• No results found

HOOFSTUK 4: DIE DESKRIPTIEF-EMPIRIESE TAAK

4.2 NAVORSINGSONTWERP

4.2.2 Strategie van ondersoek

Nadat duidelikheid oor die doelwit verkry is, moet die navorser, volgens Osmer (2008: 49), ’n besluit neem rakende een van twee moontlike strategieë van ondersoek, naamlik kwalitatief of

kwantitatief.

Kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings moet, volgens Creswell (2014: 3), nie beskou word as rigiede, alleenstaande kategorieë, polêre teenoorgesteldes of tweedeling nie. In plaas daarvan verteenwoordig hulle verskillende ente van ’n kontinuum. ‘n Studie neig om meer kwalitatief as kwantitatief te wees, of andersom. In die middel van die kontinuum is “gemengde navorsingsmetodes” wat elemente van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing inkorporeer (Creswell, 2014: 3).

Die verskil tussen kwalitatiewe navorsing en kwantitatiewe navorsing kan, onder meer, verstaan word volgens die gebruik van woorde (kwalitatief) eerder as syfers (kwantitatief), of die gebruik van toe-einde vrae (kwantitatiewe hipotese) eerder as oop-einde vrae (kwalitatiewe onderhoud-vrae).

Om die verskil nog beter te verstaan, moet daar gekyk word na die basiese filosofiese voorveronderstellings wat navorsers na die navorsing toe bring, die tipe navorsingstrategie (byvoorbeeld kwantitatiewe eksperimente of kwalitatiewe gevallestudies), en die spesifieke metodes wat aangewend word (byvoorbeeld die bymekaarmaak van data op kwantitatiewe wyse op instrumente, teenoor die bymekaarmaak van kwalitatiewe data deur die waarneming van ’n situasie) Creswell (2014:3,4).

Tans gebruik die meeste navorsers die kwalitatiewe empiriese metode vir die ondersoek na verskynsels, handelinge en perspektiewe op die betrokke gebiede (De Klerk & De Wet, 2013: 291). Cresswel (2014: 4) beweer dat kwalitatiewe navorsing ’n benadering is om die

betekenis wat individue of groepe aan ’n sosiale of menslike probleem heg, te eksploreer en te verstaan.

4.2.2.1 Kwalitatiewe navorsing

Kwalitatiewe navorsing is gemoeid met die verkenning en verstaan van die betekenis wat individue sowel as groepe toeskryf aan ’n menslike probleem. (De Klerk & De Wet, 2013: 305)

Vir kwalitatiewe navorsers om die werklikheid ontologies te verstaan, moet begin word by die betekenisse wat mense in ’n spesifieke konteks daaraan heg.

Ontologie het te doen met die navorser se persepsie oor die aard van realiteit of die

wêreld en wat daarvan geken kan word. (De Vos et al., 1998: 240, 242).

Epistomologie het te doen met die navorser se persepsie oor waar hy in verhouding met

die realiteit of die wêreld staan. In kwalitatiewe navorsing is die navorser subjektief betrokke omrede hy met die subjek interaksie het. (De Vos et al.,1998: 240, 242).

Metodologie het te doen met die navorser se persepsie oor hoe hy kennis oor die

realiteit of die wêreld kan verkry. Kwalitatiewe navorsers se metodologie is dialekties en interpretatief en vind plaas in die proses van interaksie tussen navorser en subjek waar die subjek se wêreld ontdek en geïnterpreteer word deur middel van kwalitatiewe metodes. (De Vos

et al.,1998: 240, 242)

Die betekenis, ervarings en persepsies van deelnemers word deur kwalitatiewe navorsing onthul om deur middel van verbale of geskrewe antwoorde op hoofsaaklik oop-einde vrae hul oortuigings en waardes, wat onderliggend is aan die verskynsel, te bepaal. (De Klerk & De Wet, 2013: 305)

Kwalitatiewe navorsing is dus interpretatief – die doel is om betekenisse en intensies onderliggend tot alledaagse menslike handelinge, agter te kom. Dit is egter ook konstruktief dit gaan nie alleenlik van die aanname uit dat realiteit verstaan kan word bloot deur die betekenisse wat mense in ’n spesifieke konteks daaraan heg, te interpreteer nie. Bevindinge word letterlik geskep deur die interaktiewe proses tussen navorser en subjek. Dit handel dus oor die interpretasie of konstruksie van die geleefde wêreld van die subjek (De Vos et al.,1998: 240, 241).

De Klerk en De Wet (2013: 305) meen kwalitatiewe navorsing is deskriptief en verkennend, hoogs individueel en situasioneel en bevindings kan nie normatief-veralgemenend wees nie.

Kwalitatiewe navorsing konsentreer op die kwaliteite van menslike gedrag (De Vos et

om verduidelikings te gee; dit het meer te doen met naturalistiese waarneming in stede van beheerde afmeting; dis ’n subjektiewe ondersoek van die realiteit met die perspektief van ’n “insider” (iemand wat die binnekant van die ondersoekterrein ken) (De Vos et al.,1998: 243)

De Klerk en De Wet (2013: 305) vermeld dat kwalitatiewe navorsing dieper wil grawe om die sosiale en die religieuse dryfvere onderliggend aan mense se gedrag en ervarings bloot te lê.

4.2.2.2 Strategieë vir kwalitatiewe navorsing

Osmer (2008:50-53) vermeld ses strategieë vir kwalitatiewe navorsing:

1) Die lewensgeskiedenis (narratiewe navorsing) wat daarop fokus om die stories van individue te vertel; 2) die gevallestudie wat deeglik en behoorlik fokus op ’n enkele geval of ’n beperkte aantal gevalle vir ’n spesifieke periode; 3) Etnografiese navorsing poog om ’n omvattende beskrywing van ’n kulturele of sosiale groep te gee; 4) Die Grounded Theory-navorsing wat poog om ’n teorie te ontwikkel wat nou verband hou met die fenomeen wat bestudeer word; 5) Die fenomenologiese navorsing is ’n strategie wat poog om die essensie (belewenis) van ’n spesifieke tipe gebeurlikheid of aktiwiteit van ’n groep mense te beskryf. Die navorser poog om sy eie voorveronderstellings uit te sny en om individue se ervarings en hul belewing van gebeure (hul bewussyn) toe te laat om na vore te kom. 6) Advokaatskap-navorsing het ’n eksplisiete politiese agenda en poog om ’n bydrae tot sosiale verandering te lewer. De Vos et

al. (1998: 253) noem ook nog bykomende strategieë soos toegepaste- en aksienavorsing,

kliniese modelle, simboliese interaksionisme en sekondêre analise.

De Vos et al. (1998: 253) beweer dat elkeen van hierdie strategieë van ondersoek, hul eie perspektiewe (paradigmas) en metodes van dataversameling het (byvoorbeeld, onderhoude, deelnemer-observasie, “human documents”, gevallestudies, narratiewe strategieë, gegronde-teorie-strategieë en fokusgroepe [De Klerk & De Wet, 2013: 306]), asook metodes van data-analise (byvoorbeeld analitiese induksie, gegronde teorie, interaktiewe strategiese analise) het.

Die fenomenologiese navorsingstrategie sal vir die huidige studie die mees geskikste metode wees. Ná die versameling van verskeie gevalle of geleefde ervaringe, word die inligting geanaliseer om ’n gemene struktuur, patroon of “essensie” te identifiseer (Osmer, 2008: 52,53).