• No results found

HOOFSTUK 3 : DIENSBESIGHEDE IN DIE ENGELSE REG

3.9 Regulering van agentskapdiensverskaffing

3.9.4 Temporary Agency Work Directive 2008

Na vele jare en konsultasies is die Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC480 in 2008 deur die Europese Parlement aanvaar. Die reël is dat die lidlande sodanige wetgewing binne drie jaar na inwerkingtreding in hulle nasionale wetgewing moet inkorporeer.481 Die doel van genoemde direktief is om gelyke behandeling vir alle werkers in die EU te verseker, ongeag die aard van hulle dienslewering.482 Die VK as lidland van die EU was dus onder die verpligting om die TAWD voor 5 Desember 2011 te implementeer en af te dwing.483

Die TAWD dui in artikel 1 aan dat sodanige direktief van toepassing sal wees op alle werknemers wat in ‗n dienskontrak of ‗n diensverhouding met ‗n diensbesigheid staan en wat deur sodanige diensbesigheid tydelik by ‗n kliënt geplaas word.484 Van belang is die feit dat die TAWD dit in artikel 4 duidelik maak dat daar nie goedsmoeds beperkings op die gebruik van agentskapdiensverskaffing in ‗n lidland geplaas kan word nie. Dit sal slegs toelaatbaar wees vir so ver dit tot algemene belange strek, spesifiek op grond van die beskerming van agentskapwerknemers, veiligheid en gesondheid in die werkplek of die algemene vlot funksionering van die arbeidsmark. Sou daar dus enige beperkings op agentskapdiens- verskaffing geplaas wees, moet die lidlande dit hersien.485

480 Hierna TAWD.

481 Wynn 2009 Indus LJ 66; Evans en Gibb Moving from Precarious Employment 28; Vaes en Vandenbrande Temporary Agency Work Directive 1.

482 Jones 2002 Indus LJ 189; Benjamin To Regulate or to Ban 192; Vaes en Vandenbrande Temporary Agency Work Directive 2.

483 A 11 Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC; Evans en Gibb Moving

from Precarious Employment 28; Countouris en Horton 2009 Indus LJ 329.

484 A 1 Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC.

123

Ingevolge artikel 5 van die TAWD word die kernaspek van hierdie direktief verskans. Die artikel maak voorsiening vir die behandeling van agentskap- werknemers wat soortgelyk is aan die behandeling van die werknemers wat direk deur die kliënt in diens geneem is.486 Dit beteken dat hulle nou ook, soos die permanente werknemers, oor ‗n aantal basiese regte beskik, spesifiek sover dit werktyd en lone aangaan. Die TAWD dui egter aan dat lidlande alle moontlike stappe moet neem om te voorkom dat artikel 5 daarvan nie misbruik word nie.487 Misbruik is moontlik deurdat artikel 5(2), 5(3) en 5(4) onder onderskeie omstandighede aan lidlande die reg gee om bepaalde beperkings op die gelykheidsartikel te plaas, of om daarvan af te wyk. Dit word wel vereis dat die lidlande moet poog om ten alle tye die beskerming van die agentskapwerknemers te behou.488

Die EU vereis ingevolge artikel 10 dat die lidlande se regerings vir behoorlike stappe in die geval van die nie-nakoming van die direktief voorsiening moet maak. Dientengevolge moet bepaalde administratiewe of regsprosedures vir die afdwing van die verpligtinge soos in die direktief daargestel, beskikbaar wees. Die diensbesighede sal vervolgens vir die nie-nakoming aanspreeklik gehou word, in welke gevalle strawwe soos deur die lidland voorsien, opgelê sal word.

Tesame met bogenoemde word ‗n reeks minimum algemene regte aan agentskapwerknemers toegestaan, terwyl daar ook aan lidlande van die EU beweegruimte gegee word om self oor sekere uitsluitings en kwalifiserende tydperke vir bogenoemde regte te besluit. Artikel 6 plaas ‗n verpligting op die kliënte om agentskapwerknemers van enige vakante poste by die kliënt se besigheid in kennis te stel. Om aan te sluit hierby word ‗n verbod daarop geplaas dat diensbesighede ‗n klousule in hulle

486 A 5 Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC; Countouris en Horton 2009 Indus LJ 333. Die regering is van oordeel dat die permanente werknemer met wie die agentskapwerknemer vergelyk moet word, nie ‗n fisiese werknemer van die besigheid moet wees nie, maar ‗n hipotetiese werknemer in dieselfde posisie as die agentskapwerknemer. Die omstandighede van ‗n fisiese permanente werknemer kan as hulpmiddel gebruik word, maar moet nie die deurslaggewende faktor wees nie.

487 A 5(5) Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC.

124

dienskontrak met die agentskapwerknemer insluit wat hulle verbied om permanente werk vanaf die kliënt te aanvaar.489

Die doel hiervan is om vir agentskapwerknemers die geleentheid te gee om, soos die permanente werknemers, vir ‗n permanente pos aansoek te doen. Dit ondersteun die opinie dat tydelike werk as ‗n ―stepping stone‖ na permanente werk gebruik kan word. Dit is duidelik dat die TAWD nie net na agentskapwerknemers se huidige omstandighede omsien nie, maar maak dit ook vir hulle moontlik om hulle omstandighede te verbeter.

‗n Bepaling wat al in wetgewing vroeër hierin bespreek voorgekom het,490

was die verbod op diensbesighede om fooie vanaf die agentskap- werknemer te ontvang vir die feit dat die diensbesigheid vir gemelde werknemer werk gekry het. Sodanige verbod word ook in die TAWD gestel.491 In subartikel 6(4) en subartikel 6(5) onderskeidelik word aan agentskapwerknemers die reg gegee om volle toegang tot alle fasiliteite in die kliënt se werkplek te bekom, asook toegang tot fasiliteite en opleiding by die diensbesigheid.492 Uit die bewoording van subartikel 6(4) is dit duidelik dat die betrokke fasiliteite dit uitsluit waartoe die permanente personeel ook nie toegang het nie.

Die oorblywende artikels behels die afdwing, sanksionering en implementering van die direktief. Lidlande behoort behoorlike wetgewing en gepaste metodes van afdwinging in werking te stel. Sou ‗n diensbesigheid of kliënt nie aan die vereistes van die TAWD voldoen nie, behoort daar toepaslike prosedures gevolg te word om die oortreding aan te spreek. Die Europese Kommissie is van voorneme om op 5 Desember 2013 ondersoek in te stel na die implementering van die direktief, hoofsaaklik om voorstelle te maak en wysigings aan te bring.493

489 Aa 6(1) en 6(2) Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC. 490 Sien paragraaf 3.9.1 hierbo.

491 A 6(3) Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC.

492 Aa 6(4) en 6(5) Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC. 493 Aa 10, 11, 12 Temporary Agency Work Directive 2008/104/EC.

125