• No results found

IAO oor ―tydelike diensverskaffingsagentskappe‖

HOOFSTUK 2 : INTERNASIONALE ARBEIDSBELEID EN

2.3 Internasionale arbeidsbeleid en standaard met betrekking tot

2.3.1 IAO oor ―tydelike diensverskaffingsagentskappe‖

Kort nadat die IAO in 1919 gestig is, het dit erkenning aan publieke diensverskaffingsagentskappe215 verleen by wyse van artikel 2 in die Unemployment Convention van 1919. ‘n Verbod is egter deur die IAO geplaas op diensverskaffingsagentskappe wat vir winsdoeleindes bedryf word. Artikel 1 van die Unemployment Recommendation van 1919 het hieraan gevolg gegee. Die verbod is later deur die Fee-Charging Employment Agencies Convention van 1933 bevestig.216

Die behoefte aan diensverskaffingsagentskappe het egter destyds reeds toegeneem. Die IAO kon derhalwe nie meer sulke agentskappe teenwerk nie en moes vervolgens reëls neerlê ten einde te verseker dat die agentskappe nie net na behore gereguleer word nie, maar ook dat hulle in die proses steeds aan die daargestelde internasionale arbeidsstandaarde voldoen.217 Die Fee-Charging Employment Agencies Convention van 1949 wat private diensagentskappe gereguleer het, is vervolgens opgestel. Die genoemde agentskappe het effens anders gewerk as die agentskappe van vandag, deurdat hulle ‘n fooi vanaf die werknemer ontvang het voordat die agentskap die werknemer in ‘n spesifieke pos sou plaas, mits sodanige agentskappe onder behoorlike toesig van ‗n bevoegde gesag bestuur is.218

Die betrokke konvensie het slegs twee doelwitte voor oë gehad het, naamlik die regulering van die werwing van werknemers en verspreiding van sodanige werknemers tussen besighede wat tydelike werknemers benodig. Met die verloop van tyd is tydelike diensverskaffingsagentskappe

215 Van Eck 2012 Int‟l J of Comp Lab L & Indus Rel 29. Anders as private diensverskaffingsagentskappe, word publieke diensverskaffingsagentskappe deur ‗n staatsinstansie bestuur. Private diensverskaffingsagentskappe staan ingevolge die Private Employment Agencies Convention van 1997 los van publieke owerhede.

216 Benjamin To Regulate or to Ban 191; Van Eck 2012 Int‟l J of Comp Lab L &

Indus Rel 32.

217 Nghiishililwa 2009 Namibia Law Journal 87; Valticos 1973 International

Labour Review 47; ILO International Labour Standards 230.

57

gebore, welke agentskappe nie deur hierdie konvensie gereguleer kon word nie.219

In 1997 is besluit dat hierdie konvensie uitgedien en nie meer by veranderde omstandighede van toepassing is nie.220 Die IAO het vervolgens die Private Employment Agencies Convention221 opgestel met die oog op regulering van hedendaagse tydelike diensverskaffings- agentskappe.222 Dit is ‘n unieke arbeidsinstrument wat aan diensverskaffingsagentskappe dekking bied en werkgewers toelaat om die maksimum buigsaamheid uit hulle besighede te put.223 In die konvensie word nie net aanbeveel hoe die agentskappe bestuur moet word nie, maar ook hoe die regte van die werknemers wat met daardie agentskappe geassosieer is, beskerm moet word. By wyse van hierdie stap wend die IAO ‗n daadwerklike poging aan om werknemers se waardigheid en sekuriteit te handhaaf,224 soos in paragraaf 2.2.1 hierbo vermeld is. Dit moet egter hier aangetoon word dat die Suid-Afrikaanse regering nie hierdie konvensie geratifiseer het nie. In die lig van die probleme wat tans ervaar word, is dit kommerwekkend dat nog nie tot so ‗n stap oorgegaan is nie. Vervolgens sal die Suid-Afrikaanse regering nie streng aan die standaarde in die betrokke konvensie gebonde gehou word nie.

Die genoemde konvensie laat lidlande toe om vrylik van private diensagentskappe gebruik te maak. In artikel 1 van die konvensie word

219 Vosko 1997 Comparative Labor Law Journal 44,49,51. Slegs elf lidlande het hierdie konvensie geratifiseer, maar alle lande het dit wel as ‗n raamwerk gebruik vir die implementering van reëls in hulle wetgewing mbt hierdie agentskappe (Trebilcock 1997 Comparative Labor Law Journal 80; Valticos 1973 International Labour Review 46,47; Nghiishililwa 2009 Namibia Law

Journal 86; Lobel 2003 Texas Wesleyan Law Review 133; ILO International Labour Standards 230).

220 Trebilcock 1997 Comparative Labor Law Journal 80. 221 Private Employment Agencies Convention van 1997.

222 Vosko 1997 Comparative Labor Law Journal 44; ILO Private Employment

Agencies 3; Theron 2005 Indus LJ 623; Nghiishililwa 2009 Namibia Law Journal 88; Blanpain Evolving Attitude 3; Nakayama en Sarorodov Public and Private Employment Services 26; Vosko Ghost in the ILO Closet 66; ILO International Labour Standards 230; Servais Impact of Globalization 18.

223 Vosko 1997 Comparative Labor Law Journal 54; Nakayama en Sarorodov

Public and Private Employment Services 27.

