• No results found

Die belewing van universiteitstudente met ʼn Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die belewing van universiteitstudente met ʼn Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)"

Copied!
1042
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die belewing van universiteitstudente met ʼn

Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)

A. Le Roux

22370900

Verhandeling voorgelê vir die graad

Magister Educationis

in Opvoedkundige Sielkunde

aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Studieleier: Prof. L.W. Meyer

(2)

VERKLARING

Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk vervat in hierdie verhandeling my eie oorspronklike werk is en dat ek dit nie voorheen, in geheel of gedeeltelik, aan enige universiteit ingedien het vir ʼn graad nie.

A. Le Roux

Geteken te Potchefstroom op 5 Desember 2016

Kopiereg © 2017 Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) Alle regte voorbehou.

(3)

ii

BEDANKINGS

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”  Filippense 4:13

Eerstens, wil ek alle eer aan my Abba Vader gee wat my die krag, genade, talente en geleenthede geskenk het om my meestersgraadstudie te voltooi. Dankie dat U my bekwaam en gewillig gemaak het om hierdie taak uit te voer.

Ek wil graag die volgende persone bedank vir hulle waardevolle bydraes tot die suksesvolle voltooiing van die studie. Sonder hulle insette sou ek nie hierdie mylpaal kon verwesenlik nie.

 Prof. Lukas Meyer vir sy bekwame leiding, waardevolle insigte en hulp met my studie.

 Dr. Jackie de Vos vir die taal- en tegniese versorging.

 My ouers en suster vir hulle onvoorwaardelike liefde, geduld en geloof in my vermoëns.

 My vriendinne en vriende vir hulle omgeeharte en woorde van inspirasie en bemoediging.

 Die ses deelnemers vir hulle bereidwilligheid om hulle belewing van ATHV met my te deel sodat ander ʼn beter begrip van dié leerhindernis kan verkry.

 Die hoof en personeellede van die ondersteuningsentrum vir hulle hulp in die werwing van deelnemers vir die studie.

 Die Noordwes-Universiteit en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die finansiële ondersteuning.

Die personeel by die Crazy Daisy koffiewinkel vir hulle heerlike Illy-koffie en opbouende geselsies en bederfies wanneer ek versterking benodig het.

(4)

OPSOMMING

Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) is ʼn neuro-ontwikkelingsversteuring wat gekenmerk word deur gedragspatrone wat inkortings in sosiale, opvoedkundige en werkskontekste kan veroorsaak. Alhoewel daar navorsing bestaan oor studente met ATHV by tersiêre instansies en die uitdagings wat hulle die hoof moet bied, is navorsing oor dié studente se belewing van die versteuring beperk. Die primêre doel van hierdie studie was dus om die belewing van universiteitstudente met ATHV te ondersoek ten einde hulle unieke behoeftes beter te kan verstaan en optimale ondersteuning aan hulle te bied. Onderliggend aan die primêre navorsingsdoel, is daar ook verskeie sekondêre navorsingsdoelwitte gestel. ʼn Literatuurstudie en empiriese ondersoek is onderneem om die primêre en sekondêre navorsingsdoelwitte te bereik.

In die literatuurstudie is historiese standpunte en teoretiese aannames oor ATHV belig en aandag is geskenk aan die diagnose van dié versteuring. Daar is ook gefokus op die funksionele inkortings en ko-morbiede versteurings wat met ATHV vereenselwig word, asook die behandeling van ATHV. Die bio-ekologiese model van Bronfenbrenner het as ʼn teoretiese raamwerk gedien waarvolgens die belewing van universiteitstudente met ATHV in hulle ontwikkelingskonteks van ontluikende volwassenheid en die omgewingskonteks van die universiteit, gekonseptualiseer is.

ʼn Kwalitatiewe benadering is in hierdie studie toegepas om die navorsingsvrae te beantwoord. ʼn Kollektiewe gevallestudie het as navorsingsontwerp gedien en semi-gestruktureerde persoonlike onderhoude is gevoer met ses universiteitstudente wat met ATHV gediagnoseer is. ʼn Fokusgroeponderhoud is ook aanvullend as ʼn metode van data-insameling gebruik. Die universiteitstudente met ATHV se mededelings is geanaliseer, en op grond van die bevindinge wat uit die data-analise na vore gekom het, is die volgende gevolgtrekkings gemaak:

 Die deelnemers het in die algemeen nie oor ʼn volledige begrip van die etiologie, aard en omvang van ATHV beskik nie, wat aan ontoereikende selfkennis oor dié versteuring toegeskryf kan word.

 Die diagnose is as ʼn ingrypende keerpunt in die deelnemers se lewens beleef, omdat dit in sommige gevalle aanleiding gegee het tot beter selfbegrip, ʼn verskuiwing na spesiale skole, en die gebruik van medikasie (met positiewe en negatiewe gevolge).

 Die deelnemers het ATHV as deel van hulle identiteit aanvaar en het dit as ʼn gevoel van andersheid met gepaardgaande sterk- en swakpunte beleef.

(5)

iv

 Sekere faktore in die universiteitskonteks het óf bygedra tot die manifestasies en die belewing van die simptome van ATHV óf die simptome verlig.

 Hiperaktiwiteit, interne rusteloosheid en impulsiwiteit het in sekere gevalle die deelnemers se sosiale interaksie met andere positief beïnvloed weens die energiekheid en spontaneïteit wat met eersgenoemde simptome gepaardgaan. Andere was egter geïrriteerd deur die verhoogte mate van spraaksaamheid, wat soms aanleiding gegee het tot die vermyding van sosiale interaksie met die deelnemers. Deelnemers se voorafgaande negatiewe belewing van mense sonder ATHV is gevorm deur familielede, onderwysers en medeleerders, wat hulle beoordeel, gespot en verneder het weens die gebruik van ATHV-medikasie en/of die persepsie dat hulle “anders” is.

 ʼn Gebrek aan kennis oor ATHV en die unieke uitdagings wat daarmee gepaardgaan, asook ʼn gebrek aan toepaslike hanteringstrategieë is onder universiteitspersoneel en studente opgemerk, wat gelei het tot die negatiewe stereotipering en onsensitiewe houdings jeens ATHV-studente.

 ʼn Verskeidenheid hanteringstrategieë is deur die deelnemers gerapporteer wat hulle gebruik om hulle inkortings aan te pak.

In die lig van die bevindinge en gevolgtrekkings wat uit die ondersoek voortgespruit het, is aanbevelings gemaak vir die verskillende sisteme of kontekste wat ʼn invloed op die belewing van die ATHV-student uitgeoefen het.

Sleutelwoorde: Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV); universiteitstudente met

(6)

ABSTRACT

Attention-Deficit/Hyperactivity Disorder (ADHD) is a neurodevelopmental disorder which is characterised by behavioural patterns that can cause impairment in social, educational and work contexts. Although there is existing research regarding students with ADHD at tertiary institutions and the challenges they must overcome, research on these students’ experiences is limited. The primary aim of this study was therefore to investigate the experience of students with ADHD so that their unique needs can be better understood and they can be offered optimal support. Several secondary research objectives were also set, which underlie the primary research objective. A literature review and empirical investigation were undertaken to achieve the primary and secondary research objectives.

In the literature study, light was also shed on historical views and theoretical assumptions on ADHD, and attention was given to the diagnosing of this disorder. The functional impairments and co-morbid disorders associated with ADHD, as well as the treatment of this disorder were also focused on. The bio-ecological model of Bronfenbrenner was applied as a theoretical framework whereby the experience of university students with ADHD in their development context of emerging adulthood and environmental context of the university was conceptualised.

In the empirical investigation, a qualitative research approach was applied to answer the research questions. A collective case study served as research design and semi-structured personal interviews were conducted with six university students who have been diagnosed with ADHD. In addition, a focus group interview was also used as a data collection method. The shared experiences of university students with ADHD were analysed and the following conclusions were made based on the findings that emerged from the data analysis:

 In general, the participants did not have complete understanding of the etiology, nature and extent of ADHD, which can be ascribed to inadequate self-knowledge about this disorder.

 The diagnosis was experienced as a profound turning point in the participants’ lives, since in certain cases, it led to better self-understanding, a move to special needs schools, and the use of medication (with positive and negative consequences).

 The participants accepted ADHD as part of their identities, and experienced it as a feeling of being different with accompanying strong and weak points.

 Certain factors within the university context either contributed to or relieved the symptoms of ADHD.

(7)

vi social interaction with others due to the energy and spontaneity that are associated with the former symptoms. Others, however, were irritated by the increased level of talkativeness, which often led to their avoidance of social interaction with the participants. Participants’ previous negative experiences of people without ADHD were shaped by relatives, teachers and peers who judged, teased and humiliated them due to their use of medication for ADHD and the perception that they are “different”.

 A lack of knowledge on ADHD and the unique challenges that accompany this disorder, as well as a lack of appropriate coping strategies were noticed among university staff and students, which led to the negative stereotyping and insensitive attitudes towards students with ADHD.

 Participants also reported various coping strategies that they use to address their impairments.

Considering the findings and conclusions that arose from the investigation, recommendations were made for different systems or contexts that have had an impact on the experience of the student with ADHD.

