• No results found

Die Subjektivistiese benadering tot tussen-groep konflik

Hoofstuk 2: Ekonomiese transformasie en beskrywende teorieë van konflik

4. Ekonomiese transformasie in Suid-Afrika

5.2 Die Subjektivistiese benadering tot tussen-groep konflik

5.2.1 Die behoefte aan identiteit en die bevestiging van eiewaarde

Soos hierbo genoem, word die botsende belange van groepe in die voortdurende kompetisie vir skaars hulpbronne in die objektivistiese benadering tot tussen-groep verhoudings as die primêre bron van konflik tussen groepe beskou. Ons vind egter dikwels dat daar geen instrumentalistiese verklaring vir groepe se gedrag teenoor mekaar gevind kan word nie.

In studies van groepgedrag, word die geneigdheid tot diskriminasie teen buite-groepe (gemeet aan die geneigdheid om in evaluerings en optrede die binne-groep bo die buite-groep te bevoordeel) beskou as ‘n aanduiding van die konflikpotensiaal tussen buite-groepe (Tajfel & Turner [1979:38]). Tajfel & Turner (1979:34) het in omvattende studies van groepgedrag, bevind dat groepe dikwels selfs in die afwesigheid van konflikterende belange teen mekaar sal diskrimineer. Die groepe in Tajfel en Turner se eksperimentele studies was ook telkens bereid om (meetbare/ vergelykende) voordele prys te gee ten einde ‘n groter gaping ten opsigte van een of ander dimensie van vergelyking met buitegroepe te bewerkstellig. Tajfel &

Turner (1979:38) kom dus tot die gevolgtrekking dat die geneigdheid van individue (en die groepe waaraan hulle behoort) om teen lede van buite-groepe te diskrimineer en tot voordeel van hul eie groep op te tree ‘n alomteenwoordige (“omnipresent”) eienskap van tussen-groep verhoudings is57. Ons moet dus aanvaar dat daar een of ander bron of meganisme van konflik is wat nie sy ontstaan het in die funksionele verhoudings of koste-voordeel analises in kompeterende situasies tussen groepe nie.

Du Toit (2004b:197) stel dit as volg:

“…there is ample evidence that adversaries in communally based conflicts tend to be relatively insensitive to material costs. Ethnic groups often pursue their objectives at the expense of material gratification and… sometimes at great cost, knowing that deprivation, impoverishment, and hardship will be their immediate reward. So, if they do not pursue material rewards in the first place, if there is something else, something more fundamental and basic subsumed within their pursuit of overt political objectives…what is it?”

‘n Moontlike antwoord op hierdie vraag kan gevind word in Sosiale Indentiteit Teorie, as ‘n subjektivistiese teorie van tussen-groep konflik58. Die basiese uitgangspunt van die teorie is dat individue voortdurend streef na positiewe evaluerings van hulself. Tajfel & Turner (1979:40) beskryf dit as die behoefte aan die instandhouding en verbetering van positiewe konsepsies van eiewaarde of positiewe identiteit, en identifiseer dit as ‘n primêre behoefte van die individu. Hierdie “positiewe konsepsie van eiewaarde” of “goeie selfbeeld” word beskryf as “the feeling that you are an object of primary value in a meaningful universe” (Greenberg et al, 1999:106). Volgens Greenberg et al (1999:105-106) is die beperking van angs/ angstigheid die belangrikste funksie van hierdie bevestiging van eie-waarde en vermoëns.

Die basiese uitgangspunt is dat ‘n positiewe selfbeeld individue in staat stel om onsekerhede in hul sosiale omgewing en verhoudings, wat ‘n primêre oorsaak van angstigheid is, te hanteer. Hierdie beperking van angs deur middel van die redusering van onsekerheid kan op drie maniere geskied: Eerstens, verlaag ‘n positiewe selfbeeld die angstigheid wat deur die individu se onsekerheid oor die beoordeling van sy posisie in die samelewing veroorsaak

57Hierdie argument word bevestig in Hogg & Abrams (1988) se analise van tussen-groep verhoudings.

