• No results found

HOOFSTUK 2 : INTERNASIONALE ARBEIDSBELEID EN

2.2 Die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO)

2.2.2 Implementering van internasionale standaarde

2.2.2.1 Metode van ―afdwinging‖

Wanneer ‘n lidland ‘n bepaalde konvensie ratifiseer, word daardie konvensie min of meer soos ‘n verdrag tussen die lidland en die IAO hanteer. Die probleem bestaan egter dat daar geen metode van werklike afdwinging is nie, aangesien die IAO soos reeds genoem nie oor ‘n regsprekende gesag vir so ‗n doel beskik nie. Daar is veral nie sanksies

153 Dit is die normale omstandighede, maar dit is moontlik dat bepaalde konvensies na ratifikasie deur ‗n spesifieke lidland outomaties afdwingbaar sal wees, sonder dat dit in die lidland se wetgewing vervat hoef te word. 154 Özdemir en Özel 2005 Sosyal Bilimler Dergisi 129.

42

wat opgelê kan word wanneer ‘n lidland nie die konvensie in sy wetgewing inkorporeer nie. Al wat die IAO kan doen, is om lidlande aan te moedig en aanbevelings te maak in die hoop dat daar wel uitvoering aan die konvensies gegee sal word.155 Nietemin, alhoewel daar nie direkte metodes van afdwinging is nie, word die stelsel wat deur die IAO op internasionale vlak gebruik word as een van die effektiefstes beskou.156

Die IAO gaan op drie gebiede te werk.157 In die eerste plek identifiseer dit ‗n bepaalde arbeidsstandaard wat gehandhaaf moet word. Dit stel gevolglik ‗n instrument op wat die spesifieke standaard vereis. Hierdie instrument kan dan deur ‗n lidland geratifiseer word, waarna sodanige lidland die bepaalde standaard in sy regstelsel behoort te handhaaf.158

Die tweede gebied kan as die uitvoerende aspek van die IAO beskou word. Elke lidland wat ‗n bepaalde konvensie geratifiseer het, moet vir die toepassing van hierdie konvensie in die lidland se regstelsel verantwoording doen deur op ‗n gereelde basis ‗n verslag voor te lê.159 In die verslag moet die lidland bewyse lewer dat hy wel sy belofte nagekom het deur te verseker dat die betrokke standaard nagestreef word. Die IAO- forum, wat met die beoordeling van handhawing van die standaarde

155 Fudge en Owens Precarious Work 17.

156 ILO Fundamental Rights at Work 2. Die opinie word gehuldig dat, by gebrek aan direkte metodes van afdwinging, kan indirekte metodes aangewend word. Wanneer ‗n land homself as ‗n lidland by die IAO aanteken, moet daar ‗n verklaring deur die land onderteken word. Hierdie verklaring moet meld dat die nuwe lidland onderneem om alle beleide en standaarde van die IAO in sy regstelsel te inkorporeer. Sou die lidland dan versuim om aan hierdie belofte te voldoen, sou dit van die status as lidland ontneem word. Dientengevolge sou dit alle respek van die IAO en die ander lidlande verloor, en sou dit as vyand gebrandmerk en op ‗n swartlys geplaas word. Gevolglik sal die land se reputasie daaronder ly, wat op die beurt kan lei tot afname in samewerking van ander lande en afname in ekonomie.

157 ACCI Issues Paper 1,3.

158 Soos in paragraaf 2.2.1 hierbo genoem moet lidlande bepaalde beginsels in konvensies (hoofsaaklik met betrekking tot die vier kernregte) respekteer en in hulle wetgewing aanwend bloot weens die feit dat hulle lede van die IAO is. Die IAO stel ‗n standaard daar wat lidlande moet navolg, en sal nie vrygespreek word omdat die lidland nie die konvensie geratifiseer het nie. 159 Die IAO hou rekord van die implementering van bepaalde arbeidsstandaarde

binne die lidlande. Risiko lidlande (waar standaarde nie na wense gehandhaaf word nie) sal deur die IAO tydens vergaderings geïdentifiseer word, welke lidlande opgeroep sal word om verslag te lewer. Die IAO sal in hierdie gevalle dan ook voorstelle maak oor hoe die tekortkominge reggestel sal kan word.