Keywords: Attention-Deficit/Hyperactivity Disorder (ADHD); university students with ADHD;

(8)

LYS VAN AFKORTINGS EN AKRONIEME

ATHV

ADHD

Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring

Attention-Deficit/Hyperactivity Disorder

APA Amerikaanse Psigiatriese Vereniging

American Psychiatric Association

CHADD Children and Adults with Attention-Deficit/Hyperactivity

Disorder

DSM Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings

Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders

FDA Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie

United States Food and Drug Administration

HI

HID

Hiperkinetiese Impulsversteuring

Hyperkinetic Impulse Disorder

HPCSA Health Professions Council of South Africa

HKV

HD

Hiperkinetiese Versteuring

Hyperkinetic Disorder

ICD Internasionale Klassifikasie van Siektes

International Classification of Diseases

IPA Interpretatiewe Fenomenologiese Analise

Interpretative Phenomenological Analysis

KGT

CBT

Kognitiewe gedragsterapie

Cognitive behavioural therapy

NSFAS Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente

National Student Financial Scheme

PPKT-model

PPCT model

proses-persoon-konteks-tyd-model

process-person-context-time model

SSRI selektiewe serotonien heropname inhibeerders

(9)

viii

INHOUDSOPGAWE

VERKLARING ... i

BEDANKINGS ... ii

OPSOMMING ... iii

ABSTRACT ... v

LYS VAN AFKORTINGS EN AKRONIEME ... vii

LYS VAN TABELLE ... xv

LYS VAN FIGURE ... xvi

HOOFSTUK 1: INLEIDING, PROBLEEMSTELLING, DOEL, METODE EN PLAN VAN

ONDERSOEK ... 1

1.1 INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING ... 1

1.2 NAVORSINGSVRAE ... 5

1.3 DOEL VAN DIE NAVORSING ... 5

1.4 BEGRIPSOMSKRYWING ... 6

1.5 NAVORSINGSONTWERP EN -METODOLOGIE ... 7

1.5.1 Navorsingsparadigma ... 7

1.5.2 Navorsingsontwerp... 8

1.5.3 Navorsingsmetodologie ... 8

1.5.4 Die rol van die navorser ... 10

1.5.5 Die navorsingskonteks ... 10

1.5.6 Deelnemerseleksie ... 11

1.5.7 Metodes van data-insameling ... 11

1.5.7.1 Persoonlike onderhoude ... 11

1.5.7.2 Fokusgroeponderhoud ... 12

1.5.7.3 Veldnotas en die reflektiewe joernaal van die navorser ... 12

1.5.8 Metode van data-analise ... 12

1.5.9 Kriteria vir kwaliteitsversekering ... 13

1.5.10 Etiese oorwegings ... 13

1.6 HOOFSTUKINDELING ... 14

1.7 SAMEVATTING ... 14

HOOFSTUK 2: ’N TEORETIESE EKSPOSISIE VAN

AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING (ATHV) ... 15

(10)

2.2 ’N HISTORIESE OORSIG VAN AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING

(ATHV) ... 15

2.3 DIE VOORKOMS VAN AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING ... 19

2.3.1 Demografiese faktore ... 21

2.3.1.1 Vergelykings tussen kulturele/etniese groepe ... 21

2.3.1.2 Verskille ten opsigte van geslag ... 22

2.3.1.3 Sosio-ekonomiese status ... 22

2.4 DIE ETIOLOGIE VAN AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING (ATHV) 23 2.4.1 Genetiese faktore ... 23

2.4.2 Neuro-anatomiese en neurochemiese faktore ... 24

2.4.3 Swangerskap, geboorte en vroeë ontwikkelingstydperk ... 26

2.4.4 Dieet, allergieë en loodvergiftiging ... 26

2.4.5 Elektroniese mediagebruik ... 27

2.4.6 Gesins- en ander psigososiale faktore... 27

2.4.7 Uitvoerende kognitiewe funksie-raamwerk ... 28

2.5 DIE KLINIESE VOORSTELLING VAN AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING (ATHV) BY VOLWASSENES ... 30

2.5.1 Die primêre simptome van Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)... 30

2.5.1.1 Aandagtekort ... 30

2.5.1.2 Hiperaktiwiteit-Impulsiwiteit ... 31

2.5.2 Diagnostiese kriteria vir Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring ... 34

2.5.2.1 ʼn Kritiese bespreking oor die veranderinge aan die diagnostiese kriteria vir Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring ... 34

2.6 DIE ONTWIKKELINGSVERLOOP EN GEVOLGE VAN AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING ... 38

2.7 DIE DIAGNOSTIESE ASSESSERING VAN AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING ... 40

2.7.1 Die voorlopige ondersoek na simptome ... 41

2.7.2 Multimetode-assessering... 41

2.7.3 Uitdagings van assessering ... 43

2.8 FUNKSIONELE INKORTINGS ONDER UNIVERSITEITSTUDENTE MET AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING (ATHV) ... 44

2.8.1 Akademiese gevolge vir universiteitstudente met Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring ... 45

2.8.1.1 Akademiese prestasie ... 45

2.8.1.2 ATHV-studente se persepsies oor hulle akademiese funksionering ... 47

2.8.1.3 Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring en spesifieke leerversteurings (leerhindernisse) ... 48

(11)

x 2.8.1.4 Oorsake van akademiese probleme by studente met

Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring ... 48

2.8.2 Gesondheidsgevolge vir universiteitstudente met Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring ... 49

2.8.2.1 Fisieke gesondheidsgevolge ... 49

2.8.2.2 Sielkundige gesondheidsgevolge ... 50

2.8.2.3 Sosiale gevolge ... 53

2.8.2.4 Beroepsverwante gevolge ... 54

2.8.3 Geslagsverskille en die gevolge van Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring ... 55

2.8.4 Ter opsomming ... 55

2.9 DIE BEHANDELING VAN AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING BY UNIVERSITEITSTUDENTE ... 56

2.9.1 Psigofarmakologiese behandeling ... 56

2.9.1.1 Psigostimulante ... 57

2.9.1.2 Niestimulantmedikasie ... 59

2.9.1.3 Antidepressante en antikonvulsiewe medikasie ... 59

2.9.1.4 Komplementêre en alternatiewe medikasie ... 60

2.9.1.5 Die niemediese gebruik van ATHV-medikasie of die afwyking van voorgeskrewe dosisse ... 60

2.9.2 Psigososiale intervensie ... 62

2.9.2.1 Kognitiewe gedragsterapie (KGT) ... 62

2.9.2.1.1 Psigo-opvoedkunde ... 62

2.9.2.1.2 Motivering en gereedheid vir verandering ... 63

2.9.2.1.3 Kognitiewe herstrukturering van disfunksionele gedagtes ... 63

2.9.2.1.4 Aandagtigheid (“mindfulness”) as ʼn hanteringstrategie ... 63

2.9.2.1.5 Die gebruik van ondersteuningsbronne en -strategieë... 64

2.9.2.1.6 Akademiese advisering ... 65

2.9.2.1.7 Opleiding en inoefening van vaardighede/hanteringstrategieë ... 66

2.9.3 Die bategebaseerde benadering ... 66

2.9.4 Volhoubaarheid van die behandeling ... 67

2.10 ’N OORSIG VAN NAVORSING OOR UNIVERSITEITSTUDENTE SE BELEWING VAN AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING ... 68

2.11 SAMEVATTING ... 71

HOOFSTUK 3: ’N BIO-EKOLOGIESE SISTEEMPERSPEKTIEF OP

UNIVERSITEITSTUDENTE AS ONTLUIKENDE VOLWASSENES MET ATHV ... 73

3.1 INLEIDING ... 73 3.2 PARADIGMAS WAT PROMINENT WAS IN DIE ONTWIKKELING VAN INKLUSIEWE

(12)

KONTEKSTE VIR STUDENTE MET ATHV ... 74

3.3 DIE BIO-EKOLOGIESE MODEL VAN BRONFENBRENNER ... 76

3.4 ’N BESPREKING VAN DIE PPKT-MODEL MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE ATHV-STUDENT ... 79 3.4.1 Proses ... 80 3.4.2 Persoon ... 83 3.4.3 Konteks ... 85 3.4.3.1 Die mikrosisteem ... 85 3.4.3.2 Die mesosisteem ... 88 3.4.3.3 Die eksosisteem ... 89 3.4.3.4 Die makrosisteem ... 93 3.4.4 Tyd ... 97

3.4.4.1 Die ontwikkelingsperiode van ontluikende volwassenheid ... 97

3.4.4.2 Die psigososiale ontwikkeling van die ontluikende volwassene met spesifieke verwysing na die student met ATHV ... 100

3.5 SAMEVATTING ... 113

HOOFSTUK 4: NAVORSINGSONTWERP EN -METODOLOGIE ... 115

4.1 INLEIDING ... 115 4.2 NAVORSINGSVRAE ... 115 4.2.1 Primêre navorsingsvraag... 115 4.2.2 Sekondêre navorsingsvrae ... 115 4.3 NAVORSINGSPARADIGMA ... 116 4.4 NAVORSINGSONTWERP ... 118 4.5 NAVORSINGSMETODOLOGIE ... 120