58

Die keuse van Sosiale Identiteit Teorie as ‘n spesifiek teorie binne die subjektivistiese veld en die fokus op die teoretiese analises van Tajfel & Turner word gemotiveer in afdeling 8 van hoofstuk 1 (die begrensing van die studie).

word (Smyth, 2002:149). Tweedens, verminder dit angstigheid oor individuele kwesbaarheid en vrees vir mortaliteit (Greenberg et al, 1999:106)59. Derdens, motiveer die behoefte aan die bevestiging van eiewaarde en positiewe identiteit dikwels lidmaatskap aan positief ge-evalueerde groepe en vestig sodoende ‘n sosiale identiteit wat samehang in die individu se self-begrip en ‘n raamwerk vir konsekwente beoordeling van sosiale situasies/ gebeure bewerkstellig (Smyth [2002:149]; Monroe, Hankin & Van Vechten [2000:427])60. Die angstigheid wat deur onsekerheid oor die betekenis van gebeure en toestande in die sosiale wêreld veroorsaak word, word sodoende beperk.

Daar sal vervolgens gekyk word na die rol van groepe in die positiewe self-bevestiging van individue.

5.2.2 Die rol van die groep in die bevestiging van eiewaarde

Soos hierbo genoem, is die basiese vertrekpunt van Sosiale Indentiteit Teorie dat individue voortdurend streef na positiewe evaluerings van hulself en hul eie identiteit (sien byvoorbeeld Tajfel & Turner [1979:40], Horowitz [1985:185] en Smyth [2002]). Die tweede belangrike aanname van die teorie, is dat hierdie positiewe status uit lidmaatskap aan positief ge-evalueerde groepe ontleen kan word.

Hierdie proses kan as volg begryp word: Identiteit is ‘n multi-dimensionele sosiale konstruksie wat saamgestel word uit verskillende kategoriserings van die self op (a) ‘n persoonlike vlak (op grond van persoonlike eienskappe, ervarings en prestasies), en (b) ‘n sosiale vlak (op grond van die eienskappe van die groepe waarmee die individu assosieer) (Dittmar [1992:73]; Smyth [2002:150-153]). Individue is daarom in staat om positiewe identiteit te bekom deur middel van hul lidmaatskap aan groepe wat positiewe evaluerings geniet (du Toit, 2004b:198). Tajfel & Turner (1979:4), stel dit as volg:

59

Volgens Greenberg et al (1999:106) word die idee dat “goeie, waardevolle [persone]” nie deur negatiewe gebeure geraak sal word nie tydens die vormingsjare van individue gevestig. Kinders ontwikkel dikwels in hierdie tydperk die persepsie dat ouerlike beskerming (wat kinders se primêre basis van sekuriteit is) op ‘n fisiese en sosio-sielkundige vlak van ouers se positiewe evaluerings van hul “waarde” afhanklik is (Greenberg et al, 1991:106).

60

Die bevestiging van die status van die eie groep word dikwels bewerkstellig deur positiewe eienskappe aan die binnegroep toe te skryf, terwyl die buitegroep (sover moontlik) negatief ge-evalueer word. Hierdie vooroordeel ten gunste van die binnegroep (“positive in-group bias”) dra dan by tot die positiewe evaluering van die binnegroep, en vorm sodoende ‘n meer stabiele basis vir sosiale identiteit – wat uiteindelik die individu in staat stel om angstigheid te hanteer.

”Social groups or categories and the membership of them are associated with positive or negative value connotations. Hence, social identity may be positive or negative according to the evaluations…of those groups that contribute to an individual’s social identity”.

Die individu se behoefte aan positiewe selfbevestiging kan dus gedeeltelik bevredig word deur sy/ haar lidmaatskap aan bepaalde groepe of organisasie wat positiewe evaluering geniet in die konstruering van sy/ haar eie identiteit te beklemtoon (Tajfel & Turner [1979:40]; Monroe, Hankin & Van Vechten [2000:434]). Dit is belangrik om daarop te let dat vergelykende evaluerings die basis vorm van ‘n hierargiese gradering van aansien – oftewel status. Die vraag wat egter nou beantwoord moet word, is onder watter omstandighede ‘n sosiale groep positiewe status sal geniet (en dus as kanaal vir die positiewe selfbevestiging van individue kan dien) en wat die gevolge van die ontkenning of bedreiging van die status van groepe kan wees.

