• No results found

HOOFSTUK 2 : INTERNASIONALE ARBEIDSBELEID EN

2.2 Die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO)

2.2.2 Implementering van internasionale standaarde

2.2.2.2 Suid-Afrika

Suid-Afrika blyk sedert 1997 ‗n skoon rekord by die IAO te hê deurdat die regering getrou die nodige verslae lewer en in teorie aan die basiese standaarde van die IAO voldoen. Die Suid-Afrikaanse regering het ook van meet af aan hulle samewerking gegee en hulle goedkeuring uitgespreek gedurende die tyd wat die IAO samesprekings gevoer het rakende die implementering van konvensies met betrekking tot kontrakarbeid en atipiese diensverhoudinge.171

Die Suid-Afrikaanse regering heg baie waarde aan die internasionale standaarde deur die IAO daargestel. Dit reflekteer veral in die verskansing van die reg op billike arbeidspraktyke in artikel 23 van die Grondwet van

47

die Republiek van Suid-Afrika, 1996.172 Hierdie artikel oorkoepel alle regte en standaarde deur die IAO beskerm. Die reg op voldoende vergoeding, reg op beskerming teen diskriminasie en die reg op vryheid van assosiasie is almal regte wat by ―billike arbeidspraktyke‖ ingesluit word. Bogenoemde is slegs ‘n paar voorbeelde van die belangrikste regte wat deur die IAO beskerm word. Alle ander arbeidsregte en standaarde sal ook op een of ander wyse onder hierdie sambreel pas.

Die belangrikste Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing, onder andere die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995173 het ten doel om sover moontlik aan die standaarde van die IAO te voldoen. Die Suid-Afrikaanse regering beskou hom as streng gebind deur die konvensies wat hy geratifiseer het en voel genoop om die verpligtinge wat daaruit voortspruit, na te kom.174 Ingevolge artikel 39(1)(b) van die Grondwet moet die howe internasionale reg oorweeg wanneer die Handves van Regte geïnterpreteer word.175 Artikel 233 van dieselfde wet bepaal verder dat wanneer wetgewing geïnterpreteer word, dit so interpreteer moet word dat dit voldoen aan alle vereistes wat deur internasionale reg gestel word.176

Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika het aangedui dat die konvensies en aanbevelings van die IAO Suid-Afrika se grootste bron van internasionale arbeidsreg is. Die hof het daarop gewys dat dit alreeds ‘n groot aantal konvensies geratifiseer het en die beginsels in wetgewing vervat het om aan te toon hoe ernstig dit is om aan die verpligtinge soos deur die IAO daargestel te voldoen.177 ‘n Voorbeeld hiervan is artikel 3(d) van die Employment Equity Act178 wat uitdruklik bepaal dat hierdie wet

172 Hierna die Grondwet. Sien Benjamin 2004 ILJ 799; NEDLAC 2007 ILJ 107; Cohen 2008 ILJ 863; Fourie 2008 ILJ 133.

173 Hierna die WAV.

174 Benjamin 2004 ILJ 800; Cohen 2008 ILJ 876.

175 A 39(1)(b) Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; Cohen 2008

ILJ 876; Fourie 2008 ILJ 133.

176 Fourie 2008 ILJ 133.

177 NUMSA and others v Bader Bop PTY (Ltd) and another 2003 3 SA 513 (KH)

516, 532-534.

48

geïnterpreteer moet word op so ‗n wyse dat dit gevolg sal gee aan die IAO se Discrimination (Employment and Occupation) Convention.179

Die partye van die National Economic Development and Labour Council180 het ook onderneem om hulle samewerking te gee deur te verseker dat die vier kernreg-konvensies van die IAO deur die Suid-Afrikaanse regering geratifiseer sou word. Suid-Afrika het gevolglik, onder andere, Konvensies 87,181 98182 en 111183 geratifiseer. Smit stel die volgende as voordelige gevolg van sodanige ratifikasie:184

It has been recognised that, in the relationship between trade and worker rights, increased liberalisation of trade should be accompanied by the harmonisation of labour standards and the observance of core ILO conventions. This will allow a process of greater integration, thus improving rights and conditions of workers to a higher level, rather than lowering them to the lowest prevailing standards.

Feys beskryf Suid-Afrika in ‘n mate as die poster-child vir die ratifikasie van die IAO-konvensies. Die rede hiervoor is nie omdat so baie konvensies in die Suid-Afrikaanse reg geratifiseer is nie, maar omdat die Suid-Afrikaanse gemeenskap volgens hom dit uiters nodig het. Die volgende word as redes aangevoer: Suid-Afrika het vir dekades lank gedurende die apartheidsjare ‘n ongelykheidsregime gehandhaaf. Diskriminasie was aan die orde van die dag. Selfs vandag kom steeds meer diskriminasie in Suid-Afrika voor as in die meeste ander lande. Feys meen dat die Discrimination (Employment and Occupation) Convention185 hier sterk van toepassing sal wees. Hierdie konvensie is inderdaad reeds deur Suid-Afrika geratifiseer.186

179 Discrimination (Employment and Occupation) Convention van 1958. Sien ook

NEDLAC 2007 ILJ 107,108; Fourie 2008 ILJ 133.

180 Hierna NEDLAC. NEDLAC is ‘n liggaam waar die regering met georganiseerde besigheid en groepe vanuit die gemeenskap bymekaarkom om oplossings te vind vir aangeleenthede rakende sosiale- en ekonomiese beleid. NEDLAC se uiteindelike doel is om die mikpunt van ekonomiese groei en sosiale gelykheid te bevorder.

181 Freedom of Association and Protection of the Right to Organise Convention

van 1948.

182 Right to Organise and Collective Bargaining Convention van 1949.

183 Discrimination (Employment and Occupation) Convention van 1958.

184 Smit 2006 TSAR 155.

185 Discrimination (Employment and Occupation) Convention van 1958.

49

Verdere redes wat Feys noem, is dat sub-regionale aspekte soos gelyke geleenthede, ontwikkeling van menslike hulpbronne en migrasie deur internasionale arbeidsstandaarde gedek word, dat daar ‘n behoefte is aan ‘n gelyke speelveld in die lig van ‘n demokratiese Suid-Afrika en laastens die uitstekende vlak van formele- en privaatsektorarbeid wat ver meer gevorder is as dié van ander Afrika-lande.187

Volgens Feys blyk dit in praktyk dat daar tog steeds ‘n mate van weerstand heers om die konvensies van die IAO te ratifiseer, ten spyte van die toepaslikheid van IAO-konvensies in Suid-Afrika. Die rede hiervoor is onbekend. Feys noem ook dat daar oor die algemeen ‘n lae vlak van ratifikasie onder die lande is, maar dat sommige steeds bereid is om die standaarde in hulle wetgewing te vervat.188 Soos daar uit bogenoemde gesien kan word, is Suid-Afrika een van hierdie gewillige lande.

Vervolgens sal ook ondersoek ingestel word na die mate waarin Engeland, as lidland van die Europese Unie (EU) en lidland van die IAO, gepoog het om bepaalde IAO-standaarde in sy wetgewing en regstelsel te vervat.