• No results found

HOOFSTUK 3: ’N BIO-EKOLOGIESE SISTEEMPERSPEKTIEF OP

3.3 DIE BIO-EKOLOGIESE MODEL VAN BRONFENBRENNER

4.5.1 Die rol wat die navorser gespeel het

4.5.3.1 Beskrywing van die deelnemers

Die doel van die beskrywing van die deelnemers binne gevallestudienavorsing is om te verstaan watter aspekte van die sosiale konteks tot hulle mededelings bygedra het, asook die betekenis wat die deelnemers aan hulle belewing heg. Hierdie persoonlike inligting het bygedra tot die navorser se begrip van die ATHV-fenomeen en die deelnemers se belewing daarvan (Creswell, 1998; Simons, 2009). Vanuit ʼn hermeneutiese fenomenologiese perspektief is dit nodig om die agtergrond en ervaringe van die deelnemers weer te gee, aangesien die betekenisse wat die deelnemers aan hulle belewing heg deur die verskillende kontekste in hulle leefwêreld gevorm word. Die deelnemers verwerf ook terselfdertyd betekenis van hulle eie leefwêreld deur inligting oor hulle eie agtergrond en ervaringe met die navorser te deel (Laverty, 2003).

Ten einde die identiteit van die deelnemers te beskerm, is alle persoonlike of identifiseerbare inligting uitgelaat of gewysig: daarom staan die ses deelnemers onderskeidelik bekend as deelnemer A, B, C, D, E en F (sien Tabel 4.1 hieronder) en die ingesamelde data is georganiseer en geïdentifiseer deur laasgenoemde skuilname te gebruik (Nieuwenhuis, 2012).

Tabel 4.1: Biografiese inligting oor die deelnemers

Deelnemer Ouderdom Geslag Taal Ras Akademiese Jaar Ouderdom van diagnose Voorgeskrewe medikasie Gebruik huidiglik medikasie

Deelnemer A 20 Vroulik Afr. Wit 2de jaar* 4 Ja Ja Deelnemer B 21 Manlik Afr. Wit 1ste jaar* 4 Ja Ja Deelnemer C 20 Manlik Afr. Wit 2de jaar* 7 Ja Ja Deelnemer D 22 Vroulik Afr. Wit 3de jaar 6 Ja Ja Deelnemer E 24 Vroulik Eng. Bruin 5de jaar 7 Ja Nee Deelnemer F 20 Manlik Eng. Wit 3de jaar* 6 Ja Ja

* Een akademiese oorbruggingsjaar is by die aantal akademiese jare ingesluit.

Volgens die inligting in Tabel 4.1 hierbo, was al ses deelnemers tydens die proses van data- insameling tussen die ouderdomme van 20 en 24. Drie deelnemers was manlik en drie was vroulik. Vier van die deelnemers het voorts Afrikaans as hulle huistaal aangedui en twee

deelnemers het Engels as hulle huistaal aangedui. Vyf van die deelnemers was wit en een van die deelnemers was bruin. Al die deelnemers was voorgraadse studente, onder wie vier ʼn oorbruggingsjaar moes voltooi, aangesien hulle TP-tellings15 nie aan die toelatingsvereistes van hulle spesifieke akademiese programme voldoen het nie. Al ses deelnemers is tydens hulle kinderjare met ATHV gediagnoseer. Medikasie is aan al die deelnemers voorgeskryf, onder wie een deelnemer nie meer medikasie gebruik het nie. Al die deelnemers het aan die individuele onderhoude deelgeneem en vier deelnemers het aan die fokusgroeponderhoud deelgeneem.

Die volgende gedeelte gee ʼn kort beskrywing van elke deelnemer. Refleksies van die navorser oor haar aksies, gevoelens en waarnemings tydens die persoonlike en fokusgroeponderhoude met elke deelnemer word in Bylae 15 en 16 aangetref.

