• No results found

Hoofstuk 3: ‘n Model vir die hantering van konflik

4. Swart ekonomiese bemagtiging as ‘n instrument vir die bevordering van transformasie

4.3 Die implementering van die SEB strategie

Die implementering van die SEB strategie is op regeringsvlak gefasiliteer deur die aanvaarding van die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging en die vestiging van 'n Komitee vir Swart Ekonomiese Bemagtiging in die kantoor van die president wat daarvoor verantwoordelik is om die implementering van en vordering ten opsigte van die strategiese doelwitte te monitor (FW de Klerk Stigting, 2006:8).

In die SEB strategie word daar 'n SEB telkaart uiteengesit wat Swart Ekonomiese Bemagtiging in terme van drie kern elemente meet. Daar word in die eerste plek aandag gegee aan direkte bemagtiging deur eienaarskap en beheer van ondernemings en bates. In die tweede plek word daar gekyk na gelyke indiensname en die ontwikkeling van menslike

hulpbronne. Die laaste element behels indirekte bemagtiging deur middel van voorkeur

116 Hierdie sektore sluit in: landbou en landbou-verwerking; mynbou, minerale en die benefisiëring van metale; klere en tekstiel; voertuigproduksie; komponente van lugvaart, informasie en kommunikasie tegnologie sektore, chemiese en kulturele industrieë (waaronder: media, film, musiek, handwerk) en dienste met 'n hoë vlak van toegevoegde waarde.

verkryging en die ontwikkeling van ondernemings. Die generiese telkaart wat in die SEB strategie (Department of Trade and Industry, 2003) voorgestel word meet ondernemings se SEB bydraes in terme van sewe verskillende elemente, waaronder: swart aandeelhouding, swart deelname aan bestuur, gelyke indiensname, vaardigheidsontwikkeling, voorkeur verkryging, die ontwikkeling en ondersteuning van swart besighede en 'n residuele element wat op sosio-ekonomiese ontwikkel fokus of aan die diskresie spesifieke sektore/ industrieë oorgelaat word.

Ingevolge afdeling 9 van die wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging (Wet nommer 53 van 2000) is die Minister van Handel en Nywerheid by magte om gedragskodes oor swart ekonomiese bemagtiging in die staatskoerant bekend te maak. Hierdie kodes voorsien verdere interpretasies van die SEB wetgewing en strategie, definisies van verskillende kategorieë van bemagtigde entiteite en riglyne vir belanghebbers in verskillende sektore om hul eie handveste vir transformasie te ontwikkel (Department of Trade and Industry, 2006:3). Die kodes spesifiseer ook indikatore wat dien as maatstawwe vir die verskillende elemente van swart ekonomiese bemagtiging en die gewig wat aan elke element in die telkaart toegeken word (Department of Trade and Industry, 2006:3).

Die proses vir die ontwikkeling van die SEB gedragskodes is in April 2004 geïnisieer. Die finale kodes is egter eers byna drie jaar later in Februarie 2007 in die staatskoerant gepubliseer. Hoewel konsepweergawes van verskillende fases van die kodes in November en Desember 2005 vrygestel is vir publieke kommentaar, was sommige besighede onwillig om SEB prosesse te inisieer alvorens die kodes waaraan hul SEB praktyke gemeet sou word gefinaliseer is. Die uitgerekte proses van die finalisering van die kodes het die sakesektor en ander belanghebbers egter tyd gegee om op die kodes te reageer en insette te lewer wat in die finale kodes geïnkorporeer kon word. Die finale kodes het gevolglik die meerderheid van knelpunte wat in die aanvanklike kodes geïdentifiseer is aangespreek.

Ondernemings gebruik die generiese telkaart wat in die finale kodes uiteengesit word om hul SEB tellings te bepaal. Die sewe verskillende SEB elemente dra elkeen 'n spesifieke gewig in die telkaart (sien tabel 2).

Tabel 2: Die Generiese SEB telkaart

Komponent Beskrywing Gewig

Direkte bemagtiging

Eienaarskap Maatstaf van swart eienaarskap in die onderneming

20 Bestuur/Beheer Maatstaf van die betrokkenheid van swart

persone in die bestuur of beheer van die onderneming

10

Menslike hulpbron ontwikkeling

Gelyke indiensname Maatstaf van inisiatiewe wat daarop gemik is om gelykheid in die werkplek te bewerkstellig in terme van die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging en die Wet op Billike Indiensneming

15

Vaardigheidsontwikkeling 'n Maatstaf van werkgewers se inisiatiewe wat daarop gemik is om die vaardighede van swart werknemers te ontwikkel

15

Indirekte bemagtiging

Voorkeur verkryging Maatstaf van die omvang van ondernemings se aankope van goedere en dienste vanaf verskaffers met sterk Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging verkrygings erkenningsvlakke

20

Ontwikkeling van ondernemings Maatstaf van die omvang van ondernemings se inisiatiewe om die ontwikkeling en volhoubaarheid van ander ondernemings mee te help en te versnel.