4.5.1 Die rol wat die navorser gespeel het ... 121

4.5.2 Die navorsingskonteks ... 123

4.5.3 Deelnemerseleksie ... 124

4.5.3.1 Beskrywing van die deelnemers ... 126

4.5.4 Data-insamelingsmetodes ... 130

4.5.4.1 Persoonlike onderhoude ... 130

4.5.4.2 Fokusgroeponderhoud ... 132

4.5.5 Metode van data-analise ... 133

4.5.6 Kriteria vir kwaliteitsversekering ... 136

4.5.6.1 Geloofwaardigheid ... 136

4.5.6.2 Oordraagbaarheid ... 137

4.5.6.3 Betroubaarheid ... 138

4.5.6.4 Bevestigbaarheid ... 138

(13)

xii

4.6.1 Prosedure ... 139

4.6.2 Ingeligte toestemming en vrywillige deelname ... 140

4.6.3 Beskerming teen persoonlike leed ... 141

4.6.4 Privaatheid, vertroulikheid en anonimiteit ... 141

4.6.5 Ander etiese oorwegings ... 141

4.7 SAMEVATTING ... 142

HOOFSTUK 5: BEVINDINGE ... 143

5.1 INLEIDING ... 143

5.2 NAVORSINGSVRAAG ... 143

5.3 BEVINDINGE ... 143

5.3.1 Onderwerp 1: Belewing van die diagnose van ATHV ... 144

5.3.2 Onderwerp 2: Invloed van die medikasie op die belewing van ATHV ... 148

5.3.3 Onderwerp 3: Fisieke belewing van ATHV ... 152

5.3.4 Onderwerp 4: Emosionele belewing van ATHV ... 152

5.3.5 Onderwerp 5: Akademiese belewing van ATHV ... 155

5.3.6 Onderwerp 6: Sosiale belewing met ATHV ... 161

5.3.7 Onderwerp 7: Verhoudings met mense sonder ATHV ... 169

5.3.8 Onderwerp 8: Hanteringstrategieë vir ATHV... 173

5.3.9 Onderwerp 9: Morele en godsdienstige belewing met ATHV ... 177

5.3.10 Onderwerp 10: Die impak van ATHV op die verlede en die toekoms van die deelnemers . ... 181

5.4 BESPREKING VAN DIE BEVINDINGE ... 185

5.4.1 Die belewing van die ATHV-diagnose ... 185

5.4.2 Die invloed van medikasie op die belewing van ATHV ... 188

5.4.3 Emosionele belewing van ATHV ... 190

5.4.4 Akademiese belewing van ATHV ... 192

5.4.5 Sosiale belewing met ATHV ... 198

5.4.6 Verhoudings met nie-ATHV-persone ... 202

5.4.7 Hanteringstrategieë vir ATHV ... 204

5.4.8 Morele en godsdienstige belewing van ATHV ... 205

5.4.9 Die impak van ATHV op die verlede en die toekoms ... 207

5.5 SAMEVATTING ... 208

HOOFSTUK 6: SAMEVATTING, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS ... 209

6.1 INLEIDING ... 209

6.2 SAMEVATTING VAN DIE STUDIE ... 209

6.3 GEVOLGTREKKINGS ... 210

(14)

6.3.2 Die invloed van medikasie op die belewing van ATHV (sien Figuur 5.2) ... 210

6.3.3 Fisieke belewing van ATHV ... 210

6.3.4 Emosionele belewing van ATHV (sien Figuur 5.3) ... 211

6.3.5 Die akademiese belewing van ATHV (sien Figuur 5.4) ... 211

6.3.6 Sosiale belewing van ATHV (sien Figuur 5.5) ... 212

6.3.7 Verhoudings met mense sonder ATHV (sien Figuur 5.6) ... 213

6.3.8 Hanteringstrategieë vir ATHV (sien Figuur 5.7) ... 213

6.3.9 Morele en godsdienstige belewing met ATHV (sien Figuur 5.8) ... 214

6.3.10 Die impak van ATHV op die verlede en die toekoms (sien Figuur 5.9) ... 215

6.4 AANBEVELINGS ... 216

6.4.1 Aanbevelings op die mikrosisteemvlak ... 216

6.4.1.1 Aanbevelings vir universiteitstudente met ATHV ... 216

6.4.1.2 Aanbevelings vir ouers van ATHV-studente ... 221

6.4.1.3 Aanbevelings vir skole ter ondersteuning van leerders met ATHV ... 222

6.4.1.4 Aanbevelings vir vriende van ATHV-studente ... 223

6.4.1.5 Aanbevelings vir godsdienstige instansies ... 223

6.4.1.6 Aanbevelings vir die universiteit ... 224

6.4.2 Aanbevelings op die eksosisteemvlak ... 229

6.4.3 Aanbevelings op die makrosisteemvlak ... 230

6.4.4 Aanbevelings vir verdere navorsing ... 231

6.5 SLOTGEDAGTE ... 232

BRONNELYS ... 233

BYLAAG 1: DIE BIOGRAFIE VAN DIE NAVORSER ... 268

BYLAAG 2: AANVAARDING VAN DIE NAVORSINGSVOORSTEL ... 270

BYLAAG 3: DSM-V-KRITERIA VIR ATHV... 271

BYLAAG 4: ETIEKSERTIFIKAAT ... 274

BYLAAG 5: BRIEF AAN DIE STUDENTEDEKAAN ... 275

BYLAAG 6: BRIEF AAN DIE ONDERSTEUNINGSENTRUM ... 278

BYLAAG 7: TOESTEMMING OM NAVORSING UIT TE VOER ... 282

BYLAAG 8: INLIGTINGS- EN UITNODIGINGSBRIEF ... 283

BYLAAG 9: INGELIGTE TOESTEMMINGSBRIEF ... 287

BYLAAG 10: INGELIGTE TOESTEMMINGSVORM VIR DIE

FOKUSGROEPONDERHOUD ... 295

BYLAAG 11: SEMI-GESTRUKTUREERDE ONDERHOUDSKEDULE ... 299

(15)

xiv

BYLAAG 13: TRANSKRIPSIE VAN DIE FOKUSGROEPONDERHOUD EN

WHATSAPP-BOODSKAPPE ... 561

BYLAAG 14: SUPERORDINATE TEMAS, SUBTEMAS EN AANHALINGS ... 604

BYLAAG 15: REFLEKSIES VAN DIE NAVORSER TYDENS DIE

DATA-INSAMELINGSPROSES ... 641

BYLAAG 16: PRE- EN POSTREFLEKSIE ... 644

(16)

LYS VAN TABELLE

(17)

xvi

LYS VAN FIGURE

Figuur 3.1: Die bio-ekologiese model (aangepas uit Swart & Pettipher, 2011) ... 79

Figuur 5.1: Onderwerp 1: Belewing van die diagnose van ATHV ... 144

Figuur 5.2: Onderwerp 2: Invloed van die medikasie op die belewing van ATHV... 149

Figuur 5.3: Onderwerp 4: Emosionele belewing met ATHV ... 153

Figuur 5.4: Onderwerp 5: Akademiese belewing met ATHV ... 156

Figuur 5.5: Onderwerp 6: Sosiale belewing met ATHV ... 162

Figuur 5.6: Onderwerp 7: Verhoudings met mense sonder ATHV ... 170

Figuur 5.7: Onderwerp 8: Hanteringstrategieë vir ATHV ... 173

Figuur 5.8: Onderwerp 9: Morele en godsdienstige belewing met ATHV ... 178 Figuur 5.9: Onderwerp 10: Die impak van ATHV op die verlede en toekoms van deelnemers 182

(18)

HOOFSTUK 1

INLEIDING, PROBLEEMSTELLING, DOEL, METODE EN PLAN VAN

ONDERSOEK

1.1 INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING

Kontemporêre navorsing in die veld van opvoedkundige sielkunde fokus onder meer op sielkundige of psigiatriese versteurings wat effektiewe leer kan belemmer. Een van hierdie versteurings is Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring1, wat as ʼn chroniese neuro-ontwikkelingsversteuring beskryf word (Ramsay & Rostain, 2007). Hierdie versteuring (ATHV) word gekenmerk deur ʼn gedragspatroon wat in veelvuldige kontekste (byvoorbeeld die skool, universiteit, werk en huis) kan voorkom. Hierdie gedragspatroon kan inkortings in sosiale, opvoedkundige en werkskontekste teweegbring. Simptome van ATHV kan in twee kategorieë verdeel word, naamlik aandagtekort in die eerste kategorie, en hiperaktiwiteit en impulsiwiteit in die tweede kategorie. Persone wat aan ATHV ly sal dus sukkel om aandag te skenk aan detail; dit moeilik vind om take en aktiwiteite te organiseer; uitermatig baie praat; rondvroetel en dit moeilik vind om stil te sit (American Psychiatric Association2, 2013). Die hiperaktiwiteit wat gewoonlik met ATHV tydens die kinderjare geassosieer word, is dikwels minder opvallend tydens volwassenheid (Barkley, Murphy, & Fischer, 2008).

Aandagtekort-Hiperaktiwiteitsversteuring is die ontwikkelingsversteuring wat die meeste onder kinders in die Verenigde State van Amerika (VSA) voorkom (Barkley, 1997; Weyandt & DuPaul, 2008). Statistiek vanaf 2012 tot 2014 toon aan dat ongeveer 10.2% van skoolgaande kinders (6.4 miljoen) met ATHV gediagnoseer is (U.S. Department of Health and Human Services, 2015). Die presiese voorkomssyfer van ATHV by tersiêre studente is onbekend, aangesien tersiêre inrigtings nie vereis dat studente hulle leerhindernisse bekendmaak nie (Weyandt & DuPaul, 2013). Soos in voorafgaande studies bevind, rapporteer Norvilitis, Ingersoll, Zhang, en Jia (2008) ook dat 4.4% van Amerikaanse universiteitstudente tans beduidende simptome van ATHV beleef. Wolf, Simkowitz, en Carlson (2009) beweer dat ongeveer 25% van studente wat ondersteuningsdienste by tersiêre inrigtings in die VSA ontvang, met ʼn diagnose van ATHV geregistreer is. Hierdie versteuring affekteer voorts 50% van pasiënte wat by psigiatriese klinieke vir kinders en adolessente in die VSA behandel word. Navorsing oor ATHV op die Afrika-kontinent is uiters beperk (Schoeman, 2015; Snyman, 2010). Meyer, Eilertsen, Sundet, Tshifularo, en Sagvolden (2004), asook Louw, Oswald, en Perold (2009, soos aangehaal deur Schellack & Meyer, 2012) dui aan dat 3% tot 5% van skoolleerders in Suid-Afrika moontlik deur

1 Attention-Deficit/Hyperactivity Disorder (ADHD) in Engels. Hierna afgekort tot ‘ATHV’. 2 Amerikaanse Psigiatriese Vereniging. Hierna afgekort tot die ‘APA’.

