• No results found

Hoofstuk 5: Transformasie in die wynbedryf

4. Die bevordering van transformasie in die wynbedryf

4.1 Strategiese beplanning in die wynindustrie

Die belangrikste uitdagings in die wynindustrie is in afdeling 2.2 bespreek, en daar is genoem dat hierdie uitdagings op 'n strategiese vlak deur die industrie as geheel aangespreek moes word.

'n Strategiese beplanningsproses vir die wynindustrie, genaamd Visie 2020, is in Junie 1999 deur Winetech (Wine Industry Network for Expertise and Technology) geïnisieer. Die projek was daarop gemik om die toekomstige voorspoed en mededingendheid van die industrie te bevorder te midde van die veranderinge in beheer en regulasies in die plaaslike industrie133, veranderinge in die aard van die internasionale vraag na wyn, sterker internasionale mededinging van sogenaamde "Nuwe Wêreld" wynlande134, en politieke demokratisering in Suid-Afrika (en die gunstige omstandighede vir Suid-Afrikaanse uitvoere wat hierdeur geskep is). Die 12 strategiese programme waarop daar ooreengekom is het hoofsaaklik aandag gegee aan vir produksie- en bemarkings-verwante uitdagings. Die kredo van die strategie het egter verwysings na die "sosiale-verantwoordelikheid" van die industrie, etiese handelspraktyke, die behoefte aan die bevordering van 'n "vooruitstrewende, regverdige Suid-Afrika" deur middel van programme vir regstellende aksie, sowel as die behoefte aan 'n verteenwoordigende liggaam vir die industrie ingesluit (SAWB, 2002:5). Hierdie doelwitte is uiteindelik ook in die strategiese programme wat uit die projek gespruit het gereflekteer. Die

fokus van Visie2020 was egter primêr om die mededingendheid van die wynbedryf op 'n

besigheids-tegniese vlak te bevorder.

Op die vlak van landbou-politiek, was een van die belangrikste uitvloeisels van die Visie2020 projek die daarstelling van die Suid-Afrikaanse Wyn- en Brandewyn maatskappy (SAWB). Hierdie organisasie is aanvanklik op die been gebring om op 'n nasionale en internasionale vlak as verteenwoordigende liggaam van die industrie te dien, om interaksie met regerings-en ander politieke strukture namregerings-ens die industrie te hanteer, regerings-en om die strategiese programme van die industrie te bestuur en te implementeer (SAWB, 2002:14).

133

Waaronder: produksie - en prysbeheer en die bestuur van surplusse

Die proses van die daarstelling van die SAWB is belangrik. 'n Vergadering van belanghebbers in die industrie het in November 2001 'n taakspan aangestel om voorstelle te maak t.o.v. die struktuur van 'n verteenwoordigende liggaam van die industrie. Die aanbevelings van die taakspan is (met minimale wysigings) in Februarie 2002 by 'n volgende vergadering van belanghebbers aanvaar. Volgens die voorstelle van die taakspan is die industrie verdeel in vier "kamers" van betrokkenes by: produksie, prosessering, bemarking en arbeid. Elkeen van hierdie kamers kon vyf verteenwoordigers tot die raad van die verteenwoordigende liggaam verkies (SAWB, 2002:15). Die raad sou ook 'n neutrale voorsitter insluit. Daar is sover moontlik gepoog om alle belanghebbers by die aanwysing van lede van die raad te betrek. Die liggaam sou bestuur word deur 'n Hoof Uitvoerende Bestuurder met 'n klein permanente kantoor wat in gelyke dele deur die verskillende kamers befonds sou word (SAWB, 2002:16). Arbeid is egter vir die eerste tien jaar van finansiële bydraes vrygestel (SAWB, 2002:16)135.

