verklaar, afhangende van die studie geraadpleeg. Fakir, et al., gee die syfer aan as 31,4 tot 34,4 miljoen. Vir die doeleinde van dié studie word die syfer van 32 687 600, soos deur Schulz-Herzenberg, (ISS Policy Brief 61, 2014) verklaar, as die aanvaarde syfer gebruik.

161

tendens dui ook op ʼn daling in vlakke van vertroue in demokratiese prosesse, aangesien kiesers belangstelling verloor in politieke prosesse en nie langer glo dat hulle as “agente van verandering” kan optree nie (verwys Hoofstuk 2, afd. 2.4.2.3.2). Soos beide Tabel 4.19 en Figuur 4.5 aandui, is daar ʼn geleidelike daling in die persentasie van stemopkoms teenoor stemregistrasie sedert 1994: van 89,30% na 73,3% in 2014. Stemregistrasie, as persentasie van SOP, neem af van 80% in 1999 na 75% in 2004, maar styg weer na 78% in 2014 (Schulz- Herzenberg, 2014a:2).

Figuur 4.5: Verhouding tussen die SOP, geregistreerde kiesers en stemopkoms oor Periodes 1 en 2

Bron:Soos aangepas en vertaal uit Schulz-Herzenberg (2014(b):3)

Soos Figuur 4.5 aandui, neem die SOP toe van 23/25 miljoen in 1999 na ongeveer 33 miljoen in 2014. Stemregistrasie styg van 18 miljoen in 1999 na 25 miljoen in 2014, maar daal teen die SOP met 3%. Stemopkoms daal van 20 miljoen na 19 miljoen, en in totaal 14% teenoor die SOP vanaf 1999 tot 2014. Daarteenoor toon die ondersteuning vir die ANC as persentasie van die SOP reeds sedert 1999 ʼn geleidelike afname, wat impliseer dat kiesers reeds ná die 1994 verkiesing stelselmatig politieke vertroue begin verloor het in demokratiese prosedures en verkiesingsprosesse. Figuur 4.6 toon dat terwyl die ANC dus in 2004 amper 70% van die stemme wen, dit slegs 40% van die SOP is, met ʼn verdere daling na 35% in 2014 (Schulz- Herzenberg, 2014a:4).

162

Stemopkoms, as persentasie van die kiesersrol neem af van 89% in 1999 na 73% in

2014

Stemopkoms as proporsie van SOP daal van 86% in 1994

na 57% in 2014

Stemopkoms as proporsie van SOP daal van 86% in 1994 na 57% in 2014.

Figuur 4.6: Persentasie ANC-kiesersondersteuningteenoor SOP (Periode 1 en 2)

Bron: Schulz-Herzenberg (2014a:4)

Die volgende tendense in kiesersgedrag is dus van belang:

 7,2 miljoen kiesers is sedert 1999 tot die kiesersrol toegevoeg – meer as 2 miljoen met elke verkiesing. Slegs 34% van daardie kiesers (2,4 miljoen) het in 2014 gestem.

 Die ANC het sedert 1999 slegs ʼn totaal van 835 581 stemme bygekry.

 Die DA het sedert 1999 2,6 miljoen stemme bygekry – 1,7 miljoen meer as die ANC.

 Stemopkoms sedert 1999 daal met 16% van 89,3% na 73,5% in 2014, soos in Tabel 4.25 geïllustreer.

Figuur 4.7: Stemopkoms as persentasie van kiesersregistrasie en SOP in die nasionale verkiesings vanaf 1994 tot 2014

Bron: Schulz-Herzenberg (2014a:2)