(19)

2 ATHV geaffekteer word, waarvan die meerderheid seuns is. In Suid-Afrika is daar egter geen amptelike statistiek oor die voorkomssyfer van ATHV onder kinders en universiteitstudente beskikbaar nie (Schellack & Meyer, 2012). In die eerste Suid-Afrikaanse studie oor die voorkoms en behandeling van ATHV by volwassenes (Schoeman, 2015), is die voorkomssyfer van volwasse ATHV onder die algemene populasie na raming 1.09%. Verder affekteer ATHV 52.5% van volwasse pasiënte wat by psigiatriese klinieke in Suid-Afrika behandel word (Schoeman, 2015).

Die meeste navorsing oor ATHV het tot op hede slegs op kinders gefokus. Die vierde hersiene uitgawe van die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings3 (DSM-IV-TR) (American Psychiatric Association, 2000, pp. 93-94) lys slegs simptome van ATHV wat op kinders van toepassing is. Die oortuiging dat ATHV tydens die kinderjare ontwikkel en geleidelik tydens laatadolessensie verdwyn, word egter weerlê deur twee dekades se navorsing wat aandui dat ATHV tot in volwassenheid voorkom (American Psychiatric Association, 2013; Barkley et al., 2008). Die beskrywing van ATHV is gevolglik in die vyfde uitgawe van die DSM (DSM-V) (American Psychiatric Association, 2013, pp. 59-60) aangepas om die belewing van geaffekteerde volwassenes meer akkuraat weer te gee. Vorige uitgawes van die DSM het nie toepaslike riglyne voorsien om volwassenes met hierdie versteuring te diagnoseer nie. Daarom is die DSM-V aangepas om te verseker dat volwassenes met ATHV korrek gediagnoseer kan word.

Daar is ʼn aansienlike hoeveelheid internasionale literatuur beskikbaar oor ATHV onder kinders en adolessente. In Suid-Afrika is daar slegs ʼn beperkte aantal studies oor ATHV in die skoolkonteks onderneem. Hierdie studies fokus hoofsaaklik op ervaringe en uitdagings van onderwysers en ouers van kinders met ATHV (Hariparsad, 2010; Kleynhans, 2005; Neaves, 2009; Tom, 2010). Verder is daar ʼn beperkte aantal studies oor die belewing van kinders en adolessente met ATHV onderneem (Jones & Hesse, 2014; Kendall, Hatton, Beckett, & Leo, 2003; Krueger & Kendall, 2001). In Suid-Afrika kon daar slegs twee studies (A. Engelbrecht, 2009; Muthukrishna, 2007) gevind word wat die belewing van kinders en adolessente met ATHV beskryf.

Die negatiewe impak van ATHV op volwassenes is goed gedokumenteer. Daar is onder meer bevind dat volwassenes met ATHV meer geneig is tot substansiemisbruik en faal om voorbehoeding effektief te gebruik (Rowland, Lesesne, & Abramowitz, 2002). Daar is voorts ʼn hoër voorkoms van motorongelukke, werkloosheid en egskeiding onder hierdie groep bevind (Barkley, Guevremont, Anastopoulos, DuPaul, & Shelton, 1993; Kessler et al., 2006). Navorsing het ook getoon dat organisasies jaarliks biljoene dollar verloor weens verlore produktiwiteit wat

(20)

aan werknemers met ATHV toegeskryf word (Harpin, 2005). Volgens Kessler et al. (2006) is die voorkoms van ko-morbiede sielkundige versteurings hoogs waarskynlik by volwassenes wat onbewus is van hulle ATHV-diagnose. Hierdie ko-morbiede versteurings kan wissel van distimie en algemene angsversteuring tot substansiemisbruik en ander gedragsprobleme. Die negatiewe gevolge van ATHV wat nie by volwassenes gediagnoseer en behandel word nie, is dus voor die hand liggend.

ʼn NEXUS-soektog het aangedui dat daar tans geen studies oor universiteitstudente met ATHV se belewing van dié versteuring in Suid-Afrika onderneem is nie. Daar is wel enkele internasionale studies wat die belewing van tersiêre studente beskryf (Flowers, 2012; Morgan, 2012; Young, 2012). Die rede vir die gebrek aan navorsing kan tweërlei wees: eerstens, slegs ʼn beperkte aantal studies het van kwalitatiewe navorsingsmetodes gebruik gemaak; en tweedens, die onderwerp is nie vanuit ʼn teoretiese raamwerk bestudeer wat die holistiese belewing van die tersiêre student met ATHV beskryf nie. Meeste navorsing oor ATHV onder volwassenes en studente is kwantitatief van aard ten einde die voorkomssyfers, simptomatologie en assessering van studente en volwassenes met dié versteuring te bepaal (DuPaul, Weyandt, O’Dell, & Varejao, 2009; Harpin 2005; Weyandt & DuPaul, 2008) of die fokus is op die biologiese en ontwikkelingsaspekte wat met ATHV vereenselwig word (Barkley, 2006a). Laasgenoemde is ooreenstemmend met die mediese model wat hoofsaaklik op die etiologie van dié versteuring fokus; gevolglik het daar ʼn betekenisvolle gaping in kennis ontstaan oor die belewing van ATHV. Net só is ʼn beperkte hoeveelheid inligting beskikbaar oor hoe universiteitstudente met ATHV hulle tersiêre omgewing beleef en bestuur.

Aangesien ATHV dikwels ʼn negatiewe impak op die akademiese, sosiale en sielkundige funksionering van die persoon uitoefen, bestaan die moontlikheid dat studente met ATHV aanpassingsprobleme kan ervaar wanneer hulle die studentelewe toetree (Weyandt et al., 2013). Een van die gevolge hiervan is dat daar ʼn hoër uitvalsyfer onder studente met ATHV voorkom vergeleke met studente wat nie aan dié versteuring ly nie (Quin, 2013).

Met betrekking tot akademiese funksionering is daar bevind dat studente met ATHV betekenisvolle ATHV-simptomatologie toon; laer gemiddelde toelatingstellings toon; meer geneig is om hulle studies tydelik op te skop; en minder geneig is om aan ʼn tersiêre instansie te gradueer (Advokat, Lane, & Luo, 2011; Heiligenstein, Conyers, Berns, & Smith, 1998; Wolf, 2001). Die koers waarteen studente met ATHV en ander tipes leerhindernisse hulle studies opskop, is inderdaad dubbel die koers waarteen studente wat nie ATHV of ander leerhindernisse het nie, hulle studies opskop (Fleming & McMahon, 2012; Wolf, 2001).

(21)

4 Die universiteitstudent met ATHV beleef dikwels ook beduidende uitdagings wat haar4 sosiale en sielkundige funksionering aanbetref. Universiteitstudente met ATHV is geneig om wrywing in verhoudings met ouers en hulle portuurgroep te ervaar en toon dikwels laer vlakke van selfagting, sosiale vaardighede en aanpassing as hulle nie-ATHV-portuurgroep (Grenwald-Mayes, 2002; Shaw-Zirt, Popali-Lehane, Chaplin, & Bergman, 2005). Die sielkundige funksionering van studente met ATHV verskil ook van hulle nie-ATHV-portuurgroep. Universiteitstudente met ATHV is meer geneig om die simptome van een of meer ko-morbiede versteuring ‒ soos gemoedsversteurings (depressie en angs), substansiegebruik-versteurings en eetversteurings ‒ as hulle niegediagnoseerde portuurgroep te ervaar (Fleming & McMahon, 2012). Nie net moet studente met ATHV die uitdagings van ko-morbiede versteurings bestuur nie, maar hulle moet ook die toenemende komplekse (emosionele, sosiale en kognitiewe) eise van die lewensfase van ontluikende volwassenheid hanteer (Arnett, 2000).

Uit bogenoemde blyk dit duidelik dat die student met ATHV ʼn aantal uitdagings tydens haar universiteitsloopbaan die hoof moet bied (DuPaul et al., 2001; Wolf, 2001). Alhoewel daar heelwat navorsing bestaan oor die aansienlike toename in studente met ATHV by tersiêre instansies sowel as die uitdagings wat hulle die hoof moet bied, is navorsing oor die belewing van dié versteuring beperk. Daarom is dit belangrik om die belewing van die universiteitstudent met ATHV na te vors ten einde haar behoeftes beter te verstaan sodat die nodige ondersteuning aan haar gebied kan word. Tersiêre opvoedkundige instansies is ook wetlik verplig om die behoeftes van die leerder in die sisteem aan te roer (Departement van Onderwys, 2001). Prevatt, Reaser, Proctor, en Petscher (2007) is van mening dat hierdie tipe navorsing oor ondersteuning belangrik is sodat studente met versteurings optimale prestasies op universiteitsvlak kan behaal.

