• No results found

HOOFSTUK 1 KERNBEGRIPPE IN DIE STUDIE

1.3 Die masker as misterie

Die estetika van die voorwerp word, soos reeds genoem, in die funksie daarvan gevind. In die geval van die masker, toneelpop of fetisj-voorwerp word die funksie ook deur die voorkoms bepaal, en andersom. Representasie beweeg daarom buite die liminoïse raamwerk4. As voorbeeld kan die inisiasiemasker van die Jola genoem word. Mark (1992:3) noem dat die maskers wat by inisiasierituele van die Jola gebruik word, geen bestaansreg sonder die seremonie of ritueel het nie.

To the Jola people, the horned masks would have no reason for existing independently of the men’s initiation. The masks’ ritual significance and symbolic meaning derive from the initiation (buket) and from the broader cultural context in which the initiation is situated.

Vir nog ‘n voorbeeld kan daar gekyk word na die maskertradisies wat in Liberië en die noorde van die Ivoorkus gevind word. Die maskers soos dit in die Ivoorkus gevind word, neig meer na die abstrakte uitbeelding in representasie (Kyk Foto 1 in Bylae), terwyl die maskers van Liberië en sommige Yoruba maskertradisies meer naturalistiese of mimetiese kwaliteite in representasie gebruik (Kyk Foto 2 in Bylae). Die funksie van die maskers bepaal in ‘n mate die voorkoms daarvan binne hierdie tradisies, soos Lommel (1981:14) aantoon:

The differences between the two types, moreover, lie not only in their form, but also in their significance and function. Among the tribes of the Ivory Coast, religion, in the form of ancestor-worship, has been the main principle behind mask-making. Among Liberian tribes, on the other hand, where the poro society (an all-male secret society, active over a wide area) has been influential, the political and social functions of the mask have been given greater emphasis.

Die kwessie van representasie of voorstelling is ‘n eeu-oue vraagstuk in die kritiek op of bespreking van die teater of dramatiese voorstellings. Aristoteles en Plato het al in die Antieke Griekse tydperk kommentaar gelewer oor presies wat representasie is en/of behoort te wees. Binne die Afrika- konteks is hierdie kommentaar nie noodwendig van toepassing nie, juis omdat die konteks en funksie van die Griekse teater verskil van die tradisionele Afrika-performances. Tog is daar ook verskeie ooreenkomste. Die gebruik van maskers, sang en beweging kom in albei performance- style voor.

4

Of die masker nou in die Antieke Griekse teater, moderne Westerse teaters of tradisionele Afrika- performances gebruik word, die masker is altyd ‘n voorstelling van die een of ander aard. Dit bly ‘n voorstelling van iets of iemand. Dit moet help om die beeld van iets of iemand te skep wat die akteur of performer nié is nie. ‘n Representasie is ‘n uitbeelding of konstruksie van beelde. Die performer kan die bestaande beeld waaroor hy beskik (deur van ‘n masker gebruik te maak) verander om ‘n nuwe beeld te vorm. Die nuwe beeld, geskep deur en as gevolg van die performer en die masker, verwys dan na iets of iemand anders as die performer self.

Die masker en performer word gedurende die performance hierdie voorvadergees, of dit kan ook net ‘n uitbeelding van die voorvader wees – asof dit ‘n portret van die persoon is. ‘n Voorbeeld hiervan is die Punu-masker uit Gaboen. In hierdie geval is daar ‘n poging tot ‘n mimetiese voorstelling van die voorvader wat uitgebeeld word, maar abstraksie en simbolisme speel ook ‘n belangrike rol. So noem Perrois en Grand-Dufay (2004 – Internetbron) dat ‘n wit Punu-masker ‘n uitbeelding is van ‘n gees wat in begrafnisrituele of feesvieringe voorkom. Die swart Punu-masker beeld ‘n voorvadergees uit wat kwaad is en hierdie tipe maskers is daarom gevaarlik om te hanteer. Vir die verskil tussen die swart en die wit maskers uit dieselfde tradisie van die Punu kan daar na Foto 3 en 4 in die Bylae gekyk word.

