• No results found

HOOFSTUK 2 : INTERNASIONALE ARBEIDSBELEID EN

2.1 Inleiding

2.2.1 Internasionale arbeidsregte... 32 2.2.2 Implementering van internasionale standaarde... 40 2.2.2.1 Metode van ―afdwinging‖... 41 2.2.2.2 Suid-Afrika... 46 2.2.2.3 Engeland (EU/VK)... 49 2.2.2.4 Namibië... 51 2.2.2.5 Implementering... 54 2.3 Internasionale arbeidsbeleid en -standaard met betrekking tot

atipiese diensverskaffing en tydelike werknemers... 54 2.3.1 IAO oor ―tydelike diensverskaffingsagentskappe‖... 56 2.3.2 IAO oor ―atipiese driehoekige diensverhoudinge‖... 60 2.3.3 Regte van tydelike werknemers... 64 2.4 Gevolgtrekking... 67

25

2.1 Inleiding

Die Internasionale Arbeidsorganisasie72 beoog ‗n internasionale arbeids- beleid en -standaard ingevolge waarvan ‗n werknemer oor sekere regte behoort te beskik en waar verskeie verpligtinge tot die realisering van hierdie regte teen die werkgewer afgedwing kan word. Hierdie regte behoort ten alle tye sover moontlik beskerm en gerespekteer te word.73 Die handhaaf van hierdie arbeidsstandaard is noodsaaklik vir ‗n gesonde diensverhouding tussen die werknemer en die werkgewer en gevolglik vir produktiwiteit en effektiwiteit in die ekonomie.

Herbert verklaar dan ook dat:74

International labour standards provide a common measuring stick against which national progress in addressing these issues can be evaluated. They have been developed through the combined efforts of governments, employers and workers‘ organizations from 178 countries around the world. Their overriding objective is to ensure basic rights and decent conditions of work. As the economy continues along the path of globalization, it is important that these universal instruments are brought into full play as they represent a globally agreed floor, a foundation on which to build economic wellbeing and social justice. Not only can international labour standards stimulate improvements in national social and labour legislation, they can also inspire good practices at the sectoral and enterprise level, as employers and workers integrate their principles into collective agreements.

Hierdie arbeidsstandaard is op alle werknemers van toepassing en behoort internasionaal toegepas te word, ongeag die tipe diensverhouding waarin hulle hulself bevind.75 Weens die tipe diensverhouding van tydelike werknemers van tydelike diensverskaffingsagentskappe heers die vraag of

72 Hierna IAO.

73 Hierdie standaarde word in konvensies en aanbevelings uiteengesit. Voor die ratifikasie van ‗n konvensie is gemelde standaarde slegs ‗n riglyn en word lidlande van die IAO aangemoedig om die standaard te handhaaf. Sou ‗n lidland ‗n bepaalde konvensie ratifiseer, sal daardie bepalings as bindend op die lidland geag word, en is gemelde lidland verplig om die bepalings soos in die konvensie vervat binne hulle eie wetgewing te inkorporeer. Bepaalde standaarde sal wel reeds voor ratifikasie as bindend op lidlande beskou word, slegs vanweë die feit dat hulle lede van die IAO is. Hierdie aspek sal later weer in meer besonderhede genoem word. Sien paragraaf 2.2.1.

74 Herbert International Labour Standards 2.

75 Sien byvoorbeeld werknemers in ‗n tydelike diensverhouding wat slegs stukwerk verrig.

26

daar inderdaad ‗n diensverhouding bestaan en gevolglik die vraag of dieselfde internasionale arbeidsstandaarde ook op hulle van toepassing is.76