Tydens die navorser se opleiding as intern skoolberader by ʼn sekondêre skool, was sy by ʼn aantal leerders met ATHV in ʼn terapeutiese verhouding betrokke. Sy het deur waarneming opgemerk dat die meerderheid onderwysers die etiket van ATHV met agterdog bejeën en nie waarlik geneë of in staat is om die nodige ondersteuning aan dié leerders te verleen nie. Verder het die navorser ook as tutor-koördineerder by ʼn ondersteuningsentrum vir studente met leerhindernisse by ʼn universiteit opgetree, waar sy onder meer tutoriale vir studente met ATHV moes reël. Die navorser het opgemerk dat slegs ʼn klein aantal studente met ATHV by die ondersteuningsentrum geregistreer is om ondersteuning te verkry. Op grond van hierdie ervaringe, het sy haarself begin afvra: Hoe beleef die universiteitstudent die diagnose van ATHV in haar alledaagse lewe? Is daar behoeftes wat studente met ATHV ervaar wat nie deur die ondersteuningsdienste aangeroer word nie? Wat beskou hierdie studente as belangrike

4

Vir die doeleindes van die onderhawige studie, gaan daar deurgaans na die universiteitstudent met ATHV as vroulik verwys word.

(22)

elemente ten einde suksesvol in ʼn universiteit te kan funksioneer? Op watter wyses kan universiteite die behoeftes aanroer wat deur ATHV-studente geïdentifiseer word? Hoe vorm die voorafgaande en huidige opvoedkundige belewing van ʼn persoon met ATHV haar drome en doelwitte vir die toekoms?

1.2 NAVORSINGSVRAE

Teen die agtergrond van die voorgaande bespreking het die volgende navorsingsvraag ontstaan:

 Wat is die belewing van die universiteitstudent wat met ATHV gediagnoseer is?

Die volgende sekondêre en verbandhoudende navorsingsvrae het vanuit hierdie primêre navorsingsvraag onstaan:

 Wat is universiteitstudente met ATHV se belewing van die diagnose van ATHV?

 Wat is die fisieke belewing van universiteitstudente met ATHV?

 Wat is die emosionele belewing van universiteitstudente met ATHV?

 Wat is die akademiese belewing van universiteitstudente met ATHV?

 Wat is die sosiale belewing van universiteitstudente met ATHV?

 Wat is die morele en godsdienstige belewing van universiteitstudente met ATHV?

 Wat is die impak van ATHV op die verlede en die toekomsperspektief van universiteitstudente met ATHV?

1.3 DOEL VAN DIE NAVORSING

In aansluiting by bogenoemde primêre navorsingsvraag word die volgende primêre navorsingsdoel gestel:

Die navorsing het ten doel om:

 die belewing van universiteitstudente wat met ATHV gediagnoseer is, te ondersoek.

Onderliggend aan die primêre navorsingsdoel is die volgende sekondêre navorsingsdoelwitte gestel:

 om universiteitstudente met ATHV se belewing van die diagnose van ATHV te ondersoek;

 om die fisieke belewing van universiteitstudente met ATHV te ondersoek;

 om die emosionele belewing van universiteitstudente met ATHV te ondersoek;

 om die akademiese belewing van universiteitstudente met ATHV te ondersoek;

 om die sosiale belewing van universiteitstudente met ATHV te ondersoek;

(23)

6 ondersoek; en

 om die impak van ATHV op die verlede en die toekomsperspektief van universiteitstudente met ATHV te ondersoek.

1.4 BEGRIPSOMSKRYWING

Die volgende begrippe verdien nadere omskrywing ten einde te verseker dat eenvormige interpretasies gekoppel word aan dié begrippe wat deurlopend in die studie gebruik word.

Belewing: In die Verklarende en Vertalende Sielkundewoordeboek (Plug, Louw, Gouws, & Meyer, 1997, p. 32) word na die term “belewenis” gedefinieer as “ʼn Ervaring van ʼn

besondere aard wat met heelwat emosie gepaard gaan.” Langemo, Melland, Hanson,

Olsen, en Hunter (2000, p. 225) meen egter dat die term “belewing” verwys na “meaning

derived from being in the world”. Hierdie definisie stem ooreen met die beginsel van die

hermeneutiese fenomenologie van Heidegger wat as konseptuele raamwerk vir die studie gebruik sal word. Die term “belewing” is vervolgens in die studie gebruik om te verwys na die individu se interpretasies van die realiteit en die betekenis wat sy aan sosiale kontekste heg. Dié term word voorts ook gebruik omdat dit meer algemeen in die alledaagse spreektaal voorkom.

Ontluikende volwassenheid: Die nuwe ontwikkelingsfase van ontluikende volwassenheid (“emerging adulthood”) strek tussen die ouderdomme van 18 en 25, waartydens jongmense nie ʼn adolessent of ʼn volwassene is nie (Arnett, 2000). Jongmense in hierdie fase fokus op die ontdekking van identiteit, beroepe en verhoudings (Arnett, 2000).

Selfregulering: Vir die doeleindes van hierdie studie word die kontemporêre definisie van selfregulering gebruik, naamlik die bewuste en aktiewe beheer van ʼn persoon se gedrag (Barkley, 1997, soos aangehaal deur Barkley et al., 2008).

Bio-ekologiese model: Die bio-ekologiese model van Bronfenbrenner (1995) word as ʼn model van menslike ontwikkeling beskou wat uit vier komponente bestaan: die ontwikkelingsproses, wat verwys na die dinamiese en vervlegde verhouding tussen die genetiese samestelling van die ontwikkelende persoon en haar omgewing waarmee sy voortdurend interaktief is; die persoon, met haar unieke samestelling van biologiese, emosionele, kognitiewe en gedragseienskappe; die konteks (ekologie) van menslike ontwikkeling, wat uit verskillende sisteme bestaan, naamlik die mikrosisteem, mesosisteem, eksosisteem en die makrosisteem; en tyd, wat na die aantal dimensies van tydelikheid (of verbygaande aard) verwys, soos onder meer historiese tyd. Laasgenoemde konsep staan ook as die chronosisteem bekend, wat verwys na die

(24)

verandering wat oor ʼn persoon se lewenstyd plaasvind. Hierdie vier komponente vorm gesamentlik die proses-persoon-konteks-tyd-model5 (Bronfenbrenner & Morris, 2006).

Leerhindernis: Hierdie term kan na struikelblokke binne die opvoedkundige sisteem as ʼn geheel verwys, die leerruimte en/of struikelblokke van leer binne die leerder self, naamlik intrinsieke leerhindernisse (Departement van Onderwys, 2010). Hierdie struikelblokke verhinder toegang tot leer en ontwikkeling (Departement van Onderwys, 2010).

1.5 NAVORSINGSONTWERP EN -METODOLOGIE

1.5.1 Navorsingsparadigma

Die onderhawige studie is ʼn kwalitatiewe studie wat vanuit ʼn interpretivistiese-konstruktivistiese navorsingsparadigma benader is. Volgens Creswell (1994) en Marshall en Rossman (2011) bied kwalitatiewe navorsing ʼn metode om die betekenis wat individue en groepe aan ʼn sosiale of menslike probleem toeskryf, te ontdek en verstaan. Merriam (2009) en Silverman (2010) meen dat kwalitatiewe navorsing ten doel het om te verstaan hoe persone hulle wêrelde beleef en interpreteer. Die resultate word by wyse van ryk, gedetailleerde en indiepte-beskrywings weergegee. Neuman (2012) meen voorts dat die interpretivistiese-konstruktivistiese paradigma aanvoer dat die sosiale realiteit nie soseer op die objektiewe, materiële realiteit berus nie, maar eerder op persone se idees, oortuigings en persepsies van realiteit. Met ander woorde, ons realiteit word deur sosiale konstruksie geskep.

Vervolgens moes die navorser in gedagte hou dat daar veelvuldige realiteite bestaan en dat ATHV ʼn sosiaal-gekonstrueerde verskynsel is wat verskillende betekenisse vir verskillende persone inhou. Die navorsing het gevolglik ten doel gehad om die subjektiewe interpretasies van die belewing van universiteitstudente met ATHV te verstaan en te beskryf. Ten einde ʼn holistiese beeld van die verskeie sisteme betrokke by die belewing van hierdie studente te verkry, was ʼn verkennende en beskrywende kwalitatiewe navorsingtradisie ʼn geskikte benadering om te volg. McMillan en Schumacher (2009) beweer dat kwalitatiewe navorsing poog om ʼn verskynsel in diepte te verstaan, maar ook om transformasie en bemagtiging te bevorder deur op verskynsels en sosiaal-gemarginaliseerde groepe te fokus. Die kwalitatiewe studie het dus vir die deelnemers met ATHV ʼn geleentheid gebied om voorstelle vir effektiewer intervensies te maak ten einde hulle akademiese sukses en funksionering in totaliteit te verbeter. Verder poog verkennende navorsing om onbekende areas deur middel van ʼn oop, buigsame en induktiewe benadering te ondersoek (McMillan & Schumacher, 2009). Dit was veral waardevol vir hierdie studie waar daar min oor universiteitstudente se belewing van hulle

5

(25)

8 ATHV bekend is. ʼn Uitgebreide bespreking van die navorsingsparadigma word in Hoofstuk 4 voorsien.

1.5.2 Navorsingsontwerp

Die navorsingsontwerp voorsien ʼn navorser van ʼn plan of strategie wat deur filosofiese aannames onderlê word ten einde die seleksie van deelnemers, die data-insamelingstegnieke en die metode van data-analise te spesifiseer (Maree & Van der Westhuizen, 2012). Verder beweer Cohen, Manion, en Morrison (2001) dat die doel van die navorsingsontwerp behels om toepaslike antwoorde op navorsingsvrae te vind. In hierdie kwalitatiewe studie het die navorser vanuit ʼn interpretivistiese-konstruktivistiese paradigma gewerk om die deelnemers se belewing van hulle ATHV te ondersoek.

