• No results found

Die navorsing sal gebaseer word op ʼn uitgebreide, kwalitatiewe literatuurstudie. Die hooffunksie van die literatuurstudie is om inligting te verkry en ʼn objektiewe en omvattende rekening te gee van die literatuur wat reeds bestaan oor die verskynsel onder bespreking. Literatuurgebaseerde metodologie identifiseer die literatuur as die navorsingsbron (populasie) vir monsterneming, dataversameling, data-ontleding en etiek (Comerasamy, 2012). Deur middel van ʼn literatuurstudie word die teoretiese basis van die studie uitgelig en bespreek. Gapings in die betrokke veld van kennis, sowel as die jongste ontwikkelinge, word geïdentifiseer. Aansluitings tussen argumente en teenstrydighede kan deur vergelyking van data gemaak word. Definisies en eienskappe van die populasies reeds ondersoek, sal uitgelig word, sowel as enige veranderlikes wat ingesluit moet word om die navorser in staat te stel om ʼn algehele oorsig te vorm van voordele, nadele en metodes reeds aangewend deur ander navorsers, met die oog daarop om dit in te sluit in die studie.

In die betrokke literatuurstudie sal gekonsentreer word op bestaande teorieë oor demokrasie, die rol van die staat en kiesersvertroue. Bronne oor demokrasieë en bevrydingsbewegings in Afrika word ook ontleed sowel as literatuur relevant tot die Suid-Afrikaanse demokrasie, regeringsprogramme en beleid, verkiesingstatistieke en die ontleding van verkiesingsresultate. Gerekende bronne oor demokrasie word aangewend om ʼn in-diepte ontleding te doen oor die wye spektrum van demokratiese teorieë sodat ʼn omvattende beeld verkry kan word oor die ontstaan en ontwikkeling van politieke ideologieë, die verskillende vorme van demokrasie, die rol van die staat en staatslegitimiteit, sowel as die verhouding tussen moderne politieke proses, die gemeenskap en die ekonomie. Held (2006) se Models of democracy, en Dahl (2000) se On

Democracy ondersteun deur Heywood se Politics (2013) plus The Oxford Handbook of political theory (Dryzek, et al., eds. 2008), word as primêre bronne aangewend. Krouse (1982) se artikel: Polyarchy & participation: The changing democratic theory of Robert Dahl, sowel as The past and the future of democracy (Dahl, 1999) word ook aangewend in die bespreking rondom die

eienskappe van demokrasie. Die sosiale kontrakteorie word bespreek in: The social contract

theory of John Locke (Nyamaka, 2011) sowel as Rauth (2008) se studie: In pursuit of a healthy democratic society: Study of John Locke and Alexis de Tocqueville‟s Theories on government and society, and their implications for America. Aansluitend by die studie van die sosiale kontrak

is die bespreking rondom die politieke outoriteit van die burgers binne die demokrasie, soos beskryf deur Canovan (2008) in: The people (in The Oxford Handbook of political theory deur Dryzek, et al., eds. 2008:349-362). Warren (1999) se Democracy and trust verduidelik die relevansie van demokratiese beginsels in verhouding tot die gemeenskap, sowel as Inglehart (1999) se hoofstuk: Trust, wellbeing and democracy (in Warren, 1999:88-120). In The neoliberal

challenge: What is neoliberalism? (Thorson, 2009) word neoliberalisme as die dominante

20

eienskappe van suksesvolle demokratiese regering word bespreek in: Seven pillars of

democratic governance (Gill, 2009), sowel as in The quality of democracy (Diamond & Morlino,

2004). Making democracy work: civic traditions in modern Italy (Putnam, 1994), en Trust, the

social virtues and the creation of prosperity (Fukuyama, 1995) brei uit oor die sosio-ekonomiese

faktore betrokke by suksesvolle demokratiese regering. Ondersteunende bronne wat demokratiese suksesse en mislukkings wêreldwyd bylê, is: What is a “good” democracy: theory

and empirical analysis (Morlino, 2002), en Ranney (1987) se Governing: an introduction to political science wat die eienskappe van moderne konstitusionele demokrasie uitlig. Dahl (1999)

hanteer ook demokrasie as die verkose moderne regeringstelsel in sy artikel: The past and the

future of democracy. Van Vuuren (in Faure & Kriek: 1984:57-74) lig Sartori se demokratiese

teorie oor die haalbaarheid van die demokratiese ideaal in die werklikheid uit in sy hoofstuk:

