• No results found

HOOFSTUK 3 : DIENSBESIGHEDE IN DIE ENGELSE REG

3.6 Status van werkgewer

Sou agentskapwerknemers as die werknemers van die kliënt beskou word, sou hulle salarisse waarskynlik groter en hulle bepalings en voorwaardes meer voordelig wees. Dit is so omdat ‗n werkgewer ingevolge die Engelse wetgewing die verpligting het om aan ‗n werknemer ten minste die minimumloon te betaal en ook om, onder andere, ‗n veilige werkomgewing te verseker. Daarom word dit in die Engelse reg erken dat dit belangrik is om vas te stel in wie se diens die agentskapwerknemer werklik is.

Ingevolge artikel 230(4) van die Employment Rights Act 1996 word ‗n werkgewer gedefinieer as die persoon in ‗n werkgewer-werknemer- verhouding wat die werknemer in diens neem. Ewing391 wys daarop dat hierdie ‗n vae definisie is, aangesien dit nie eenvoudig is om te identifiseer wie die indiensnemingsparty is nie. Driehoekige diensverhoudinge met twee gesagsfigure is ‗n duidelike voorbeeld hiervan.

Partye in die VK voer twee argumente rakende wie die werkgewer by ‗n driehoekige diensverhouding is, aan. Die eerste argument behels dié van kliënte wat van mening is dat die diensbesigheid as werkgewer beskou moet word omdat dit die diensbesigheid is wat die agentskapwerknemer van werk voorsien.392 Die ander argument is dat die kliënt die werkgewer behoort te wees, aangesien die diensbesigheid bloot die werknemer by die kliënt plaas, maar dat dit laasgenoemde is wat die fisiese werk voorsien en beheer oor die agentskapwerknemer se dienslewering uitoefen.393 Daar

391 Ewing Working Life 52.

392 Ricca 1982 Int‟l Lab Rev 142; Bronstein 1991 Int‟l Lab Rev 303.

102

word egter deur verskeie skrywers aan die hand gedoen dat die meer stabiele werknemer-werkgewer-verhouding tussen die diensbesigheid en die agentskapwerknemer lê. Die rede daarvoor is die feit dat die agentskapwerknemer gereeld van kliënt verwissel, maar dat eersgenoemde altyd na afloop van die projek weer na die diensbesigheid toe terugkeer.394

3.6.1 Toetse vir werkgewerstatus

Die VK-howe maak van verskeie toetse gebruik wanneer vasgestel word wie ‗n werkgewer is. Die eerste hiervan behels die beheertoets.395

Die toets kan as tweeledig beskou word deurdat dit op twee wyses geïnterpreteer kan word. Anders as die beheertoets vir werknemerstatus, word daar nie gevra óf beheer oor die agentskapwerknemer se werksverrigtinge uitgevoer word nie, maar wié sodanige beheer uitoefen. Indien vasgestel kan word wie beheer oor die agentskapwerknemer uitoefen, sal daardie persoon as die werkgewer beskou word. Vanuit die beskrywing van die driehoekige diensverhouding is dit duidelik dat die kliënt beheer en kontrole oor die agentskapwerknemer uitvoer. Dit sou dus uit hierdie toets blyk dat die kliënt die agentskapwerknemer se werkgewer is.396 Hepple397 is van mening dat beheer die deurslaggewende faktor in die vasstelling van die ware werkgewer behoort te wees.

‗n Verdere toets behels die vraag van wie die agentskapwerknemer afhanklik is sover dit ekonomiese- en psigologiese aspekte betref.398 Wanneer bogenoemde toets toegepas word, sal dit, teenstrydig met die beheertoets, daarop dui dat die diensbesigheid die werkgewer is. Dit is so

394 Davidov 2004 British J of Indus Rel 728, 730; Selwyn Law of Employment 13de uitg 52; Ratti 2009 Comp Lab L & Pol‟y J 850; Leighton 1987 Comp Lab

LJ 36, 37.

395 Davidov 2004 British J of Indus Rel 733.

396 Scrope en Barnett Employment Law Handbook 146. Soms probeer kliënte beheer ontkom deur van ‗n verteenwoordiger van die diensbesigheid te vereis om as ―on-site manager‖ te dien. Die gevolg is dat hulle dus nie aan die beheer-vereiste vir werkgewer-status voldoen nie. Sien Davidov 2004

British J of Indus Rel 735.

397 Hepple 1986 Indus LJ 75.

103

weens die feit dat die diensbesigheid die party is wat die agentskap- werknemer se salaris betaal. Ingevolge artikel 12(a) van die Conduct of Employment Agencies and Employment Business Regulations 2003399 mag ‗n diensbesigheid nie ‗n agentskapwerknemer se salaris terughou in die geval waar ‗n kliënt sy fooi weerhou nie. Dus is die agentskapwerknemer geensins finansieel van die kliënt afhanklik nie.

Die teenstrydighede neem toe wanneer die risiko-toets en

gelykheidstoets toegepas word. Ingevolge die gelykheidstoets sal die

kliënt steeds as die werkgewer uitgewys word, omdat vasgestel moet word met wie se werknemers die agentskapwerknemer se behandeling ooreen behoort te stem.400 Dit word in artikel 5(1) van die Employment Agency Work Directive 2008/104/EC401 bepaal dat agentskapwerknemers dieselfde behandeling, bepalings en voorwaardes as ‗n kliënt se werknemers moet ontvang. Dog dra die diensbesigheid die verpligting om risiko met die agentskapwerknemer te deel, welke risiko potensiële werkloosheid en werksbeserings insluit. Dientengevolge word die diensbesigheid onder die omstandighede as die werkgewer beskou. Daar is dus verskillende argumente en toetsresultate betreffende die identiteit van die werkgewer.

