• No results found

Mislukkings op substantiewe gebied in die konsolidering van demokrasie in sub-Sahara

3.3 DIE ROL VAN DIE STAAT EN PROSEDURELE EN SUBSTANTIEWE MISLUKKINGS

3.3.2 Mislukkings van Afrika-regerings op die prosedurele en substantiewe gebied van

3.3.2.3 Mislukkings op substantiewe gebied in die konsolidering van demokrasie in sub-Sahara

Die mislukking van sub-Sahara Afrika-regerings op substantiewe gebied van demokratiese konsolidering word in drie areas uitgelig:

35 Thomson (2017:11) praat van die “koloniale erfenis” wat insluit die instelling van arbitrêre grense, swak skakeling

tussen die staat en gemeenskap, bevordering van ʼn staatselite, en afwesigheid van sterk politieke institusies.

36

Volgens die Wêreldbank (in Cheeseman, 2015:61) word Botswana se Gini-koëffisiënt egter op 0,61 beraam, (0,60 in 2009), wat Botswana saam met Namibië en SA onder die vier mees ongelyke gemeenskappe in die wêreld plaas, en ook as ʼn dominante partystaat klassifiseer (Cheeseman, 2015:188). Terwyl beide Botswana en SA as “vry” beskou word, word albei hierdie demokrasieë nie as suksesvolle gekonsolideerde demokrasieë beskou nie, as gevolg van, onder andere, partydominansie wat ʼn groot deel van die bespreking rondom die erosie van kiesersvertroue in Hoofstuk 5 vorm.

97

 Mislukking in die uitbouing van ʼn deelnemende politieke kultuur en versterking van nasionale identiteit en gemeenskapsbronne (sosiale kapitaal)

 Onvermoë om sosio-ekonomiese behoeftes te bevredig, armoede te verlig en die algemene welsyn van burgers te verbeter

 Die verskynsel van korrupsie op alle vlakke van regering, met geen toerekenbaarheid nie. In die substantiewe dimensie word die behoeftes van kiesers, soos subjektiewe welsyn en dienslewering, gemeet soos hieronder verduidelik.

3.3.2.3.1 Mislukking in die uitbouing van ʼn deelnemende politieke kultuur, nasionale identiteit en gemeenskapsbronne (sosiale kapitaal)

Die bevrydingsbewegings in sub-Sahara Afrika het state geërf waarvan die grense nie vasgestel was met inagneming van die ligging en geskiedenis van die verskillende etniese groepe nie, maar eerder volgens ʼn geostrategiese logika (Cheeseman, 2015:22). Etniese spanning het dus die formasie van ʼn verenigde nasionalisme bemoeilik. Postkoloniale regimes het onenigheid as voorloper van burgerlike onrus gesien, en om dit te bekamp die regte en vryhede van burgers ingeperk om nasionale eenheid ten alle koste te probeer verseker (Cheeseman, 2015:26). Etniese verhoudinge is as ʼn struikelblok beskou en stamverband as ‟n “sonde” teen die postkoloniale staat (Thomson, 2017:37). Die regerings het politieke en burgerlike aktiwiteite ingekort, politieke partye verban, werkersunies, jeug- en vrouebewegings beperk en selfs oorgeneem. Pluralisme moes opgeoffer word vir eenheid en nasionalisme, tot op die punt waar selfs verskillende tale geïgnoreer en slegs een nasionale taal aangewys is.

Thomson plaas state in sub-Sahara Afrika in die kategorie van “minimale politieke kultuur”, aangesien dié state geen sterk institusies soos stabiele verkiesingstrukture kon onderhou nie en die wetlik-rasionele institusies verruil is vir institusies wat persoonlike heerskappy bevorder het (Thomson, 2017:137). Die politieke kultuur in sub-Sahara Afrika, as ʼn onderworpe kultuur met parogiale politieke oriëntasies, word dus gekenmerk deur ʼn afwesigheid van populêre deelname en ʼn gevoel van onmagtigheid onder die burgery om op te tree teenoor die sentrale regering, wat nie hulle belange op die hart dra nie (Nelson, 2012b:548).