Saam met hierdie gesigmasker wat die hele gesig bedek, dra die performer ook kostuums van lae raffiagras of lap wat die liggaamsvorm versteek. Die maskerdraer kan ook op stelte loop, soos in Foto 5 van die Bylae gesien kan word. Die vreemdheid van die masker, saam met die dansbewegings wat gedurende die performance gebruik word, verander die vorm van die performer en ‘n onverstaanbare of onsigbare entiteit word voorgestel. Den Otter (In Dagan 1997:141) noem ook dat die masker mitiese en simboliese wesens kan voorstel of representeer deur die liggaam van die mens wat die aksies uitvoer, weg te steek. Die misterie van die masker lê, in vele gevalle, in die transformerende of transporterende kragte wat die voorwerp binne ‘n performance besit.

Laurent (2003 – Internetbron) noem dat die masker in Afrika sonder die res van die kostuum of buite die performance-konteks sy simboliese waarde verloor. Ek stem nie volkome met hierdie stelling saam nie. Die masker as fetisj-voorwerp kan ook magiese kragte besit, al word dit nie

binne ‘n performance gebruik nie. Daarom word maskers dikwels op spesiale plekke gebêre waar dit nie gesien kan word nie, want die masker se mag of bonatuurlike krag kan byvoorbeeld alleenlik binne die performance beheer word. Waar die maskers wel sigbaar is, word dit deur priesters versorg wat gereeld offerandes daarvoor bring, soos byvoorbeeld in die geval van die Igbo-maskers wat gode of kragtige voorvadergeeste representeer (Enekwe 1987:64). Underwood (1964:14) noem dat maskers in Wes-Afrika selfs hul eie hutte het waar hulle gestoor word as hulle nie gebruik word nie.

Die afsondering van hierdie fetisj-voorwerpe versterk die misterie waarin hulle vir die gemeenskap gehul is. Hierdie krag is ook oordraagbaar aan die persoon wat as danser met die masker of ander fetisj-voorwerpe sal optree, soos dit byvoorbeeld in die Go-gemeenskappe gevind word:

The Go-priest draws his power form the Go-fetisj, which stands in his hut and is an object composed of supernatural elements. The power of the fetisj is enhanced by the presence of ancestors who are buried in the priest’s hut. Here too are kept the masks, which also possess supernatural power (Lommel 1981:15).

Nie alle maskers beskik oor dieselfde misterieuse mag of bonatuurlike kragte nie. Lommel (1981:15) dui aan hoe die maskers se krag kan verskil en bepaal kan word deur die persoon wat die masker in ‘n performance dra. In die Go-gemeenskap bly die masker in die besit van ‘n familie, maar dit is die priester van die gemeenskap wat sal bepaal wanneer dit vir ‘n performance gebruik sal word. Die masker bly nie net in die familie se besit nie, maar selfs na die afsterwe van ‘n persoon – meestal die vader van die huis, aangesien ‘n vrou in dié en in die meeste Afrika-stamme nie maskers mag besit nie – bly dit nog steeds in sy ‘besit’. Die masker word dan aan die seun oorgedra. Na die afsterwe van die eienaar word die masker se krag dan verhoog. As ‘n masker vele geslagte oud is, sal dit besonder kragtig wees. Lommel (1981:15) noem ook dat as hierdie tipe masker dan in die openbaar gesien word, dit nie net die kragte daarvan is wat waargeneem word nie, maar die draer daarvan word self as ‘n bonatuurlike wese gesien. In hierdie geval bestaan die performer glad nie meer vir die toeskouers nie.