3.6.2 “Joint-employer”-status

In die lig van die onsekerheid rakende die identiteit van die werkgewer by diensbesighede, is aan die hand gedoen dat albei die gesagsfigure as werkgewers geklassifiseer behoort te word. Sodoende het die begrippe ―joint-employer‖ en ―dual employership‖ ontstaan.

399 A 12(a) Conduct of Employment Agencies and Employment Business

Regulations 2003.

400 Deakin 2001 Indus LJ 82.

104 3.6.2.1 Definiëring en struikelblokke

Ratti402 definieer hierdie begrippe as die gevalle waar twee verskillende entiteite terselfdertyd gesamentlik of afsonderlik verskeie voorregte van ‗n werkgewer geniet, in welke geval elkeen sy eie ekonomiese vooruitgang nastreef. Ewing403 is van mening dat:

where workers are supplied by an agency, there should be a statutory presumption that the worker in question is engaged in an employment relationship by both the agency and the client which will thus both be directly responsible jointly and severally for all liabilities arising from any employment relationship.

Omdat daar egter nou twee gesagsfigure is, elk met sy eie regte en verpligtinge, word ander probleme geïdentifiseer. Wie is vervolgens verantwoordelik daarvoor om as werkgewer aan die arbeidsregulasies en werkgewerverpligtinge teenoor die agentskapwerknemer te voldoen? Bronstein404 identifiseer ‗n aantal probleme sover dit die ―joint-employer‖ begrip aangaan:

A number of thorny problems arise ... mostly as a result of the ―duplication‖ of employers. For example, which wage rates and other conditions of work should apply to temporary workers: those agreed with the TWA or those in force in the client firm? Who is legally responsible for the maintenance of the safety and health conditions of the temporary workers: the client firm, which is not their employer, or the TWA, which is their legal employer but has no control over these conditions? With which of their two ―employers‖ can temporary workers exercise their trade union rights: the one that hires them and pays their wages, or the one for which they work?

Daar vind vervolgens ‗n verdeling van regte en verpligtinge plaas. Die kliënt sal byvoorbeeld oor die reg beskik om die agentskapwerknemer te beheer en die verpligting hê om die werknemer in sy ―diens‖ te ontvang, terwyl die diensbesigheid die verpligting het om aan die agentskapwerknemer sy salaris te betaal.

402 Ratti 2009 Comp Lab L & Pol‟y J 837. 403 Ewing Working Life 54.

105

3.6.2.2 Regsposisie met betrekking tot verdeelde verpligtinge

Soos by die statutêre bespreking hieronder sigbaar sal wees, word verskeie verpligtinge op die diensbesigheid en die kliënt onderskeidelik geplaas. Volgens Davidov405 speel die diensbesigheid ‗n baie klein rol binne die driehoekige diensverhouding. Volgens hom neem die diensbesigheid nie deel aan besluite rakende indiensneming of afleggings nie. Die diensbesigheid is slegs verantwoordelik daarvoor om die maandelikse fooi vanaf die kliënt te ontvang, aftrekkings te maak en die agentskapwerknemer se deel aan hom te betaal.

Met betrekking tot die regte van ‗n agentskapwerknemer word die verpligting om sodanige regte te beskerm op die party wat vir die agentskapwerknemer se vergoeding verantwoordelik is, geplaas. Dit sal vervolgens in die meeste gevalle die diensbesigheid wees. Die kliënt moet egter sy samewerking gee om te verseker dat die agentskapwerknemer die grootste moontlike hoeveelheid regte ontvang. Daar rus ‗n verpligting op die kliënt om die agentskapwerknemer teen diskriminasie op sy perseel te beskerm en verder ‗n verpligting op die diensbesigheid om te verseker dat die agentskapwerknemer ten minste die minimumloon ontvang.406

Met betrekking tot die veiligheid van die werksomstandighede word dit oor die algemeen deur die Health and Safety at Work etc Act 1974 bepaal dat die persoon wat beheer oor ‗n bepaalde perseel het die verantwoordelikheid het om alle redelike stappe te neem om te sorg dat diegene wat op die perseel is nie aan onveilige omstandighede blootgestel word nie. Dit bepaal ook dat daar ‗n verpligting op ‗n werkgewer rus om te verseker dat die werknemers wat op sy perseel werk nie aan risiko‘s blootgestel word nie.407 Dit blyk dus dat ‗n kliënt reeds ‗n verpligting tot veilige werksomstandighede teenoor agentskapwerknemers het, bloot vanweë die feit dat hy beheer oor die perseel het.

405 Davidov 2004 British J of Indus Rel 730; Stanworth en Druker 2000 IJES 6. 406 Macdonald Employing Temporary and Part-time Staff 174; Morris England

107; Countouris en Horton 2009 Indus LJ 332.

106

Die Fixed Duration or Temporary Employment Relationship Directive 91/383/EEC van die EU bepaal ook dat die verpligting om ‗n veilige werksomgewing by agentskapdiensverskaffing te verseker by die kliënt rus.408 Hierteenoor rus die verpligting by die diensbesigheid om die agentskapwerknemer in kennis te stel van enige gevare waaraan hy dalk by die kliënt blootgestel mag word.409

Uit hierdie bespreking is dit duidelik dat, met verwysing na die vraag wie die ware werkgewer binne ‗n driehoekige diensverhouding behoort te wees, dit moontlik is om die twee gesagsfigure gesamentlik as werkgewers te beskou. Alhoewel ‗n aantal struikelblokke hiermee voorsien kan word, sal dit uitvoerbaar wees indien die verdeelde verpligtinge van die partye duidelik uiteengesit word.