• No results found

HOOFSTUK 1 : INLEIDING

1.4 Struktuur van die studie

1.4.2 Engelse reg (Verenigde Koninkryk)

In hoofstuk 3 van hierdie navorsing sal ‗n ondersoek na tydelike diensverskaffingsagentskappe in die Verenigde Koninkryk (VK) geloods word. Kortliks sal vasgestel word wat tydelike diensverskaffings- agentskappe hier behels, asook wat die vernaamste redes vir die toename en doelwitte vir die gebruik van sodanige agentskappe in die VK is.33

Dit moet onder gemelde afdeling ondersoek word wat die belangrikste doel van sodanige agentskappe behels. Daar moet ook bepaal word wie voordeel uit tydelike diensverskaffingsagentskappe in die VK trek en in welke vorme die voordele bewerkstellig word.34

Aandag sal vervolgens geskenk word aan die implikasies wat die tydelike diensverskaffingsagentskappe en die atipiese driehoekige diensverhouding vir die partye betrokke inhou. Soos in enige ander regstelsel word probleme in dié verband ervaar. Argumente sal aangevoer word rakende die gebrekkige beskerming van die tydelike werknemers, asook welke redes daarvoor aangevoer kan word. Aandag sal eerstens geskenk word aan die werknemers se gebrekkige werksekuriteit. Aspekte soos byvoorbeeld die werknemer se gebrekkige inkomste- en sosiale sekuriteit sal ook ondersoek word.35 Hieropvolgend sal kommentaar op die tydelike werknemers in die VK se minder voordelige lone gelewer word, waartydens ook genoem sal word welke teorieë deur die relevante outeurs hiervoor gevoer word.36

In die volgende afdeling sal ‗n studie van die tydelike werknemers se

aanvanklike minimum regte gedoen word. Hier sal aangetoon word wat

die vernaamste tekortkominge in die werknemers se regte is en daar moet ook ondersoek ingestel word oor hoe die VK-howe tydelike werknemers in

33 Sien paragrawe 3.1-3.2.3.2.2. 34 Sien paragraaf 3.2.3-3.2.3.2.2. 35 Sien paragraaf 3.3.1.

13

hierdie konteks behandel het.37 Daar sal wel hier aangetoon word welke regte die tydelike werknemer absoluut tot sy beskikking het, ongeag sy of haar status.38

Soos dit uit bostaande inligting blyk, was die status van tydelike werknemers onseker, wat ‗n direkte invloed op die werknemer se regte gehad het. Verskeie argumente is aangevoer oor die werknemers se status. Dit moes in die VK vasgestel word of die tydelike werknemers afhanklike werknemers of ―self-employed‖ was. Daar is selfs ‗n derde kategorie, genaamd ―werker‖ geskep. Elk van hierdie kategorieë sal bespreek word en die argumente van outeurs oor die status van die tydelike werknemers sal telkens onder elke geval vermeld word.39 Dit moet ook ondersoek word of ‗n oplossing vir tydelike werknemers se identiteit voorsien is.40

Die problematiek met betrekking tot die identiteit van die ware werkgewer sal hieropvolgend aangespreek word. Van belang in hierdie geval is die toetse wat deur die VK-howe toegepas word om vas te stel wie die werkgewer binne die driehoekige diensverhouding is.41 Die vraag is of die toetse ‗n antwoord op die probleem voorsien en of die ―joint-employer status‖-beginsel, soos in die VK aangewend, moontlik ‗n beter oplossing bied. Daar sal aangetoon word wat hierdie beginsel werklik behels.42 Die regsposisie met betrekking tot die verdeling van verpligtinge in hierdie verband sal ook ondersoek word.43

In die lig van die feit dat die driehoekige diensverhouding nie in die VK gedefinieer word nie, het probleme met die regulering daarvan tot stand gekom. Dit was derhalwe onseker waar die ware diensverhouding gelê het. In hierdie geval maak die VK van die ―wedersydse verpligting‖-leerstuk 37 Sien paragraaf 3.4.1. 38 Sien paragrawe 3.4.1 en 3.4.2. 39 Sien paragraaf 3.5.1-3.5.1.3. 40 Sien paragraaf 3.5.2. 41 Sien paragraaf 3.6.1. 42 Sien paragraaf 3.6.2.1. 43 Sien paragraaf 3.6.2.2.