Volgens Thomson (2017:259) het die politieke omgewing in sub-Sahara Afrika egter sedert die 1990‟s verbeter en hy beskryf die huidige regerings meestal as “hybrid electoral autocracies”. Die oorskakeling van state in die laaste twee dekades na veelpartystelsels (hoewel gebrekkig) het ook die stelselmatige versterking van burgerlike gemeenskappe en assosiasies soos menseregtegroepe, kerke, werkersunies en professionele assosiasies teweeggebring (Thomson, 2017:258). Die gevaar van plaaslike etnies-gebaseerde kompetisie en spanning is egter nog ʼn werklikheid, soos tot onlangs in state soos Kongo-Brazzaville, Kenia, Malawi, Zambië en Suid-

98

Soedan bewys37 (Thomson, 2017:254). Sub-Sahara Afrika-regerings het grootliks misluk in hul pogings om ʼn vertrouensverhouding tussen staat en burgerlike gemeenskappe te bou. Inteendeel, navorsing in dié verband het getoon die vertrouensverhouding tussen staatsinstitusies, die gemeenskap en individue is steeds swak, soos in afd. 3.4 bespreek word.

3.3.2.3.2 Onvermoë om sosio-ekonomiese behoeftes te bevredig, armoede te verlig en die algemene welsyn van burgers te verbeter

Die sukses of mislukking van die demokratiseringsproses is, volgens Welzel (in Nelson, 2012b:535), ʼn funksie van die gemeenskap se makrostrukturele eienskappe, soos die vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling en interne sosiale en etniese verdelings. Die noue verband tussen sosio-ekonomiese ontwikkeling en demokratisering is reeds in Hoofstuk 2 (afd. 2.2.8.1) beklemtoon. Afrika, soos Nelson beskryf, is in vele opsigte onderontwikkeld en deurtrek van armoede en hy ondersteun hierdie argument as volg:

 Die ongelyke verspreiding van inkomste is die hoogste in Afrika (veral in sub-Sahara Afrika) in vergelyking met ander wêreldstreke. Oor die afgelope drie dekades was daar geen toename in inkomste vir die inwoners van Afrika nie. Die World Hunger Education Service (soos aangehaal deur Nelson, 2012b:569) verklaar 50,9% van sub-Sahara Afrika se inwoners val tans onder die 1,25 VSA dollar-per-dag armoede-klassifikasie. Afrika is die enigste vasteland wat in die laaste 25 jaar verarm het, terwyl dit nie in onderontwikkelde lande in die res van die wêreld gebeur het nie.

 Die vinnige bevolkingsgroei in Afrika vererger die armoede-probleem. Afrika se bevolking het van 221 miljoen in 1950 gegroei tot 1 biljoen in 2009. As die wêreld se armste kontinent het Afrika die hoogste bevolkingsgroei.

 Swak bestuur van die omgewing soos oorbewerking van grond en ontbossing dra by tot ʼn tekort aan produktiwiteit, wat ontwikkeling in die landbousektor kortwiek.

 Voortdurende politieke konflik is een van die groot oorsake van honger en armoede en ook verantwoordelik vir die vlugtelingprobleem in Afrika. Teen 2011 was 13,5 miljoen mense, amper 20% van die wêreld se vlugtelinge, in Afrika intern ontheem (Thomson, 2017:219). Sachs (in Nelson, 2012b:569) voer aan dat strukturele faktore soos hoë vervoerkostes en klein markgroottes, ʼn hoë siektelas, ongunstige geopolitiek en die trae diffusie van buite-kontinentale tegnologie na Afrika, as oorsake van Afrika se verarming beskou word. Paul Collier (in Nelson, 2012b:569) voeg hierby dat die etnies diverse gemeenskappe in Afrika nie daartoe in staat is om hulpbronne doeltreffend te ontgin nie. Diamond (in Nelson, 2012b:570) skryf die ekonomiese stagnasie grootliks toe aan die misbruik van staatsfondse om die ondersteuningsbasis van

37

Konflik manifesteer as gevolg van die kunsmatige grense soos deur koloniale regerings ingestel, wat verskillende etniese groepe geografies gedwing het om in „n enkele staat saam te woon. In die eenpartystaat was mobilisasie van individue en groepe onmoontlik en die kompetisie tussen etniese groepe om politieke beheer was grootliks verantwoordelik vir etniese geweld, wat nog sporadies voortduur in state soos hierbo genoem (Thomson, 2017:254).