43

gemoeid is, is die Committee on the Application of Standards. Die derde gebied van toepassing is ‗n verdere aktiewe rol waar die IAO spesiale programme aan lidlande beskikbaar stel.160 Die doel van hierdie programme is om lidlande by tegniese aspekte in hulle uitvoerende- en regsprekende sfere behulpsaam te wees.161

Die Declaration of Fundamental Principles and Rights wat in 1998 deur die IAO opgestel is, maak voorsiening vir die bevordering van werknemers se regte en lê in artikel 3 verskeie maatreëls vir die afdwinging van die IAO- konvensies aan lidlande neer.162 In artikel 3(a) word bepaal dat die aantal ratifikasies van die IAO-konvensies wat beskerming van werknemers se regte ten doel het, moet toeneem. Dit bepaal dan verder in artikel 3(b) dat, sou ‘n lidland nie ‘n bepaalde konvensie ratifiseer nie, dit steeds die lidland sal ondersteun en help om die beginsels in die konvensie te implementeer. Laastens bepaal dit in artikel 3(c) dat hulp beskikbaar gestel sal word met die bevordering van ekonomiese ontwikkeling as oogmerk.163

Aan laasgenoemde instrument is ‗n addendum genaamd die Follow-Up geheg. Hierdie is ‗n toevoeging tot die verklaring, maar het steeds soveel krag asof dit vooraf deel van die verklaring was. Die doel van die Follow-Up is om lidlande aan te moedig om die fundamentele reëls en beginsels van

160 By wyse van hierdie programme wat aan lidlande leiding in die implementering van instrumente kan verskaf, word dit makliker gemaak vir lidlande om te verstaan wat van hulle verwag word. Dit vergemaklik die afdwinging van konvensies deurdat lidlande sonder veel inspanning sodanige beginsels in hulle regstelsel kan inkorporeer. Die gevolg kan ook groter kanse op sukses in die onderskeie lidlande wees. Dit is so aangesien die lidlande leiding ontvang het in die korrekte metodes van implementering. 161 ACCI Issues Paper 1,3; Rubery en Grimshaw Organization of Employment

247.

162 Rubery en Grimshaw Organization of Employment 246. Hierdie instrument vorm ‗n raamwerk vir die IAO om die beleid van bevordering van arbeidsstandaarde na te jaag. ILO Fundamental Rights at Work 3; Mehmet, Mendes en Sinding Fair Global Labour Market 76.

163 Özdemir en Özel 2005 Sosyal Bilimler Dergisi 131; ILO Fundamental Rights

at Work 3. Geen lidland kan gevolglik beweer dat dit probleme ondervind het

met die implementering van sekere standaarde nie. Daar word vrylik hulp vanaf die IAO aangebied juis om hierdie skuiwergat te voorkom.

44

die IAO in die algemeen en die verklaring self in die besonder te bevorder en selfs, indien moontlik, te verbeter.164

Die Follow-Up het betrekking op verslae deur die lidlande aan die IAO. Twee tipes verslae word vereis. Die eerste behels ‘n jaarlikse verslag waar die lande wat nie die fundamentele konvensies van die IAO geratifiseer het nie, verslag aan die direkteure moet lewer oor hulle pogings om steeds die beginsels in die konvensies vervat, toe te pas. Indien hulle nie sodanige pogings aangewend het nie, sal van hulle vereis word om hul wetgewing aan te pas om gevolglik daaraan te voldoen. Morele druk kan moontlik op hierdie lidlande uitgeoefen word, sou hulle contra bonos mores opgetree het. Die tweede verslag word ‗n ―globale verslag‖ genoem. Dit behels in die eerste plek ‘n vierjaarlikse verslag waar die fundamentele beginsels en regte van die afgelope vier jaar ondersoek word. Dit vorm dan in die tweede plek ‗n fondasie waarop die IAO kan bou en verbeter. Hier sal dus gesien kan word waar daar tekortkominge is wat aangespreek moet word.165 Lidlande is gesteld op hulle goeie naam en wil nie graag bekendstaan as die ―land waar niks gebeur nie‖ of ―die land wat nie omgee wat met sy burgers gebeur nie‖. Deur verpligte verslae te lewer, word weer eens druk op die lidlande geplaas om aan die vereistes van die IAO te voldoen.

