• No results found

HOOFSTUK 1 : INLEIDING

1.4 Struktuur van die studie

1.4.4 Suid-Afrikaanse reg

Die kernbespreking van die studie, dit wil sê die posisie van die Suid- Afrikaanse reg, sal in hoofstuk 5 en hoofstuk 6 geskied. Hierdie twee hoofstukke handel onderskeidelik oor die gemeenregtelike en statutêre posisie van tydelike diensverskaffingsagentskappe in Suid-Afrika.

Hoofstuk 5 sal begin met ‗n kort samevatting van wat tydelike diensverskaffingsagentskappe in die Suid-Afrikaanse regstelsel behels en

19

waar dit sy oorsprong het.60 Die voordele daarvan, byvoorbeeld buigsaamheid in die werkplek en koste-effektiwiteit en ook nadele daaraan verbonde, byvoorbeeld dat die huidige gebrek aan behoorlike regulering van die agentskappe werknemers weerloos laat en dat die werknemers besonder onbillike lone ontvang, sal vlugtig onder hierdie afdeling aangeraak word. Dit is nodig om te ondersoek of, alhoewel die bestaande arbeidswetgewing weliswaar vir tydelike diensverskaffingsagentskappe voorsiening maak, die bepalings daarin vervat prakties uitvoerbaar sal wees.61

Daar sal hieropvolgend ook aandag aan vakbonde se antagonisme geskenk word. Die argumente soos deur die vernaamste vakbonde aangevoer, asook sommige van hulle se aandrang op ‗n totale verbod op tydelike diensverskaffingsagentskappe, sal toegelig word. Die beperkings wat die atipiese dienslewering op kollektiewe bedinging plaas, is een van die grootste probleme wat deur vakbonde geïdentifiseer is.62 By ‗n ander afdeling sal ‗n ontleding van hoofsaaklik die problematiek by kollektiewe bedinging gedoen word.

Soos hierbo aangedui, behels een van die groot strikvrae by tydelike diensverskaffingsagentskappe die posisie van die ware diensverhouding en of daar inderwaarheid ‗n diensverhouding bestaan. Die doelwit van hoofstuk 5 is om hierdie vraag te ondersoek deur die relevante verhoudinge tot die driehoekige diensverhouding te ontleed en by wyse van die gemeenregtelike toetse vas te stel tot watter mate die verhoudinge aan die voorkoms van ‗n diensverhouding voldoen. Die beheertoets, organisasietoets, dominante indruktoets en ekonomiese toets sal dus op die agentskap-werknemer-verhouding en die werknemer-kliënt-verhouding toegepas word.63 60 Sien paragraaf 5.2. 61 Sien paragrawe 5.2.1 en 5.2.2. 62 Sien paragraaf 5.2.3. 63 Sien paragraaf 5.3.1-5.3.1.4.

20

Wanneer by wyse van die gemeenregtelike toetse vasgestel word waar die ware diensverhouding rus, sal dit ook logies aandui wie ingevolge die gemenereg die werkgewer is of behoort te wees. In hierdie verband sal ter aanvulling van die argumente na regspraak verwys word. Dit moet ook hier ondersoek word wat die oorwegende faktor behoort te wees wanneer die ware diensverhouding bepaal word.64

In hoofstuk 6 sal ‗n studie van die huidige statutêre posisie van tydelike diensverskaffingsagentskappe gedoen word. Verskeie wetgewing maak tans vir gemelde agentskappe voorsiening, ingevolge welke wetgewing die werkgewer en dus ook die diensverhouding binne die driehoekige diensverhouding geïdentifiseer is. Daar sal ook telkens aangedui word wat die gevolge hiervan is. Sodanige gevolge sal beoordeel word deur vas te stel tot watter mate dit billik en uitvoerbaar is en waar relevant sal kritiek gelewer word.

Die bepalings in die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 199565 moet ondersoek word. Gevolglik moet ‗n ontleding van die bepalings met betrekking tot die definisie van tydelike diensverskaffingsagentskappe, die identiteit van die werkgewer en die aanspreeklikheid van die partye geskied.66 Argumente en kritiekpunte sal telkens in hierdie verband gevoer word.