Vir die doeleindes van die navorsing, was ʼn kollektiewe gevallestudie navorsingsontwerp die geskikste vorm van ondersoek. Volgens Creswell (2012) en Simons (2009) verwys ʼn kollektiewe gevallestudie na ʼn gedetailleerde studie van verskeie gevalle om ʼn kollektiewe begrip van ʼn verskynsel, populasie of algemene toestand te vorm. In hierdie studie het die sosiale eenheid bestaan uit ses universiteitstudente wat met ATHV gediagnoseer is, wat almal by een universiteit geregistreer is. ʼn Gevallestudie is ook ʼn indiepte-ondersoek vanuit veelvuldige perspektiewe oor die kompleksiteit en uniekheid van ʼn spesifieke projek, program of sisteem. Dit vind plaas in ʼn konteks wat die realiteit van die verskynsel weerspieël en die geloofwaardigheid van kwalitatiewe navorsing verseker (Simons, 2009). Hierdie definisie sluit aan by Creswell (2012) en Yin (2009) se menings dat die onderskeidende kenmerk van gevallestudies opgesluit lê in die ontwerp se poging om ʼn verskynsel in sy konteks te bestudeer deur veelvuldige bronne van inligting in te samel. Ná die beskrywing van elke geval, word temas deur middel van data-analise geïdentifiseer (Creswell, 2012). ʼn Uitgebreide bespreking van die navorsingsontwerp word in Hoofstuk 4 voorsien.

1.5.3 Navorsingsmetodologie

ʼn Fenomenologiese benadering is in hierdie studie gevolg. Fenomenologie het nie ten doel om te beskryf waarom ʼn verskynsel plaasvind nie, maar dit beskryf eerder wat die fenomeen is volgens die betekenisse wat persone daaraan heg (Pascal, 2010; Willig, 2001). Pascal (2010) en Van Manen (1990) voer aan dat vrae rakende kennis van ʼn verskynsel moet terug verwys na die leefwêreld van die deelnemers, waar kennis deur die deelnemers se geleefde belewing na vore kom. Hierdie konsep van leefwêreld fokus ons aandag op die geleefde situasies van individue (waar ons take verrig en in verhouding met andere in die wêreld leef) eerder as op ʼn innerlike wêreld van subjektiewe gevoelens. Die persoon en die wêreld is met mekaar vervleg. Merleau-Ponty (1968, p. xi), ʼn sleutelfiguur in eksistensiële fenomenologie wat by Heidegger se benadering aansluit, merk tereg op: “man [sic] is in the world, and only in the world does he

(26)

know himself”.

ʼn Fenomenologiese benadering was dus toepaslik vir hierdie studie, aangesien die studie ten doel gehad het om die betekenis van die geleefde ervaring van ʼn aantal universiteitstudente met ATHV te beskryf. Die doel van fenomenologie word effektief deur Van Manen (1990, p. 62) in die volgende stelling opgesom: “We gather other people’s experiences because they allow us

to become more experienced ourselves.” In fenomenologie soek navorsers na die essensiële,

die onveranderlike struktuur en inhoud, die kern (“essence”) of die sentrale onderliggende bewustheid om die kwalitatiewe diversiteit van deelnemers se belewing te begryp en sodoende die essensiële betekenis van die belewing te ontvou (Kakkori, 2009; Moustakas, 1994).

Alhoewel ʼn aantal fenomenologieë bestaan, het die navorser vir die doeleindes van hierdie studie ʼn Heideggeriaanse benadering gevolg. Alhoewel Martin Heidegger ʼn dissipel van Edmund Husserl was, verwerp hy die idee om persoonlike opinies en oortuigings opsy te skuif (“bracketing”) ten einde op die interpretasie van ʼn verskynsel te fokus. Heidegger is van mening dat ʼn persoon, as ʼn “Being-in-the-World”, nie van die wêreld geskei kan word nie. Betekenisse word deur ons gedeelde menslikheid en belewing ontwikkel. Heidegger het geglo dat dit nie moontlik is om ons belewing opsy te skuif nie, maar om eerder deur refleksie van ons aannames bewus te word. Voorts, deur ons belewing opsy te skuif, verloor ons die kapasiteit om deur middel van gedeelde belewing betekenis te verstaan. Hierdie voortdurende refleksie van die aannames van die navorser tydens die navorsingsproses word as die ontologiese verskil tussen die transendentale en die hermeneutiese fenomenologie erken (Heidegger, 2000). Gevolglik ontstaan die hermeneutiese fenomenologiese benadering wat ten doel het om bedekte betekenisse en onderliggende omstandighede te ontbloot ten einde die ware objektiewe aard van die strukture van die verskynsel te ontbloot (Kafle, 2011).

Heidegger gebruik die woord “Dasein” om na die uniekheid van menslike wesens te verwys. Die letterlike Engelse vertaling van “Dasein” is “being there”, dus met die implikasie dat ons as individue bestaan, maar ook binne ʼn sosiale konteks funksioneer (Heidegger, 1996, 2000). Heidegger fokus vervolgens op die praktiese aktiwiteite en verhoudings van die mens, en waardeur die wêreld aan ons voorgehou word ten einde betekenisvol te wees. Heidegger meen dus dat die wêreld en die individu onlosmaaklik deel van mekaar is (Smith, Flowers, & Larkin, 2009).

In hierdie studie is die student met ATHV se belewing binne ʼn spesifieke konteks ondersoek (byvoorbeeld akademies, sosiaal en gesin) waarmee sy op ʼn gereelde basis in interaksie verkeer. Nog ʼn rede vir die keuse van die spesifieke benadering, was dat Heidegger beweer ʼn persoon is altyd ʼn “persoon-in-konteks”. Laasgenoemde oortuiging sluit ook aan by die

(27)

10 aannames van die bio-ekologiese model (Bronfenbrenner, 1995) wat as teoretiese raamwerk vir die studie gedien het. Laasgenoemde teoretiese raamwerk voer aan dat die ontwikkelende persoon met haar genetiese samestelling sowel as biologiese en sielkundige eienskappe in ʼn aantal kontekste ingebed is. Hierdie verskillende kontekste is in voortdurende wisselwerking met mekaar en met die individu, wat ʼn invloed op haar ontwikkeling uitoefen (Sigelman & Rider, 2009).

1.5.4 Die rol van die navorser

Kwalitatiewe navorsing is ʼn interpretatiewe studie van ʼn gespesifiseerde verskynsel of probleem waarin die navorser sentraal staan ten opsigte van die betekenis wat uit die data verkry word (Given, 2008; Parker, 1998). Die navorser tree self op as ʼn aktiewe en betrokke instrument wat ʼn spesifieke sienswyse na die navorsing bring (Merriam, 2009). Volgens Kafle (2011) is ʼn kenmerkende eienskap van fenomenologiese onderhoude en navorsing vanuit die Heideggeriaanse benadering die erkenning van die navorser se oortuigings, belewenisse en aannames. Tydens die navorsingsproses is daar voortdurend oor die navorsingsproses gereflekteer en die navorser se persoonlike belewing is in ʼn reflektiewe joernaal aangeteken (sien Bylaag6 15).

Tydens die onderhoude het die navorser waargeneem, aandagtig na die deelnemer geluister en al die etiese riglyne gevolg. Die navorser het voorts as transkribeerder en data-analis (van die onderhoude en joernaal) opgetree.

1.5.5 Die navorsingskonteks

McMillan en Schumacher (2009) is van mening dat die kwalitatiewe navorsingsbenadering erkenning gee aan die rol wat die sosiale konteks speel ten opsigte van die gedrag van die individu. Daarom kan gebeurtenisse en prosesse slegs verstaan word indien die konteks en die wyse waarop die konteks betekenis aan die betrokke verskynsel gee, in ag geneem word (Babbie & Mouton, 2001; Neuman, 2012).

Die studie het gefokus op studente met ATHV wat aan ʼn universiteit binne ʼn stedelike omgewing in Suid-Afrika geregistreer is. Tydens die studie het die navorser na die tersiêre instansie as “Universiteit X” verwys. Universiteit X bestaan uit ongeveer 33 000 studente met sewe fakulteite en meer as 4 000 akademiese en administrasiepersoneellede. Die studentepopulasie is verteenwoordigend van die etniese samestelling van die groter Suid-Afrikaanse populasie. Universiteit X bied voorgraadse en nagraadse programme aan. Studente met ATHV kan by die ondersteuningsentrum vir studente met leerhindernisse registreer vir

6 Bylae vir die hardekopie is op ʼn kompakskyf ingebrand (sien aangehegde CD, bl. 268). Bylae in die elektroniese

(28)

akademiese ondersteuning (om in hulle opvoedkundige behoeftes te voorsien en individuele klassessies aan te bied).

