• No results found

Die behoefte aan transformasie in die landbousektor

Hoofstuk 5: Transformasie in die wynbedryf

2.1 Die behoefte aan transformasie in die landbousektor

Soos menigte ander sektore, en in der waarheid die Suid-Afrikaanse ekonomie as geheel, staan die landbousektor tans voor die uitdaging om Swart Ekonomiese Bemagtiging, breë sosio-ekonomiese transformasie aan te moedig wyl daar ook gepoog word om die mededingendheid, winsgewendheid en volhoubare groei van die sektor te bevorder. Hierdie uitdaging word erken in die visie en strategiese doelwit van die Suid-Afrikaanse landbousektor wat in die Strategiese Plan vir Suid-Afrikaanse Landbou (Department of Agriculture, 2001:9) uiteengesit word, naamlik: "'n Verenigde en Voorspoedige Landbousektor", wat ten doel het om "gelyke toegang en deelname in 'n globaal kompeterende, winsgewende en volhoubare landbousektor te skep en so by te dra tot 'n beter lewe vir almal".

In die Strategiese Plan vir Suid-Afrikaanse Landbou (2001) word daar geargumenteer dat landbou 'n kritiese rol speel in die vervulling van twee basiese menslike behoeftes, naamlik voedsel en klere, dat dit 'n belangrike bydrae lewer tot ekonomiese groei118, dat dit 'n belangrike indiensnemer van (veral ongeskoolde) arbeid is119, en 'n sentrale rol speel in die voortbestaan van landelike ekonomieë. Daar word beraam dat ongeveer 40% van die Suid-Afrikaanse bevolking van landbou en landbou-verwante aktiwiteite afhanklik is (Department of Agriculture, 2001:3).

Die mededingendheid en winsgewendheid van die bedryf is egter in gedrang as gevolg van (o.a.): hoë insetkostes, lae produktiwiteit, swak bestuur- en besigheidstrategieë, die gevolge

118

Primêre landbou is verantwoordelik vir ongeveer 4.5% van die bruto nasionale produk, terwyl die groter agri-voedsel waardeketting 'n verdere 9% tot nasionale produksie bydrae (Department of Agriculture, 2004a:3).

119

Die ongeveer 50 000 kommersiële landbouers in Suid-Afrika neem ongeveer een miljoen werkers in diens - ongeveer 11% van totale formele indiensname (Department of Agriculture, 2004a:3). Daarbenewens is daar ook ongeveer 240 000 kleinboere in die land wat lewensmiddele aan ongeveer een miljoen familielede en tydelike werk aan 'n verdere 500 000 mense verskaf, sowel as 'n beraamde drie miljoen bestaansboere wat in die voedsel-behoeftes van hul families voorsien (Department of Agriculture, 2004a:3).

van onregverdige handelspraktyke deur Suid-Afrika se internasionale handelsvennote en onvoorbereidheid vir sterker internasionale kompetisie120. Die afskaffing van landbou-beheerrade, wat die bemarking en verspreiding van produkte in verskillende bedrywe (byvoorbeeld: suiwel, graan, pluimvee, ens.) hanteer het, het landbouers boonop voor die uitdaging te staan gebring om (dikwels met beperkte ervaring en kennis van die betrokke prosesse) hul eie produkte in 'n toenemend kompeterende omgewing te bemark en versprei.

Teen hierdie agtergrond is daar egter ook 'n duidelik behoefte aan transformasie in die landbousektor. Volgens die Strategiese Plan vir Suid-Afrikaanse Landbou (Department of Agriculture, 2001:4) word die sektor gekenmerk deur ongelykhede - wat spruit uit 'n lang geskiedenis van eksklusiewe toegang tot produktiewe hulpbronne, en arbeidspraktyke wat werknemers se deelname aan bestuur en besluitneming beperk of verhoed het. Die ongelykhede in die landbousektor is gekwantifiseer in studie deur 'n navorsingspan aan die Elsenburg landboukollege, vir die PROVIDE (Provincial Decision-making Enabling) projek van die Wes-Kaapse regering (Pauw et al, 2005).

Volgens Pauw et al. (2005:3) word die dualistiese aard van die Suid-Afrikaanse ekonomie ook gereflekteer in die landbousektor. Aan die een kant is daar 'n relatiewe sterk, meestal wit, kommersiële landbousektor wat moderne produksietegnieke inspan om op 'n globale vlak te kompeteer en inkomstes verdien wat vergelykbaar is met die hoogste inkomstegroepe in ander sektore. Aan die ander kant is daar swart121 huishoudings in die landbousektor wat óf geen grond besit nie en hul arbeid teen 'n lae koste aan kommersiële boere beskikbaar stel, óf op 'n klein skaal boer, óf bestaansboerderye bedryf (bv. in die voormalige tuislande). Swart huishoudings in die landbousektor is dikwels arm, sukkel om hulself d.m.v. landbou te ondersteun, en is daarom afhanklik van regeringstoelae (Pauw et al, 2005:3).