99

regimes in stand te hou, en noem dit die “patologie van persoonlike heerskappy”. Verdere faktore wat die sosio-ekonomiese ontwikkeling boikot, is die feit dat demokratiserende state in Afrika nie oor die institusionele mag beskik om die uitdrukking van opponerende beskouings toe te laat, of die verdraagsaamheid het om gewelddadige teenreaksies te temper nie (Nelson, 2012b:573).

Eksterne faktore soos Afrika se posisie in die wêreldekonomie en die inkorting van finansiële ondersteuning van donateurstate kan as bydraende oorsake van mislukking van ekonomiese ontwikkeling in Afrika-state beskou word (Thomson, 2017:213). Intern is die onvermoë van oorgangsregerings oor die laaste paar dekades, om die basiese prosesse van “goeie regering” toe te pas, egter die oorhoofse rede vir die ekonomiese krisis in sub-Sahara Afrika. Die investering van geakkumuleerde kapitaal in ondoeltreffende sekondêre vervaardigingsektore is ten koste van die landbousektor gedoen (Thomson, 2017:215). Kapitaal is aangewend om staatsinstitusies uit te brei en hierdie burokrasieë het so groot geword dat dit nie meer deur hul eie ekonomieë onderhou kon word nie (Thomson, 2017:216). Korrupsie in die staatsektor en onderhoud van begunstiger-kliënt-netwerke het verseker dat politieke belange eerste bedien word, ten koste van sosiale en ekonomiese belange. Die krimpende staatskapasiteit het ʼn ernstige uitwerking op openbare dienste soos gesondheid, vervoer, en onderhoud van infrastruktuur soos paaie en elektrisiteitsverskaffing begin toon. Afrika-state het as kwesbare en selfs mislukte state begin bekend staan, aangesien hulle nie langer basiese funksies soos die beskerming van territoriale grense, orde en sekuriteit kon handhaaf nie. Burgers het begin om in die vorm van opstande en guerrillaveldtogte teen die verswakte state te rebelleer. Groot groepe burgers het eenvoudig die land as vlugtelinge of deur emigrasie verlaat, terwyl ander meer op plaaslike strukture begin staatmaak het vir hul welsyn (Thomson, 2017:219), wat gelei het tot die totstandkoming van ʼn uitgebreide informele ekonomiese sektor.

Volgens die International Labour Organisation (Muchira, 2017) dra die informele ekonomie in Afrika 50-80% by tot die bruto binnelandse produk, 60-80% van werkverskaffing en 90% van nuwe werksgeleenthede. Die ontwikkeling van die informele sektor, bekend as die tweede ekonomie of parallel markte, het begin floreer in Afrika en teen 1980 het meeste Afrika-state se burgers staatgemaak op dié “tweede ekonomie” vir hul daaglikse bestaan (Thomson, 2017:221). Tot 90% van Tanzanië se graanproduksie is verhandel deur parallel markte. Staatskapasiteit het geweldig begin afneem en die state kon nie langer outoriteit handhaaf nie. In state soos Mosambiek en Angola het guerrillagroepe in opstand teen die regering gekom. Ethiopië het beheer oor territoriale gebiede soos Eritrea en Tigray verloor. In Uganda en Tjad het die state geheel en al tot niet gegaan. In die 1990‟s het staatsmag gedisintegreer in Liberië, Sierra-Leone, Somalië, Rwanda en die DRK. (Thomson, 2017:222). Uitkoms vir vele state het dus gekom in die vorm van veelpartyverkiesings en hervorming in die 1990‟s, wat ʼn meer voordelige balans

100

geskep het tussen regering en die burgerlike gemeenskap, en as ʼn oorlewingstrategie deur politieke leiers beskou is

(Thomson, 2015:245). Volgens Thomson bly baie sub-Sahara Afrika-state egter in ʼn kwesbare toestand en behou Afrika-leiers grotendeels hul houvas op staatsmag in die huidige dekade as gevolg van swak opposisiepartye, korrupsie en die manipulering van verkiesingsprosesse en presidensiële termyne (Thomson, 2017:252).