1.5.6 Deelnemerseleksie

ʼn Homogene doelgerigte seleksiemetode is in die studie gebruik, aangesien die navorser graag die belewing van ATHV by die universiteitstudente wou verken en verstaan. Volgens Smith en Osborn (2008) stel die homogene doelgerigte seleksiemetode die navorser in staat om ʼn klein aantal deelnemers te selekteer op grond van hulle vermoëns om ʼn spesifieke navorsingsvraag te belig. Ses universiteitstudente met ATHV is op grond van sekere kriteria geselekteer. Ingeligte toestemming is ook van die betrokke deelnemers verkry. ʼn Volledige bespreking oor die homogene doelgerigte seleksiemetode word in Hoofstuk 4 weergegee.

1.5.7 Metodes van data-insameling

1.5.7.1 Persoonlike onderhoude

Vir die doeleindes van hierdie studie, het die navorser van individuele semi-gestruktureerde onderhoude gebruik gemaak. In hierdie tipe onderhoud word ʼn stel voorafbepaalde vrae wat oop-eind van aard is, in die onderhoudskedule ingesluit. Semi-gestruktureerde onderhoude is geskik om ʼn ware begrip van ʼn verskynsel te ontwikkel en voorsien ryk, gedetailleerde data (Greeff, 2011; Rubin & Rubin, 1995). Die onderhoud is begin met ʼn algemene oop vraag, waaruit verdere vrae ontstaan het (Smith et al., 2009). In die navorsingstudie is die onderhoude begin met die oop vraag: “Wat is jou belewing as ʼn student met ATHV?” Die onderhoudskedule (sien Bylaag 11) is op ʼn buigsame wyse aangewend en die navorser het vir verklarings of uitbreidings op ʼn antwoord gevra indien sy onseker was oor ʼn deelnemer se mededeling.

Charmaz (2002) beweer dat meer as een onderhoud tot dieper begrip lei en die navorsingsproses gevolglik uitbrei. Daarom is opvolgonderhoude met vyf van die deelnemers ongeveer twee maande uitmekaar geskeduleer. Die doel van die tweede onderhoud was tweeledig van aard. Die eerste doel was om meer indiepte-data te verkry nadat deelnemers tyd gehad het om oor die verskynsel op ʼn meer gefokusde wyse te reflekteer. Die navorser kon dan ook die bevindinge voortspruitend uit die eerste onderhoud met die deelnemer deel, sodat hulle dit kon bevestig en/of hersien (Charmaz, 2002).

Silverman (2010) voer aan dat dit noodsaaklik is om rekord te hou van data en om te verseker dat die interpretasie van resultate gebaseer is op ʼn akkurate weergawe van wat gesê is. Die navorser het met die toestemming van die deelnemers van ʼn digitale bandopnemer gebruik gemaak om onderhoude op te neem en het ook handgeskrewe notas gemaak om die opnames te ondersteun. Observasies is ook tydens die onderhoud aangeteken, veral betreffende nieverbale leidrade. Nadat elke onderhoud gevoer is, is die inhoud daarvan onmiddellik

(29)

12 verbatim getranskribeer.

1.5.7.2 Fokusgroeponderhoud

ʼn Fokusgroeponderhoud is tydens die studie gebruik om die inligting wat tydens die individuele onderhoude ingesamel is, te verifieer. Volgens Kitzinger (2005) is fokusgroeponderhoude ʼn effektiewe metode om die navorser van deelnemers se stories, belewenisse, oogpunte, oortuigings en hulle behoeftes te voorsien.

Die fokusgroep in hierdie studie het uit vier deelnemers bestaan, wat volgens Smith et al. (2009) ʼn geskikte grootte vir ʼn fokusgroep is. Die fokusgroeponderhoud het in ʼn seminaarkamer in die biblioteek van Universiteit X plaasgevind en het ongeveer 90 minute geduur. Net soos in die eerste persoonlike onderhoud, het die navorser die fokusgroeponderhoud met ʼn oop vraag begin, naamlik “Hoe beleef jy jouself as ʼn student met ATHV?”, waarna die belewing van die verskillende ontwikkelingsdomeine verken is. Tydens die fokusgroeponderhoud het die navorser ʼn niedirektiewe rol ingeneem en het sy slegs vrye, oop besprekings tussen die deelnemers gefasiliteer (Neuman, 2012).

1.5.7.3 Veldnotas en die reflektiewe joernaal van die navorser

Veldnotas tesame met ʼn reflektiewe joernaal is gedurende die navorsingsproses gebruik. Veldnotas het beskrywings ingesluit van enigiets wat die navorser gesien, gehoor en gevoel het, en het ʼn belangrike bydrae tot die navorsingskonteks gelewer. Aangesien refleksie ʼn belangrike konsep in die hermeneutiese benadering is, is die veldnotas en die reflektiewe joernaal saam gebruik om inligting oor die detail van die navorsingskonteks, die kommunikasie en besprekings met die navorser se studieleier en deelnemers, asook observasies en metodologiese kwessies aan te teken. Hierdie notas is subjektief gebruik as deel van die interpretasiefase van die resultate en nie tydens die aanvanklike data-analise nie. Jasper (2005) beweer dat die navorser se reflektiewe notas as sekondêre data beskou kan word wat ʼn integrale deel van die studie vorm.

1.5.8 Metode van data-analise

Die data-analise is met behulp van Interpretatiewe Fenomenologiese Analise7 uitgevoer. Die IPA-metode stem ooreen met die aannames van die hermeneutiese fenomenologie (Finlay, 2009). Volgens Palmer, Larkin, De Visser, en Fadden (2010) het IPA ten doel om die geleefde belewing van persone in detail te ondersoek. Die interpretasieproses vind reeds vanaf die aanvang van die data-insameling plaas. Interpretatiewe Fenomenologiese Analise strewe ook daarna om idiografiese beskrywings weer te gee: deelnemers word in hulle eie kontekste geplaas waartydens hulle persoonlike perspektiewe ontdek word, en ʼn gedetailleerde

(30)

ondersoek van elke geval word onderneem voordat daar na algemener bewerings beweeg word (Smith et al., 2009).

Die data-analiseproses het soos volg verloop: elke transkripsie is herhaaldelik gelees totdat ʼn deeglike begrip van die totale aard van die deelnemer se mededeling verkry is. Aanvanklike gedagtes en opmerkings is dan op die transkripsie aangeteken. Die transkripsie is dan volledig gelees en voortkomende temas is op die transkripsie in die vorm van sleutelwoorde aangebring. Hierdie temas is dan opgesom en georganiseer ten einde interverhoudings vas te stel en ʼn aantal superordinate temas te genereer (sien Bylaag 14). Hierdie proses is met elke transkripsie herhaal. ʼn Gekonsolideerde lys temas is saamgestel en nuwe temas is op ʼn sikliese wyse aan die transkripsies getoets. Sodoende het sekere temas oortollig geraak en is verwerp indien hulle nie op elke deelnemer van toepassing was nie (Smith et al., 2009).

1.5.9 Kriteria vir kwaliteitsversekering

Die proses van kwaliteitsversekering is onder meer gekontroleer deur die nagaan van transkripsies; triangulasie; en die weergee van ryk en gedetailleerde beskrywings van die deelnemers. Die navorser het ook veldnotas en ʼn reflektiewe joernaal (Bylae 13 en 14) gebruik om haar ervarings, gevoelens en insigte van die navorsingsproses weer te gee om sodoende die invloed van haar persoonlike waardes en oortuigings te monitor en te evalueer.

1.5.10 Etiese oorwegings

Mertens (2004) voer aan dat dit noodsaaklik is dat sekere etiese riglyne tydens die beplanning, ontwerp, implementering en verslaggewing van navorsing gehoorsaam word wanneer mense of menslike gedrag ondersoek word. Die navorser het gevolglik bepaalde etiese riglyne gevolg om die deelnemers se reg op menswaardigheid te beskerm en vertroulikheid te handhaaf. Eerstens is etiese klaring van die Navorsingsetiek Regulatoriese Komitee van die Noordwes-Universiteit ontvang (sien Bylaag 4), waarna die studentedekaan van Universiteit X skriftelik om toestemming gevra is om die navorsing uit te voer (sien Bylaag 5). Nadat die studentedekaan sy toestemming vir die studie verleen het (sien Bylaag 7), het die navorser die hoof van die ondersteuningsentrum skriftelik om toestemming gevra om die navorsing uit te voer (sien Bylaag 6). Die navorser het die etiese riglyne vir geregistreerde beraders, soos uiteengesit in die Health Professions Act (1974) gevolg, sodat die beste belange van die deelnemers voorkeur geniet het.

Geen instansie of persoon is deur die navorsing geïdentifiseer nie en die betrokkenheid en deelname van al die deelnemers was vrywillig. Daar is ʼn inligtingsbrief en ʼn ingeligte toestemmingsvorm (sien Bylae 8 tot 10), waarin die aard van die navorsing en die navorsingsproses, asook die deelnemer se regte volledig beskryf is, voor die aanvang van die

(31)

14 persoonlike onderhoud aan die deelnemers voorsien. Die deelnemers is ook herinner dat hulle sonder opgaaf van redes en enige vorm van benadeling te eniger tyd aan die navorsingsproses kon onttrek indien hulle wou. Die etiese aspekte van die navorsing word breedvoerig in Hoofstuk 4 bespreek.

1.6 HOOFSTUKINDELING

Hoofstuk 1 oriënteer die leser ten opsigte van die studie wat onderneem is. Die doel van dié hoofstuk was om die navorsing te kontekstualiseer; die navorsingsprobleem en doel van die ondersoek te formuleer; en om ʼn ingekorte oorsig van die beoogde navorsingsontwerp en -metodologie weer te gee.