Beskrywing: Deelnemer A

Deelnemer A was ʼn 20-jarige Afrikaanssprekende vroulike student. Sy is in Nelspruit gebore en het op 14-jarige ouderdom saam met haar gesin verhuis na die dorp waar dié navorsing uitgevoer is. Sy het ten tyde van dié studie saam met haar ouers en ʼn ouer broer gewoon. Haar ma en broer is met ATHV gediagnoseer. Deelnemer A het ten tyde van dié studie 36 mg Concerta gebruik. Sy was vanaf graad R tot graad 9 in ʼn hoofstroomskool, want volgens haar het “ons het nie geweet van die skool [skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes] nie”. Sy was vanaf graad 10 tot 12 vir die eerste keer in ʼn skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes en beskryf haar belewing van haar skoolloopbaan in hierdie skool “as die

beste tyd in my lewe” (SGO, A1)16. Deelnemer A het ʼn oorbruggingskursus by die universiteit

voltooi, aangesien haar TP-telling nie voldoende was om BEd (intermediêre fase) te studeer nie. Die deelnemer het die oorbruggingsjaar as baie positief beleef, aangesien sy gevoel het “dit

berei jou voor vir die universiteit”, en dit haar “vinnig laat aanpas” het by die hoofkampus (SGO,

A1). Deelnemer A se besluit om onderwys aan die universiteit te studeer is sterk beïnvloed deur haar wiskunde-onderwyseres by die skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes, wat “vir

my ʼn voorbeeld gewys het wat ʼn goeie onderwyser moet wees [sic]. Sy het seker gemaak ons weet in elke klas moenie opgee nie” en “sy [het] ons baie geïnspireer soos om vir ons te sê, ‘Hoor hier, gaan swot. Daar is ʼn groot wêreld daar buite.’” (SGO, A1).

Beskrywing: Deelnemer B

Deelnemer B was ʼn 21-jarige Afrikaanssprekende manlike student. Sy ma en suster is ook met ATHV gediagnoseer. Hy was ten tyde van dié studie besig met sy oorbruggingsjaar van die BA- graad met kommunikasiekunde en sielkunde as sy hoofvakke. Deelnemer B het by sy ouers gewoon en was vanaf graad 9 tot 12 in ʼn skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes

15 ʼn TP-telling verwys na die toelatingspunt-telling wat aan verskeie akademiese programme by Suid-Afrikaanse

universiteite toegeken word.

128 nadat hy graad 8 in ʼn hoofstroomskool herhaal het. Deelnemer B het ʼn aantal negatiewe ervarings tydens sy laerskoolloopbaan beleef, aangesien hy gereeld deur ander leerders afgeknou en verstoot is oor sy ATHV-medikasie. In graad 4 is hy met major depressiewe versteuring gediagnoseer, maar die antidepressante het ʼn emosionele onstabiliteit by hom teweeggebring. Gevolglik het hy die gebruik van die antidepressante gestaak. Ná skool het hy ʼn jaar gaan werk voordat hy met sy universiteitsloopbaan begin het. Hy wou aanvanklik by die weermag aangesluit het en het die nodige keuringstoetse afgelê, maar die weermag het niks weer oor moontlike aansluiting aan hom gekommunikeer nie. Deelnemer B het ʼn groot liefde vir sport gehad en het rugby vir ʼn stadskoshuis van die universiteit gespeel. Hy was die enigste deelnemer wat aan buitemuurse aktiwiteite van die universiteit deelgeneem het. Hy wou graag die daaropvolgende jaar menslike bewegingskunde aan ʼn ander universiteit gaan studeer sodat hy sy passie vir sport in sy beroep kon uitleef. Hy het ten tyde van dié studie twee keer per dag Ritalin geneem: 20 mg in die oggend en 10 mg in die middag.

Beskrywing: Deelnemer C

Deelnemer C was ʼn 20-jarige Afrikaanssprekende manlike student wat ten tyde van dié studie saam met sy ouers en sy ouer suster gewoon het. Geen van sy familielede is met ATHV gediagnoseer nie. Hy het die vorige jaar sy oorbruggingsjaar voltooi en was ten tyde van dié studie besig met sy eerste jaar in ʼn BCom-studierigting. Deelnemer C moes ʼn oorbruggingsjaar voltooi, aangesien sy wiskundepunte in graad 12 nie aan die toelatingsvereistes van die BCom- program voldoen het nie. Hy was sy hele skoolloopbaan in ʼn hoofstroomskool. Hy het sy medikasie in graad 10 gestaak omdat die dokter van mening was dat die dosis “te klein [was]

om enige verskil te maak” (SGO, C2). Met sy toetrede tot universiteit, het sy ma het besluit dat

hy weer sy medikasie moet gebruik. Hy het ten tyde van dié studie ʼn dosis van 10 mg of 20 mg geneem, afhangende van die aantal lesings wat hy op ʼn dag gehad het.