3.3.2.3.3 Die verskynsel van korrupsie op alle vlakke van regering met geen toerekenbaarheid nie

In Hoofstuk 2 (afd. 2.4.2.1.3) word korrupsie uitgelig as ʼn wesentlike bedreiging vir alle regeringstelsels. Terwyl korrupsie in alle regerings voorkom, is dit veral in die regerings van ontwikkelende state waar korrupsie groot afmetings aangeneem het. In state soos Nigerië, Ghana, Sierra-Leone en die DRK word korrupsie beskou as ʼn lewenswyse. Omdat daar geen doeltreffende strukture met doeltreffende outonomie bestaan om korrupsie te beheer nie, het die regerende elite van baie sub-Sahara Afrika-state korrupsie tot die punt gevoer waar reuse bedrae uit die staatskoffers “herlei” is vir persoonlike voordeel (Democracy and Governance in

Africa, 1992:39). Fondse voorsien deur donateurstate is feitlik direk as ʼn bron van rykdom vir die

regerende elite aangewend, pleks van die verbetering van agtergeblewe gemeenskappe se omstandighede. Die voorkoms van korrupsie het natuurlik ʼn destabiliserende uitwerking op die proses van suksesvolle regering vanweë die afwesigheid van toerekenbaarheid en deursigtigheid binne regeringsektors (verwys na Hoofstuk 2, afd. 2.4.2.1).

Die Afrika-unie beraam korrupsie kos die ekonomieë in Afrika meer as 148 biljoen dollars per jaar (Adebayo, 2017:15) Hierdie syfer verteenwoordig 25% van Afrika se bruto binnelandse produk en verhoog die koste van goedere met tot 20%, wat ʼn negatiewe impak op investering het en dus ontwikkeling kortwiek. Bugnacli (in Adebayo, 2017:15) beklemtoon dat:

“Without reforms that dismantle the financial, political and administrative structures that perpetuate corruption, Africa will be unable to break the cycle of cronyism and bad governance that has constrained its tremendous potential for economic, political and social development”.

Daar word dikwels ook na korrupsie as neopatrimonialisme verwys. Volgens Cheeseman (2015:13) verwys neopatrimonialisme egter eerder na die konflik tussen voorafbestaande patrimoniale vorme van politieke oriëntasie en die moderne staat. In die tradisionele regeringsvorme het die leier sy outoriteit verhaal, nie net deur sy posisie aan die hoof van die familie of etniese gemeenskap nie, maar ook deur sy persoonlike mag oor die staatsbronne uit te oefen. In die moderne staat met die samesmelting van die ou en nuwe vertoon sub-Sahara Afrika-state ekstern die moderne strukture van die staat, veral in wetgewende en regterlike institusies, sowel as ʼn uitgebreide burokrasie – maar die interne dinamika is die van persoonlike heerskappy: ʼn sterk president met swak institusies (Cheeseman, 2015:14).

101

In die volgende afdeling word sub-Sahara Afrika-regerings op prosedurele en substantiewe vlakke ontleed in terme van kiesers se persepsie van regeringsprestasie en -responsiwiteit, en die uitwerking van hierdie persepsies op morele, institusionele en interpersoonlike aspekte van kiesersvertroue. Resultate en bevindinge van studies gedoen deur Afrobarometer38 word aangewend om stellings in die verband te staaf.

3.4

DIE STELSELMATIGE EROSIE IN KIESERSVERTROUE NÁ BEVRYDING,