Hierdie vrae sal nou beantwoord word deur te kyk na (5.2.3) verskillende bronne van groepstatus, (5.2.4) die rol van ongelykheid en die bedreiging van groepstatus, en (5.2.5) die prominensie van etniese- en kulturele identiteit.

5.2.3. Verskillende bronne van status

Daar is vier belangrike beginsels van groepstatus wat in die identifisering van verskillende bronne van groepstatus in ag geneem moet word.

Die eerste hiervan, is dat positiewe self-persepsie by uitstek gebaseer word op erkenning deur ander individue of groepe (Dittmar [1992:11]; Monroe, Hankin & Van Vechten [2000:427])61. Vir ‘n bepaalde groep om tot die positiewe self-bevestiging van die individu by te dra, moet die bron van die betrokke groep se status dus ook deur ander in die sosiale omgewing erken word. Die bron van status dien as’t ware as ‘n simboliese tussenganger tussen die self en die ander, en is slegs effektief indien die waarde van die simbool ook deur ander erken word (Tajfel & Turner [1979:41] noem dit ‘n “gedeelde dimensie van waarde”). Die proses van positiewe bevestiging vind dus intern (deur die individu se persepsie van die

61

Dittmar (1992:73) plaas ‘n klem op die feit dat individuele identiteit meer as net die individu of groep se subjektiewe konstruksie van hom-/haarself behels, en ook verwys na die plasing van die individu as sosiale entiteit deur ander.

positiewe status van die groep) sowel as ekstern (deur die erkenning van die groep se status deur ander in 'n sosiale konteks) plaas (Horowitz, 1985:144, 185).

Die tweede beginsel van groepstatus wat in die identifisering van verskillende bronne van status in ag geneem moet word, is die belangrikheid van vergelykings met ander groepe. Status word bevestig wanneer die groep op grond van een of ander maatstaf van vergelyking

beter of meer gevorderd as die groepe in sy omgewing is (Tajfel & Turner [1979:40]; Horowitz

[1985:143-144]; Monroe, Hankin & Van Vechten [2000:427])62.

Tajfel & Turner (1979:43) redeneer daarom dat status nie beskou moet word as ‘n skaars kommoditeit nie, maar erken moet word as die uitkoms van vergelykings tussen groepe, en ‘n refleksie van ‘n groep se relatiewe posisie in terme van ‘n bepaalde basis van vergelyking. Daar is dus ‘n sterk klem op die sosiale gesitueerdheid of sosiale posisie van die groep in

terme van ander in sy omgewing (Dittmar, 1992:73). Tajfel & Turner (1979:37) beskryf

daarom ook sosiale status as ‘n ranglys of hiërargie wat veronderstelde (“perceived”) sosiale posisies aandui. Soos reeds genoem het Tajfel & Turner (1979:41) bevind dat groepe bereid is om absolute voordele volgens ‘n aanvaarde maatstaf (byvoorbeeld: groter monetêre belonings) prys te gee, ter wille van groter differensiasie ten opsigte van ander groepe in hul omgewing. Positiewe status word dus gebaseer op die groep se posisie relatief tot ander groepe. Hierdie beklemtoning van sosiale vergelykings in die konstruksie van sosiale identiteit sluit ook aan by die konstruktivistiese teorie van sosiale verhoudinge, waarin daar geredeneer word dat sosiale betekenis (soos byvoorbeeld identiteit) tydens interaksie met ander geskep word, en daarom dikwels in terme van verhoudings met én tot ander groepe gedefinieer word.

Die derde belangrike beginsel van die bevestiging van groepstatus behels die keuse van groepe wat in tussen-groep vergelykings in ‘n bepaalde sosiale konteks betrek word. Volgens die beginsels van Sosiale Indentiteit Teorie geskied hierdie vergelykings meestal tussen groepe wat in die meeste opsigte ooreenstem, byvoorbeeld: groepe wat in dieselfde omgewing woon, burgers van dieselfde land of deelnemers aan ‘n spesifieke industrie (Tajfel & Turner, 1979:41). Die vergelyking en soeke na positiewe bevestiging (en meerderwaardigheid) word dan op grond van die enkele onderskeidende kenmerke tussen