Hoofstuk 2 voorsien ʼn teoretiese eksposisie van ATHV. Hierdie hoofstuk verskaf ʼn historiese oorsig van ATHV by kinders en volwassenes, met spesifieke verwysing na die simptome, diagnose, ko-morbiede versteurings, etiologie, voorkomssyfers, ontwikkeling, assessering en hantering. Belangrike verskille tussen ATHV by kinders en ATHV by volwassenes word ook in hierdie hoofstuk uitgelig. Voorafgaande navorsing in die veld van tersiêre studente met ATHV word ook bespreek.

Hoofstuk 3 beskryf die belewing van ATHV tydens ontluikende volwassenheid, met spesifieke verwysing na die verskillende dimensies van menswees binne die teoretiese raamwerk van die bio-ekologiese model.

Hoofstuk 4 bied ʼn oorsig van die navorsingsontwerp, sowel as die -metodologie wat in hierdie navorsingstudie gevolg is.

In Hoofstuk 5 word die bevindinge weergegee en in die konteks van bestaande literatuur bespreek.

Hoofstuk 6 maak gevolgtrekkings en aanbevelings word aan die hand gedoen.

1.7 SAMEVATTING

Hierdie hoofstuk het ʼn algemene oorsig van die navorsingstudie voorsien. Daar is aandag geskenk aan die agtergrond van ATHV, die navorsingsprobleem en die doel van hierdie navorsingstudie. Die navorsingsparadigma en -ontwerp is voorts bespreek, waarna ʼn oorsig van die data-insamelingsmetodes, die navorsingskonteks, sowel as die seleksiemetode van die deelnemers voorsien is. Die teoretiese eksposisie van ATHV word vervolgens in Hoofstuk 2 bespreek.

(32)

HOOFSTUK 2

’N TEORETIESE EKSPOSISIE VAN

AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING (ATHV)

2.1 INLEIDING

Hoofstuk 1 het die leser van ʼn breë oorsig van die studie voorsien. Die doel van hierdie hoofstuk is om ʼn teoretiese eksposisie van ATHV te gee, en om die studie binne die raamwerk van bestaande navorsing te plaas om sodoende die navorsing te rig. ʼn Historiese oorsig van ATHV word eerstens voorsien. Daarna word die volgende bespreek: die voorkoms; etiologie; primêre simptome; ontwikkeling en instandhouding; diagnose; assessering; inkortings van funksionering en ko-morbiede versteurings; en die behandeling van ATHV onder volwassenes, met spesifieke verwysing na universiteitstudente. ʼn Oorsig van navorsing rakende universiteitstudente se belewing van hulle ATHV word laastens weergegee.

2.2

’N HISTORIESE OORSIG VAN

AANDAGTEKORT-HIPERAKTIWITEITSVERSTEURING (ATHV)

Ten einde ʼn duidelike en akkurate begrip van die essensie van ATHV te vorm, is dit nodig om kennis te neem van die ontstaan en ontwikkeling van konsepte wat dié versteuring vandag kenmerk. Hierdie ontluikende konsepte het bygedra tot die huidige konseptualisering van ATHV as ʼn versteuring wat grootliks gekenmerk word deur swak inhibisie en selfregulering weens inkortings van uitvoerende kognitiewe funksies (Barkley, 2012; Brown, 2013). Die konstellasie van hiperaktiwiteit, swak impulskontrole en aandagtekort is diagnostiese etikette wat oor die afgelope eeu aan die versteuring toegeken is. Tydens die historiese verloop van ATHV, het tendense oor die behandeling van dié versteuring ook te voorskyn gekom. Die geskiedenis van ATHV tydens die kinderjare is omvattend van aard, terwyl relatief min inligting oor die geskiedenis van ATHV by volwassenes bestaan. ʼn Moontlike rede vir laasgenoemde kan wees dat ATHV vir ʼn groot gedeelte van die vorige eeu beskou is as ʼn versteuring wat slegs tydens die kinderjare voorgekom het. Navorsing oor ATHV by universiteitstudente het gevolglik eers in die 1990’s aanvang geneem en oor die afgelope twee dekades voortdurend toegeneem (Green & Rabiner, 2012).

Sedert die middel van die 19de eeu het verskeie verklarings ontstaan vir die ooraktiewe en onbeteuelde gedrag van kinders wie se gedrag ooreenstem met die simptome van ATHV soos dit hedendaags beskryf word. Reeds in 1845 het Heinrich Hoffmann, ʼn Duitse neuroloog, die primêre simptome van ATHV ‒ aandagtekort, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit ‒ in sy gedig oor

(33)

16

Fidgety Phil beskryf (Mash & Wolfe, 2010). Die moontlikheid dat ATHV onder volwassenes kan

voorkom, het waarskynlik in 1994 onder die aandag van die algemene publiek gekom met die verskyning van die topverkoper Driven to Distraction, wat deur twee psigiaters, Edward Hallowell en John Ratey, gepubliseer is (Barkley et al., 2008). Kliniese en wetenskaplike literatuur wat die voorkoms van ʼn volwasse weergawe van ATHV erken, dateer egter reeds meer as 200 jaar terug (Barkley, 2009). In 1798 het dr. Alexander Crichton, ʼn mediese dokter, die eerste mediese beskrywing van aandagversteurings by kinders en volwassenes in sy mediese handboek van drie volumes gepubliseer (Barkley, 2009). Hierteenoor beweer die meeste outeurs wat ʼn historiese oorsig oor ATHV gegee het, dat dr. George F. Still (1902) die eerste kliniese beskrywing van ATHV gegee het na aanleiding van die beskrywing van 43 kinders se problematiese gedragsimptome, naamlik “Morbid Defect of Moral Control” (Doyle, 2004; Mash & Wolfe, 2010; Sandberg & Barton, 2002). Palmer en Finger (2001) redeneer egter dat Crichton ʼn belangrike bydrae tot die geskiedenis van ATHV gelewer het met sy beskrywing van die etiologie, tipes aandagversteurings en die rol wat individu-gefokusde opvoedingspraktyke speel in die verbetering van aandag. Ter opsomming stem Crichton se beskrywing van ʼn aandagversteuring ooreen met die subtipe “Aandagtekort” van ATHV soos dit in die DSM-V aangedui word (Palmer & Finger, 2001). Palmer en Finger (2001) beskou gevolglik Crichton se navorsing as meer gefokus wanneer dit met Still se “pionierswerk” oor ATHV vergelyk word.

Ná die verskyning van Still se lesings oor ATHV in 1902, word die argument of ATHV ʼn breindisfunksie of die gevolg van breinskade is, en hoe om dit te klassifiseer as dit wel die geval is, steeds as ʼn kontroversiële en verwarrende kwessie in die historiese verloop van ATHV beskou. Alfred F. Tredgold (1908), ʼn voorstander van die beskouing dat ATHV ʼn breindisfunksie is, was van mening dat die gevolge van matige, prenatale breinskade tydens die babajare nie gewaar kan word totdat die kind die skoolkonteks met sy toenemende eise toetree nie (Palmer & Finger, 2001; Sandberg & Barton, 2002). Hy het beweer dat die aanwesigheid van breinskade aanvaar kan word, al kan die teenwoordigheid van geboortebeserings of suurstoftekorte nie fisies bewys word nie. Tredgold se neurologiese oriëntasie ten opsigte van ATHV is ongeveer ʼn dekade later ondersteun deur mediese verslae oor slagoffers van die internasionale ensefalitis-epidemie (breinontsteking) van 1917 en 1918 (Palmer & Finger, 2001). Hierdie ensefalitis-epidemie het ʼn betekenisvolle rol gespeel in die geskiedenis oor die etiologie van hiperaktiwiteit (Sandberg & Barton, 2002). Gevolglik is aanvaar dat breinontsteking asook ander potensiële oorsake van breinskade (byvoorbeeld kopbeserings, blootstelling aan gifstowwe, geboortetrauma) gelei het tot die “brain-injured child syndrome”, wat verstandelike gestremdheid en gedragsprobleme tot gevolg gehad het. Laasgenoemde versteurings sluit eienskappe soos hiperaktiwiteit, rusteloosheid en ʼn kort aandagspan in (Mash & Wolfe, 2010). Tydens die eerste helfte van die 20ste eeu is die oorsaaklike verwantskap tussen breinskade en hiperaktiwiteit grootliks deur die

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Om de relatie tussen de binnendijkse grondwaterstand en de buitendijkse grond- en oppervlaktewaterstand te bepalen, zijn op twee locaties peilbuizen in de bodem van het

5-16 Figuur 5-10: Uittreksel uit eksterne evalueringsverslag – Afdeling C: Evalueerder A ... 5-16 Figuur 5-11: Uittreksel uit eksterne evalueringsverslag – Afdeling C: Evalueerder

Hy het die gemeenskap gevra om die verkiesing nie te laat ontaard in ʼn tydelike vlaag van senuagtige, patriotiese, opgewonde raserny nie, maar gevra dat die

Three research questions were posed: (1) what were the demographic profiles of the mothers and neonates in the study’s sample; were there any practically significant differences in

It is clear that classroom activities in South Africa need to accommodate different approaches to teaching and learning in order to comply with the pedagogical needs of learners,

b Zie Tabel 2.2 (risicofactoren) en paragraaf 1.4 en 1.5 e bijvoorbeeld bij onderstimulatie: peutergym, KFT c Betreft extra neurologisch onderzoek (paragraaf 2.4).. problem

Ze luisterde en ze geloofde me toen ik vertelde dat ik was gestopt met drugs.” “Uiteindelijk wil iedere aanstaande moeder die instemt met VoorZorg het beste voor haar