Teorie van demokrasie. Warren (2008) teoretiseer oor magsverhoudinge in transformasionele

demokrasieë in sy hoofstuk: Democracy and the State (in The Oxford Handbook of Political

Theory, Dryzek et al., 2008:382-399). Fukuyama (2014) ontleed die eienskappe van die staat,

regsreël, ontwikkeling van moderne state en demokratiese toerekenbaarheid in sy werk: Political

order and political decay. Kukathas (2008) plaas klem op die verhouding tussen die staat en sy

burgers in: A definition of the state. Die relevansie van ontwikkelingstate in die breë debat rondom die uitvoering van staatsbeleid word in die volgende bronne beklemtoon: Constructing

the 21st century developmental state: potentials and pitfalls (Evans, 2010), en Developmental states in the new millenium (Fritz & Menocal, 2007). Analysing the relationship between democracy and development: defining basic concepts and assessing key linkages (Menocal,

2007) sluit aan by die argument rondom ontwikkelingstate as demokrasieë, sowel as

Understanding social democracy (Berman, 2005) wat ook aspekte van die ontwikkelingstaat

bespreek. Bydraend tot Democracy & trust (Warren, 1999) wat as hoofbron aangewend word rondom teorieë oor kiesersvertroue, sluit studies soos Building trust in government in the 21st

century deur Blind (2006), en Girardin (2012) se studie Ethics in politics: Why it matters more than ever and how it can make a difference, uitgebreide besprekings oor kiesersvertroue en die

rol van etiese waardes in regeringsbeleid en proses in. Keele (2004) se studie Social capital,

government performance, and the dynamics of trust in government sluit hierby aan en lig die

argumente rondom institusionele vertroue uit. The political relevance of trust in government (Citrin, 1974) behandel ook verskillende sieninge rondom institusionele vertroue. Ethical

leadership in and through labour business and politics (Dames, 2008) konsentreer op etiese

leierskap in regering en The political philosophy of trust and distrust in democracies and beyond (Lenard, 2015) verskaf ook insae tot die relevansie van kiesersvertroue en etiese beginsels met betrekking tot regeringsinstansies. Uslaner (in Warren, 1999) beklemtoon die interpersoonlike dimensies van kiesersvertroue en die rol van sosiale kapitaal in sy hoofstuk: Democracy and

21

agter transformasie in hul artikel: Theoretical framework and methodology. Eloff (2014) se

Turning Point: South Africa at a crossroads verwys na die kriteria wat kwesbaarheid in state

bepaal. Wang (2011) bestudeer vertikale en horisontale integrasie en samewerking tussen groepe in sy werk: State Effectiveness and Democracy: Asia Cases. Edigheji (2010) beklemtoon investering in menslike kapitaal en ontwikkeling in Constructing a developmental state in South

Africa: potentials and pitfalls. Inglehart se hoofstuk: Trust, wellbeing and democracy (In Warren,

M E., ed. 1999. Democracy and trust, bl.88-120) fokus op aspekte wat ʼn kultuur van vertroue in die demokrasie bevorder.

Vir die bespreking rondom demokrasieë in Afrika word die bron Democracy in Africa: successes,

failures and the struggle for political reform (Cheeseman, 2016) aangewend, sowel as From liberation movement to government: Past legacies and the challenge of transition in Africa

(Clapham, 2012). Southhall (2013) se Liberation movements in power: party and state in

Southern Africa gee ʼn kritiese ontleding van die probleme rondom die denkwyse van

vryheidsbewegings in transformasie. Democracy in Africa: moving beyond a difficult legacy (Southall, 2003) sluit by hierdie bespreking aan. Huntington (1991) se “third wave”-teorie oor demokratisering in Afrika geniet ook aandag. Ondersteunende literatuur sluit in Democracy

under construction: Patterns from four continents (Van Beek, 2006), Consolidating participatory democracy in Africa: The challenges and the way forward (Adegboye, 2013), asook twee

artikels: Liberation and democracy: Cases from Southern Africa (Melber, 2003) en From

liberation movements to governments: on political culture in South Africa (Melber, 2002). Artikels

deur politieke leiers, soos Ramphele (2012) se Drop struggle politics en Leon (2010) se The

state of liberal democracy in Africa versterk die argument rondom die komplekse oorgang van

vryheidsbeweging na demokratiese regering. Nelson (2012) se Demokrasie en demokratisering

in Afrika: Deel 1 en 2 word geraadpleeg vir perspektief rondom demokratiese konsolidering.