Vyf besigheidseenhede (vir: bemarking, tegniese navorsing, die ontwikkeling van menslike hulpbronne, industrie-intelligensie en sosiale en ekonomiese bemagtiging) is volgens 'n funksionele verdeling van verantwoordelikhede gestig (SAWB, 2002:16). Sowel die eenheid vir menslike hulpbronne as dié vir sosiale en ekonomiese ontwikkeling moes vir bepaalde dimensies van die industrie se transformasie-proses verantwoordelikheid neem. Die "Black Association of Workers in the Wine and Spirit Industry" (BAWSI) was 'n stigterslid van die SAWB, wat veral op sosio-ekonomiese bemagtiging en die ontwikkeling van menslike hulpbronne gefokus het. BAWSI moes in hierdie konteks die "stem" van voorheen benadeelde groepe oor die toekomstige ontwikkeling en transformasie van die industrie wees (SAWB, 2003:12). BAWSI is beskou as 'n verteenwoordigende liggaam wat die perspektief van swart persone in die wynindustrie (insluitende: vakbonde, NRO's en die besigheidsektor) kon konsolideer (SAWB, 2002:12).

Die Visie2020 strategie en die SAWB se benadering tot Swart Ekonomiese Bemagtiging was egter redelik konserwatief. Die fokus het hoofsaaklik geval op die ontwikkeling van menslike hulpbronne deur opleiding en vaardigheidsontwikkeling, en sosiale programme wat die

sosio-135Vakunies regverdig hierdie vrystelling op grond van die feit dat die arbeidsinsette van hul lede dit vir ander rolspelers (bv. produsente) moontlik maak om tot die befondsing van die liggaam by te dra. Die onderliggende argument is dat arbeid nie regverdiglik vergoed word nie, en daar dus 'n surplus van fondse in produksie- en verwerkingseenhede beskikbaar is wat namens arbeid tot die verteenwoordigende liggaam bygedra kan word.

ekonomiese posisie van betrokkenes in die industrie oor 'n breë basis kon verbeter. Daar is egter nie genoeg aandag gegee aan die transformasie van eienaarskap in die industrie of die wyse waarop die industrie tot nasionale doelwitte ten opsigte van Swart Ekonomiese Bemagtiging kon bydra nie. Die begrip "bemagtiging" word byvoorbeeld nie in die Visie2020 dokumentasie genoem nie. Die regering het boonop aanvanklik sy steun van die strategie weerhou alvorens daar bewys kon word dat die verteenwoordigers van arbeid genoegsame inspraak in die proses geniet het (du Plessis, 2003).

In 2003, het die industrie dus 'n projek geloods om Visie2020 met die Strategiese Plan vir die Landbousektor en nasionale inisiatiewe ten opsigte van Swart Ekonomiese Bemagtiging te versoen. Hierdie belyning van strategiese beleidsrigtings in die wynindustrie met dié van die Nasionale Departemente van Landbou en Handel- en Nywerheid was ook daarop gemik om die regering se steun vir die transformasie-inisiatiewe binne die industrie te verseker. Die uitkoms van hierdie proses van strategiese her-besinning was die Suid-Afrikaanse Wynindustrie Plan (WIP).

Die WIP is opgestel as 'n strategiese plan vir 'n "lewenskragtige, verenigde, nie-rassige en vooruitstrewende" wynindustrie. Dit is belangrik om te let dat hoewel die behoefte aan globale mededingendheid en vooruitstrewendheid steeds in hierdie visie ingesluit is, daar nou 'n fokus-verskuiwing was na die uitdagings ten opsigte van transformasie en bemagtiging wat deur die industrie aangespreek moes word. Die "ontwikkeling van gelykmatige toegang en deelname in alle vlakke van die wynbedryf waardeketting" is een van vier strategiese doelwitte van die WIP136. Hoewel die vier doelwitte gelyke status in die strategie geniet het, het die transformasiebehoeftes in die industrie egter nou begin prioriteit/ voorkeur geniet. Volgens Riaan Kruger, verteenwoordiger van die "South African Liquor Brandowners Association" (SALBA) was die WIP as't ware 'n voorloper vir latere transformasieprosesse in die bedryf. Die behoefte aan bemagtiging en transformasie is ook in die strategiese programme van die plan gereflekteer. Strategiese programme van die WIP sluit in (SAWB, 2003:ii-iii):

 'n Strategie vir ekonomiese ontwikkeling en bemagtiging

136Ander strategiese doelwitte sluit in: (i) om globale mededingendheid en winsgewendheid te verhoog, (ii) om produksie sisteme te vestig wat volhoubaar is in terme van die natuurlike omgewing, en (iii) om die verantwoordelike verbruik van die produkte van die industrie aan te moedig.