62

Du Toit (2004b) beskryf hierdie proses van die bevestiging van eiewaarde as ‘n poging om te toon dat die groep “positively different” as ander in sy sosiale omgewing is.

die groepe gedoen (Horowitz, 1985:144). Daar word veronderstel dat onderskeidende kenmerke wat in vergelykings tussen groepe wat meestal ooreenstem geïdentifiseer word as ‘n meer geloofwaardige bevestiging van die ondergeskiktheid of meerderwaardigheid van groepe kan dien (Tajfel & Turner [1979:41]; Horowitz [1985:182]). Dit sluit ook aan by die eerste beginsel vir die bevestiging van groepstatus wat hierbo geïdentifiseer is. Daar is ‘n groter waarskynlikheid dat groepe wat in ‘n verskeidenheid van ander opsigte ooreenstem ook gedeelde dimensies van waarde sal hê, en dat eksterne bevestiging van eiewaarde daarom deur middel van vergelykings met hierdie groepe bewerkstellig kan word.

Dit is vierdens belangrik om in gedagte te hou, dat individue oënskynlik ‘n inherente geneigdheid het om sover moontlik positiewe eienskappe van die groepe waarvan hulle lede is te beklemtoon (dus: positiewe vooroordeel ten gunste van die binnegroep63) en negatiewe eienskappe van buitegroepe te beklemtoon (dus: negatiewe vooroordeel ten koste van die buitegroep64). Die positiewe status van die binnegroep word sodoende bevestig of versterk. Dit bly egter belangrik dat die maatstaf van vergelyking ook in die sosiale omgewing erken word.

Gegewe die vier beginsels van die bevestiging van groepstatus wat hierbo uiteengesit is, sou ons kon redeneer dat feitlike enige verskil tussen groepe as bron van groepstatus kan dien indien (a) die dimensie van vergelyking ook deur ander akteurs in die betrokke omgewing erken word, (b) die vergelyking dit vir een groep moontlik maak om sy meerderwaardigheid (of “positive in-group distinctiveness”65) oor ander groepe te toon, en (c) die vergelyking deur die betrokke groepe as geloofwaardig/ relevant beskou word. Daar sal vervolgens ‘n bondige oorsig gegee word van drie bronne van status waarop groepe dikwels aanspraak maak.

63

Positiewe vooroordeel ten gunste van die binnegroep word waargeneem in omstandighede van minimale onderskeid tussen binne- en buitegroepe, maar vind ook plaas in duidelike gedefinieerde, breër sosiale groeperinge, byvoorbeeld: leerlinge van bepaalde skole of studente van bepaalde universiteite wat eienskappe soos hardwerkendheid, sportmangees of politieke bewustheid aan hulself en lede van hul groep toeskryf; sekere vorme van nasionalisme (byvoorbeeld: Amerikaners se geneigdheid om die ondernemingsgees van hul volksgenote te beklemtoon); of mans en vroue wat positiewe eienskappe aan hul eie gender toereken. Positiewe vooroordeel kan egter in ‘n oordrewe vorm ook onaantreklike eienskappe hê, soos in die geval van chauvinisme, oordrewe egoïsme of jingoïsme.

64Ook negatiewe vooroordeel kan waargeneem word in omstandighede van minimale onderskeid tussen binne- en buitegroepe, of tussen breër gedefinieerde of meer erkende sosiale groepe. Dit vind dikwels neerslag in neerhalende taalgebruik teenoor buitegroepe waarin negatiewe stereotipes ingespan word om buitegroepe te beskryf en word ook waargeneem in algemene negatiewe houdings teenoor, en hantering van die lede van buitegroepe (soos in die geval van rassisme, xenofobie/vreemdelinge-haat of seksisme).

Sukses in situasies van kompetisie, morele kodes en materiële welvaart word beskou as tipiese “maatstawwe van eiewaarde” wat aan groepe (en dus by implikasie ook aan individue) ‘n bepaalde status kan gee (du Toit, 2004b:197-198).

Volgens du Toit (2004b:199) dien sukses in situasies van kompetisie as bevestiging van die superioriteit van die suksesvolle groep, en word status dienooreenkomstig ook bedreig wanneer ‘n bepaalde groep (of individu) in ‘n kompeterende situasie onsuksesvol is. Veral in omstandighede waar groepe in ‘n verskeidenheid van ander opsigte ooreenstem, word die wenners en verloorders in kompeterende situasies onderskeidelik as “sterk” en “swak” beskou (du Toit, 2004b:199).