Die IAO erken dat oor die afgelope twee dekades ‘n vinnige toename in atipiese diensverskaffing77 plaasgevind het. Dit het ook aangetoon dat hierdie toename gelei het tot die afname in werknemers se beskerming weens die feit dat hierdie atipiese diensverskaffing uit onnatuurlike en dus op die oog af onbeskermde diensverhoudinge bestaan het.78 Die IAO was skepties oor diensverskaffingsagentskappe se voortbestaan. Dit was van oordeel dat daar geen waarborg is dat die voordele en nadele wat uit atipiese diensverskaffing voortvloei eweredig in alle regstelsels versprei sal kan word nie.79 Die rede hiervoor is moontlik die verskil in ekonomiese- en arbeidsregtelike strukture. Die ontwikkeling en samestelling van verskeie lande se regstelsels soos byvoorbeeld Zimbabwe en ander Afrika-lande kan ook tot gevolg hê dat daar meer nadele as voordele met tydelike diensverskaffingsagentskappe ervaar word. Die afleiding kan gemaak word dat slegs lande met sterk ontwikkelde regstelsels en gevestigde wetgewing voordeel uit gemelde agentskappe kan trek. Weens hulle ontwikkeling sou dit vir dié lande makliker wees om sulke agentskappe na behore te bestuur.

Volgens die IAO moet sekere relevante beleidsoorwegings ondersoek word aangesien dit onseker is in watter mate hierdie atipiese diensverskaffing voordele vir almal inhou. Die beleidsoorwegings kom voor in die vorm van drie vrae, naamlik, in die eerste plek, die vraag of die toename in atipiese

76 Wanneer in hierdie konteks van tydelike werknemers gepraat word, word daar verwys na werknemers in atipiese diensverhoudinge met tydelike diensverskaffingsagentskappe en die kliënte waaraan die werknemers verskaf word.

77 ―Atipiese diensverskaffing‖ sluit aan by die begrip ―atipiese diensverhouding‖. Werknemers wat hulleself in ‗n atipiese (buitengewone) diensverhouding bevind, is werknemers wat atipiese vorme van diens verskaf, byvoorbeeld tydelike en deeltydse dienste.

78 Benjamin 2004 ILJ 791; Fourie 2008 4 PER 133; Smit en Fourie 2009 TSAR 521; Theron 2008 ILJ 15,16; Fudge en Owens Precarious Work 3,59. Die toename in die gebruik van atipiese diensverskaffing en die afname in werknemers se beskerming word deur die IAO se Committee of Experts beskou as ‗n ―common denominator‖.

27

diensverskaffing bevorder moet word en indien wel, hoe. Tweedens moet gevra word hoe die maksimum voordeel uit hierdie atipiese diensverhoudinge vir die hele gemeenskap - dit wil sê vir tydelike werknemers, werkgewers en kliënte - geput kan word. Die laaste vraag is hoe hierdie atipiese diensverhoudinge gereguleer kan word sonder dat die betrokke werknemers daaronder ly.80

Soos egter hieronder duidelik sal word, glo die IAO dat arbeidsregte almal behoort toe te kom. Daarom het dit, ten spyte van die bedenkinge oor die lewensvatbaarheid van tydelike diensverskaffingsagentskappe, steeds tydelike werknemers as beskermingswaardig geag en later selfs instrumente spesifiek vir sodanige werknemers geskep. Die idee is dat tydelike werknemers nie van die wye reeks arbeidsstandaarde van die IAO uitgesluit moet word nie.

Vervolgens sal eers ‗n studie van die IAO gedoen word ten einde ‗n omvattende begrip van die algemene oogmerke van die IAO te verskaf. Om hierdie doel te bereik, sal na verskeie relevante beginsels en instrumente verwys word. Gedurende hierdie uiteensetting sal ook besondere aandag geskenk word aan die algemene arbeidsstandaarde wat die IAO wil handhaaf.

‗n Bespreking van die algemene arbeidsstandaarde is in hierdie konteks relevant, aangesien dit noodsaaklik is om kennis te dra van die aspekte wat die IAO as beskermingswaardig beskou. Dit sal dan ook in latere hoofstukke sigbaar wees welke internasionale arbeidsstandaarde nie deur regerings gehandhaaf word sover dit tydelike werknemers aangaan nie.

‗n Volledige verduideliking van tydelike diensverskaffingsagentskappe vanuit die IAO se oogpunt sal ook hieronder volg, veral sover dit op die beskerming van tydelike werknemers betrekking het.

28