Resultate uit verskeie Afrobarometer-studies in die tydperk 1994 tot 2016 word aangewend om argumente feitelik te staaf. Haagensen (2016) se studie oor institusionele vertroue in Afrika verskaf addisionele insig ten opsigte van demokratisering in sub-Sahara Afrika-state. Aanvullend tot die historiese agtergrond rakende etiese beginsels en waardes in Afrika is, onder andere, van nut: Thomson (2017), An introduction to African Politics en Du-Pisani 1984 se boekbydrae: Afhanklikheidsteorie, wat teorieë oor onderontwikkeling en die uitbuiting van kolonialisme aanspreek.

Die konsep van Ubuntu in die Afrika-konteks, as ʼn meganisme om mense te bemagtig in die demokrasie, word deur Heydenreych (2016) in: Constitutionalism and coloniality: a case of

colonialism continued or the best of both worlds? bespreek, terwyl Kotze (2015) hierby aansluit

met besprekings rondom transformasionele geregtigheid in haar boekbydrae: Transitional Justice.

22

In die ontleding van die Suid-Afrikaanse demokrasie word die bron South African Politics: An

Introduction (De Jager, 2015) ook aangewend om duidelikheid te gee oor die verloop van die

Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis en die totstandkoming van die bestaande konstitusionele demokratiese bestel. Ondersteunend tot hierdie bron word Government and politics in South

Africa (Venter & Landsberg, 2014) bygelê. Amptelike wetgewende dokumentasie, soos die

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996), gee agtergrond oor die grondwetlike aspekte van die Suid-Afrikaanse demokrasie wat die regte en vryhede van die kiesersgemeenskap onderskryf. Van Eck (2010) se Social democracy and the developmental

state as development alternatives for South Africa, en Meyer en van der Elst (2014) se artikel: The interventionist role of the state in sosio-economic and political development in democratic

South Africa 1994-2014 behandel die toepassing van die alternatiewe rondom

ontwikkelingsdemokrasieë en die rol van die staat binne die Suid-Afrikaanse konteks. Die artikel van Gumede (2009): Delivering the democratic developmental state in South Africa en Social

welfare in South Africa: curing or causing poverty? Potts (2012) lig aspekte rondom die

welvaartbeleid in SA uit en The state of the people: citizens, civil society and governance in

South Africa 1994-2000 (Klandermans, et al. 2001) ontleed beleid en prosesse in die tydperk

gespesifiseer. ANC-party verkiesingsmanifeste vanaf die tydperk 1994 tot en met 2016 verskaf in-diepte inligting oor beloofde regeringsprogramme. In South Africa‟s suspended revolution lewer Habib (2013) waardevolle kommentaar op aspekte soos die wanbalans in die kiesstelsel wat implikasies het vir toerekenbaarheid. Die artikel van Twala (2014): The historical significance

of the ANC election campaigns 1994-2014: A genuine process of political liberalisation word

ondersteunend tot hierdie bronne ingesluit. Gumede (2009) spekuleer tot watter mate die implementering van ʼn ontwikkelingsbeleid en inisiatiewe in SA haalbaar is, in Delivering the

democratic developmental state in South Africa. Suttner se 2004 artikel: Democratic transition and consolidation in South Africa, The advice of experts, verskaf waardevolle opinies oor

uitdagings in die transformasie na demokrasie in SA.