As die uitkoms van ‘n proses van politieke kompetisie, kan politieke mag as ‘n belangrike bron van positiewe groepstatus beskou word. Horowitz (1985:186-187) redeneer dat politieke mag ‘n tweeledige attraksie vir groepe inhou. In die eerste plek, bevestig die magsposisie van die groep in ‘n politieke opset een of ander vorm van superioriteit. Politieke mag kan bekom word deur demokratiese prosesse, wat impliseer dat die meerderheid van ‘n bepaalde bevolking die meerderwaardige kapasiteit van die groep om oor die land/staat te heers erken, of deur middel van geweld (bv. in ‘n staatsgreep of oorlog), wat ‘n aanduiding is van die groep se militêre meerderwaardigheid. Hoe dit ookal sy – politieke mag word eerstens beskou as ‘n aanduiding dat die groep op een of ander wyse beter (“positively different”) is as ander groepe in die politieke omgewing. Politieke mag is egter ook ‘n kanaal waardeur ‘n groep ‘n sterker posisie vir sy eie kulturele gebruike en simbole kan bewerkstellig. Die groep is byvoorbeeld daartoe in staat om sy meerderwaardigheid te bevestig deur sy eie taal, godsdiens en gebruike in die nasionale omgewing te laat geld.

Horowitz (1985:201-209) identifiseer ook die morele legitimiteit van groepe as belangrike (erkende) bron van groepstatus. Hierdie legitimiteit kan ingespan word om groepe se aanspraak op status in ‘n bepaalde omgewing of gebied te regverdig. So byvoorbeeld word eerste besetting (waar ‘n groep ‘n bepaalde gebied eerste bewoon het) en tradisionele heerskappy (waar ‘n groep in ‘n vorige era dominant was) dikwels voorgehou as redes waarom bepaalde groepe steeds erkenning behoort te geniet of ‘n aanspraak op beheer oor ‘n bepaalde gebied het (Horowitz, 1985:201-209). So ook word prominensie in anti-koloniale bewegings ‘n bron van status in eertydse kolonies, en word daar geredeneer dat groepe wat

ter wille van hul bestaansreg in ‘n bepaalde omgewing “bloed vergiet” het, ‘n morele aanspraak op status en mag in die betrokke omgewing het (Horowitz, 1985:201-209). In omstandighede van gewelddadige politieke transformasie (soos in Suid-Afrika) en veral waar hierdie transformasie-prosesse deur onderhandelings tussen konflikterende groepe gedryf word (soos dit ook in Suid-Afrika die geval was), word morele aansprake, uitgedruk in digotomiese etikette, ook belangrik. Interpretasies van, en die waarde-konnotasies wat geheg word aan etikette soos “onskuldiges vs. skuldiges”, “vryheidsvegters vs. onderdrukkers”, “slagoffers vs. geweldenaars”, het ‘n belangrike impak op die morele status van sosiale groepe. Die posisies van verskillende groepe in terme van hierdie definisies verander boonop voortdurend (afhangende van die heersende sosio-politieke klimaat), en het dikwels ‘n bepalende invloed op mag- en statusverhoudinge binne ‘n gegewe onderhandelings-opset. In die geval van die onderhandelings-proses tydens Suid-Afrika se politieke transisie word daar byvoorbeeld dikwels opgemerk dat die verteenwoordigers van die apartheidsregering (gegewe hul bydrae tot die instandhouding van die moreel-onregverdigbare apartheidsbeleid) vanuit ‘n posisie van morele ondergeskiktheid aan onderhandelings moes deelneem - wat hul status as groep, en dus hul magsposisie in die onderhandelings en hul kapasiteit om op toegewings (ten gunste van hulself en hul kiesafdelings) aanspraak te maak, negatief beïnvloed het (Jung, Lust-Okar & Shapiro, 2004:i).