 'n Strategie vir sosiale ontwikkeling en opheffing

 'n Strategie vir opleiding en die ontwikkeling van menslike hulpbronne  'n Strategie vir promosie en die ontwikkeling van markte

 'n Strategie vir die ontwikkeling van kennis en informasie, en  'n Strategie vir tegnologiese innovasie en oordrag

In die Strategie vir ekonomiese ontwikkeling en bemagtiging is daar onderneem om 'n operasionele strategie vir bemagtiging en teikens vir swart ekonomiese bemagtiging te ontwikkel, en meganismes in plek te stel om die implementering van die strategie, en vordering m.b.t. teikens te monitor (SAWB, 2003:15). Daar is 'n bepaal dat 'n basislyn studie van Swart Ekonomiese Bemagtiging in die wynindustrie, wat in die identifisering van relevante teikens gebruik kan word, onderneem moet word. Daar is voorsien dat SEB oor 'n breë basis sal moet plaasvind, wat die fasilitering van ontwikkeling van swart bemagtigde besighede, operasionele en strategiese ondersteuning vir nuwe projekte en die oordrag van relevante vaardighede (o.a. deur mentorskap-programme) moet insluit. Hoewel SEB, Opleiding en Sosiale Ontwikkeling in verskillende strategieë aangespreek is, is dit duidelik dat die strategie met betrekking tot opleiding en dié vir sosiale ontwikkeling ook op 'n indirekte vlak daarop gemik is om sosio-ekonomiese transformasie in die industrie te bevorder. Dit is ook belangrik om te let SAWB projekte t.o.v. menslike hulpbronontwikkeling en bemagtiging in noue samewerking met SAWIT aangepak is. Gegewe SAWIT se rol as reguleerder van die verspreiding van fondse wat deur die KWV aan die industrie oorgedra is, het hierdie liggaam veral 'n sentrale rol gespeel in die befondsing van transformasie-inisiatiewe (o.a. die befondsing van die "Rural Development Netword"/ RUDNET137 en die SAWB herstruktureringsproses).

Hoewel die inhoud van die WIP ontwikkel is deur 'n taakspan van verteenwoordigers van die SAWB, is die proses vir die ontwikkeling van die dokument bepaal deur akademici wat in die wynbedryf werksaam was (du Plessis, 2003). Dit het 'n persepsie gevestig dat die WIP 'n akademiese dokument is en dat die inspraak van grondvlak verteenwoordigers in die uiteindelik inhoud en struktuur van die dokument beperk is. Dit is gevolglik nie deur alle belanghebbers as 'n onderhandelde grond dokument vir transformasie in die industrie

137

RUDNET is die ontwikkelings-"arm" van BAWSI en is 'n sambreelliggaam vir organisasies wat ontwikkelingsprojekte in landelike gebiede bestuur (RUDNET webruimte).

aanvaar nie - met veral verteenwoordigers van burgerlike samelewingsgroepe en ontwikkelingsorganisasies wat van die proses vervreem gevoel het. Verdere samesprekings oor die transformasie-projek in die wynindustrie was dus nodig.

Die twee belangrikste prosesse rakende die transformasie van die wynindustrie wat in die laaste twee jaar plaasgevind het, is die herstrukturering in die verteenwoordigende liggaam van die bedryf (naamlik die SAWB) en die proses van die ontwikkeling van 'n handves vir transformasie in die wynindustrie. Hierdie prosesse word vervolgens in onderskeidelik afdeling 4.2 en 4.3 bespreek.