Pauw maak gebruik van data uit die "Income and Expenditure Survey" van 2000 en die "Labour Force Survey" van 2003 om die aard van ongelykheid in die landbousektor - en spesifiek tussen verskillende "landbou-huishoudings122" te bepaal. In terme van die "breë"

120

Die Suid-Afrikaanse landbousektor het in die verlede redelike beskerming vanaf die regering geniet i.t.v. beperkings en tariewe op die invoer van landbouprodukte. Daar was dus 'n hoër toleransie vir oneffektiewe landboupraktyke. Die liberalisering van Suid-Afrika se handelsregime het Suid-Afrikaanse boere egter in direkte kompetisie met hul internasionale eweknieë geplaas - met 'n gepaardgaande toename in effektiwiteits-vereistes in die landbousektor.

121

"Swart" verwys hier na sg. Afrikane, Kleurlinge en Indiërs.

122"Landbou-huishoudings" in die betrokke opnames is geïdentifiseer deur te kyk na 'n aantal veranderlikes in die opnames, waaronder: looninkomste uit landbouaktiwiteite, direkte en implisiete inkomste uit tuis-verbruik en -verkope, en bruto bedryfsurplus uit landbouaktiwiteite (Pauw et al, 2005:4). Volgens die "streng" definisie word 'n huishouding geklassifiseer as 'n landbou-huishouding indien minstens 50% van

definisie van landbou-huishoudings (sien voetnota 122) word ongeveer 26.4% van alle swart huishoudings en 8.8% van alle wit huishoudings as landbou-huishoudings geklassifiseer (Pauw et al, 2005:9). Volgens die "streng" definisie, daal hierdie syfer tot 7.8% van swart huishoudings teenoor 3.2% van wit huishoudings. Dit is egter interessant om te let hoe swart en wit huishoudings as landbou-huishoudings geklassifiseer word. In Pauw (2005) se studie, is die meerderheid van swart landbou-huishoudings (85.7% i.t.v. die breë definisie, en 71.4% i.t.v. die streng definisie) by landbou betrokke om 'n primêre of sekondêre bron van voedsel te vestig. Die meerderheid van wit huishoudings (66.1% en 90.7% volgens onderskeidelik die breë en streng definisie van landbou-huishoudings) is egter by landbou betrokke as hul primêre bron van inkomste. Pauw et al (2005:17) bevind verder dat ongeveer 70.5% van persone in swart landbou-huishoudings as arm beskou kan word, teenoor slegs 1.1 van persone in wit landbou-huishoudings123. Hierdie syfer is boonop hoër as vir swart persone wat nié deel van die landbou-bevolking is nie - volgens Pauw et al (2005:17) leef 57.7% van hierdie groep in armoede. Die armoedevlak van wit persone wat nie deel is van die landbou-bevolking nie is ook effens laer op 1% (Pauw et al, 2005:17). Die armste groepering binne die landbou-bevolking is huishoudings van bestaansboere, met 'n totale gemiddelde inkomstevlak van R12149 per jaar (teenoor R15520 vir plaaswerker-huishoudings, en R28789 vir huishoudings van kommersiële boere).

Pauw et al. (2005:21) het ook bevind dat die Gini-koëffisiënt in die landbousektor, heelwat hoër is as dié vir die totale bevolking (0.73 teenoor 0.69). Dit is interessant om te let dat ongelykheid binne die swart landbou-bevolking laer is as dié binne die wit landbou-bevolking (0.53 teenoor 0.64) (Pauw et al, 2005:22). Hierdie verskynsel kan egter waarskynlik grootliks toegeskryf word aan die feit dat swart landbou-huishoudings tot onlangs feitlik uitsluitlik in laer inkomstegroepe geval het. Pauw et al (2005:24) identifiseer twee verdere tendense met betrekking tot ongelykheid in die landbousektor wat 'n impak het op die wyse waarop sosio-ekonomiese transformasie in die sektor aangepak word. In die eerste plek, verklaar ongelykhede in bruto bedryfsurplus 'n groter gedeelte van ongelykheid onder die landbou-bevolking as wat die geval vir die Suid-Afrikaanse landbou-bevolking as geheel is. Volgens Pauw et al (2005:24) is hierdie verskynsel 'n weerspieëling van die hoë vlakke van ongelykheid in die

huishoudelike inkomste uit die bogenoemde drie bronne van landbou-inkomste spruit (Pauw et al, 2005:4). Volgens die "breë" definisie word 'n huishouding egter geklassifiseer as 'n landbou-huishouding indien dit enige inkomste uit die bogenoemde drie bronne verdien.

123

Huishoudings waarvan die volwasse per capita inkomste minder as R5617 per jaar (in 2000 pryse) is, word in hierdie studie as "arm" beskou.

verspreiding van grond en produktiewe bates in die landbousektor. Ongelykhede in inkomste uit arbeid, is egter verantwoordelik vir 'n kleiner deel van ongelykheid binne die landbou-bevolking as wat die geval is vir die landbou-bevolking as geheel (Pauw et al, 2005:24). Hierdie twee tendense kan moontlik verklaar waarom daar in die transformasie van die landbousektor groter klem geplaas word op die oordrag van produktiewe bates, terwyl gelyke indiensname in ander sektore as 'n belangrike dryfveer vir transformasie ingespan word (Pauw et al, 2005:24).

Die ongelyke verdeling van landbougrond en die simboliese belangrikheid van die eienaarskap van grond is in onderskeidelik Hoofstuk 4 en 3 bespreek. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat grondhervorming daarom 'n belangrike element van sosio-ekonomiese transformasie in die landbousektor is. Die inkorporering van doelwitte ten opsigte van grondhervorming in die handves vir die transformasie van die landbousektor sal in afdeling 3 bespreek word.