Hieruit kan die transporterende krag van die masker op verskillende gebiede waargeneem word. Nie net verander die voorkoms van die draer van die masker nie, maar sy bestaansruimte en status word deur die dra van die masker verander. Hy word vir die duur van die performance wanneer die

masker sigbaar is, nie meer as ‘n gewone mens gesien nie, maar wel as ‘n bonatuurlike wese of manifestasie van ‘n voorvadergees. Die misterie van die masker word sodoende deur middel van die performance self ook versterk deur die verband wat met die geesteswêreld ontstaan. Dit is net die bonatuurlike wese wat teenwoordig is. Hierdie geloof in die teenwoordigheid van die bonatuurlike maak die masker so kragtig.

Nie alle maskers besit egter die misterie van die bonatuurlike nie, alhoewel enige masker wat met die voorvaders te doen het, en veral die maskers wat as representasie van voorvaders gebruik word, wel hierdie krag besit. Die ander tipe maskers met ‘misterie’ is die maskers van geheime organisasies of gemeenskappe5. ‘n Jong seun van ‘n gemeenskap moet eers deur die inisiasierites gaan voordat hy as ‘n lid van die geheime organisasie gesien kan word, en daarom ook as volwaardige lid van die gemeenskap. Die organisasies word geheime organisasies genoem omdat die lede, meestal mans, oor die geheime van die masker-performances beskik, waaroor die vroue of jong kinders nie beskik nie. ‘n Voorbeeld van so ‘n gemeenskap is die Chewa-gemeenskap wat op die grens tussen Zambië, Malawi en Mosambiek woonagtig is. Yoshida (1993:35) beskryf die aard en funksionering van hierdie geheime organisasie in die gemeenskap soos volg:

Nearly every Chewa boy between the ages of 12 and 15 is initiated into a masked association, and males are not considered to be adults until they join … The association and its maskers are called nyau. The major function of the association is to perform masquerades at funerary rituals; these are accompanied by five male drummers and a women’s chorus … Women and children are taught that nyau are dead people who have been revived and the nyau yolemba are real wild animals … A member of nyau is not supposed to divulge to outsiders anything he sees or hears while engaged in association activities, including the special terminology and the riddles. If he should reveal the secret, it is said he will be cursed by a nyau instructor … and bleed to death from the nose.

Die geheimhouding onder die geïnisieerde lede van die gemeenskap is meerdoelig. Die mans word onderling as ‘n eenheid saamgebind wat ‘n gevoel van eensgesindheid bou. Die kennis waaroor hulle beskik, plaas hulle ook bo of op ‘n ander vlak as die lede van die gemeenskap wat nie lede van die organisasie is nie. Dit is onder andere Yoshida (1993:34) wat noem dat die misterie van die maskerades en die maskers help om die grense van geslagsrolle binne die gemeenskap te definieer.

5

In die meeste literatuur oor die masker, word daar na hierdie groepe as secret societies verwys. “Geheime organisasies of gemeenskappe” is die vertaling wat ek vir hierdie secret societies gebruik. Daar word ook in die Antropologie na hierdie geheime organisasies as geheimbonde verwys.

Die maskers en die performances van die maskers word dan ook gebruik om vrees of ontsag by die res van die gemeenskap in te boesem.

Holland (2001:101) toon aan hoe hierdie seremonies en die seremonie of ritueel wat met inisiasie uitgevoer word, gebruik word om die manlikheid van ‘n neofiet te toets. As hy geskik is om ‘n man te wees, sal die geheime aan hom oorgedra word. Hy sal byvoorbeeld weet hoe dinge werk wat hy eers as bonatuurlike kragte gesien het, maar hy sal weet dat dit eintlik ‘n drama is wat deur ander mans van die gemeenskap geskep is. Laye (1955) verwys ook in sy outobiografie na die inisiasierituele wat hy moes deurmaak om as volwaardige man gesien te word en hoe die geheime van ‘n maskerade aan hom oorgedra is. Hierdie tipes maskerades of masker performances word dan ook gebruik om die politieke en sosiale situasies of omstandighede binne ‘n gemeenskap te manipuleer of te handhaaf, soos later in die hoofstukke oor die Sosiale Drama en Liminaliteit gesien sal word.