14

gebruik om vas te stel wat die waarskynlikste posisie van die diensverhouding is. ‗n Verduideliking van sodanige leerstuk sal voorsien word.44 Hierna sal ‗n bespreking volg wat handel oor vakbonde se opinies van tydelike diensverskaffingsagentskappe, asook hoe hulle die probleme wat hulle met die agentskappe ervaar, benader het.45

Die laaste aspek wat in die betrokke hoofstuk aangeraak sal word, behels die VK en die Europese Unie46 se pogings tot regulering van tydelike diensverskaffingsagentskappe. So vroeg as 1973 is ‗n instrument genaamd die Employment Agencies Act van 1973 opgestel ten einde vir hierdie agentskappe in die VK voorsiening te maak. Laasgenoemde instrument is oor ‗n tydperk van meer as twee dekades deur verskeie ander wetgewing aangevul en gewysig. ‗n Uiteensetting van die belangrikste bepalings in gemelde wet sal voorsien word.47 Die EU het self oor ‗n tydperk vir ‗n aantal direktiewe vir die regulering van diensverskaffingsagentskappe voorsiening gemaak. ‗n Verwysing na elk sal kortliks geskied.48

Die Conduct of Employment Agencies and Employment Business Regulations van 1976 het drie jaar na die inwerkingtreding van die Employment Agencies Act in werking getree, welke regulasies later in 2003 gewysig is.49 Die VK-regerings het later weer besluit om die regulasies te wysig, wat tot die Conduct of Employment Agencies and Employment Business (Amendment) Regulations van 2007 aanleiding gegee het. ‗n Uiteensetting van die belangrikste bepalings in hierdie regulasies sal voorsien word.50

44 Sien paragraaf 3.7-3.7.2. 45 Sien paragraaf 3.8.

46 Hierna die EU. Soos in hoofstuk 3 hieronder in besonderhede verduidelik sal word, word die EU in hierdie studie gebruik, aangesien die lande van die VK lidlande daartoe is. Dit beteken vervolgens dat enige relevante instrumente deur die EU daargestel, in die lande van die VK toegepas moet word.

47 Sien paragraaf 3.9.1. 48 Sien paragraaf 3.9. 49 Sien paragraaf 3.9.2. 50 Sien paragraaf 3.9.3.

15

Twee instrumente, wat die belangrikste in hierdie verband is, behels die Temporary Agency Work Directive van 2008 van die EU en die Agency Workers Regulations van 2010 van die VK wat in reaksie op eersgenoemde opgestel is. Hierdie twee dokumente maak spesifiek vir die regte en behoorlike behandeling van die tydelike werknemers voorsiening. ‗n Volledige verduideliking van wat elk van hierdie instrumente voorskryf, sal geskied. In essensie spreek die instrumente die grootste probleme by tydelike diensverskaffingsagentskappe in die VK aan.51

Die uiteindelike doel met die bespreking van tydelike diensverskaffingsagentskappe in die VK is om eerstens aan te toon hoe die struikelblokke met tydelike diensverskaffingsagentskappe hier ervaar word en tweedens welke algemene benaderings tot die probleme gevolg word. Die opinies van die VK-outeurs is belangrik in hierdie verband, aangesien dit soms vir die Suid-Afrikaanse regstelsel insiggewend kan wees en moontlik tot nuwe perspektiewe kan lei. Derdens is dit ook van uiterste belang om aan te toon wat die EU en die VK se pogings tot statutêre regulering van die agentskappe behels. Stappe wat daar geneem word, kan moontlik leiding bied vir vrae wat in die Suid-Afrikaanse reg onbeantwoord bly. Uit hoofde van die feit dat die Suid-Afrikaanse reg en Engelse reg albei hulle oorsprong in die Romeins-Hollandse reg het, is dit nie vergesog om hierdie twee regstelsels met mekaar te vergelyk nie. Die ooreenkomste is derhalwe in die grondslae van die onderskeie regstelsels se arbeidsreg gesetel, terwyl die verskille in die regulering van die relevante onderwerp berus.