15

Residu

Sosio-ekonomiese ontwikkeling en Sektor-spesifieke bydraes

Maatstaf van ondernemings se inisiatiewe om tot sosio-ekonomiese ontwikkeling by te dra of van sektor-spesifieke inisiatiewe om die toegang van swart persone tot die ekonomie te bevorder

5

TOTAAL 100

Bron: Departement van Handel en Nywerheid se gedragskodes vir Swart Ekonomiese Bemagtiging

(Department of Trade and Industry, 2007:10-11)

Die omvattende aard van die verskillende elemente van Swart Ekonomiese Bemagtiging wat in die SEB strategie geïnkorporeer en in die generiese telkaart opgeneem is, reflekteer die regering se behoefte om 'n breë basis van swart persone (as beide deelnemers en begunstigdes) by die Suid-Afrikaanse ekonomie te betrek. Die behoefte aan 'n meer omvattende en inklusiewe benadering tot Swart Ekonomiese Bemagtiging is duidelik in: die fokus op die ontwikkeling van menslike hulpbronne deur opleiding; die aandag wat gegee word aan die fasilitering van finansiering en bestuursondersteuning vir swart besighede; die klem op die inkorporering van swart persone in bestuursposisies waar hulle werklike inspraak sal hê in die wyse waarop ondernemings bestuur word; die voorsiening wat gemaak word vir kollektiewe ondernemings met 'n breë basis van begunstigdes (waaronder werknemerstrusts) om aandele in ondernemings te bekom; en die voorsiening wat later gemaak is vir 'n residuele

element in terme waarvan ondernemings se bydraes tot en ondersteuning vir gemeenskapsprojekte ook as 'n bydrae tot transformasie gereken word117.

Die doel van die telkaart is uiteindelik om ondernemings se bydrae tot swart ekonomiese bemagtiging te kwantifiseer. Die telling vir 'n bepaalde element van die telkaart word bepaal in terme van spesifieke teikens wat vir die onderafdelings van die betrokke element gestel is. (Byvoorbeeld: een van die teikens vir gelyke indiensname is om 43% van senior bestuurders in 'n bepaalde onderneming swart persone moet wees. Wanneer 'n onderneming hierdie teiken bereik, kry hy die volledige punte wat aan die betrokke onderafdeling van gelyke indiensname toegeken word. Waar ondernemings die gestelde teikens oorskry, kan hulle 'n beperkte hoeveelheid bonuspunte in die betrokke element van die telkaart verdien.) 'n Onderneming kwalifiseer dan op grond van sy SEB telling vir 'n bepaalde "Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging Status" (SEB Status). Daar is agt verskillende vlakke van SEB status wat wissel vanaf 'n "Vlak een bydraer", wat meer as 100 punte op die generiese telkaart verdien, tot 'n "Vlak agt bydraer", wat tussen 30 en 40 punte op die generiese telkaart verdien. 'n Onderneming wat minder as 30 punte op die generiese telkaart verdien, word beskou as 'n "nie-voldoende bydraer".

Die SEB status van 'n onderneming word deur die staat in ag geneem wanneer hy: lisensies toeken of aan gereguleerde ekonomiese aktiwiteite deelneem; wanneer daar konsessies aan private ondernemings toegeken word om 'n bate of onderneming namens die staat te bestuur; wanneer bates of staats-beheerde ondernemings verkoop word; wanneer vennootskappe tussen die openbare en private sektor gevestig word; of wanneer daar aan enige ekonomiese aktiwiteite deelgeneem word (Department of Trade and Industry, 2003). Besighede met hoër SEB tellings geniet voorkeur in al die bogenoemde gevalle (FW de Klerk, 2006:8).