Beskrywing: Deelnemer D

Deelnemer D was ʼn 22-jarige Afrikaanssprekende vroulike student. Sy het ten tyde van dié studie saam met haar broer en ma gewoon. Sy het nie haar pa geken nie. Deelnemer D en haar ma is beide met ATHV en disleksie gediagnoseer, terwyl haar broer slegs met ATHV gediagnoseer is. Deelnemer D het in Johannesburg grootgeword, waar hulle gesin in ʼn huis op haar oupa en ouma se erf gebly het, aangesien haar ma ʼn enkelouer was. Deelnemer D se oupa en ouma het ʼn groot rol in haar opvoeding gespeel, aangesien haar ma heeldag moes werk. Aan die begin van graad 1 is sy na ʼn skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes in Johannesburg oorgeplaas. Die jaar ná graad 12 het sy besluit om vier van haar matriekvakke te herhaal sodat sy haar punte kon verbeter. Dit was vir haar ʼn groot aanpassing toe haar ma verplaas is, aangesien sy van haar ouma-hulle moes wegtrek en boonop met haar universiteitsloopbaan in ʼn nuwe stad moes begin. Sy is in haar eerste jaar op universiteit met

major depressie gediagnoseer. Sy was ten tyde van dié studie ʼn derdejaarstudent in BSocSc (Sielkunde), maar het van haar tweedejaarsvakke herhaal wat sy nie die vorige jaar geslaag het nie. Deelnemer D het medikasie vir ATHV vanaf graad 1 tot 7 gebruik, en het weer vanaf graad 12 en ten tyde van dié studie medikasie gebruik. Sy het ten tyde van dié studie 10 mg Ritalin drie keer per dag saam met haar antidepressante gebruik.

Beskrywing: Deelnemer E

Deelnemer E was ʼn 24-jarige Engelssprekende vroulike student. Sy het ten tyde van dié studie saam met haar ouers gewoon. Sy is die enigste lid van haar gesin wat met ATHV gediagnoseer is. Deelnemer E was verloof en het beoog om in September van daardie jaar te trou. Sy was tot in die middel van graad 8 in ʼn hoofstroomskool. Toe sy in graad 7 met disleksie gediagnoseer is, het haar ouers haar vir 6 maande uit die skool geneem om intensiewe sessies van arbeidsterapie en remediërende onderrig by te woon. In graad 8 het sy na ʼn skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes oorgeskakel en haar skoolloopbaan daar voltooi. Deelnemer E was ten tyde van dié studie ʼn deeltydse finalejaar-onderwysstudent (BEd  intermediêre fase). Sy was vanaf die begin van daardie jaar ʼn onderwyseres vir graad 1-leerders. Sy sou aan die einde van daardie jaar haar graad ontvang mits sy haar wiskunde- en wetenskapmodules geslaag het, wat sy onderskeidelik vir die vierde keer herhaal het. Haar ouers het besluit om haar tydens haar hoërskoolloopbaan van ATHV-medikasie af te haal, “because I need to be of

full cognisance to kind of deal with me not being able to read and write” (SGO, E1). Deelnemer

E het die spesiale skoolomgewing soos volg beskou: “an easy environment to cope in if you

have problems” (SGO, E1), wat bygedra het tot haar suksesvolle aanpassing by die skool vir

leerders met spesiale onderwysbehoeftes sonder enige medikasie.

Beskrywing: Deelnemer F

Deelnemer F was ʼn 21-jarige Engelssprekende manlike student. Hy het sy skoolloopbaan in ʼn hoofstroomskool in Johannesburg voltooi. Hy het ten tyde van dié studie vanaf sy eerste jaar op universiteit saam met ʼn medestudent in ʼn woonstel gewoon. Sy suster is ook met ATHV gediagnoseer. Deelnemer F het ʼn oorbruggingsjaar voltooi, aangesien sy wiskundepunt nie voldoende was om toelating tot die BSc-program te kry nie. Ná die oorbruggingsjaar het hy BSc (Agronomie) studeer, maar “I didn’t find it challenging enough” (SGO, F). Hy het sy studierigting na BSc (Bourekeningkunde) verander, aangesien hy dit as ʼn uitdagende akademiese kursus met goeie werksvooruitsigte beskou het. Deelnemer F het tydens sy laerskoolloopbaan episodes van depressie ervaar, alhoewel hy nooit met ʼn major depressiewe versteuring gediagnoseer is nie: “I didn’t want to get up in the morning, just stay in bed and don’t really care

about anything, that kind of stuff. I would think, ‘Ah, there’s a test coming up, I’m going to do so bad, what if I killed myself now?’” (SGO, F). Hy het ten tyde van dié studie 36 mg Concerta

130 Ritalin gebruik as hy gevoel het dat die werking van die Concerta afgeneem het.