ANC proporsie van stemme in 5 nasionale

verkiesings

ANC stemme proporsioneel tot SOP

163

4.5.2.2 Die impak van opposisiepartye in verkiesings

Volgens Mattes (2005:62) het Suid-Afrikaanse kiesers ʼn baie negatiewe persepsie van opposisiepartye. Kiesers wat ontevrede is met regeringsprestasie, en alternatiewe soek, word gekonfronteer met ʼn spul opposisiepartye, waarvan hulle feitlik niks weet nie61. Hulle bly dus eerder weg van die stembus, wat bydra tot die skerp daling in stemopkoms. In SA het die opposisiepartye tot onlangs (2016) nie werklik ʼn impak op die nasionale politieke landskap uitgeoefen nie (verwys Tabel 4.20). Die rol van opposisie is noodsaaklik (soos in Hoofstuk 3, afd. 3.2.4 beskryf) as ʼn belanghebbende in die formulering van wetgewing, en om as “hekwagter” op te tree. Terwyl daar ʼn menigte klein partye aan die verkiesings oor albei periodes deelgeneem het, het net twee opponerende partye in die laaste dekade ʼn merkbare impak gehad: die DA en die EFF. Sadie (2014:190) is van mening dat meeste opposisiepartye in eiebelang opgetree en nie noodwendig die kiesers verteenwoordig het nie. Ernstige interne konflik asook ʼn tekort aan ideologiese grondslag het tot gevolg gehad dat meeste opposisiepartye nie werklik ʼn houvas as kompeterende politieke alternatief kon kry nie en hul lewensduur was dus beperk. In die 2014 nasionale en 2016 plaaslike verkiesings het beide die DA en EFF egter strategiese oorwinnings behaal, wat aandui dat die politieke simpatie van kiesers sedert 2014 besig is om te verskuif na politieke alternatiewe, en dat daar ʼn afwaartse trajek – wat Booysen (2015:188) beskryf as “gradual but relentless” – sigbaar is. Dit manifesteer in die sistematiese toename in ondersteuning vir die opposisie onder kiesers wat ontnugterd raak met die ANC-regering. Tabel 4.20 toon die geleidelike afname in ANC-ondersteuning sowel as die toename in DA-ondersteuning.

Tabel 4.20: Vergelykings in party-ondersteuning: 2004 tot 2014

Bron: Booysen (2015:199); February en Faull (2014)

Met die 2016 munisipale verkiesings vind die eerste werklike deurbraak van opposisiepartye plaas met die twee-derde oorwinning van die DA in die Wes-Kaap en koalisie-oorwinnings in

61

Belangsteling in opposisiepartye is histories laag in Afrika-demokrasieë as gevolg van die feit dat die regerende party, as die bevryder, aanvanklik gesien word as die enigste legitieme regering. Kennis van opposisiepartye is dus min, ook omdat in vele state media en openbare blootstelling van opposisiepartye aan bande gelê is deur die regerende party. In Periode 2 begin ondersteuning vir „n gekonsolideerde opposisie (DA) geleidelik toeneem.

164

Tshwane en Nelson Mandelabaai-metro‟s (27 munisipaliteite in totaal), waarin die ANC die meerderheid verloor.

4.5.2.3 Stemapatie onder jonger kiesers

Wêreldwyd, en veral in ontwikkelende state, word die tendens geïdentifiseer dat jonger kiesers apaties raak teenoor politieke prosedures62 en daar ʼn afname in stemregistrasie onder jonger burgers voorkom (Potgieter & Lutz, 2014:10); (Schulz-Herzenberg, 2014a:2).Volgens Potgieter en Lutz (2014:19, 25) identifiseer jonger kiesers, veral die wat as “vrygebore” geklassifiseer word (ná 1994 gebore) minder met die bevrydingsideologie van die ANC. Jonger kiesers toon ʼn groter voorkeur vir die bevrediging van sosio-ekonomiese behoeftes soos opleiding en werksgeleenthede as dryfkrag tot politieke besluitneming, teenoor die toenemende irrelevante strydpolitiek van 20 en selfs 10 jaar gelede.

Die stemregistrasie- en opkomsgetalle van jonger kiesers het wesentlike implikasies vir kiesersdeelname in Periode 2, aangesien SA se bevolking jonger word en nie dieselfde lojaliteit as ouer kiesers teenoor die ANC toon nie. Na beraming was daar in 2014 10,9 miljoen stemgeregtigde kiesers tussen die ouderdom van 18 tot 29 jaar (34% van die bevolking) in SA. Slegs 6,4 miljoen het egter geregistreer om te stem (Potgieter & Lutz, 2014).

Figuur 4.8: Nasionaal geregistreerde kiesers tussen die ouderdomme 18-29 jaar

Bron: Potgieter en Lutz (2014:14)

4.5.3 Houding

van

kiesers

teenoor

stemprosesse

(Interne

politieke