Bronne oor die funksionering, suksesse en mislukkings van demokratiese regering in SA in die studietydperk sluit die volgende in: Regeringsprogramme soos die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (RDP, 1994), Growth Employment and Redistribution Programme (GEAR, 1996), en die Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP, 2012), wat ontwikkelingsinisiatiewe en doelstellings in terme van vier primêre areas: werkskepping, behuising, basiese dienste en opvoeding beskryf. Die South Africa (2014) Twenty Year Review 1994-2014, sowel as die ANC (2015) 4th National General Council (NGC) verslag verskaf ook data rakende suksesse en mislukkings in die studietydperk. Die Witskrif oor die transformasie van openbare dienslewering (1997) en die Witskrif vir maatskaplike welsyn (1997), identifiseer ontwikkelingsdoelwitte in hierdie regeringsdepartemente. Verskeie werke van Booysen, soos Dominance and decline: the

23

culture, sowel as Twenty years of South African democracy: citizen views of human rights, governance and the political system (2014) verskaf agtergrondinligting rakende kieserspersepsies en gedrag, en evalueer die rol van dominante ANC-leierskap in regeringsbesluite en -aksies, en kiesers se opinies omtrent die verbetering van hul lewensomstandighede. Bronne soos South Africa pushed to the limit: The political economy of

change (Marais, 2015) en ondersteunende studies soos deur Kotze en Steenkamp (2009): Values and democracy in South Africa: comparing elite and public values, sowel as EISA

(2014a) se studie: South African youth: politically apthetic? sal ingesluit word in die navorsing.

Local elections in South Africa: parties politics people (saamgestel deur Booysen, 2012) verskaf

empiriese data oor kiesers se houding en persepsies.

Statistieke oor verkiesingsuitslae en ander empiriese studies wat verband hou met verkiesingsresultate en kiesersgedrag, soos saamgestel deur verskeie navorsingsmaatskappye, sal geraadpleeg word. Die volgende is veral hier van belang: Die OVK (IEC, 2014b) se Voter

participation surveys, 2013/14: An overview of results: democracy, governance and service delivery, sowel as die OVK (IEC, 2014c) Voter participation survey (2013/14) Key findings en die

OVK (IEC, 2014a) National and provincial election results wat verskeie statistiese verslae vir die tydperk 1994, 2004, 2006, 2011 en 2014 bevat, insluitende opsomminge van en kommentaar oor verkiesingsuitslae. Die 2016 plaaslike verkiesingsuitslae, soos gepubliseer in die media en op die OVK se webtuiste, word ook hier ingesluit. Ipsos-Markinor-studies (IPSOS) soos die 2002 Markinor-studie (Forrest, 2002) oor die toename in politieke disassosiasie en die erosie van vertroue in verkiesings, die Political party support profile (IPSOS, 2011) en die IPSOS- kieseropnames Election outlook poll of polls, (IPSOS, 2016b), wat vooruitskattings bevat rakende die 2016 plaaslike verkiesings, word ontleed. Statistiek SA (2014) se webtuiste vervat kwantitatiewe data oor die ekonomie en bevolkingsyfers, sowel as die verslag Poverty trends in

SA (Statistiek SA, 2014) wat inligting rakende armoede en armoedeverligting in SA verskaf.

Ander kwantitatiewe inligtingsbronne sluit in: EISA (2014b) South Africa 2014 election updates:

the final issues – private funding of political parties, youth participation and new political entrants;

ISS (2014), Voter participation in the South African elections of 2014; IJR (2014) Afrobarometer- studie: Despite decline in lived poverty, South Africans increasingly pessimistic about the

economy; die IJR (2007) Afrobarometer-studie: Quality of elections: satisfaction with democracy and political trust in Africa en IPSOS (2016a); The country is going in the wrong direction. Daar

word ook staatgemaak op die ontleding van nasionale en plaaslike verkiesings deur, onder andere, Schultz-Herzenberg (2014a, 2014b), Letsholo (2005), Fakir, et al. (2014) en Mattes (2005, 2014) in verskeie verslae gepubliseer deur die OVK, in samewerking met die RGN, EISA en SASAS, sowel as die IJR Afrobarometer-studies. Verskeie kontemporêre Internet media- artikels en -berigte vorm ook ʼn belangrike deel van die ontleding wat gedoen sal word om die huidige waarneembare erosie van kiesersvertroue te ontleed.

24