'n Onderneming se SEB status bepaal ook sy "Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging erkenningsvlak". Hierdie erkenningsvlakke wissel vanaf 135% vir "vlak een bydraers" tot 10% vir "vlak agt bydraers" en 0% vir "nie-voldoende bydraers". Hierdie erkenningsvlak is relevant tot die "voorkeur verkryging" element van die telkaart. In terme van hierdie element van die

117

Dit is ook interessant om te let dat daar in reaksie op die aanvanklike eksklusiewe aard van Swart Ekonomiese Bemagtigingstransaksies in beide die wet wat in 2003 in die staatskoerant verskyn het, en die amptelike strategie wat in 2003 bekend gemaak is, pertinent na Breë

telkaart word daar van ondernemings verwag om in die aankope van goedere en dienste voorkeur te gee aan ondernemings wat oor 'n bevredigende SEB status beskik. 'n Onderneming se telling in hierdie element van die telkaart word bepaal deur sy verkryging van swart bemagtigde ondernemings te meet as 'n persentasie van sy totale verkryging. Die erkenningsvlak van die onderneming van wie die verkryging gedoen word (met ander woorde: die SEB erkenningsvlak van die verskaffer) bepaal watter persentasie van die betrokke aankope as verkryging vanaf swart bemagtigde maatskappye beskou word. Byvoorbeeld: Indien onderneming A R100 se goedere aankoop van 'n onderneming B wat 'n "vlak een bydraer" tot SEB is en dus 'n erkenningsvlak van 135% geniet, kan 135% van die waarde van hierdie aankoop (dus, R135) as verkryging vanaf 'n swart bemagtigde maatskappy beskou word. Indien onderneming A R100 se goedere aankoop van 'n onderneming wat 'n "vlak agt bydraer" tot SEB is en dus 'n erkenningsvlak van 30% geniet, kan 30% van die waarde van hierdie aankoop (dus, R30) as verkryging vanaf 'n swart bemagtigde maatskappy beskou word.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat ondernemings nie wetlik verplig is om aan die gestelde SEB standaarde te voldoen nie. Hierdie meganisme vir die erkenning van 'n onderneming se SEB status, en die wyse waarop dit die telling wat ondernemings in die "voorkeur verkryging" element van die generiese telkaarte kan verdien beïnvloed, is ontwerp om ondernemings aan te moedig om vrywilliglik aan die SEB gedragskodes te voldoen. Dit staan dus groot ondernemings wat voel dat hulle sonder bemagtigingsverifikasie genoeg kliënte kan wen vry om geen stappe te neem om hul SEB tellings te verbeter nie (Bonorchis, 2005).

Daar is 'n aantal ander eienskappe van die jongste weergawe van die SEB kodes en telkaart wat belangrik is in terme van die aard van die verandering wat dit poog om te bevorder.

Daar is in Afdeling 3 van hierdie hoofstuk genoem dat die bevordering van kleinsakeondernemings een van die regering se oorkoepelende strategieë is om 'n groter aantal swart Suid-Afrikaners in die hoofstroom ekonomie te betrek. Die regering steun egter kleinsakeondernemings en entrepreneurs in alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe in 'n poging om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder. Daar is aanvanklik gevrees dat die vereistes van die SEB kodes en telkaarte te kompleks is, en te duur sal wees vir kleinsakeondernemings om te implementeer, en dat dit ekonomiese aktiwiteite in hierdie

sektor sal ontmoedig. Vir hierdie doel word daar in die SEB kodes en telkaarte van die Departement van Handel en Nywerheid onderskei tussen verskillende tipes ondernemings, waarvan die SEB bydraes op 'n unieke wyse bepaal word.

Ondernemings met 'n omset van minder as R5 miljoen per jaar kwalifiseer as "Vrygestelde Klein Ondernemings" (VKO's) (Department of Trade and Industry, 2007:9). VKO's word outomaties beskou as "vlak vier bydraers" tot SEB, en het dus 'n SEB erkenningsvlak van 100% (wat beteken dat 100% van die aankope wat van sodanige ondernemings gedoen word in die "voorkeur verkryging" element van die telkaart as aankope vanaf swart bemagtigde maatskappye gereken kan word) (Department of Trade and Industry, 2007:9). VKO's kan egter hul SEB status en erkenningsvlak verbeter deur aan die vereistes van die telkaart vir "Kwalifiserende Klein Ondernemings" (KKO's) te voldoen.

Ondernemings met 'n jaarlikse omset tussen R5 miljoen en R35 miljoen, kwalifiseer as KKO's. KKO's (en VKO's wat kies om op 'n vrywillige basis te probeer om hul SEB status te verbeter) moet voldoen aan 'n aangepaste SEB telkaart waarin hulle kan kies om aan enige vier van die sewe elemente van die generiese telkaart te voldoen. Elk van die gekose vier elemente dra dan 'n gelyke gewig van 25 (Department of Trade and Industry, 2007:79).