‗n Belangrike feit wat genoem kan word, is dat artikel 198 van die WAV vir die gesamentlike en afsonderlike aanspreeklikheid van die agentskap en die kliënt vir bepaalde aspekte voorsiening maak. Dit, asook bogenoemde aanspreeklikheid van die agentskap vir ontslag, het tot metodes gelei om sodanige verantwoordelikhede te ontkom. Eerstens word die tydelike werknemer as onafhanklike kontrakteur deur die agentskap en/of kliënt bestempel ten einde hom of haar effektief vanuit arbeidswetgewing uit te sluit. Sodoende doen nie een van die gesagsfigure werkgewerverpligtinge

64 Sien paragraaf 5.3.2. 65 Hierna WAV.

21

op nie. Die partye argumenteer dat die tydelike werknemer se metode van dienslewering in sommige gevalle so ‗n klassifikasie regverdig. Kritiek sal op hierdie metode gelewer word. ‗n Behoorlike ondersoek na die definisie van ‗n werknemer soos in die WAV gevind, sal geloods word. Daar sal getoets word of ‗n tydelike werknemer binne die definisie sal resorteer. ‗n Volledige onderskeid sal ook tussen ‗n tydelike werknemer en ‗n onafhanklike kontrakteur gemaak word, ten einde aan te toon of dit geregverdig kan word om ‗n tydelike werknemer ‗n onafhanklike kontrakteur te noem. Daar sal ook volledig aandag aan die vermoede van ‗n werknemer ingevolge artikel 200A van die WAV geskenk word.67 ‗n

Belangrike aspek om te bepaal, is die tydelike werknemer se ware status, aangesien dit ‗n direkte impak op sy arbeidsregte sal hê.

Die tweede metode waarmee aanspreeklikheid vrygespring kan word, het spesifiek betrekking op die agentskap se verantwoordelikheid in gevalle van onbillike ontslag. ‗n Ondersoek sal gedoen word na die metode van die agentskap om by wyse van ‗n ontbindende bepaling in die dienskontrak sy verantwoordelikheid in hierdie verband vry te spring. Kritiek sal op hierdie metode gelewer word, met dié dat dit ‗n beperking op die tydelike werknemer se regte plaas. Daar sal ook in besonderhede na regspraak in hierdie verband verwys word, ten einde aan te toon hoe die howe gemelde metode beskou.68

‗n Tydelike werknemer se beskerming in die kollektiewe sin is in bogenoemde geval baie beperk, hoofsaaklik omdat vakbonde dit moeilik vind om hulle te bereik. Hiermee saam word die verkryging van organisatoriese regte bemoeilik weens die feit dat die werknemers nie hulle dienste op die werkgewer, naamlik die agentskap, se perseel verrig nie. ‗n Uiteensetting van die betrokke struikelblokke sal voorsien word. Dit sal ook aangetoon word welke bepalings in die arbeidsreg vir hierdie

67 Sien paragraaf 6.2.1.1.2-6.2.1.1.2.3. 68 Sien paragraaf 6.2.1.1.1.

22

omstandighede voorsiening maak. ‗n Behoorlike begrip van die betrokke probleem sal die skep van ‗n oplossing vergemaklik.69

Hieropvolgend sal die statutêre posisie met betrekking tot tydelike diensverskaffingsagentskappe in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997, Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993 en die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes 130 van 1993 ontleed word. Daar sal aangetoon word wie in elk van die gevalle as die werkgewer beskou word, asook wat die implikasies daaraan verbonde, behels. Kritiek sal waar nodig gelewer word.70

Die vraag wat beantwoord moet word, is of die realiteit van die driehoekige diensverhouding, soos in hoofstuk 5 vasgestel, met die statutêre regsposisie soos in hoofstuk 6 ooreenstem. Indien nie, moet ondersoek word welke onpraktiese omstandighede en leemtes in die reg daardeur veroorsaak word.

In die laaste deel van hoofstuk 6 sal ‗n ontleding van die nuwe voorgestelde wysigings van die bestaande arbeidswetgewing gedoen word. ‗n Volledige bespreking van wat sodanige voorgestelde wysigings behels, sal voorsien word.71 Dit sal aangetoon word tot welke mate die voorgestelde wetgewing daartoe in staat is om die bestaande leemtes in die reg te vul.