Die verpligting om verslae te lewer, word soos volg in artikel 19(5)(c) van die IAO-Grondwet166 opgelê:

Members shall inform the Director-General of the International Labour Office of the measures taken in accordance with this article to bring the Convention before the said competent authority or authorities, with particulars of the authority or authorities regarded as competent, and of the action taken by them.

164 ILO Fundamental Rights at Work 3; Özdemir en Özel 2005 Sosyal Bilimler

Dergisi 131.

165 Özdemir en Özel 2005 Sosyal Bilimler Dergisi 132; ILO Fundamental Rights

at Work 3.

166 A 19(5)(c) Constitution of the International Labour Organization, 2009; ILO

45

Lidlande moet dus bewyse lewer van die stappe wat hulle geneem het om aan die bepaalde geratifiseerde konvensie uitvoering te gee. Die lidland moet verder ook kan bewys dat die stappe effektief is.167 Die spesifieke liggaam wat die verslae analiseer en bepaal of lidlande die bepalings in die geratifiseerde konvensies in hulle wetgewing toepas, is die ILO Committee of Experts on the Application of Conventions and Recommendations. Gevolglik sien die IAO nie net hoe die lidlande die geratifiseerde konvensies toepas nie, maar ook of die konvensies effektief is en waar lidlande sukkel met die uitvoering daarvan.168

Wanneer die verslae aan die komitee voorgelê word, analiseer die komitee eers die verslae voordat dit by wyse van twee stappe reageer, naamlik algemene kommentaar en direkte versoeke. Eersgenoemde behels kritiese kommentaar oor die doeltreffendheid van die spesifieke stappe wat die lidland volg om aan die konvensie te voldoen. Die direkte versoeke kom voor in die vorm van aanbevelings. Hier identifiseer die komitee tekortkominge in die lidland se regstelsel en toon aan waar nog wetgewing ingestel moet word om daardie leemtes te vul.169

Soms stel hierdie komitee ‘n lys van lidlande op, welke lidlande se verteenwoordigers voor die komitee moet verskyn om ‘n bespreking te voer oor die vereistes van die IAO-konvensies en hoe hulle toepassings daarvan afwyk. In sommige gevalle van ernstige, langdurige afwyking van die IAO-konvensies sal die komitee ‘n spesiale lys van hierdie oortreders opstel en dit vir ‘n dieper ondersoek aan die International Labour Conference voorlê.170

167 Dít op sigself is reeds ‗n goeie en effektiewe afdwingingsmeganisme.

168 Yemin 1976 Int‟l Lab Rev 23; Feys 1999 ILJ 1462; ILO Private Employment

Agencies 6; ILO Fundamental Rights at Work 2. Hierdie komitee bestaan uit

20 hoogs gekwalifiseerde deskundiges in die regs- en sosiale veld. Mehmet, Mendes en Sinding Fair Global Labour Market 71.

169 ILO Private Employment Agencies 6. Klaarblyklik sal geen lidland in hierdie opsig op ‗n swartlys geplaas wil word nie. Die lidland se reputasie kan ook ernstige skade ly wat kan lei tot ‗n afname in die land se ekonomie.

46

Dit blyk dus dat, ten spyte van die gebrek aan ‘n regsprekende liggaam om afdwinging van die beginsels in die IAO-konvensies vervat te verseker, hou die IAO steeds ‗n vinger op die pols van die lidlande se toepassing van hierdie beginsels en spreek dit die lidlande vinnig aan wanneer hulle nie aan hierdie vereiste beginsels voldoen nie.

Alle dokumente en prosesse soos hierbo genoem, speel gevolglik ‘n baie groot rol in die beskerming van werknemers se regte. Op grond hiervan plaas die lidlande op hulself die verpligting om nie net billike arbeidsstandaarde af te dwing nie, maar om ook self die regte van werknemers en die bepaalde vereiste standaarde te respekteer. ‗n Persoon sou dus kon verwag dat tydelike werknemers uit hoofde van bogenoemde dokumente behoorlike behandeling en beskerming sou geniet.

Gevolglik gaan ondersoek ingestel word na die mate waartoe Suid-Afrika, Engeland en Namibië IAO-konvensies en arbeidsstandaarde in hulle regstelsels geïmplementeer het.