Die jongste kodes maak ook daarvoor voorsiening dat nuwe ondernemings (sogenaamde: "start-up enterprises") in die eerste jaar van hul bestaan as VKO erken kan word. Hierdie status impliseer dat sodanige ondernemings outomaties as "vlak vier bydraers" met 'n SEB erkenningstatus van 100% beskou word (Department of Trade and Industry, 2007:10). Waar hierdie ondernemings egter vir kontrakte bo R5 miljoen tender, word dit aan die telkaart vir KKO's gemeet. Wanneer nuwe ondernemings vir kontrakte van meer as R35 miljoen tender word hul SEB status in terme van die generiese telkaart bepaal. Dit is dus duidelik dat die bepalings ten opsigte van VKO's, KKO's en nuwe ondernemings in die SEB kodes en telkaarte die staat se strategie om klein ondernemings aan te moedig ondersteun deur aan hierdie soort ondernemings verhoogde SEB status toe te ken en sodoende verkryging van hierdie ondernemings te bevorder.

Dit is ook belangrik om te kyk na die wyse waarop "swart persone" in die kodes gedefinieer word. Volgens die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging is "swart persone" "a generic term which means Africans, Coloureds and Indians". In skedule 1 van die SEB kodes (Department of Trade and Industry, 2007:87), waarin die interpretasies en definisies van die kodes uiteengesit word, word "swart persone" as volg gedefinieer:

"Black people has the meaning defined in the [Broad-Based Black Economic Empowerment] Act qualified as including only natural persons who are citizens of the Republic of South Africa by birth or descent or are citizens of the Republic of South Africa by naturalisation: (a) occurring before the commencement date of the constitution of the Republic of South Africa Act of 1993; or

(b) occurring after the commencement date of the constitution of the Republic of South Africa Act of 1993 but who without the Apartheid policy would have qualified for naturalisation before then."

Daar word in hierdie definisie geen onderskeid getref tussen swart, bruin en Indiër persone nie. Die vereiste van burgerskap verseker ook dat persone wat nie deel is van die Suid-Afrikaanse samelewing wat as gevolg van die land se apartheidsbeleid benadeel is nie, nie direkte voordeel uit die SEB kodes en praktyke kan trek nie. Dit is wel interessant om te let dat hoewel persone wat na 1993 Suid-Afrikaanse burgerskap ontvang het nie as "swart persone" kwalifiseer nie, wyl daar geen uitsondering gemaak word ten opsigte van Suid-Afrikaners wat na 1993 gebore is nie.

Die SEB strategie en kodes maak ook voorsiening vir die bevordering van die ekonomiese deelname van vyf vêrdere kategorieë van persone, naamlik: swart vroue, swart gestremde persone, swart jeugdiges, swart werklose persone en swart persone in landelike gebiede (Department of Trade and Industry, 2007:11). Daar word in die verskillende elemente van die telkaart op 'n direkte wyse sowel as deur middel van bonuspunte voorsiening gemaak vir die bevordering van die belange van hierdie groeperinge (Department of Trade and Industry, 2007:11). Dit is belangrik om te let dat hoewel die Wet op Billike Indiensneming ook wit vroue en wit gestremde persone teiken as persone wat in indiensnemingspraktyke bevoordeel behoort te word, daar in die SEB strategie uitsluitlik op swart persone gefokus word.

In die SEB strategie word dit duidelik gemaak dat hoewel die regering as primêre agent vir Swart Ekonomiese Bemagtiging optree (deur o.a. sy ekonomiese aktiwiteite volgens die wetgewing en regulasies rondom SEB aan te pas, finansiering te verskaf en institusionele steun vir die SEB proses te bied) daar ook sterk staatgemaak word op "vennootskappe" met die privaatsektor - insluitende: besighede, vakbonde en gemeenskapsorganisasies (Department of Trade and Industry, 2003:16). Om sodanige vennootskappe aan te moedig, en ook die privaatsektor se ondersteuning vir die SEB proses te versterk, word daar in die SEB strategie voorsiening gemaak vir die ontwikkeling van sektorale of industrie-spesifieke SEB handveste. Verskillende sektore of industrieë word dus toegelaat om (binne die parameters wat deur die SEB strategie, wetgewing en gedragskodes gestel word) hul eie transformasie-programme en SEB telkaarte op te stel. Die SEB strategie en gedragskodes skryf voor dat hierdie handveste in oorleg met al die belangrikste belanghebbers in die betrokke industrie of sektor ontwikkel moet word, en 'n opsomming moet bied van: (i) die belangrikste SEB uitdagings in die industrie/ sektor, (ii) die sektor/ industrie se visie ten opsigte van transformasie en SEB, (iii) die meganismes wat ingespan gaan word om SEB teikens te bereik, (iv) 'n beraming van die finansieringsbehoeftes van die sektor/ industrie t.o.v. SEB, en (v) die institusionele- en bestuursmeganismes wat die implementering van die strategie/handves sal koördineer, fasiliteer, monitor en evalueer (Department of Trade and Industry, 2003:17).