58

spesifiek vir drie tipes private diensagentskappe voorsiening gemaak, naamlik plasingsdienste, diensverskaffers en ander agentskappe wat met werksoektogte te doen het. Laasgenoemde kom daarop neer dat die bepalings soos in die konvensie vervat nie net op werknemers nie, maar ook op applikante vir werk van toepassing sal wees.225 Deurdat die IAO in hierdie konvensie aan hierdie tipes agentskappe erkenning verleen, word geïmpliseer dat lidlande wat ‘n verbod op hierdie tipes agentskappe plaas nie die konvensie mag ratifiseer nie, aangesien dit in geheel strydig is met die erkenning wat die IAO aan hierdie agentskappe verleen.226

Die konvensie is gemik op die behoorlike bestuur van tydelike diensverskaffingsagentskappe, asook die beskerming van alle werknemers wat by hierdie diensverskaffingsagentskappe betrokke is. Die spesifieke regte wat vir hierdie werknemers voorgeskryf word, sal hieronder aandag geniet. Bogenoemde doelwit word uitdruklik in artikel 2 van die konvensie gestipuleer. Die artikel gaan egter verder en maak dit vir lidlande moontlik om bepaalde beperkings op die gebruikmaking van hierdie agentskappe met betrekking tot sekere kategorieë werknemers te plaas. Sekere tipe werkers kan dan ook effektief by wyse van billike wetgewing vanuit die beskerming van die konvensie (soos in die betrokke lidland se wetgewing geïmplementeer) uitgesluit word. Die IAO vereis wel in artikel 2(5) dat die lidland aanvaarbare redes vir so ‗n uitsluiting moet kan aanvoer.

Artikel 3 van die konvensie stel dit dat elke lidland die status van die agentskappe in hulle nasionale wetgewing behoort te identifiseer en moet vervolgens ook vir die reëls met betrekking tot registrasie en administrasie voorsiening maak.

‘n Baie groot verskil tussen die Private Employment Agencies Convention en die Fee-Charging Employment Agencies Convention is dat in artikel 7

225 A 1(2) Private Employment Agencies Convention van 1997.

226 A 1 Private Employment Agencies Convention van 1997; Nakayama en Sarorodov Public and Private Employment Services 26; Vosko 1997

Comparative Labor Law Journal 65,57; Countouris Changing Law 51,157;

59

van eersgenoemde konvensie aangedui word dat daar op geen wyse enige vorm van heffing vanaf die werknemers ontvang sal word vir die verskaffing van werk nie. Hierdie verbod sluit direk aan by die beginsel van die IAO hierbo genoem dat arbeid nie ‘n kommoditeit is nie.227 In ‘n verslag in 2009

deur die IAO saamgestel, word die volgende gesê:228

Private employment agencies play an important role in the functioning of contemporary labour markets. For the past three decades, the increasing need to provide workers and services to a rapidly growing and flexible labour market has led to the spectacular development of these agencies. Temporary work agencies are intermediaries in modern labour markets that allow enterprises to have more flexibility to increase or decrease their workforces, while ensuring for the workers sufficient security in terms of job opportunities and employment standards, including pay, working time and training.

Die verslag dui verder aan dat, sou bogenoemde konvensie deur die lidlande geratifiseer word, dit ‘n groot bydrae tot die ―decent work‖-oogmerk in daardie lande sou lewer. Dit is die geval deurdat dit vir werknemers sekuriteit229 en bepaalde arbeidsstandaarde230 sou verseker.

Dit gee oor die algemeen aan die lidlande leiding oor hoe om die konvensie se beginsels in hulle regstelsel toe te pas sodat die agentskappe behoorlik geregistreer en gereguleer word en gevolglik aan die IAO se arbeidsstandaarde voldoen.231 Ingevolge artikel 12 van hierdie konvensie word van lidlande vereis om die verpligtinge en verantwoordelikhede wat op die agentskappe rus, te identifiseer om die regulering van sodanige agentskappe meer vaartbelyn te maak. Die verantwoordelikhede behels onder andere die versekering dat die werknemers wat by die agentskappe betrokke is, toegelaat moet word om aan kollektiewe bedinging deel te

227 Theron 2005 Indus LJ 623; Vosko 1997 Comparative Labor Law Journal 59; Nghiishililwa 2009 Namibia Law Journal 88,89; Blanpain Evolving Attitude 2; Nakayama en Sarorodov Public and Private Employment Services 26. 228 ILO Private Employment Agencies 8.

229 In die sin dat daar reëls neergelê sou word rakende die vergoeding en ontslag van werknemers.

230 Soos byvoorbeeld die reg op veilige werksomstandighede, die reg op gelyke behandeling en die reg op behoorlike vergoeding.

231 Nghiishililwa 2009 Namibia Law Journal 89; ILO Private Employment

Agencies 6,8; Theron 2005 Indus LJ 624; Nakayama en Sarorodov Public and Private Employment Services 27; ILO International Labour Standards

60

neem en dus die vryheid tot assosiasie het. Voldoende vergoeding moet ook deur hierdie agentskappe betaal word en spesifieke verpligtinge met betrekking tot ‗n veilige werksomgewing, beroepsbeserings en -siektes en insolvensie moet in die lidland se nasionale wetgewing gestipuleer word.232

Ingevolge artikel 13 moet agentskappe met gereelde intervalle aan die bevoegde owerhede van die betrokke lidland oor die nakoming van die nasionale wetgewing se voorskrifte verslag doen. Die agentskappe se voldoening aan die nasionale wetgewing sal ‗n direkte impak op die lidland se effektiewe implementering van die bepalings in die konvensie hê. In aansluiting hierby bepaal artikel 14 dat ‗n bevoegde publieke owerheid van die betrokke lidland toesig oor die implementering van die bepalings in die konvensie moet hou. Remedies en boetes sal voorgeskryf en effektief vir die nie-nakoming of oortreding van enige van die betrokke bepalings aangewend word. Dit moet egter in gedagte gehou word dat hierdie bepalings, soos artikel 18 dit tereg stel, slegs bindend is op die lidlande wat ingevolge die IAO se voorgeskrewe prosedure die konvensie geratifiseer het.