Godsdiens kan ook dien as bron van morele status (of ‘n “abstrakte” maatstaf vir groepstatus

[Brown, 2000:760]). Waar ‘n groep hulself in godsdienstige raamwerke

“uitverkore”/”uitverkies” of “geroep” voel om ‘n spesifieke missie te vervul of op grond van hul gedrag, oortuigings of belydenis “die guns” van bepaalde godheid kan wen, kan hierdie onderskeid tussen die betrokke groep en ander groepe (wat volgens die betrokke religieuse raamwerk nie positiewe evaluering verdien nie) ‘n belangrike bron van status word. Positiewe en negatiewe godsdiens-gebaseerde identiteite word duidelik van mekaar onderskei in die etikette wat aan verskillende groepe toegeken word, byvoorbeeld: gelowiges vs. ongelowiges, Christene of Moslems vs. heidene, die verlostes vs. die verdoemdes, die saliges vs. die goddeloses. Hierdie etikette (en die groeperinge wat dit onderlê) word boonop ondersteun deur omvattende epistemologiese raamwerke wat die onderskeid tussen positiewe en negatiewe status bevestig en op grond van duidelik omskryfde morele reëls regverdig. Die moreel-godsdienstige dimensie van groepstatus word veral belangrik waar ‘n bepaalde individu se godsdienstige affiliasie sy primêre bron van identiteit is.

Materiële welvaart en beheer oor ekonomiese hulpbronne word beskou as ‘n uiters belangrike bron van groepstatus. Drie eienskappe van materiële/ ekonomiese vergelykings kan dien as verklaring vir die prominensie daarvan as ‘n maatstaf van eiewaarde.

Eerstens: Daar is aan die begin van hierdie afdeling klem gelê op die belang van die

erkenning van bronne van status deur ander groepe in die sosiale omgewing. Die erkenning

van ‘n bepaalde bron van status is egter afhanklik van ‘n gedeelde begrip van die simboliese waarde van die betrokke maatstaf. Die toenemende globale verspreiding van die kapitalistiese denkwyse bring mee dat die basiese beginsel van hierdie ideologie (naamlik: dat elkeen in die ekonomiese omgewing op ‘n materiële basis volgens sy insette beloon word) tans wydverspreide erkenning geniet. Welvaart en beheer oor ekonomiese hulpbronne word dus in verskeie samelewings erken as ‘n “objektiewe” maatstaf van sukses. Ekonomies-ontmagtigde groepe word daarom dikwels deur buitestanders as agterlik (“backward”) beskryf, en daar word aanvaar dat hul armoede en ekonomiese ondergeskiktheid die gevolg is van hul eie onvermoë (byvoorbeeld as gevolg van luiheid, oneffektiwiteit, oningeligtheid of ‘n gebrek aan inisiatief) om sukses in ‘n kompeterende omgewing te bewerkstellig (Horowitz, 1985:169). Groepe in ekonomiese magsposisies (in terme van inkomste en beheer oor hulpbronne) word daarenteen op grond van hul sukses in die kompeterende ekonomiese arena beskou as intelligent, effektief, ondernemend, ambisieus, en slim (Horowitz, 1985:169) – rykdom word dus in hierdie konteks ‘n maatstaf van deug. Die materialistiese denkwyse legitimeer dus die status wat op welvaart en ekonomiese mag gebaseer word. Dit is belangrik om daarop te let dat ‘n gebrek aan ekonomiese welvaart (hetsy in die vorm van werklike armoede of ‘n relatiewe maatstaf soos ongelykheid) in hierdie omstandighede meer as net ontbering behels en ook deur die ondergeskikte groep as vernedering ervaar word – aangesien die ondergeskikte ekonomiese posisie impliseer dat die betrokke groep ook in ander opsigte minderwaardig is.

Tweedens: Die meetbaarheid van ekonomiese veranderlikes (byvoorbeeld vlakke van inkomste en eienaarskap in die ekonomie) vergemaklik vergelykings tussen groepe wat op grond van hierdie dimensie getref word. Daar hoef dus min/geen twyfel te bestaan oor watter groep in hierdie opsig meerderwaardig is nie, en een groep kan sonder oormatige regverdiging toon dat hy “beter” as ‘n ander is, of “positiewe evaluering” verdien en/of verwerf het.

Dit is derdens belangrik om in gedagte te hou dat sekere materiële hulpbronne of besittings