Hierdie klem op sektorale of industrie-spesifieke handveste vir transformasie en SEB dui op die Departement van Handel en Nywerheid se erkenning van die unieke uitdagings wat in verskillende sektore/ industrieë bestaan, en die wyse waarop dit hul prioriteite ten opsigte van SEB sal beïnvloed.

Dit is egter belangrik om te let dat sektorale of industrie-spesifieke handveste steeds aan die algemene vereistes wat in die SEB strategie en gedragskodes gestel word moet voldoen en uiteindelik deur die Departement van Handel en Nywerheid goedgekeur moet word. In terme van die riglyne vir die ontwikkeling van sektor kodes of handveste vir transformasie wat in die gedragskodes van die Departement van Handel en Nywerheid (2007:13) vervat is, mag sektorale of industrie-spesifieke handveste slegs van die generiese kodes afwyk indien dit regverdigbaar is in terme van "goeie ekonomiese beginsels", "sektorale eienskappe" of "empiriese navorsing". Selfs in hierdie omstandighede word die sektor of industrie se

diskresie bekamp tot die elemente in die telkaart, die gewig van die verskillende elemente en die teikens wat vir verskillende elemente in die telkaart gestel word en mag daar nie afgewyk word van die definisies van begunstigdes van SEB transaksies, aktiwiteite of projekte nie (Department of Trade and Industry, 2007:14).

Industrieë/ sektore het een van twee opsies t.o.v. hul individuele handveste. Handveste kan in terme van afdeling 9 van die SEB wet as sektor kodes, óf in terme van afdeling 12 van die SEB wet as handveste vir transformasie in die staatskoerant gepubliseer word. Indien 'n bepaalde sektor/ industrie se transformasiestrategie as 'n sektor kode deur die Departement van Handel en Nywerheid goedgekeur word, het dit in wetlike status gelyk aan die finale SEB kodes en word die SEB tellings van ondernemings in die betrokke industrie/sektor in terme van hierdie sektor kode bepaal. Waar onsekerheid bestaan moet ondernemings in die betrokke sektor/ industrie egter steeds aan die algemene kodes voldoen. Handveste vir transformasie het daarenteen geen wetlike status nie, en dien bloot as 'n formalisering van die betrokke industrie/ sektor se intensies en doelwitte ten opsigte van Swart Ekonomiese Bemagtiging. In hierdie geval word die algemene kodes gebruik om SEB tellings vir die ondernemings in die betrokke industrie of sektor te bepaal.

'n Hele aantal sektore het reeds prosesse geïnisieer om kodes of transformasie handveste op te stel. Die eerste sektorale kode wat wetlike status geniet het, was die Handves van die Mynwese-industrie wat reeds voor die publisering van die SEB strategie en wetgewing gefinaliseer is, en as't ware as basis vir gesprekke rondom die ontwikkeling van die finale strategie en wetgewing gebruik is. Die kodes van die finansiële sektor sowel as die konstruksiebedryf is ook sedertdien ingevolge afdeling 12 van die Wet op Swart Ekonomiese bemagtiging in die staatskoerant gepubliseer. Die handves van die petroleum en vloeibare brandstof industrie is ook reeds in die staatskoerant gepubliseer, maar wel volgens die bepalings van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum Hulpbronne. By die vrystelling van 'n opsomming van die finale gedragskodes vir Swart Ekonomiese Bemagtiging in Januarie 2007, het die Departement van Handel en Nywerheid aangedui dat die meerderheid van sektorale handveste waarskynlik ingevolge Seksie 9 van die wet aanvaar sal word, en dus in terme van wetlike status aan die kodes gelyk sal wees. Industrieë/ sektore wat hul handveste vir goedkeuring deur die Departement van Handel en Nywerheid voorgelê het sluit in: die maritieme vervoer en dienste industrie, die sektor vir informasie- en

kommunikasietegnologie, die toerismesektor en die versending en verrekening industrie. Ook die landbousektor werk steeds aan 'n sektor-spesifieke handves wat hy in terme van afdeling 9 van die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging as sektorale kode wil laat goedkeur, terwyl